Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde paartjie (81 en 75) is vasgebind en beroof
Bejaarde paartjie (81 en 75) is vasgebind en beroof [boodskap #120087] Do, 02 Februarie 2012 11:17
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Bejaarde egpaar op plaas in Vredendal aangeval

Deur Nico Strydom op 2 Februarie 2012

ʼn Bejaarde gepaar is vroeg Donderdagoggend op hulle plaas in Vredendal
in die Wes-Kaap deur vier gewapende mans met maskers oorval.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. FC van Wyk, sê die paartjie,
onderskeidelik 81 en 75 jaar oud, is wakker gemaak deur die vier mans
in hulle slaapkamer. Die mans wat messe gewapen was het glo gebroke
Afrikaans met die egpaar gepraat. Van Wyk sê die rowers het die huis
geplunder en geld geëis van die egpaar. Hy sê die rowers het die
egpaar se hande agter hulle rûe vasgemaak en hulle in die kamer
toegesluit. Van Wyk kon nie in die stadium bevestig of die paartjie
aangerand of beseer is tydens die voorval nie. Die rowers het met geld
en juweliersware op die vlug geslaan. Dit is later vasgestel dat die
rowers deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die polisie
ondersoek die saak.

Die polisie vra dat enigiemand met inligting die Vredendal-
polisiestasie kontak by (027) 201 3258 of kapt. Carin Loock by 082 469
3132.

http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/bejaarde-egpaar-op-plaas -in-vredendal-aangeval/
Vorige onderwerp: Ongoing Farm Attacks - Farm Attacks not a priority, 6 farmers killed in Jan. 2012
Volgende onderwerp: Glorious New South Africa - 78 year-old woman tortured with iron and beaten to death
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 14:06:03 MGT 2024