Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ag nee - Gator

Do., 19 Desember 2002 22:37

Ek weet nie hoe dit gebeur het nie want ek click nooit op "yes" as hulle my
vra of ek Gator wil install nie, maar op een of ander way het die stuk
gemors op my rekenaar gekom. Nou moet ek eers gaan sukkel om die
verfoeilike ding van my hardeskyf te verwyder.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Kersfees.

Do., 19 Desember 2002 22:15

Ek en my man het, tot ons spyt, aangebied om hierdie jaar kersfees by ons
huis te hou. Vorige jare was ons Oukersdag by my man se ouers en dan
Kersdag gedeeltelik by my en sy ouers. Sy ma sit elke keer 'n scene op as
my man saam met ons wil Kersfees hou, so om vrede te bewaar kuier ons by my
pa-hulle tot so 4 uur en dan skuifel ons maar oor daar na sy ouers toe.
Julle sien, Oukersdag is traditioneel skoonouers se "Duitse" kersfees,
kompleet met Kalkoen (eindelik eet hulle eend in Duitsland oor Kersfees,
maar hier is eend nogal skaars), Kloze (is dit reg gespel), spesery koekies,
advent kerse en al die trimmings. Ek geniet dit nogal, juis omdat dit so
anders is as ons Kersfees, met tong, hoenderpastei, doekpoeding en trifle.

Nou sien, om dinge vir beide kante makliker te maak, en omdat ons in 'n
lekker groot huis ingetrek het, het ons die familie laat weet dat Oukersdag
hierdie jaar by ons is. Julle het geen idee watse kopseer dit is om die
twee tradisies te probeer bymekaar bring nie. Kyk, met Duitse kersfees kry
elkeen 'n bordjie met lekkernye. Dit was altyd vir my vreeslik lekker want
daar's chocklits, neute, marzipan en spesery koekies op so 'n bord. Gister
gaan koop ek en manlief toe nou die chocklits en neute - R630 later storm
ons altwee ewe moerig die Makro uit. Maar dis nog nie klaar nie. Ek het
nog nie Marzipan of spesery koekies nie. Plus elkeen moet 'n spesiale
chocklit in die vorm van 'n Kersvader kry. Ek skat dit gaan my nog so R200
uit die sak jaag.

Okay die sweets is gecover, nou moet daar nog 'n kersboom opgeslaan word.
Ek het flou verskonings vir kersvesierings, maar darem 'n heel gangbare
boom. Skoonma se boom staan 'n formidabele 2 meter hoog en haar versierings
kom direk uit Duitsland. My ou boompie staan net so 'n meter hoog en my
versierings lyk maar oes. So om die ou boompie te probeer red (ek het nie
R2000 vir 'n 2 meter boom nie) koop ek toe maar nuwe vesierings.

Klappers, of beter bekend as "crackers" kos R80.00 vir 'n box van 5, dis nou
die "grootmens" crackers. Daar gaan nog R240.

Nou ja, omdat ek twee tradisies bymekaar bring, gaan die kos (dank vader)
heeltemal Afrikaans wees. Om my bankrekening te red het ek vir my ouers, my
skoonouers en ouer suster gevra dat elkeen 'n ietsie moet bring. Skoonma
bring skaapboud, gerookte varknek (grillies) en aartappel slaai. My ma
bring tong (grillllllll), soutvleis en trifle. Ousus bring 2 slaaie en sy't
darem 'n paar koeldrankies ook gekoop. Selfs spesiaal vir my skoonma
vrugtesap gekoop omdat sy 'n diabeet is.

So om 'n lang geweeklaag af te sluit... Ek's al klaar gatvol vir Krismis en
dis nog 5 dae ver. Kersfees het my al klaar oor die R1000 gekos, en ek het
nog nie eers geskenke gekoop nie. So nou vra ek julle hoekom spandeer ek al
hierdie geld, dis mos nie waaroor kersfees gaan nie? Tussen al die koop en
regmaak deur het ek self vergeet waaroor Kersfees gaan. Miskien is ek nie
die enigste een nie, en miskien moet ons almal 'n rukkie stil sit en weer
Kersfees "evalueer". Gaan dit nog vir ons oor liefde, saamwees en (vir
Christene) die herdenking vir Jesus se geboorte? Of gaan dit oor geskenke,
lekker kos en drank?

Mag julle almal 'n Geseënde Kersfees hê.

Groete
Elaine

Reis & vakansie | 13 kommentare

Bid woorde van Engels na Afrikaans

Do., 19 Desember 2002 13:55

Hello Almal,

Kan iemand asseblief my n guns doen. Ek is Engels sprekend en woon nou
in Engeland. Ek gaan n bid in Afrikaans se vir ons kerk in Engeland.
Ek kan dit in Afrikaans "translate" (jammer ek weet nie die Afrikaans
woord) maar dit sal nie korrek wees.

Ek sal baie blei wees as iemand hierdie bid in Afrikaans vir my kan
gee. Die bid is as volg:

---------------------

We come to you at this time of the season in remembrance of your
words:
"For God so loved the world that he gave his only son"
Giving is what Christmas is all about. Let us not forget the love. For
Father, as we go about this life we have so many blessings to remind
us of your love.
As we gather with family and friends, help us to keep this
love in mind as we give each gift.
Help us through these difficult times by giving and sharing your love
to all.
For we do recognize the gift of Your Son, Jesus, and follow his
spoken words.
Help us to appreciate this time of giving and remembrance of
Your gifts to us.

Lord hear us

Lord graciously hear us

---------------------------

Baie dankie

Evan

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ok maar skelm

Do., 19 Desember 2002 13:32

Ek het nou net my selfoon balans op die Internet na gegaan, en daar sien ek
toe 'n ding wat my nogal laat dink het. Ek is R0.66 "gecharge" vir oproepe
wat, wag vir dit, presies 0 sekondes geduur het. Dit beteken die nommer was
seker beset of ek het neergesit voordat die persoon aan die anderkant
geantwoord het. Hoe kan hulle jou geld vra vir 'n oproep wat 0 sekondes
geduur het? 66c klink dalk nie na baie nie, maar as jy sukkel om dringend
deur te kom na iemand toe, en jy hou aan bel totdat hulle antwoord, of die
foon nie meer beset is nie, kan dit nogal 'n aardige bedraggie wees.
Likewise het hulle my R1,46 gevra vir 'n oproepe wat onderskeidilik 4, 6 en
13 sekondes geduur het. Ek dog daar's nou "per second billing" in plek, hoe
kom hulle by daai totaal uit?

Elaine

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Oud genoeg?

Do., 19 Desember 2002 06:44

Thys vertel dat sy seun op 24 jaar oud genoeg is vir trou.
Is dit?
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nuus 19/12

Do., 19 Desember 2002 05:58

Die ANC hou konferensie in Stellenbosch - en die stuk wat die voorblad tot
nou gehaal het was die gebruik van kondome by die kongres:))
Blykbaar is die kongresgangers onsettend besig, en die 2000 kondome wat in
die voorportaal van die DF Malangebou beskikbaar gestel is ( toegedraai in
foelie met 'n hulplynnommer op die een kant gedruk en op die ander kant "for
state use only") is voor 12 almal opgeraap.
Daar is 3000 kongresgangers, dus kan mens aanneem dat daar alweer
ondervoorsiening plaasgevind het;))
Ten spyte van die antirook wetgewing, word rokery wel in die sale tydens
besprekings toegelaat - omdat sulke kongresse mense vreeslik senuweeagtig
kan maak, en blykbaar neem die ANC die rookkwessie meer ligtelik op as wat
ons sou wou glo, aangesien 'n stalletjie van een van die sigaretmaatskappye
reg langs die stalletjie van die dept van gesondheid opgerig is.
Dit maak nie vir hulle saak wie 'n stalletjie het nie, die wat kan en wil
betaal het 'n stalletjie.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Ouers vra

Wo., 18 Desember 2002 19:29

Gisteraand het 'n outjie toe kom ouers vra. Heel senutergende proses
vir my en wyfiemens ook. Daar was oral in die huis defensiewe en
offensiewe sake (hoofsaaklik afgesaagde stoelpote) versteek, maar dit
was toe nie nodig om dit te gebruik nie. Bly dis verby!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die son skyn!

Wo., 18 Desember 2002 14:24

Hier aan die Namibiese kus is die son warm en die meisies val uit hulle
klere uit! Ons het 'n ongelooflike goeie seisoen en jy sien net moeë
besigheidsmense wat op die bed neerslaat met 'n lag op die gesig. Dankie,
Gauteng, dankie Kaap, dankie Moose [Moerse!] vir jou wysheid om julle eie
bedryf op te donner!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wie was dié DD

Wo., 18 Desember 2002 13:44

David (Dawid) du Plessis (bynaam DD) Gebore op 7 Feb. 1905 op 'n plek
met die naam Vier- en-twintig Riviere naby Kaapstad. Hy was al deur
bekendes gekwoteer in TIME Magazine, hy het ook destyds die Pous
ontmoet wat ook bekend met hom was.
Hy het gewoon in Ladybrandt in sy kinderjare. Hy het ook as kind in
die destydse Basotholand 'n tydlank gewoon met sy ouers.
Hy is vereer deur die Universiteit van St. John (ge-administreer deur
die St Benedict orde) in Mei 1976 en die Pax Christi Award is aan hom
toegeken.
Wie was hy? (Ek dink nie hy leef meer nie)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Annette Leer Hollands

Wo., 18 Desember 2002 12:57

Ek het nou net gehoor ek hoef nie meer shit te sê as uitroepwoord nie. Dit
klink ook buitendien nie mooi nie.
Nou kan ek kut gebruik, en niemand sal weet ek praat lelik nie;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Bladsye (1835): [ «    655  656  657  658  659  660  661  662  663  664  665  666  667  668  669  670    »]
Tyd nou: So. Des. 21 22:41:21 UTC 2025