Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Doodstraf of nie?

Ma., 02 September 2002 07:23

Ek is glad nie ten gunste van doodstraf nie - selfs in lande waar openbare
teregstellings nog gedoen word, kry jy nog steeds oortreders.
Dus kan die doodstraf in 'n mate 'n afskrikmiddel wees, maar as mens nou 'n
ongelukkige is soos Skippie, dan is dit nog steeds potlak.
Daar is selfs nou 'n beweging glo in die VSA wat die doodstraf dmv
inspuiting wil laat verander na die hangmetode, omdat die moordenaar glo te
maklik tereggestel word - daar is geen lyding wat hy deurmaak wat hy aan
ander aangedoen het nie.
Terug na barbarisme.

Nee - nie doodstraf nie - maar laat die gemeenskappe toe om die straf aan
die oortreders uit te deel.
Verban die skuldiges uit hulle gemeenskappe.
Laat hulle soos die melaatses van ouds uitgewerp word, en vir hulself
probeer sorg. Laai die skuldiges op 'n trok en gaan laai hulle in die
dorsland of Namib af, sonder hoede,kos en water - as dit nie 'n
afskrikmiddel is nie, wil ek dit nog hoor.

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die Nuwe Onse

Ma., 02 September 2002 06:45

In gister se rapport 'n pragtige artikel onder die opskrif: Terug na die
Geliefde Land, met 'n by-opskrif: Die groen gras is nie elders nie.
Hieruit blyk dit dat daar nou 'n nuwe elite groep sou wou ontstaan - diegene
wat weggegaan het, die lig gesien het, en dit kon bekostig om weer terug te
kon kom.
Selfs diegene wat hier gebly het om een of ander rede word op neergesien,
want ons sal dan nou kwansuis nie die Lig van die Toekoms so helder sien as
diegene met die Ervaring nie.
Wat nou eintlik snaaks is, is dat hierdie mense hier weg is na 'n kol, en
toe dit nie so lekker daar is nie, weer terugkom met Nuwe Lig in die oge,
ipv om eers 'n paar ander kolle ook te gaan uittoets - as mens dan nou so
baie spandeer om te kan spaander, dan moet mens dit tog die moeite werd
maak, en so veel ondervinding as moontlik op te doen, of hoe?
Ek sou as ek sou wou.
Nietemin- Mens moet seker ook maar verlief neem met geselekteerde
joernalistiek - die eerste Teruggekeerde is glo ene Tjaart Oosthuizen ( 42)
rekenmeester wat na NZ is.
Hy beweer hy het hom in 1998 skuldig gemaak aan muitery deur landuit te
gaan - ek hoop nie dit is die siening van die meeste mense wat gegaan het
nie - sulke mense soos hy het duidelik nie die saak eers oordink voordat hy
getrek het nie - hy beweer ook dat die oorgrote aantal SA's daar in NZ
werkloos is of bloukraagarbeid verrig om hart en siel aanmekaar te kan hou,
ten spyte van hul hoë kwalifkasies.Hulle kan nie bekostig om terug te kom
nie, word vervreem van familie en vriende, en selfs die gesinne daar word
vervreem omdat die kinders die nuwe kultuur aanhang, of nie kan wag om terug
te kom na SA nie.
Die tweede kenner is 'n 23-jarige regsklerk wat 'n jaar in London was. Hy
beweer dat met sy terugkoms het die misdaad en ander probleme nie meer saak
gemaak nie, want die leegheid in die gemoed het die wyk geneem.
Die hoofartikel gaan oor die menings van ene Gerrit Brand wat 5 jaar in
Holland was- wat vertel hoe wonderlik dit is dat met die terugkoms dit voel
asof hulle nooit weg was nie - die bande met vriende en familie is vinnig
opgetel. Dis dan ook hy wat beweer dat ons agtergeblewenis glo nie die
transformasie van die nuwe leefruimte kan raaksien soos hulle Nuwes nie.
Daar is egter een verandering hier wat vir hom onverblydend is - die manier
waarop die veeltaligheidsideaal van die grondwet 'n dooie letter geword het,
is glo vir hom teleurstellend.
Dit was dan ook vir hom 'n bevrydende ervaring om in die buiteland te ontdek
dat dit wel daar anders is, maar nie beter nie. Die besef moet glo nog
deurdring tot die meeste Suid-Afrikaners.
Ietwat naief van hom - maar hy het seker nie die ondervinding soos baie van
ons gehad om op lang kampeervakansies te gaan en dit te besef sonder om baie
te spandeer nie.
Hy vind dit ook vreemd dat daar in Utrecht 'n kursus in Afrika-danse gevolg
kan word, maar nie aan Stellenbosch nie.
In Nederland kan jy glo 'n kongres in Afrikaans toespreek, maar hier slegs
in Engels. Daar is glo Afrikaanse rolprentfeeste daar, maar nie hier nie.
Europese navorsers stroom glo hierheen om te leer oor die nuwe ontwikkelings
op goedsdiensgebied, wat ons glo nie eers van weet nie.
Elkeen is natuurlik geregtig op hul eie mening gegrond op hul ( beperkte?)
ondervinding, maar dit maak nog steeds nie van een van ons beter as die
ander nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Ander grappie- Rapport

Ma., 02 September 2002 05:58

Na 'n lang aand van heerlike karfoefel rol die javel oor op sy sy en haal sy
sigarette uit die gatsak. Hy vra vir die minnares 'n aansteker en sy sê
lui-lui daar is vuurhoutjies in die boonste laai.
Lus maak fluks en die hy staan toe op om die vuurhoutjies in die hande te
kry in die laai. Daar sien hy toe in die laai 'n foto van 'n ander man -
"Is dit jou man hierdie?" vra hy.
"Nee" sê sy, "Dis ek voor my operasie."

Annette

Humor & grappe | 12 kommentare

Grappie in Rapport

So., 01 September 2002 20:41

Hoekom staan priesters met hul oë gerig na bo as hulle stort?
Hulle mag nie neerkyk op werkloses nie
Annette

Humor & grappe | 2 kommentare

Etmaal

So., 01 September 2002 14:07

Alhoewel die woord gereeld in blokkiesraaisels voorkom, is dit glo net 4
keer die afgelope 5 jaar in koerante van die Naspers gebruik.
Blykbaar neem dit 80 jaar vir 'n woord om in onbruik te raak.
Waar sou die ongewilde etmaal in die eerste plek vandaan kom en wie hier
het die ooit gereeld in die algemene spreektaak gebruik?
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Nugter

So., 01 September 2002 14:05

Waar kom die woord "nugter" vandaan?
En dit het nogal vele betekenisse ook
Nugter weet - niemand weet
Hy is nugter - hy is nie besope nie
Nugter denke - oopkop.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

POP e-pos

Sa., 31 Augustus 2002 14:42

Weet iemand miskien waar ek `n betroubare gratis pop e-posadres kan
oopmaak wat met Outlook werk.
Sal goed wees indien dit onbeperkte spasie is wat ek kan gebruik vir
die stuur en aflaai van programme.

Dankie
Frikkie

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Geneties gemanipuleerde voedsel

Sa., 31 Augustus 2002 09:38

Wie weet?
Is geneties regstellende kos ongesond vir inname - of is die probleem nie
bloot beperk tot die verplanting daarvan nie?
Daar is 'n oorgevoede (vet) vrou in Sandton, en op my TV wat die onheil van
die GM-voedsel as ongesond beskou vir die hongerlydende bevolking van
Afrika. (Wat so honger is dat hulle boomblare en gras eet.)
Toe ek die dame met al haar selfvertroue, wat op geen feitlikhede gebaseer
is, waarneem, herinner dit my aan die ou pienk libbies en lefties wat op
kampus allewig die antwoord op alle politieke vraagstukke gehad het. Hulle
het die groot probleme met minagting hanteer, maar hul eie persoonlike
bestaan was gewoonlik 'n gemors.
As ek die Sandtongangers gadeslaan wonder ek of party nie bloot die
"oorlogsverhale" van hulle hippie-ouers glo en hulle, die ouers, probeer
na-aap nie? Bedorwe rykmankinders wat bloot honger ly agv 'n chemiese
afhanklikheid, maar nie vanweë 'n gebrek aan fondse nie.
Of, is ek te sinies.

Kos & resepte | 29 kommentare

nie meer op sanien nie, antie!

Vr., 30 Augustus 2002 22:35

hellou my antie,

ons bly nie meer op sanien nie, my antie. ma' antie moet nou nie bly
word oor antie dalk dink my pa wil kannadaar toe nie. nee antie dis
ergerliker as dit want oom oujei ons burggemeester vannie aas-en-see
het ons dorp se naam loop staan veranner antie. ons bly nou op maak
shôpie antie.

antie sal sekerlik weet lat maak shôpie 'n gerekende aktievis vannie
aas-en-see was innie straggel antie. toe willie aas-en-see hom vereer.
toe sê hille gapanie hospietaal annerkant dywelskloof moet maak shôpie
word ma' die mense van gapanie sê oor hille dooije liggame. toe sê
hille oukei dan noem hille die skool by mamietwa maak shôpie ma' die
mense van mamietwa sê ok nie oor hille liggame wat gedooi het nie.

toe kry oom oujei 'n bruinwyf antie en hy sê biedêm die konsulterende
gesprekke wat hy lat hou het om aan te beveel lat sanien sanien bly hy
ry met 'n stoomroller oor ons en toe is ons maak shôpie. wat is nou
fout met 'n mooi boere naam soos sanien antie.

my pa is natierlik nie 'n biekie bemoerd nie antie en die jele dorp
saam mit hom. hy sê hille gat hof toe met oom oujei ma' ek het nie
hoop nie antie want antie weet hoe lat 'n hof maak as jou naam oujei
is. ma' een geluk is lat die baas van die oom van die koerant se
koerant ok van sanien af kom. hy skryf stink stories oor oom oujei so
miskien assie hof sien lat oom oujei skillig is aan iets erger as
moort sal ons oom oujei kan aanpaas vir oom robber moegapie lat hy
simbabwie se naam kan loop veranner.

koebaai antie

hennerietjie (antie moet beswaar maak by antie se pelle by die
ambassade oor die naamgatmakery)

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Aardklop...

Vr., 30 Augustus 2002 19:23

Wie gaan - en wat is daar die jaar?
Siener & Cuttglass is op my lys - geen eksperimentele verhoogstukke nie...
Enige positiewe/welvoeglike voorstelle?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    703  704  705  706  707  708  709  710  711  712  713  714  715  716  717  718    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 18 02:33:40 UTC 2026