Was toe by SonStad op 7/9 - en toe vang Yvonne Chaka Chaka toe die meeste
shaain met haar vertolking van Al lê die Berge Nog so Blou. Sy kan glo al 11
landstale praat.
Annette
Volgens ekonome Louis Fourie en Mike Schussler, en ekonomiese ontleder JP
Landman is ons nie 'n eerstewêreld land nie, maar eersteklas.
80% vir demokrasie en spraakvryheid ( 20% in 1985)
80% vir makro-ekonomiese beleid ( 40% in 1985)
80% vir oop ekonomie ( 30% in 1985)
80% vir betroubare finansiële stelsel ( 50% in 1985)
80% vir gesondheid van die sakebedryf ( 50% in 1985)
40% vir algemene welstand van die bevolking ( 40% in 1985)
50% vir onderwys ( 40% in 1985)
40% vir wetstoepassing ( 50% in 1985)
30% vir nasionale eensgesindheid ( 30% in 1985)
Ons produktiwiteit het groei die afgelope 5 jaar met 4 - 6%, teenoor die VSA
se 2-3%
Die BMW's wat hier vervaardig en uitgevoer word is van die hoogste gehalte
SA voer nou 6 keer meer goedere uit as 10 jaar gelede
( o.m. olyfolie, wyn, skoene en hemde)
Tydens die wêreldwye resessie van die laaste jaar het ons na China die
grootste nywerheidsgroei getoon
SA het die afgelope 4 jaar uitvoergewys selfs beter vertoon as Japan in sy
bloeityd in die 50- en 60ger jare.
Die reuse toename in die uitvoer van fabrieksgoede maak ons nie meer
afhanklik van landbou- en mynbou nie.
Waar een uit elke 5 werkers in die formele sektor die afgelope 12 jaar hul
werk verloor het, het die informele sektor met meer as 100% gegroei.
Ons staatskuld daal, en ons begrotingstekort is selfs kleiner as enige van
die wêreld se 7 groot ekonomië, Amerika uitgesluit.
Ons het nou 'n vaste ekonomiese groei van 3 %.
Ons mense moet net meer geloof in onsself en ons vermoëns kry.
Ons onderwysstelsel het nie tred gehou met die ekonomiese vaardighede wat
vereis word nie.
Slegs 7% van skoolverlaters kan hier werk kry.
Mense moet hulle nie meer aan slegs een beroep verbind nie, en sorg dat hul
vaardighede met die ekonomiese veranderinge tred hou.
Private inisiatief is 'n sleutelwoord as ons SA op die wenpad wil hou.
Ons moet leer om meer vir mekaar om te gee.
Ons word van kleinsdag geleer om respek selektief toe te pas, en die
gewoonte moet verander word.
Ons moet 'n ware trots hê op ons land en sy mense.
Natuurlik is ek!! My span het dan Saterdag gewen! Vrystaaaaaaat!!!:))
Op 23 September is dit Trots SA dag.
Besoek www.proudlysa.co.za en wen pryse en verkry meer inligting oor die
dag.
Stuur voorstelle hoe die gedag gevier kan word na
proudl...@proudlysa.co.za
Hier is al wat gedoen behoort te word vir daardie dag:
1) Dra Suid-Afrikaanse klere van kop tot tone.
( hoede en sandale is maklik - klere moeilik - hoe sal ons weet of dit hier
vervaardig is?)
2) Koop slegs SA produkte die dag.
( ek sal nie Tvl toe kan ry net om Sasol in te kan ingooi nie)
3) Stuur 'n trots SA SMS na 10 van jou beste vriende
( ek doen nie SMS'e nie)
4) Reël 'n spesiale Trots SA piekniek
( op 'n Maandag?)
5) Sê iets positief oor SA
( okei dis okei:))
6)Wapper die SA vlag
( flapflapflapflapflap)
1)Rugby:
a)VRYSTAAT het vir WP gewen.
b) N-Tvl ( Blou Bulle) het reggekry wat nog geen ander span die seisoen kon
doen nie - hulle het verloor teen die Olifante ( OP)
2) Zandile Mbeki - Onse Prez se geliefde is toe nie so 'n soet dogtertjie
nie. Sy het verlede jaar, na skoonpappie se dood, sy staatshuis sonder die
vereiste tenderprodedure bekom, en dit in haar nooiensnaam geregistreer. Nou
wil sy die eiendom verkoop teen 100% wins. 'n Wakker joernalis het hierdie
stoutigheid uitgevind.
3) Dr Rocco Knobel is op 88-jarige ouderdom oorlede. Hy was 27 jaar lank die
hoof van die Parkeraad.
4) Mej SA het onttrek aan die mej wêreld kompetisie.
5) Natalie du Toit het nou 'n superkunsbeen. Dit stel haar in staat om met
dit selfs te kniel.
6) Ons strande word kleiner omdat ontwikkelaars nie hul gulsige hande hande
kan afhou van die duine wat die strande voed nie.
7) In die Huisgenoot vandag is daar 'n artikel hoe vreeslik goed sit met SA
gaan . Julle sal my moet kans gee om 'n bietjie rooflees te gaan doen as
iemand anders hier ons nie kan help nie. Ek het net so die laaste paragrafie
gevang wat beweer t.o.v. groei is SA 'n A-kandidaat mits ons die skole,
gesondheid, en misdaad- probleme kan beheer en onder kan kry. Dis nou om te
sê 'n kind is 'n A-kandidaat mits sy wiskunde of tale kan slaag.
Julle daar wat ver weg sit moet maar laat weet, dan koop ons 'n paar huise
op solank, want die huispryse sal verskriklik styg noudat almal op pad terug
is, sodra die mitse uitgesorteer is;))
Kan iemand my dalk inlig oor die dwelmbeleid in Holland? Is dit waar dat
alle dwelms wettig is en gratis beskikbaar is by klinieke? Of was dit net
'n idee? As dit so is, werk dit? Ek kan myself indink dat as dwelms
gewettig is onder beheer, gaan jy die hele dwelmhandel vernietig. 'n
Verslaafde gaan dwelms gebruik....of hy dit moet koop of nie. Is dit nie
die regte ding om dwelmgebruik onder totale beheer te kry nie?
Beste Suidwester,
Het is niet waar. Zelfs hasj of marihuana (wiet) is niet officieel legaal.
Wel wordt het verkoop en gebruik van hasj en wiet gedoogd, toegestaan.
Overigens, heb je gelijk wat betreft het onder wettig beheer brengen van
dwelms, de hele handel verdwijnt. Ik vind dat een goede manier om
dwelmgebruik onder totaal beheer te krijgen.
Dan ís ons mos soos 'Skuur' ons uitmaak
J.J. DE JAGER, PRETORIA
Skuur - TV 2, Saterdagaande - openbaar moontlik die Afrikaanse psige,
naamlik: wat wil ons werklik hê? Wat is ons in werklikheid? 'n Mens is glo
wat jy eet, en as jou psige behoefte het aan iets soos Skuur - en nog ander
platvloershede in egte Schuster-epigonie - en hy voed homself
nimmereindigend daaraan (onder welke dekmantel ook al), dan is ons mos so.
Kan Skuur op TV voortbestaan as daar geen vraag daarna is nie, as genoeg
beskaafde mense daarteen beswaar maak? Dit kan interessant wees om te sien
wat gebeur. Dalk moet ons nie vir Schuster, Rian van Heerden en diesulkes
kwaad word nie. Word 'n mens vir jou spieël kwaad? Dalk toets dit iets van
elke mens se persoonlike geloofs/ongeloofsaspekte ook.
En waaraan voed ons Afrikaanse jonges hulle wat taal betref? Die jonge Du
Preez van Geraas kan werklik maar oorgaan na totale Engelse dialoog, dit sal
minder hinderlik wees, tensy dit dan weer deurspek gaan wees met Afrikaans.
En die vreeslikste Afrikaans van alle Afrikaanse radiostasies se jong klomp,
waaraan voed hulle hulle? Daar kan g'n mens die kloutjie by die skulp bring
wat betref die rede vir sulke hiper-Afrikaners in beheer wat hul eie
jongklomp sulke dinge toelaat nie. Het hulle boedel oorgegee? Is dit 'n
erkenning dat die stryd met die laaste van die ou garde ook volstry sal wees
en dat die toekoms dus dit is waaraan hul jong mense hulle op hul eie stasie
voed? Nee, êrens moet iets behoudend beskaafds oor wees. Waar?
Dit is dat daar 'n verband bestaan tussen die vlak van verdraagsaamheid in
'n gemeenskap en die inhoud van die geklassifiseerde advertensies (veral dié
onder volwasse vermaak) van die koerante wat binne 'n spesifieke gemeenskap
gelees word.
In die Oos-Kaapse uitgawe van Die Burger soek jy jou lus skoon weg na 'n
stukkie Afrikaanse plesier - dié bestaan nie. Die enigste mate van
dekadensie word jou veroorloof as jy die groot Engelse dagblad daar lees. So
nou en dan vinger jy 'n verdwaalde "Wilde Willemien, op soek na 'n mielie om
te kielie," raak.
Die Wes-Kaapse Die Burger sien daar totaal anders uit, terwyl Beeld
natuurlik tol-los die koek vat! Dáár is die Afrikaanses heel rondborstig
onbeskaamd baldadig plesierig. Onlangs staan daar in dié einste koerant die
volgende triltergers, strategies geplaas in die "vroetelseksie" van die
snuffelgids.
Ry my.
Rev my.
Liefkoos
My.
Sy het kurwes
In al die regte plekke.
Pragtige raamwerk
Lieflike voorkoms.
Amerikaanse skoonheid
Laat hart vinniger klop.
Vuurwarm van voor
Oulik van agter.
Sien my
Voel my
Liefkoos my.
Lees jy egter die fynskrif, kom jy agter dit is 'n vernuftige advertensie
wat die deugde van 'n nuwe voertuig besing!
Dit verg nogal 'n bietjie flink-dinkwerk om hier die beste been voor te sit.
Ook boet jy objektiwiteit in as jy jouself moet bemark (seker maar soos 'n
digter wat sy eie werk uitgee), maar aan bekkigheid skiet die klomp geen
tekort nie.
Sonder om doekies om te draai beken sy:
Ek laaik .. kwaai.
Of sommer net stuitig, tong in die lies:
Madelein,
Vars van die see, kom proe my.
Ook een of twee het 'n voorliefde vir die poësie (hoe dan anders); geen
grootse poësie, met diepgang nie, maar (dr Etienne Bloemhof, hier's latente
talent!):
Boude is nat,
boude is glad,
boude is gemaak om aan te vat.
Moeg vir jou vrou,
sy wil nie nou,
kom na my,
hier sal jy kry.
'n Ouma nooi stuitig:
Lus jy 'n plooi om te looi?
Nog verder, knaterkordaat, op die man af:
Hit and run. R100.
Of met 'n boesem vol vertroue:
"Damn." Ek is goed.
Om te wys die Nuwe Suid-Afrika word ten volle "embrace":
Baie pret en kameelstyl. Witbank.
Alle rasse.
Plein wydsbeen-wulps:
Stoute meisie soek haar vleisie.
'n Bietjie "small comfort" terwyl die rand daagliks griekse styl deur die
spekulante die loef afgesteek word:
Betaal 1 keer, doen dit 2 keer.
Vroue behoort voortaan heel bekommerd te wees as hul mans die 4x4 opsaal of
die geweer laai, want daar is ook:
Oulike reisende poppies vir jag(s)naweke.
Ek wonder hoe dié een werk:
Langbome in Rustenburg
benodig nog dames. Besigste
tydperk Nov tot Des. R1 000+ per dag.
'n Lelike anglisistiese:
Volhuis. 21 jaar.
Vir dié wat 'n kuiertjie soek met 'n kulturele kleur of geur:
Ons doen dit met lyf, hande en mond -
die ou Boeremanier.
Lekker pramantig:
Pamela Anderson se "boob twin"
Tog lyk dit asof die Afrikaanses oor die algemeen nie so kooi-katools is
soos hul Engelse eweknieë nie. In die Star is daar (met apologie aan Philip
de Vos) veel meer "woester aspoesters".
Ewe woordspuls nooi ene:
Come see my cunning stunt.
'n Oudonderwyseres (prooi van rasionalisasie?) stoot haarself so op die
voorgrond:
Fab 49, ex school teacher, by
appointment only.
Al wat hulle nog hier moet adverteer is 'n Elna, of 'n Singer, of 'n Empisal
of 'n Bernina .
Ek het nog 'n teorie.
Dit is dat enige vrou, in 'n situasie desperaat genoeg, met 'n monetêre
vergoeding ruim genoeg, dieselfde sal doen as dié dames.
Die donker kruip tot teen die ruite en dit begin saggies druppel op die dak.
Ek gooi die koerante in die snippermandjie - vanaf die cd-speler spoel die
klanke ryk, diep en sielvol die koue kamer vol:
Want die stad se hart het ys geword
En niks wat hy gee, kan ons meer fassineer.
Mense wat so moerse hoepla maak van die kamptige vêrregse planne om die
regering omv�r te werp kan maar rustig slaap. Hoekom? Want Afrikaners kan
nie anders as om mekaar te verraai nie. Dis inherent tot die spesie. FW het
dit gedoen vir 'n paar miljoen Dollar en hy ly nou letterlik 'n "royal"
lewe. Dis net eenvoudig te lonend vir Afrikaners om mekaar in DIE wêreld te
verraai. Daar is baie geld wat rondgaan om die wat die Afrikaner ondermyn te
beloon.
Afrikaner weerstand (sjoe dit klink regs) is 'n mite. Want hulle verraai
mekaar soos Bosloeries leeus verraai in die bosveld.
Moet nie komkommer nie Thabo, hulle sal mekaar weggee soos in die ou dae.