Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kan waar wees

Vr., 11 Oktober 2002 10:23

Daar is sprake dat die ANC/NNP broeders miskien te gou begin paartie hou het
en kantore uitgekies het hier in die Kaap.
Blykbaar is dit nog glad nie 'n uitgemaakte saak dat hulle in beheer sal
wees van die Kaapse Metropool nie.
Daar is sprake dat daar mense uit al drie die bakleiende hoofpartye nog wil
oorloop in die orige grasie periode. Dit maak dinge natuurlik vreeslik
interessant.
Daar was juis 'n oorloper wat na sy eie pasgestigde party oorgeloop het.
Nou kyk, daar is niks wat my 'n groter lekkerkry sal gee as die ANC/NNP
handomdielywers, na al die onderduimse gekonkel, nog steeds nie in beheer
van Kaapstad sal wees nie.
Ek dink regtig sommige van die oorlopers moet 'n bruinwerkersparty stig.
Hulle sal definief groot steun geniet - en nie slegs onder bruin mense nie.
Hulle moet net nie vir Morkel of Marais kies as van die leiers nie. Ons
gewone mense is nou al moeg vir die twee bakleiers se gesigte en vetes.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dan Roodt

Vr., 11 Oktober 2002 02:55

Dan Roodt - waarom hou ek van hom? Vertel my meer van die ou.
(Ek het hom die ander dag, die eerste en laaste keer, toevallig, op tv
gesien.)

Koeitjies & kalfies | 40 kommentare

Bloemfontein

Do., 10 Oktober 2002 19:42

Ons was laas naweek was ons vir so heen en weertjie Bloemfontein toe
en ek wil net vir almal wat van die plek weet sê hy is nog waar hy
was.

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Hi almal ..

Do., 10 Oktober 2002 19:20

Hello,

Hoe gaan dit alamal?

:)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

sinnelose vrae

Do., 10 Oktober 2002 14:51

soos jonas versoek het....

iemand wat jou 4 uur die oggend bel en vra 'slaap jy?'

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Telkom en 10 syfer skakel prosedure

Do., 10 Oktober 2002 14:00

Ons het die selle storie hier as 'n riemtelegram gekry.
Telkom se engelse persverklaring is as volg
(Gloudina, moet dit tog nie lees want dis in engels):
Belangrike Kennisgewing: Telkom kostes (10-Okt-2002)
Telkom Persverklaring:

"9 October 2002

No extra costs for not using 10-digit dialing

Telkom has reassured its customers that no extra costs are levied for
either using or not using the 10-digit dialing system for calls within local
exchange areas.

This follows an influx of queries in this regard, mainly stemming from
damaging and false-mail messages that are being sent and forwarded between
local companies and individuals.

The latest rumour is that Telkom is charging an additional 77 or 75
cents per call if a person phones a landline call without using the area
code first.

''This is totally incorrect," said Telkom's Managing Executive for
Consumer Sales and Marketing Thami Magazi. ''A local call is any call within
a 50 kilometer radius and the call charge is the same regardless of whether
the user has dialed the area prefix or not."

The planned introduction of 10-digit dialing for fixed-line
telecommunications users by the Independent Communications Authority of
South Africa (ICASA) has fuelled a number of urban myths regarding its cost
and the timing of its introduction.

Magazi explained that Telkom was running the 10-digit dialing system
in parallel to the seven-digit dialing system, following an announcement by
ICASA in April 2002 that the implementation of the 10-digit dialing system
would be postponed for six months after regulations had been promulgated.

"Only once the regulations have been promulgated will we have a firm
date for the implementation of 10-digit dialing. Until then, Telkom will
continue to run both systems in parallel so our customers can become
accustomed to dialing the three-digit prefix ahead of the seven-digit number
for all local calls to fixed-line numbers," said Magazi. He reiterated that
no additional charges are levied for using or not using the three-digit
prefix.

The national 10-digit dialing system is part of ICASA's numbering
plan, and once implemented, it will increase number capacity especially in
the metropolitan areas and bring fixed-line dialing in line with the
10-digit standard used by mobile operators. "

So dis die prentjie: Niemand weet nog regtig van wanneer af dit sal
geld nie!

Thys oppie Bos

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Nuus 10/10

Do., 10 Oktober 2002 11:32

Noudat die oorlopery gedoen is, het Frank Kahn - die openbare vervolger -
die saak teen Pietertjie Marais oor sy vriendelikheid met die dames
teruggetrek.
Vir ons gewone mense is dit 'n eienaardige spul, want gewoonlik is dit die
mense wat die saak aanhangig maak mos die wat 'n saak wil terugtrek of te
not.
Dit was nie slegs een dame wat 'n saak gemaak het nie- maar nou skielik het
hulle almal besluit hulle was onder die verkeerde indruk?
Strooisage.

Miskien is dit tyd dat die pos van openbare vervolger deur 'n vrou gevul
moet word.

Annette

Nuus | 6 kommentare

Wynfees

Do., 10 Oktober 2002 07:42

Die Burger se Wynfees is hierdie jaar van 8 tot 10 November by KanaalStap -
bo by die MTN speletjies-sentrum se kant.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krugerdag

Do., 10 Oktober 2002 07:36

In die ou dae sou ons vandag 'n vakansiedag gehad het, waarop die Groot Stap
van Simonstad na Die Parade sou plaasgevind het.
Nou nie dat ek 'n vakansiedag mis nie, ons het al klaar hopeloos te veel van
die goed - maar mens kan nie 'n Groot Stap doen op Sondag wanneer mens langs
die see "moet" wees nie;)
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Oorlog

Wo., 09 Oktober 2002 17:41

Moju wrote:
> New research shows war in the near future may be inevitable.

> For a complete report visit http://www.motherofjustice.com

Ja, ek stem saam met die konsep dat alles in siklusse gebeur, en ja -
die geraas van ons "warmongering" president se dromme raak harder en
meer oorverdowend by die dag.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    687  688  689  690  691  692  693  694  695  696  697  698  699  700  701  702    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 09:47:29 UTC 2026