Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie
hy is so klein en so skraal
Hy swaai 'n ou klein koffiekannetjie
en stap na sy werk vir die honderdste maal.
Langs die bome en blink watervore
sing hy so ver as hy gaan,
want gister is 'n baba gebore,
en hy is die vader daarvan.
Sy naam is Bart Kasper de Kompaan;
hy dink aan 'n naam vir sy seun
Freek Jasper en Sarel sal dalk gaan,
maar Gotlieb Antonie staan hom beter aan.
Ongelukkig verwag sy ou vader
dat die kind na sy oupa moet heet
Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden
en daarby Kasparus Bart Keet.
Kommentaar:
As kind het ek die liedjie graag gesing, en dit beskou as die Afrikaanse
weergawe van supercalifragilisticexpialidtious.:)
Philip Wouter de Vos, gedoop in Stellenbosch in 1731, was die 5de kind van
Wouter de Vos van Groenlo in Nederland.
Philip het by Parel Vallei , naby Hottentots Holland , geboer, en was een
van die heemraadslede van Stellenbosch.
In 1757 trou hy met Isabella Wium, en in die volgende 20 jaar het hulle 12
kinders. Isabella se gesondheid word geknak agv die herhaalde knippies, en
in 1775, 'n paar maande na die geboorte van die 9de kind, het De Vos glo vir
die slaaf Francina gevra, toe omtrent 30 jaar oud, om hom seksueel by te
staan.
Francina, dogter van Jan Pieter Wiemert, was gekleurd. Teen daardie tyd het
sy al klaar haar baas se rykdom vergroot met 4 slawekinders: Mercuur, Styne,
Lena en Clara - sommige gekleurd en sommige wit.
Volgens Francina was sy deur haar baas genader wat seksuele toenadering met
haar wou hê omdat mevrou Isabella floutes gekry het.
Francina het aan hierdie versoek toegegee, met die uitdruklike
verstandhouding dat sy en die kinders wat uit hierdie toenadering sou
voorspruit, as slawe vrygelaat sou word.
Toe hul dogter Francina gebore word, is die kind geklee, geskool en behandel
soos sy eie binne die eg kinders deur De Vos.
Telkens as Francina sr De Vos herhinner het aan sy belofte dat sy as slaaf
vrygestel sou word, is sy belowe dat dit met sy dood sal gebeur, en sy is
gevra om nie meer hierdie netelige kwessie te opper nie. Selfs toe sy hom
bystaan met sy sterfbed in 1793, het hy haar verseker dat sy nie bekommerd
moet wees dat sy en haar kind na sy dood vrygestel sal word nie.
Isabella is intussen in 1779 dood kort nadat sy die geboorte aan 'n tweeling
geskenk het, en 'n jaar later trou De Vos toe met Femma Posthumus ( 1740 -
1825), 'n weduwee met etlike kinders.
Femma se ouma was Anna Maria van die Kaap, en was 'n kleurling. Sy het ook
gou aan De Vos sy 13de en laaste "wettige" kind die lewe geskenk, en mens
kon maar net aanneem dat sy seksuele hulp vanaf Francina nie meer nodig was
nie.
Francina was vry om ander geselskap te soek, en gedurende die volgende paar
jaar is Rosina, Mietje, Joseph, Pieter en Levina gebore . Almal blank. Julle
vader was 'n Heiniger of Heyneke.
Met De Vos se oorlye in 1793, is daar toe 'n rusie tussen Femma en De Vos se
oudste kind Wouter ( gebore 1758) oor die testament.
Met behulp van die Hof is daar toe besluit om al die bates , insluitende
Francina, op te veil. Francina jnr , wie se pa nie sy belofte nagekom het
nie, word toe ook as 'n slaaf en bate in die boedel beskou.
Francina jnr is op die veiling gekoop deur Daniel Hiebner, met die doel om
haar as slaaf vry te stel.
Al die oorspronklike De Vos kinders was verbaas dat Francina jnr as slaaf
opgeveil word, aangesien hulle almal aangeneem het dat sy met De Vos se dood
as slaaf vrygestel is.
Toe hulle die saak aan hul stiefmoeder opper, het Femma vir Hiebner gevra om
Francina jnr aan haar terug te besorg, en sy het die koopsom van Francina
aan Hiebner teruggegee. Hiebner se voorwaarde tot toestemming van hierdie
transaksie met Femma was dat Femma nooit weer vir Francina jnr sou verkoop
nie, maar dat sy haar sal vrylaat.
Volgens Femma weet sy nie van hierdie ooreenkoms met Hiebner nie.
Dus, op die dag van die veiling, na beswaar van die De Vos kinders dat
Francina opgeveil word, het Femma vir Hiebner sy 871 Ryksdaalders gegee, en
toe die aankoop aangeteken is, is Femma se naam, en nie Hiebner s'n nie, op
die vendu-rol aangetoon - sonder voorwaardes.
Derhalwe, agv haar vader se verbreekte beloftes, word Francina jnr toe die
besitting en slaaf van Femma.
Slawe was nie toegelaat om te trou nie, en Francina jnr het aan 3
buite-egtelike dogters geboorte gegee teen 1811. Daardie jaar is Francina
jnr, saam met haar jongste kind, as slaaf verkoop om Femma se skuld te
betaal.
Nou moet ons wag tot volgende week om die res van Francina se verhaal te
hoor.
Vervalste R5 muntstukke is glo in omloop in Gauteng - met 1994 & 1995
indrukke.
Hier kom nou die snaakse storie:
Toe kleingeld by 'n bank inbetaal word, is die vals muntstukke opgespoor.
Die muntstukke is toe na die Munt geneem, en alhoewel hulle dieselfde
grootte is as die regte stukke, en dieselfde weeg as die regte stukke, is
die nikkel-laag dunner en die basis kernmateriaal verskillend, en by die
landswapen was die detail nie so skerp soos op regte stukke nie.
Volgens die Munt dus kan mens nie al die fyner detail op die vervalste
stukke sien nie, maar die grootte en gewig is dieselfde as die regte stukke.
Wat ek nou net wil weet is hoe die teller dan kon weet dis vals stukke deur
die sakkie R5 stukke te weeg.
( daar was 35 R5 stukke met die inbetaalslag)
Vervalste R5 muntstukke is glo in omloop in Gauteng - met 1994 & 1995
indrukke.
Hier kom nou die snaakse storie:
Toe kleingeld by 'n bank inbetaal word, is die vals muntstukke opgespoor.
Die muntstukke is toe na die Munt geneem, en alhoewel hulle dieselfde
grootte is as die regte stukke, en dieselfde weeg as die regte stukke, is
die nikkel-laag dunner en die basis kernmateriaal verskillend, en by die
landswapen was die detail nie so skerp soos op regte stukke nie.
Volgens die Munt dus kan mens nie al die fyner detail op die vervalste
stukke sien nie, maar die grootte en gewig is dieselfde as die regte stukke.
Wat ek nou net wil weet is hoe die teller dan kon weet dis vals stukke deur
die sakkie R5 stukke te weeg.
( daar was 35 R5 stukke met die inbetaalslag)
Oor die jare het die nuusgroep ska(n)des en winste gehad.
Ek soek gewoonlik na Tobie se skrywes maar die man is
besig om skaarser en skaarser te word ; iemand wat stil stil
besig is om weg te raak is ons Ausie Onnie. Ek dink ook nie
dat die Bali hartseer daarmee te doen het nie want Bali was nog
net 'n rots wat bokant die branders uitgesteek het toe ons Kiwi Onnie
begin het om gesig weg te steek. Ek weet dat daar groot Bike Drags
was én ek weet sat daar 'n nuwe (spog) mouster is wat ingewy moet
word maar om dit as 'n verskoning te gebruik, gaan maar moeilik af.
Eerste argeologiese bewys vir die bestaan van Jesus is in Israel
ontdek. 'n kissie, gemaak vir beendere, met 'n inskripsie van Jacobus,
seun van Josef, en broer van Jesus... Dateer uit 63 NC.
Die kenners sê dat die feit dat Jesus genoem word, daarop wys dat hy
'n bekende man was.
Ai tog, moet mens nie maar redakteurs, proeflesers en subs afdank en
klaarkry nie - miskien as hulle nie so lekker rustig in hul joppie
agteroorsit nie, dan sal ons ten minste reg kan lees t.o.v. spelling.
In gister se The Big Issue.
Op bladsy 25 - die opskrif van 'n artikel - in kleur -
Die eerste woord in 1cm hoë letters: culturel
Due tweede woord in 2cm hoë letter: povrty
Troes as njannies!
Dan is mens nie lus om weer R8.95 te betaal nie, al is dit vir 'n goeie
doel.