Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans translations of some popular band/singer names

Vr., 07 November 1997 00:00

I don't speak Afrikaans that well, but this made me smile.
Enjoy

Dire Straits - In die kak!
Bananarama - Piesangmargerien
Joan Armatrading - Johanna Wapenhandelaar
Johnny Rotten and the Sex Pistols - Jannie Vrot en die Pomprewolwers
Iron Maiden - Yster sussie
Ladysmith Black Mombasa - Mevrou Smit se Swart Mambas
Four Jacks and a Jill - Vier Latte en 'n Platte
Queen - Moffie
Welcome to the Pleasuredome : Frankie Goes to Hollywood -
Welkom by Aventura : Frikkie Gaan Fliek toe
Twisted Sister - Koeksuster
Ace of Base - Baas se As
Meatloaf - Vleisrol
Spice Girls - Kerriekoekies
Simple Minds - Dofkoppe
Bruce Hornsby and the Range - Barend Horing en die hele Reeks
Joe Cocker - ...dja, djoune ook!
Whigfield - Pruikveld
Hootie and the Blowfish - Tietie en die Blaasoppies
Heughie Lewis and the News - Louis Luyt in die Nuus
Maria Carey - Meraai se Kerrie
Smashing Pumpkins - Platgemoerde Pampoene

Humor & grappe | 0 kommentare

Nog 'n blond een

Sa., 01 November 1997 00:00

'n Blond word gevra om 'n sin te maak met die uitdrukking: '...bo my vuurmaak
plek.' Natuurlik is sy nie links nie en brand los met: 'My rok is so kort dit
sit bo my vuurmaakplek."

Humor & grappe | 0 kommentare

NIE 'n GRAPPIE NIE!!!!!!!!!!!! HA!!!!!!!!!!!!

Do., 23 Oktober 1997 00:00

Hou jy van Afrikaanse musiek? Al gehoor van Neeltjie Kleynveld se debut CD
- Die Lewe is My Lied. As jy in een van die CD's belang stel email my by
hend...@lantic.co.za
Dan kan ek jou van 'n kontak nommer voorsien, aangesien die CD nie vrylik
beskikbaar is nie.

GRAPPIE (Net vir die wis en onwis)
Hoekom staan die blondine doodstil voor die stoof?
Die resep sê moenie roer nie!

Humor & grappe | 0 kommentare

Mike & Kallie

Wo., 22 Oktober 1997 00:00

Kallie aan Mike voor boksgeveg: Wat doen jy na die fight?

Mike: Ek bloei

-----

Kallie to Mike before the boxing match: What are you doing after the fight?

Mike: I'm going to bleed
[Wie het nog Mike en Kallie jokes?]

------------------------------------------------------------ -
Jasper Schellingerhout
jasper_spa...@starjump.com

Starjump for:
- Turnkey solutions.
- Expert advice and system level solutions
for software development firms
- Web design
- Shareware distribution

Humor & grappe | 0 kommentare

More Mike & Kallie

Wo., 22 Oktober 1997 00:00

[English follows]

Kallie ry oor een van Mike se hoenders en bring die ding vir hom

Kallie: Sorry Mike, ek het oor een van jou hoenners gery

Mike: Issie myne nie. Myne issie so plat nie.
-----

Mike: Watter soort kar ry jy?

Kallie: 'n Rooie

--------------------

Kallie runs over one of Mike's chikens with his car and bring the thing to
him.

Kallie: Sorry Mike I ran over one of your chikens

Mike: Thats not one of my chikens. My chikens aren't so flat

--------

Mike: What type of car do you drive?

Kallie: a Red one

------------------------------------------------------------ -
Jasper Schellingerhout
jasper_spa...@starjump.com

Starjump for:
- Turnkey solutions.
- Expert advice and system level solutions
for software development firms
- Web design
- Shareware distribution

Humor & grappe | 0 kommentare

OORSEE

Di., 02 September 1997 00:00

On Tue, 2 Sep 1997 09:19:08 GMT, Da...@pukrs3.puk.ac.za wrote:
>
> HOEKOM GRADEER HULLE ROBBENEILAND SE RUGBYVELD OP?
>
> DIT IS DIE ENIGSTE MANIER HOE WP OORSEE SAL KAN SPEEL!

Ou grappie...komende van 'n Wes-Transvaler sê dit nie veel nie... :D)

(WP lê 2de op die curriebeker punteleer)
>>>

Atlas

Humor & grappe | 2 kommentare

Die moerige mier

Vr., 29 Augustus 1997 00:00

noS...@mailhub.smartnet.co.za (Gerhard Louw) skryf:
> From: noS...@mailhub.smartnet.co.za (Gerhard Louw)
> Subject: Die moerige mier
> Date: Tue, 26 Aug 1997 22:02:45 GMT

> Die Moerige Mier

> Een warm sommer dag loop ou Mier daar langs die Limpopo rivier langs,
> maar jy kan sien mier is dik de donner in. Hy loop en vloek en skel
> iets verskriklik. Hy kom dan by ou Kameelperd wat lekker in die rivier
> water staan en af koel. "Kameelperd! .. KAMEELPERD! Klim uit die $%^@#
> water!!!! Kameelperd klim heel rustig uit die water en mier kyk hom op
> en af. "Kameelperd... klim terug in die water! " beduie mier wild.
> Mier loop weer aan, maar hy is nog moerig. Hy vloek en skel iets
> vreesliks. Hy kom dan by our seekoei. "Seekoei! .. SEEKOEI! klim uit
> die $%#@ water uit!!!" sê mier met 'n windgat houding. Seekoei klim
> ewe rustig uit die water terwyl mier hom op en af kyk. Seekoei! ..
> klim terug in die water!" Mier loop aan en kom by Olifant, maar hy
> kook nou al amper oor. Hy skreeu op olifant "Olifant .. ek sê OLIFANT!
> klim uit die %$^& water uit!!" Olifant klim ewe rustig uit die water
> uit. Mier kyk hom op en af, en beduie weer: "Olifant, klim terug in
> die water in! " Olifant vra ewe rustig vir Mier, "Wat is jy vandag in
> so 'n slegte bui, Mier?" En Mier se: "As ek daai doos kry wat my
> swembroek gesteel het..."

This joke is quite probably the funniest I have read in a very long time, well
done!!

Humor & grappe | 0 kommentare

Nog 'n Spul

Vr., 22 Augustus 1997 00:00

Hoekom het eende plat voete?
Antwoord: Om veldbrande dood te trap.
En hoekom het olifante plat voete?
Antwoord: Om brandende eende dood te trap.

Daar is 'n bok, 'n leeu en 'n kameel wat op jou afstorm,
maar jy het net een koeël in jou geweer. Wat gaan jy doen?
Antwoord: Jy rook die Camel, drink die Lion en skiet die bok.

"Hoe gaan jy hierdie groot erf omgespit kry"
"Met 'n spitbraai."
"Hoe so?"
"Terwyl die gaste spit, braai ek die vleis."

"Is ek die eerste man wat jou soen, Sannie?"
"Hoekom vra julle mans altyd dieselfde vrae? Natuurlik is jy!"

Dit is wanneer die nag op sy donkerste is dat jy besef dat jy
nooit die kragrekening betaal nie.

Die padwerkers stuur 'n brief na die bestuurder dat al hulle
pikke gebreek is. Die bestuurder skryf toe terug: "Leun maar
solank op die grawe."

Jannie: Pa, ma het my fiets stukkend gery.
Pa: Ek het jou gesê jy moet nie jou fiets op die stoep los nie!

'n Dogtertjie het 'n nuwe syrok gekry en sy sê vir haar ma:
"Ma, dink net, hierdie rok kom van 'n wurm af."
Ma: Ag nee man, dit is nie nodig om so van jou pa te praat nie.

V: Wat kry jy as jy 'n olifant en 'n mossie kruis?
A: Gebreekte telefoondrade.

'n Skelm wil vir Lulu met 'n broodmes steek, maar sy is nie
bang nie, want sy is nie 'n brood nie.

Humor & grappe | 0 kommentare

Mike-, Kallie- en Koos-hulle

Vr., 22 Augustus 1997 00:00

Kallie gaan kuier by Mike en vind hom hard aan die werfskaf
in die motorhuis.
"Wat maak jy, Mike?"
"'n Draagbare."
"'n Draagbare wat?"
"Ek weet nog nie...ek het nog net die handvatsel klaar."

'n Arabier op 'n kameel loop vir Koos, aangetrek vir die
strand, sambreel onder die een arm en 'n kosmandjie onder die
ander, in die middel van die woestyn raak.
"Hoe vér is dit nog see toe?" vra Koos.
"Ongeveer 500 kilometer."
"In daardie geval," sê Koos en sprei sy handoek netjies op
die sand oop," bly ek heeldag hier op die strand!"

"Het jy geweet," vra Koos sy maat, "dat hitte dinge laat
uitsit en koue dinge laat krimp?"
"Bewys dit!"
"In die somer die dae langer as in die winter!"

Die dokter ondersoek Koos en sien sy lewer is nie te gesond
nie. "Wat drink jy en hoeveel, mnr. Van der Merwe?"
"Gooi maar 'n dubbele brandewyn, dokter!"

Mike en Kallie stap by die Guinness Book of Records gebou in ea
sê dat hulle 'n nuwe rekord opgestel het. Die man vra toe wat
hulle gedoen het. Mike sê toe hulle het 'n legkaard in twee
maande klaar gebou waarop gestaan het: "Twee tot drie jaar."

V: Wat noem Mike sy Zebra?
A: Kolle!

Mike, Kallie en Koos ry in die woestyn toe hulle bakkie gaan
staan. Hulle klim uit. Kallie breek die dak af en sê: "Nou
kan ek in die koelte sit."
Koos klim uit en haal die waterbottel uit en sê: "As ek dors
word kan ek water drink."
Mike klim uit en breek die deur af. Kalie vra toe vir Mike
hoekom hy die deur gevat het en Mike sê toe: "As ek warm kry,
dan draai ek die venster af."

Humor & grappe | 0 kommentare

Tipe mans in 'n publieke manstoilet

Do., 21 Augustus 1997 00:00

Opgewonde tipe: Sy broek is verdraai, hy sukkel om die opening te kry en
skeur sy broek uit woede.

Skeel-oog tipe: Kyk in die regterkantste bak en pis in die linker een.

Beskeie tipe: Kan nie pis as iemand vir hom kyk nie, laat spoel die bak
asof hy klaar is en sluip dan later stilletjies terug.

Luidrugtige tipe: Fluit kliphard terwyl hy oor die afskorting kyk om te
sien hoe die ou langs hom bedeeld is.

Ongeërgde tipe: As al die bakke beset is, pis hy in die wasbak.

Bekommerde tipe: Hy is nie seker oor waar hy dit laas ingehad het nie en
doen 'n intensiewe ondersoek na die toestand van sy lat.

Verstrooide tipe: Haal sy das uit en pis in sy broek.

Slordige tipe: Nat spatsels op sy gulp, pis sy skoene raak, loop gewoonlik
uit met 'n halfoop gulp en skuif sy knaters eers so half-uur later mooi in
posisie.

Verleë tipe: Kyk skaam rond of iemand vir hom kyk en pis dan per ongeluk
teen sy been af.

Sexy tipe: Haal sy lat uit, besluit dit het oefening nodig en stap dan
haastig uit.

Onnosele tipe: Pis klaar, knyp sy knaters in sy rits vas en bekak hom op
die plek!

Verwaande tipe: Maak al sy gulpknope los al sou een voldoende gewees het.

Verfynde tipe: Trippel fyntjies in, sit op sy hurke om te pis en trippel
dan weer verleidelik uit.

Obskure tipe: Hoes en poep kliphard terwyl hy pis, krap in sy neus en
smeer dit aan die muur af, slenter dan traag uit.

Selfversekerde tipe: Gesels ywerig terwyl hy pis en het deurgaans 'n sterk
beheer oor sy poepe, skud dan die druppels pronkerig af.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    54  55  56  57  58  59  60  61  62  63  64  65  66  67  68  69    »]
Tyd nou: So. Mei 31 17:25:03 UTC 2026