Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hikhoes

Vr., 04 Oktober 2002 12:12

Dis nou my vertaling vir hiccup ( hiccough) wat in die M&G vandag gebruik
is.
In kort werk die legkaart so:
BAe ( British earospace) , as deel van hul vergoedingspakket in die
wapensage, moes sorg vir die instelling van 'n industrie waar die verwerking
van goud plaaslik gedoen kan word sodat werkskepping en opleiding kan
plaasvind vir die werkloses .
Oro-Maska, wat beheer word deur G5 Internasionaal met 'n 51% aandeel, en die
ander deel wat besit word deur SA maatskappye - Harmony Gold, IDC (
Industrial Development Corporation) en FDC ( Free State Development
Corporation) sou die industrie vestig in Virginia, Vrystaat.
110 Indiërs vanaf Indië word toe in Oktober 2001 ingevoer om die opleiding
te verskaf.
Om 'n laaaang storie kort te maak - die fabriek het van Februarie tot Mei
hierdie jaar glo 'n proeflopie gehad, en is toe gesluit. Sedert Mei is
hierdie mense nie vergoed nie, maar daar is aan hulle behuising en kos
verskaf.
Sedert 30 September is daar nie meer kos aan hulle verskaf nie, en die
ooblywende 69 ( 34 het al in Augustus die pad gevat) word nou gedeporteer.
Die FDC het 15 miljoen in hierdie projek gepomp om die fabriek te vestig.
Die IDC het 4.5 miljoen gestort en Harmony betaal vir die huur van die
geboue.
G5 sou glo vir die betaling van arbeid en werkskapitaal bydra.
Harmony sou ook die goud ter waarde van 4.5 miljoen rand voorsien as deel
van die leningsfasiliteit vanaf BAe.

Die hikhoes begin toe omdat BAe sy leningsfasiliteit aan Harmony kanselleer.
G5 se kantore in London en SA kan nie gekontak word nie.
Keith Bates van BAe sê hy is gebonde aan geheime ooreenkomste en kan nie
kommentaar lewer nie.
Ferdi Dippenaar, bemarkingsdirekteur van Harmony beweer dat die dispuut met
BAe het geen uitwerking op Oro-Maska nie, en dink nie die operasie sal in sy
huidige vorm ooit van die grond af kom nie.
G5 se Indiese direkteure word verantwoordelik gehou omdat hulle nie hul deel
van die ooreenkoms nagekom het nie.
Muvhango Netshitangani, departementshoof van entrepeneursmynoperasies by
IDC, beweer dat die korporasie nie kliënt-inligting aan die publiek kan
vrystel nie.
( Ek kan net hier meld dat ek iemand bygestaan het om aansoek te doen vir 'n
bydrae van die IDC om 'n skool te vestig waar juweliers hier opgelei kan
word. In die aansoekvorm word dit duidelik gestel dat slegs SA burgers die
opleiding moet verskaf, en slegs SA burgers opgelei kan word.)
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

www.domein.za.com

Vr., 04 Oktober 2002 10:26

za.com

The nuwe Suid Afrikaanse domein naam

'n domein vir 'n nuwe dagbreek

Nou beskikbaar by www.artslink.co.za

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Stoute Boere

Vr., 04 Oktober 2002 06:08

Die Dept. Statistiek is raadop met boere wat nie die statistiekvorms voltooi
nie.
Daar is tot boere wat in 9 jaar geen statistieke besonderhede deurgegee het
nie.
Baie stout van hulle.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

2004 se matriekvakke

Vr., 04 Oktober 2002 05:22

Verpligtend: Two offisiele tale ( een waarvan die taal is van die taalmedium
van die skool)
Wiskunde of wiskundige geletterdheid.
Lewensorientasie.

Keusevakke: daar moet 3 vakke uit onderstaande gekies word:
Lewenswetenskappe ( biologie)
Gesondheidswetenskap ( physical sciences)
Aardrykskunde
Geskiedenis
Rekeningkunde ( boekhou)
Ekonomie
Besigheidsekonomie
Dans-studies
Musiek
Visuele kunste
Dramatiese kunste
Ontwerp
Informasie Tegnologie ( computer science)
Rekenaar applikasie tegnologie ( compu-typing)
Landbouwetenskappe
Meganiese tegnologie ( motor mechanics)
Elektriese tegnologie ( electrician work)
Inginieurs tekeninge en ontwerp ( technical drawing)
Toerisme
Hospitaliteits-studies ( Hotel keeping)
Verbruikerstudies ( home economics)

Druipsyfer is 40% en laer.

Van die vakke wat sal uitval ( lyk my nie een weet presies watter vakke die
124 opmaak nie):
Islamietiese studies
Bybel studies
Scripture
Religieuse studies
Klasieke musiek
Boekbind
Klasieke Grieks
Liggaamsoefeninge
Litografie
Lozi, Kwanyama en Ndonga as eerste tale
7 snelskrif kursusse
Voorligting
Gemeenskaps verantwoordelikheid
TV en radio tegniese werk
horlosiemakery.

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

2004 se matriekvakke

Vr., 04 Oktober 2002 05:22

Verpligtend: Two offisiele tale ( een waarvan die taal is van die taalmedium
van die skool)
Wiskunde of wiskundige geletterdheid.
Lewensorientasie.

Keusevakke: daar moet 3 vakke uit onderstaande gekies word:
Lewenswetenskappe ( biologie)
Gesondheidswetenskap ( physical sciences)
Aardrykskunde
Geskiedenis
Rekeningkunde ( boekhou)
Ekonomie
Besigheidsekonomie
Dans-studies
Musiek
Visuele kunste
Dramatiese kunste
Ontwerp
Informasie Tegnologie ( computer science)
Rekenaar applikasie tegnologie ( compu-typing)
Landbouwetenskappe
Meganiese tegnologie ( motor mechanics)
Elektriese tegnologie ( electrician work)
Inginieurs tekeninge en ontwerp ( technical drawing)
Toerisme
Hospitaliteits-studies ( Hotel keeping)
Verbruikerstudies ( home economics)

Druipsyfer is 40% en laer.

Van die vakke wat sal uitval ( lyk my nie een weet presies watter vakke die
124 opmaak nie):
Islamietiese studies
Bybel studies
Scripture
Religieuse studies
Klasieke musiek
Boekbind
Klasieke Grieks
Liggaamsoefeninge
Litografie
Lozi, Kwanyama en Ndonga as eerste tale
7 snelskrif kursusse
Voorligting
Gemeenskaps verantwoordelikheid
TV en radio tegniese werk
horlosiemakery.

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suidwester Gebonde?

Do., 03 Oktober 2002 12:54

Hoor vanmiddag oor die nuus dat vanaf einde Desember 2002 geen vlugte meer
van en na Johannesburg of Kaapstad na Eros sal wees nie.
Die rede ( geraas) klink nie so lekker nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Reisverslag Zuid Afrika

Do., 03 Oktober 2002 12:42

Hallo Allemaal,

Onlangs hebben wij een rondreis gemaakt door Zuid Afrika.

Het reisverslag inclusief ruim 350 foto's is te zien op het volgende adrea:

http://www.goednieuws.com/zuidafrika/

Veel plezier!

Met vriendelijke groet,

Natascha & Hans

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Elarduspark verkragters

Do., 03 Oktober 2002 11:24

Het toe al 4 lewenslank gekry - maar ek sê wat te hel help dit -
hulle is baie beter af daarbinne.

Viva vir die doodstraf - al sê die 'SLIMMES" wat ook al
-at least is hulle uit die samelewing.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re : Kaapse klopse

Do., 03 Oktober 2002 11:23

Kan iemand my sê waar kan ek fotos of clip art van dit kry ?
Ek het my nou al boeglam gesoek - sonder sukses.

Susan
foi...@netactive.co.za

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

4000 per dag.

Do., 03 Oktober 2002 10:46

Vanoggend op die radio gehoor dat daar per dag 4 000 mense wêreldwyd
aan geweld doodgaan. Naast vigs die grootste oorsaak van dood.

Interessant is dat hulle selfmoord ook daaronder tel...

Is daar enige statistiek wat sê hoeveel in SA is?

Hier in Utopia is dit 1 700 per jaar, waarvan 1 500 deur selfmoord is.

Erg om te dink dat voor die son sak, 4000 mense (deur hulle self)
vermoor gaan word...

Max_________________________________________________________ ___

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1835): [ «    690  691  692  693  694  695  696  697  698  699  700  701  702  703  704  705    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 09:57:24 UTC 2025