Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Koste van 'n Staking

Di., 01 Oktober 2002 11:35

In werklikheid kan die onkoste/verlies aan inkomste wat 'n staking
veroorsaak nooit werklik verhaal word nie.
Wat opmerklik is, is waar sommige fabrieke moes sluit vandag agv die
staking, VW SA glad nie 'n probleem het nie - net omdat die werkers daar nou
weet waar hulle staan as hulle staak - hulle het nie meer werk nie.
Die "rede" vir vandag se staking is glo om beswaar te maak teen die
privatisering van staatsinstansies.
Wat 'n baal strooi.
Miskien moet aan die stakendes deurgegee word presies wat die verskuilde
agendas is, en hoe, presies, die stakendes uiteindelik finansieel gaan baat.
Weereens maar net uitbuiting van die uitbuitbares tot verryking van 'n paar.
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Bemarking 101

Ma., 30 September 2002 18:07

Ek het toe nooit bemarking bestudeer nie, maar kyk wie borg hierdie bladsy
en kyk wat staan dan by nr. 11. Die advertensie se eintlik vir my "dink twee
keer voordat jy enetjie koop".

http://iafrica.com/afrikaans/aktueel/166097.htm

Ou Marius ry noudiedag deur sy blok se outomatiese hek. Een van hulle storm
op hom af en die ander een gaan staan so dat die hek nie toe gaan nie.
Marius gooi toe sy sleutels onder die kar in en staan terug. Toe se die ou
net eenvoudig vir hom "fok jou" en skiet hom net daar.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Moleste in Messina

Ma., 30 September 2002 11:10

Blykbaar gister. Man rand sy meisie voor die polisiestasie aan. Toe jaag die
polieste hom, en hy hardloop die pispiteriaanse kerk in, gryp 'n rollie van
'n poliesman in die verbyhardloop, gaan skuil agter die kansel en blaas los
op die polieste en gemeente van agter sy skuilplek.
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Lottery in die UK

Ma., 30 September 2002 06:40

Hi

Het julle gesien op News24 dat dit onwettig is vir
Suid-Afrikaners om die UK Lottery te speel met hulle
krediet kaarte?

Wat 'n jammerte.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Geld

So., 29 September 2002 20:09

'to pay gelt'
Die 'gelt' wat van gepraat word, is dit geld soos in
Rande en sente? As dit so is, nogal snaaks hoe na dit
aan Afrikaans is. Het ons die woord geld uit die Engels
gekry?
--
----------------------------------
News & photos from Luanda
http://walk.isat.co.za
---------------------------------

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Resep: Gaatjiespoering ( mikrogolfoond)

So., 29 September 2002 17:54

250ml bruismeel
250ml suiker
15ml asyn
250ml melk
15ml appelkooskonfyt
65ml margarien
5ml koeksoda
1 eier

Room margarien en suiker en voeg konfyt by.
Klits eier by en voeg droë bestanddele by.
Los koeksode op in die melk en voeg by.
Voeg asyn by.
Meng goed.
Mikrogolf op hoog 11 min.

Sous:
250ml ideal. room. of gesoene melk
125ml water
125ml margarien
125ml suiker

Voeg bestanddele bymekaar en roer.
Kook in mikrogolf.
Giet oor warm poeding.
Bedien met vla, room of roomys.

Annette

Kos & resepte | 4 kommentare

Prektis wat joe priets

So., 29 September 2002 17:41

Verlede Maandag, Trots SA dag, toe gee die essaybiesie glo aan al sy werkers
'n presentjie. Bo-op die boksie kondig die werkgewer trots aan dat hulle,
as die SA brodkaster, die gebeure van die dag aan die volk sal bring. In die
boksie was 'n pen met die SA vlag op die kant, en ook taamlik prominent die
opskrif: Made in Germany.
:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaapstad Akkommodasie

So., 29 September 2002 14:50

Soek u verblyf naby Kaapstad?
Ons bedry die mooiste "Selfsorg" Gastehuisie In Bellville en Idiaal vir 2-5
persone of natuurlik vir die besigheidsman wat baie spasie en privaatheid
verlang?
Sien my Web tuiste vir fotos en meer?
Ronnie Lancaster
email lanc...@freemail.absa.co.za
website http://myweb.absa.co.za/lancaster/

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Nuus

So., 29 September 2002 07:43

1)Die o/19 seunshokkiespan van Mmumalanga bestaan uit net swart spelers.
Hulle is aangesê om wit spelers in hul span te hê, anders sal hulle nie aan
die kompetisie kan deelneem nie.
Die president het bedank oor hierdie sinnelose opdrag.

2) 10 000 matrieks van Khayelitsha, Langa en Guguletu het by Strandfontein
hulle matriekpaartie gaan hou.'n Anderhalfuur later moes polisie ingeroep
word om te kom help, 1 kind is dood, ses gewond, 'n dogter van 11 is
verkrag, 4 is in hegtenis geneem, en die kinders is huistoe gestuur. Daar
was glo meer drank daar as by 'n SAB depot, en die oorgrote aantal kinders
was hopeloos dronk. Die polisie is nie voor die tyd van die byeenkoms in
kennis gestel nie.

3) Peter Lindenbergh, die kampioenmotorbootjaer, is ernstig beseer tydens 'n
byeenkoms by Saldanha.

4) Rugby: WP het gister alweer verloor. Bobby Skinstad het glo ook weer las
van die besering wat hom verlede seisoen uit rugby gehou het.

5)'n Tannie het haar 80ste verjaarsdag op die Vaaldam met vriende gevier.
Ongelukkig het die lot oues almal aan die een kant gestaan en die boot het
omgeslaan Die gasvrou en 5 ander het verdrink, en 21 oues is beseer.

6) 24 is dood en 52 beseer toe 'n bus van die pas tussen Queenstown en Fort
Beaufort afgestort het.

7) Ene Basil Bancroft dreig om iemand te vermoor sodat hy weer terug in die
tronk kan beland waar hy gelukkig, tevrede en veilig voel.
Bancroft is na 13 jaar in die tronk 'n week gelede vrygelaat, en hy kan nie
werk kry, of iemand kry om vir hom kos en slaapplek te gee nie. Hy is glo
'n psigopaat met 'n vinnige humeur, en sy familie wil niks met hom te doen
hê nie.
Hy sukkel ook glo om vir 'n ID boek aansoek te doen.
Sjeim.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vrolike Sondag

So., 29 September 2002 07:23

Vanoggend se sonskyn is in RSG se kop.
Daar is blykbaar fout, en die kerkdiensprogram kan nie uitgesaai word nie.
Eers is ons vergas op 'n lekker stuk township hip-hop, en tans is daar 'n
klavier jazz weergawe van die beroemde kwartet uit La Traviata.
In die ou dae was dit 'n direkte kerkdiensuitsending. Nou moet ons hoor daar
is fout met die disket waarop die diens is.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    692  693  694  695  696  697  698  699  700  701  702  703  704  705  706  707    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 03:23:16 UTC 2025