Singetjie
Wo., 09 Oktober 2002 07:27
Ons koor sing Vrydagaand in Stellenbosch - Endlersaal - konsert begin om
8nm - ons sing John Rutter, Pregiera uit Maria Stuardo en Verdi.
Kaartjies kos R15.
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Neem kennis!!
Di., 08 Oktober 2002 21:16
Ek het hierdie e-pos vanaand ontvang en dink dit raak die meeste van ons in
SA.
IMPORTANT INFORMATION
As of the 01 October 2002 Telkom is charging an additional 77 cents per call
if a person phones a landline call without the area code first.
Please be aware of this and start using the 10 digit procedure
I received this eMail this morning from Old Mutual, and have verified this
with Telkom on 10219.
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare
Afrikaans leer
Di., 08 Oktober 2002 13:27
Hallo almal,
ek is 'n duitse student en ek wil Afrikaans leer. Maar die probleem is dat
ek en duitsland niemand vind om afrikaans te praat. Ek was 5 maande in
kaapstad gewees en ek het in 'n hospitaal gewerk, en ek het daar 'n bietjie
geleer. Is daar iemand dat met my emails skryf wil? Of is daar 'n leergang
in die internet om Afrikaans te leer? Baie dankie!
alex
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Produktiwiteitsweek
Di., 08 Oktober 2002 13:03
Dis wat ons hier op biljette sien.
So nou is ons in 'n dilemma - as ons produktief hier is, dan is ons nie
produktief elders nie.
Reisiger, kan jy vir ons instaan hier, asseblief?
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Oorlopery
Di., 08 Oktober 2002 09:36
Die Kaapse Metropool gaan nou 'n ANC burgemeester kry, omdat daar genoeg DA
lede laasnag na die NNP/ANC oorgeloop het.
Wat vir my bietjie dronkslaan is dat die name van die oorlopers glo nie
bekend gemaak sal word voordat die 10 dae periode verstreke is nie, om die
oorlopers glo te beskerm.
Beskerm van wat? Daar is tog duidelik gestel dat hulle nie weer kan
terugloop nie.
Dus is Onse Charles Bronson sy ketting kwyt.
Sjym
Annette
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Geloofsgenesing
Di., 08 Oktober 2002 09:31
Enigiemand hier wat ondervinding daarvan het - persoonlik of familie en
vriende?
Was die geloofsgenesing suksesvol en blywend sonder enige ander medikasie?
As die vriend of familielid dood is omdat sy/hy geglo het hulle hoef nie
meer medikasie te geneem het nadat hulle gesond gebid is nie, is die dood
gedeeltelik die geloofsgeneser se skuld?
Annette
Geloof & kerksake |
20 kommentare
z woorde
Ma., 07 Oktober 2002 18:03
hallo almal
Is daar in Afrikaans wel woorde wat met 'n z word geskryf??
Ek het 'n Afrikaans lettris van die net afgelaai en hulle het so baie z in
die game, dat daar 'n woord met 'n z sal moet wees!!!!
Groete Rico
Afrikaans, ons taal |
4 kommentare