Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Petrol Queue - PetrolQueue.JPG (0/1)

Wo., 22 Januarie 2003 20:13

Mense gooi petrol in Zim

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit die mond van die suigeling: "Die keiser het nie klere aan nie"

Wo., 22 Januarie 2003 13:42

Glo soos 'n kind sê die Woord.

Hoe baie van ons grootmense sien of ondervind dinge en tog wil ons dit nie
glo nie. Partykeer staar die waarheid my in die gesig en ek wil dit nie
herken of glo nie want groepsdruk laat dit nie toe nie. Dis amper soos
daardie sprokie ('Die keiser se nuwe klere' deur Hans Andersen) waar die
keiser van 'n land die pragtige "klere" aangehad het en almal het die
pragtige "klere" gesien, al het hulle keiser nie 'n draad klere aan gehad
nie. 'n Keiser sal tog nooit in die openbaar sonder klere verskyn nie en
mens wil ook nie as 'n dom en onnosele voorkom nie en nie die "klere"
raaksien nie. Ek haal die volgende
aan uit 'n boek geskryf deur Dr. Jack Deere. (Vertaal vir dié wat nie
Amerikaans verstaan nie) .... ;-)
---
'n Sielkundige het eenmaal 'n pasiënt gehad wat gedink het dat hy dood is.
Geen argumente van enige aard kon die pasiënt van sy siening laat verander
nie.
Eendag uit desperaadheid kom die sielkundige te vore met 'n briljante plan.
Hy het toe besluit dat hy aan die pasiënt gaan bewys dat dooie mense nie
bloei nie. Hy gee toe die pasiënt 'n paar mediese naslaanboeke om op te
lees en maak 'n afspraak vir die volgende week.
Die pasiënt het toe sy huiswerk gedoen en kom toe om sy afspraak na te
kom. "Wel, wat het jy ontdek in jou naslaanwerk?" vra die sielkundige. "Ek
het ontdek dat medies navorsing toon dat dooie mense nie kan bloei nie" sê
sy pasiënt. "So, as 'n persoon sou bloei sou jy verseker weet dat die
persoon lewe?"
"Absoluut!" sê die pasiënt.
Nou ja dit was die oomblik wat die sielkundige voor gewag het. Hy het 'n
naald uitgehaal en die pasiënt se vinger geprik. Dadelik het daar 'n druppel
bloed op die vingerpunt gevorm.
Die pasiënt het met afgryse na sy vinger gekyk en uitgeroep, "My goeiste,
dooie mense bloei tog!"
Ons wil almal graag dink dat ons redelik en verstandig mense is. Die
waarheid is egter soos 'n persoon gesê het, dat ons gereeld ons breins agter
ons rondsleep om ons self te regverdig in wat ons glo.
---

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 22/1

Wo., 22 Januarie 2003 12:11

Loftus ( rugbymekka van die bloues ) is nie meer nie.
Dit gaan nou genoem word Securicorpark.

Wonder of hulle nou gaan beter vaar in die Super 12?

Annette

Nuus | 4 kommentare

Nahawu se Staking

Wo., 22 Januarie 2003 11:09

As 'n vakbond ketools raak, dan kan jy maar net jou kop skud.
Bg se lede staak, omdat hulle nie wil hê hulle prestasies moet gemeet word
voordat die prestasiebonusse bepaal en betaal word nie.Almal moet nou 'n
prestasie bonus kry., of hulle nou presteer het of te not.
Miskien moet daar 'n voorvereiste wees dat ten minste 45% van die bestuur
van 'n vakbond moet bestaan uit mense wat besighede het, sodat iemand vir
die bokse kan vertel waarom dit prestasiebonusse genoem word.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nog 'n grappie

Di., 21 Januarie 2003 18:33

Gatiep stap verby Meraai wat 'n vreeslike stywe broek aanhet. Hy vra:
"Meraai, is djy nie bang vir Fauna en Flora nie" ? , Sy se , "Nei nou hoe
dan nou Gatiep"? , waarop Gatiep se , "maar djy wurre djaai parratjie darem
te vreeslik"

Humor & grappe | 3 kommentare

Haatspraak

Di., 21 Januarie 2003 18:29

"Skiet 'n k@ff$r, skiet 'n terrie" is seker volgens ANC standaarde.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

haatspraak

Di., 21 Januarie 2003 17:22

"kill a boer, kill a farmer" is glo nie haatspraak nie
"kill a boer, kill a farmer" is glo nie haatspraak nie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

grappie

Di., 21 Januarie 2003 13:06

Da' bo innie Bosveld stap hasie eendag so deurie gras en kom oppe
borrel Witblits (Mampoer) af wat innie son gele het. Hy vat toe so
paar slukke ma' die witblits skop hom so lat hy net daar uit-pass.

Jakkals kom verby , sien vir hasie ennie bottel , dog toe hy sal ook
so sluk vat voor hy vir hasie eet. Maar die warm witblits kap hom ook
om.

So le die twee nou daar toe Hayena verby kom , kon sy geluk nie glo
nie maar maak dieselfde fout en drink ook eers anie bottel , selle
storie val net daar neer , uit-gepaas.

Leeu kom op die storie af. Besluit hy eet nie aan jakkalse en
hayena's nie en die haas is te klein om eers oor te worry. Vat toe
maar so paar groot slukke aan die borrel witblits en daar slaan hy ok
neer.

Met die begin hasie roer , sit regop mette moerske kopseer. Maar hy
skud sy kop , trek sy ore reg en kyk toe so om hom. Toe sien hy nou
hoe le leeu , jakkals en hayena bewusteloos en se : "Hel, maar ek raak
darem aggresief as ek gedrink het !!"

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 2 kommentare

My trippie verlede naweek

Di., 21 Januarie 2003 10:46

Is Saterdag om 12vm uit Bellville weg. By Hermanus iets gaan drink en eet,
en toe aan na Franskraal. Die partytjie die aand was by Dangerpoint se
Bootklub - mooi plek .
Toe om 10nm vat ons die pad na Swellendam, en slaap oor by Blue Water Ranch,
net voor Swellendam. Pragtige plek - en redelik - R115 p.p vir bed en
ontbyt.
Toe, Sondagoggend, net na 9, anderkant Swellendam kom ek my enigste
gevaarlike ryer die hele naweek tee - wit man in sy wit bee-em met 'n EC
registrasienommer. Die boks het toe nie tyd om vir 5 sekondes agter 'n
Citroen wat teen 115k p/u ry aan te kruie teen die bult uit nie - nee, hy
moet kwansuis op die dubbelstreep verby op 'n plek naby die kruin, en dit
nadat ons vir ten minste vir 'n halfminuut nie kon sien of daar enige
verkeer van voor sou aankom nie.
Sou daar iemand van voor oor die kruin op daardie oomblik gekom het, het nie
hy, of die boks in die bee-em eers 'n aks van 'n sekonde gehad om uit te
swaai nie, en die rustige Citroen en heelwaarkynlik ek ook sou in die
gevolge betrokke gewees het.
Dis is tye soos daardie wat mens wens vir 'n hand uit die wolke wat die
onverskillige skud tot hy by sy sinne kan kom.
By Riversdal en ek Hard Hallo Tobie!! geskree en gewaai, maar miskien was hy
besig met koek en tee:))
Toe is ons aan na George - 2 plekke waar ek mense moes sien - toe ete, 'n
glasie rooi, en die pad terug.
Annette

Reis & vakansie | 6 kommentare

Misdaad in die Wes-Kaap

Di., 21 Januarie 2003 10:23

Dit gaan maar rof daar in die Wes-Kaap.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    643  644  645  646  647  648  649  650  651  652  653  654  655  656  657  658    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 10 20:04:32 UTC 2026