Just another incident which will probably not be reported in the
liberal English media, nor internationally.
Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and
beaten to death
Frail and kind elderly woman beaten to death.
Johanna Moore's body was found Thursday 23 February 2012 with severe
burn wounds to her face and on both arms.
It seems her skull was also crushed with the same iron.
The motive for the attack was supposedly theft (!)
===
Bejaarde vrou wreed vermoor
2012-02-24 08:08
Buks Viljoen
Nelspruit – ’n Bejaarde vrou is in die nag met ’n warm strykyster
gemartel voordat sy in die vakansiedorpie Dullstroom doodgeslaan is.
Johanna (Jo) Moore (78) se lyk is Donderdagoggend in haar huis
aangetref met erge brandwonde aan die gesig en albei arms.
Volgens forensiese kenners lyk dit of haar aanvallers haar kop met
dieselfde strykyster vergruis het.
Die motief vir die moord blyk roof te wees aangesien geld blykbaar uit
die huis weg is.
Moore, ’n Suid-Afrikaanse burger van Noorse afkoms, het die afgelope
22 jaar in Dullstroom gewoon en jare lank ’n kwekery in die dorp se
hoofstraat bedryf.
Die laaste paar maande het sy tuis as bloemis gewerk.
Nadat die nuus oor Moore se moord bekend geword het, het talle
inwoners van Dullstroom by haar huisie, Jan van Riebeeckstraat 303,
saamgedrom.
Sy is Woensdagmiddag laas lewend gesien toe André Mlwazu, haar
tuinwerker, daar weg is.
Hy werk al 21 jaar by haar.
Toe hy Donderdagoggend omstreeks 08:00 by die huis aankom, het hy
onraad vermoed omdat die tuinhek oopgestaan het.
Hy het om die huis gestap en gesien ’n deur is ook oop. In die kombuis
het hy bloed op die vloer gesien, asook ’n bos sleutels naby die
spensdeur.
Hy het hulp by ’n buurman, Ockie Burger, gaan soek.
Moore se lyk is in die spens aangetref. Sy het op haar maag in ’n plas
bloed gelê.
Die strykyster waarmee sy gemartel is, is langs haar gekry.
Die hele huis was omgekrap. Haar leë handsak, waarin daar vermoedelik
geld was, is ook gekry.
Haar motor het onaangeraak in die motorhuis gestaan.
Moore se enigste familielede woon in Noorweë en Nederland. Hulle is
Donderdag van die moord verwittig.
Sy het jare lank by ’n prokureursfirma in Dullstroom gewerk voordat sy
die kwekery ná haar aftrede gekoop het.
“Sy was ’n ystervrou – klein, fyn en tenger, maar absoluut with it!”
het Anita Minnaar, ’n vriendin, oor haar gesê.
“Sy was die dierbaarste mens denkbaar en ons het mekaar goed leer ken
omdat sy my onderneming se boekhouding gedoen het.”
Welma Strydom, Moore se boesemvriendin, het gister geskok by die huis
rondgedwaal. Hulle ken mekaar al sedert Moore in Dullstroom aangekom
het, het sy gesê.
Verne Lello, DA-raadslid van die dorp, het gesê die gemeenskap is met
afgryse vervul.
“Sy was weerloos en het geen mens nog ooit skade aangedoen nie.”
Die polisie het mense met inligting oor die moord gevra om sers.
Johannes Maseko by 082 318 9600 of 013 254 0141 of ao. Daniel Nkosi by
082 798 0659 te kontak.
ʼn Bejaarde gepaar is vroeg Donderdagoggend op hulle plaas in Vredendal
in die Wes-Kaap deur vier gewapende mans met maskers oorval.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die paartjie,
onderskeidelik 81 en 75 jaar oud, is wakker gemaak deur die vier mans
in hulle slaapkamer. Die mans wat messe gewapen was het glo gebroke
Afrikaans met die egpaar gepraat. Van Wyk sê die rowers het die huis
geplunder en geld geëis van die egpaar. Hy sê die rowers het die
egpaar se hande agter hulle rûe vasgemaak en hulle in die kamer
toegesluit. Van Wyk kon nie in die stadium bevestig of die paartjie
aangerand of beseer is tydens die voorval nie. Die rowers het met geld
en juweliersware op die vlug geslaan. Dit is later vasgestel dat die
rowers deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die polisie
ondersoek die saak.
Die polisie vra dat enigiemand met inligting die Vredendal-
polisiestasie kontak by (027) 201 3258 of kapt. Carin Loock by 082 469
3132.
Johannesburg – Ses boere is tydens Januarie 2012 in verskillende dele
van die land vermoor, het die landbou-organisasie TLU SA Dinsdag gesê.
“Plaasmoorde in Suid-Afrika lyk of dit besig is om toe te neem hierdie
jaar in vergelyking met verlede jaar, toe slegs een boer tydens
dieselfde tydperk vermoor is,” het die algemene bestuurder, Bennie van
Zyl, in ‘n verklaring gesê.
“Dit is onaanvaarbaar... Ons het die regering jare lank probeer
oortuig om op te tree, maar niks is gedoen nie.”
Die vakbond het die afgelope week ‘n veldtog geloods om die regering
te oortuig om bewustheid oor plaasmoorde in die land te kweek. Van Zyl
het bygevoeg dat die veldtog na Europese lande versprei is.
Hy het die regering daarvan beskuldig dat hy ‘n dowe oor draai op die
vakbond se versoek om plaasmoorde te beveg.
Van Zyl het gesê TLU SA het nie meer enige manier waarop hulle boere
kan beskerm nie. Hy het boere as die land se kosprodusente beskryf.
“Die enigste reaksie wat ons van die regering ontvang het toe ons die
kwessie van plaasmoorde opgebring het, was dat plaasmoorde nie meer ‘n
prioriteit was nie, maar ‘n kommer.
“Daar is slegs 35 000 kommersiële boere oor in hierdie land, maar die
bydraes wat hulle tot die ekonomie maak is geweldig groot.”
Volgens Van Zyl het die vakbond se woordvoerder, Henk van de Graaf,
die afgelope week na ‘n paar Europese lande gevlieg om die volle
omvang van plaasaanvalle aan politieke partye, kulturele organisasies,
regerings en ander voor te lê.
Hy het gesê dat as die Suid-Afrikaanse regering nie reageer op sy
beroep om teen plaasaanvalle op te tree nie, sal die organisasie
Europese regerings oortuig om betrokke te raak.
ʼn Bejaarde boer is Sondagmiddag op sy plaas buite Stella in Noordwes
vermoor.
ʼn Polisiewoordvoerder, brig. Thulani Ngubane, sê Hendrik Cilliers (77)
se liggaam is Sondagaand omstreeks 18:30 sowat 500m van die plaashuis
gevind. Hy sê Cilliers se hande en voete was vasgebind en sy mond is
met ʼn T-hemp toegebind. Ngubane sê Cilliers is in die kop geskiet en
het kneusplekke aan sy gesig gehad. Hy sê die vermeende moordenaars
het met huishoudelike items op die vlug geslaan. Ngubane sê Cilliers
het alleen op die plaas Erfdeel, sowat 15km buite Stella, gewoon.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die
polisie ondersoek die saak.
Onnie vas oor verkragting op skoolgronde
2012-01-25 14:30
Welkom 'n Onderwyser is tot 16 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy
verlede jaar 'n minderjarige meisie op 'n skoolterrein verkrag het,
het OFM berig.
Bruiser Gaseitsioe (43) van Welkom is gevonnis nadat hy die 15-jarige
meisie van die Lephola- sekondêre skool tydens klastyd in 'n
musiekstoor seksueel aangerand het.
Die meisie het die onderwyser gaan sien oor 'n lêer wat sy wou hê. Sy
is toe in die proses aangerand.
Dit het onlangs bekend geword dat 52 sake van seksuele misdrywe deur
onderwysers sedert Maart 2010 landwyd aangemeld is, het die
radiostasie berig.
Altesaam 15 onderwysers is ontslaan, terwyl verskeie ondersoeke nog
sloer.
Gesiene in landbou op sy plaas vermoor
2012-01-23 22:33
Marietie Louw-Carstens
'n Boer en bekende in landboukringe is gisteroggend koelbloedig op sy
wildplaas buite Roossenekal in Limpopo doodgeskiet.
Nadat mnr. Francois du Toit (38) geskiet is, het die aanvallers sy
vrou, Eunice, en hul twee jong kinders met kabelbinders vasgebind.
Du Toit was 'n voedingskundige by Alzu Voere in Middelburg,
Mpumalanga.
Hy en sy gesin het op die wildplaas sowat 30?km buite Roossenekal
gewoon. Sy ouers woon in 'n ander huis op die plaas. Pa en seun het
saam geboer.
Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê Du Toit het
gisteroggend ná 01:00 iets buite die huis gehoor.
Hy het opgestaan om 'n pistool uit 'n kluis te haal.
Drie aanvallers het intussen in die huis ingekom. Dit is nog
onduidelik presies waar en hoe hulle ingekom het.
Du Toit is in die maag geskiet.
Volgens Otto het hy glo teruggeskiet op die drie mans. Nie een van
hulle is gewond nie.
Du Toit is daarna nog 'n keer agter die oor geskiet.
Die aanvallers het toe me. Du Toit, die egpaar se seun, Francois (12),
en dogter, Stephanie (9), na 'n lapa buite die huis gevat.
Hul hande en voete is met kabelbinders vasgebind.
Die aanvallers het twee gewere, twee pistole, geld en selfone uit die
huis gesteel.
Hulle het toe in Du Toit se twee Nissan Navaras gevlug. Die swaar
gewonde mnr. Du Toit het toe nog gelewe.
Nadat hulle weg is, het me. Du Toit, terwyl sy vasgebind was, op die
grond aangeskuifel tot waar sy 'n skerp voorwerp kon kry om haar los
te sny.
Sy het die bure oor die tweerigtingradio ontbied.
Mnr. James Language was
van die boere wat eerste opgedaag het. Die bure het mnr. Du Toit in 'n
voertuig probeer kry, maar hy is in hul arms dood, het 'n vriend
gesê.
Language wou gister nie uitwei oor wat gebeur het nie.
'n Vriend van Du Toit wat nie genoem wil word nie, het gesê hy was
baie betrokke by sy medemens. "Hy was 'n goeie, goeie mens. 'n Leier-
boer," het die man gesê.
Du Toit was veral bekend onder lede van die Melkprodusente-organisasie
(MPO).
"Wat gebeur het, is verskriklik en baie hartseer," het 'n boer wat
daar naby boer gesê.
Volgens Otto het die aanvallers een van die Navaras op die plaas
gelos.
Die ander voertuig is 'n ent van die plaas gekry. Dit is nie duidelik
of hulle toe te voet gevlug en of makkers hulle opgelaai het nie.
Die polisie en boere het die gebied gister gefynkam.
Die Du Toit-familie was gister te geskok om met Beeld te praat.
Niemand is nog teen druktyd aangekeer nie.
Polokwane Die koster van die Afrikaanse Protestantse kerk (APK) in
Mookgophong (Naboomspruit) se keel is in 'n gru-aanval met 'n
skeermeslem oopgekerf.
Anita Jacobs van Niekerk (62) is in 'n bedenklike toestand in die
provinsiale hospitaal in Polokwane.
Vyf mans is in hegtenis geneem. Die handsak en geld is by hulle gekry.
Renee Matthee, haar dogter, het Maandag gesê haar ma "leef ook maar
net. G'n mens verdien wat met haar gebeur het nie".
Sy sal moontlik nie weer normaal kan sluk nie. Haar stembande moet
geheg word.
Van Niekerk is Saterdagaand in haar huis in Sewende Straat in die dorp
oorval. Sy het geslaap toe vyf mans omstreeks 23:00 in die huis
ingekom het.
Lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het gesê die mans het van die
diefwering oopgebuig om in die huis in te kom.
Van Niekerk se kleinseun, Alexander Donnovich (4), was in die huis
tydens die aanval. Hy woon by sy ouma sedert sy ma sowat twee jaar
gelede dood is. Hy is ongedeerd.
Die aanvallers het Van Niekerk se keel verskeie kere met 'n
skeermeslem gesny. Daar is ook baie snywonde aan haar arms.
Alexander het geslaap toe sy ouma aangeval is, het Matthee gesê. Hy
bly nou by familielede.
Haar ma het onlangs 'n vreemde man gehuur om in haar tuin te werk.
"Twee van haar selfone is gesteel, maar ons het nie geweet wie dit
gesteel het nie."
Die aanvallers het Van Niekerk se handsak met R300 geroof.
"Ek het inmekaargesak van skok toe ek hoor wat gebeur het," het
Matthee gesê.
Jakes Jacobs, 'n familielid, het gesê 'n man wat agter Van Niekerk se
huis bly, het 'n geraas gehoor en toe gaan kyk wat gebeur het. "Daar
is net bloed in haar kamer en selfs in die kombuis," het Jacobs gesê.
Volgens Matthee moes haar ma 'n noodoperasie ondergaan.
Two men stoned to death after allegedly stealing mobile phones from
two girls (Minitown informal settlement)
===
Mans gestenig ná hul glo meisies beroof
2012-01-23 13:00
Durban Twee mans is gestenig nadat hulle twee meisies glo van hul
selfone in die informele nedersetting Minitown naby Georgedale beroof
het, het die polisie in KwaZulu-Natal Maandag gesê.
"Twee mans is Sondagoggend in Minitown met klippe doodgegooi," het lt.
kol. Vincent Mdunge gesê.
Die meisies het om hulp geroep en plaaslike inwoners het hulle te hulp
gesnel.
"Die inwoners het hulle agternagesit en hulle met klippe doodgegooi."
Twee sake van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem
nie.
Alta Snyman
Rustenburg – ’n Bejaarde asbestoselyer is in ’n bedenklike toestand in
’n hospitaal in dié stad nadat vyf mans hom gister omstreeks 02:00 in
sy plaashuis oorval het.
Koos Bisschoff (71) woon sedert sy vrou se dood drie jaar gelede
alleen op die plaas Mooihoek deel 10 by Avondale, tussen Rustenburg en
Koster.
Vyf mans met ’n geweer het Victoria Jabard (41), sy versorger, in haar
kamer oorval en gedwing om die plaashuis se agterdeur oop te sluit.
In die huis het die aanvallers Bisschoff met die geweer oor die kop
geslaan.
Een van sy seuns, Henning, boer sowat 10 km daarvandaan.
Hy vermoed sy pa se Duitse herdershond, Tammie, wat in die huis
geslaap het, is met iets bedwelm, want volgens getuies het sy ’n ruk
geblaf en toe stil geraak.
Die hond was gister lusteloos en het vir niemand geblaf nie. Hy het
haar veearts toe geneem, maar geen kneusplekke is sigbaar nie.
Bisschoff jr. het gesê die rowers het sy pa en Jabard met
plastiekkabels vasgebind.
Volgens kapt. Adéle Myburg, polisiewoordvoerder, het hulle ook ’n
plastieksak oor Jabard se kop getrek, waarna sy in ’n kamer toegemaak
is.
Die rowers het die huis erg omgekrap en die kluissleutel gekry, maar
kon nie die versteekte kluis opspoor nie.
Hulle het met ’n rewolwer, twee selfone, kontant en Bisschoff se
metaalgrys Mazda Drifter-dubbelkajuitbakkie met die registrasienommer
FLG 864 NW gevlug.
Jabard kon haar loswikkel en het Koos Koen, wat die huis langs
Bisschoff s’n by hom huur, gaan wakker maak. Hy het hulp ontbied.
Bisschoff woon al langer as 22 jaar op die plaas en het ’n
plaaswinkeltjie. Nege kiste bier en vyf kartonne sigarette,
winkelvoorraad wat hy in die huis gebêre het, is ook gevat.
Hy het harsingskudding en het bloeding op die brein opgedoen.
Volgens Bisschoff jr. het die dokters gesê weens die asbestose kan
sy pa nie narkose kry en vir die bloeding geopereer word nie.
“Hy was altyd bereid om ander te help en hy het geen slegte
verhoudings gehad nie.”
===
Carla van Niekerk
’n Boer en sakeman van Ventersdorp is vermoor nadat hy en sy vrou
eergister in die oggendure in hul slaap oorval is.
Mnr. Dries du Toit (56) is op die toneel dood. Sy vrou, Lettie, is
ernstig beseer.
“Hulle het Lettie met ’n yster geslaan. Van haar tande is stukkend,
haar een rib is af en sy het steke aan haar kop gekry,” sê mnr. Du
Toit se broer, Chris.
Die voorval het omstreeks 04:10 plaasgevind nadat vyf rowers by die
huis op die plaas Klipplaatdrift in is, sê kapt. Adéle Myburgh,
polisiewoordvoerder.
Die plaas is oorkant dié van mnr. Eugène Terre’Blanche, voormalige
AWB-leier, wat in April verlede jaar vermoor is.
Myburgh sê mnr. Du Toit is nie geskiet nie, maar is dood weens
beserings wat hy opgedoen het toe ’n struweling tussen hom en sy
aanvallers ontstaan het.
“Die dokter in Ventersdorp het Lettie vir skanderings na Potchefstroom
gestuur. Sy is ontslaan en sterk nou by haar suster in Pretoria aan,”
sê mnr. Chris du Toit.
Sy ander suster, me. Elizabeth de Villiers (64), wat tydens die
voorval op die plaas gekuier het, is lig beseer.
Mnr. Chris du Toit sê sy suster het hom gebel toe die aanvallers weg
is.
“Gelukkig was Elizabeth se telefoon onder haar kopkussing en hulle het
dit nie gesien nie. Sy het my en haar seun toe gebel en ons het die
Ventersdorp-polisie gebel.”
Volgens hom is sy skoonsuster, wat as prokureur in Klerksdorp
praktiseer, erg getraumatiseerd.
Hy sê sy broer was ’n streng, maar baie saggeaarde mens.
“Hy was altyd bereid om ander te help en hy het geen slegte
verhoudings gehad nie.”
Die egpaar se twee dogters studeer aan die Universiteit van Pretoria
en was tydens die aanval by vriende in Ventersdorp.
Myburgh sê die verdagtes het ’n paar duisend rand se huishoudelike
toebehore gesteel.
’n Goeie kennis van mev. Du Toit wat anoniem wil bly, sê sy was
blykbaar in die week voor die voorval onrustig oor hul veiligheid.
“So ’n week voor die moord het Lettie ’n besoek ontvang van vier
persone wat hulle as polisiebeamptes geïdentifiseer het.
Hulle het gesê hulle ondersoek die beweerde diefstal van ’n
petroltenkwa. Hulle wou by die huis in om ’n verklaring af te neem.”
Sy wou hulle blykbaar nie inlaat nie en ’n paar dae later het ’n
polisiebeampte wat aan haar bekend is haar kom spreek. Hy was glo
bewus van die vorige besoek.
“Sy het niks geweet van ’n petroltenkwa nie. Sy het my ook vertel
saans het ’n voertuig met ’n blou lig na die spilpunt op hul plaas
gery. Die gebeure was vir haar vreemd.”
Volgens die kennis het mev. Du Toit verklarings hieroor by die polisie
afgelê.
Myburgh sê egter geen klag is ingedien nie en geen dossier is geopen
nie.
“Daar is in dié stadium baie bewerings. Die polisie ondersoek alle
inligting en ons verwag dat daar binnekort arrestasies gaan wees.”