Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hoe is dit dan ook moontlik?

Di., 10 Desember 2002 18:58

Hoe kan 'n land wat haarself as 'n selfaangestelde "wereldspeler" beskou
haar nie aan wereldmenings steur nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoe is dit dan moontlik?

Di., 10 Desember 2002 18:54

Hoe kan 'n land wat kamstig nie-rassigheid nastreef affirmative action
toepas?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ASPI

Di., 10 Desember 2002 17:54

Hoe 'start' ek ASPI?
En moet my nie vra wat dit is nie, ek weet nie, dis net dat 'n 'error
message' dit vir my gesê het. Was by help, maar Help het nog nie van
so iets gehoor nie :-(
As dit sal help ek hardloop Win XP Professional.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kattebak

Di., 10 Desember 2002 16:51

Een ding lei tot die ander:))

Kattebak
Waarom word dit so genoem en waar kom dit vandaan?
Is dit in Hollands poezenbak?:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Re: Telkom's rates hike gets go ahead from Icasa

Di., 10 Desember 2002 12:10

Ja - en dis meer as die huidige inflasiekoers.
Steen moet nou vir ons vertel hoekom:))
Annette

"TJ" skryf in boodskap news:3df5d1e0$0$236@hades.is.co.za...
>
> The Independent Communications Authority of South Africa has approved
> Telkom's 12,5 percent price increase for local telephone calls with effect
> from January 1, 2003.
>
>
http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&am p;art_id=qw1039513320653
> B234&set_id=1
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Jislaaik!!

Di., 10 Desember 2002 12:04

Nou net op RSG se nuus om 2nm:
Meer as 'n MILJARD mense sal die openingseremonie van die krieketwêreldbeker
volgende jaar op Nuweland bywoon.
Ek dink die nuusleser het nie gedink wat hy gelees het nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuus 10/12

Di., 10 Desember 2002 11:04

Karen Muir se 37 jaar oue swemrekord is gebreek.
Haai - hoe vlieg die tyd!!
Dit was net nou die dag toe ons as laerskoolkinders teen mekaar tennis
gespeel het, en 'n paar jaar later in dieselfde gang in die koshuis was.
Laas toe ek haar raakgeloop het was sy 'n dokter in Bethlehem dink ek.
Wonder wat doen sy nou

Annette

Nuus | 0 kommentare

Uitsprake deur sangers

Di., 10 Desember 2002 07:09

Ek is miskien te oorkrities - maar ek sien nie die punt in om tot frustrasie
te probeer hoor wat 'n sanger te singe het nie. As ek nie die woorde kan
hoor sodat ek kan verstaan wat gesing word nie, dan luister ek net nie meer
na daardie liedjie nie.
Was dit Eve Boswell wat ons probeer betower het met:
Maai heart hat a klaaine fanster?
:)))

Annette

Musiek & liriek | 19 kommentare

Theuns Jordaan

Di., 10 Desember 2002 06:51

Hierdie kêrel het laasweek in die Baai kom sing. Het maar traerig gaan
luister - ek het wel 'n paar mooi goed van hom gehoor en sy platterige
uitspraak was maar vreemd op my Pretoria-oor (of ooar, soos hy sou sê).

Maar dêmmit, hierdie laaitie kan sing. En nie net sing nie - hy looi 'n
kitaar besonder bekwaam. Al die vroumense in my gesin is nou verlief.

Koot

Musiek & liriek | 7 kommentare

Harry

Di., 10 Desember 2002 01:11

Ek wou nog vertel, ek het hierdie naweek die nuwe Harry Potter fliek gaan
kyk. Dis baie goed, doen julleself die guns, dis baie beter en meer getrou
aan die boek as die eerste een. Die kinders word ongelukkig nou vinnig
groot en hulle sal heel moontlik nog net een Harry kan maak, voordat hulle
die huidige akteurtjies moet vervang. Ai Harry Potter sal ook nie Harry
wees sonder Daniel Radcliff nie.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    659  660  661  662  663  664  665  666  667  668  669  670  671  672  673  674    »]
Tyd nou: Wo. Des. 31 19:03:53 UTC 2025