Angola vra dat die blanke boere van Zimbabwe daar moet kom boer.
Die vuur in Kampsbaai is uiteindelik geblus.
'n Duitser is op die R300 vermoor. 'n Vriend help die weduwee om die garage
skoon te maak, en kom af op 'n krat vol vuurwapens en vuurpyle. Die saak
word verder ondersoek en nog vele ander kratte met vuurwapens wat aan die
oorledene behoort word in Die Strand opgespoor. Na 'n "ondersoek" word
verklaar dat die wapens wettig in die land is.
Die man was geskiet toe hy in sy motor naby Delft geparkeer was. 'n Vriend
het 'n tas met R 350 000 uit die motor gered.
Hierdie hele storie stink ten hemele.
Snippie is 4 jaar gelede dood, en ek het vandag weer vir die eerste keer 'n
hondjie gesien wat ek weet myne moet wees.
Ietwat van 'n probleem hier by die woonstel, en dit is 'n pavement special,
so ek het nie die vaagste benul hoe groot sy gaan word nie, alhoewel sy die
kleinste van die werpsel is.
Ek is seker ek sal 'n plan kan maak.
1)Vir die wat nie die Huisgenoot deurblaai nie: Joost van der Westhuizen (
skrumskakel) is toe met Amore Vitone ( ex-lotto meisie) getroud. Geen
melding word gemaak van ex-vroulief nie.
2) 10 mense is gister dood toe 'n passasierstrein van agter af in 'n
goederetrein vasgery het net anderkant Kraaifontein op pad na Paarl. 'n
Kommissie van ondersoek het 10 werkdae om 'n verslag van die gebeure op te
stel.
3) 4500 vrywilligers is gereed om op te tree by die openingseremonie van die
krieketwêreldbeker. Daar gaan 6 tablo's wees en dan die finale koornommer.
Ons koor tree op, maar ek is nie by nie. Sommige mense moet werk terwyl die
ander dae het om kan rondsit om te oefen wat om wanneer te doen.
4) Hierdie naweek is die optrede van die finaliste in die Kaapse Klopse
kompetisie, voor dat die wenners aangewys word.
5) SAA borg die SA Ope gholftoernooi wat more begin by Erinvalley by
Somerset Wes.
Die bestuur was verlede maand onder skoot op die wyse waarop hulle van die
ganse ontslae geraak het wat die gholfspelers sou pla.
Ek hoop ek spel die storie reg, maar dit is ganslewer soos die Franse dit
opdis. Gister lees ek in ons plaaslike Blou Bollie van die dame wat reken
hulle het 'n partytjie geniet met onder andere dié ganslewer as deel van die
fees. Dis glo fantasties lekker. Die vraag is net: Weet die mense hoe
word hierdie ganslewer gemaak? Dat ganse gedwang-voer word sodat hulle met
'n spoed kan vetword en 'n oorgrote lewer kan ontwikkel? Dis
dieremishandeling in die ergste graad.