Dit is nou een ding - as iemand dit vir my sê kan ek hom/haar nie glo nie.
Net nou die dag weer die moeder van een van die kroegslagoffers wat nou
kwansuis die persoon wat die moorde beveel het vergewe het - maar sy kon hom
nie vergeet nie - want hulle moes vir die koerante en tydskrifte mekaar
omhels.
Hoeveel het ons nie al gehoor iemand verklaar dat hy/sy 'n persoon vir iets
vergewe het nie, en dit is alles verby - maar laat daar nou net weer iets
verkeerd loop, dan kom mens agter dat dit nooit vergeet is nie, en die
vergewe nog minder, want die oortreding word maar altyd telkens teen die kop
gegooi van die oortreder deur die vergewer - maak nie saak hoe lank na die
tyd nie
Nou kom ons by liewe oon Nelson - ek laat my nie vertel hy het alles vergewe
en vergeet wat met hom gebeur het nie, anders sou hy nie so van tyd tot tyd
vir FW so in die harnas gejaag het nie.
So, ek sien die toespraak vir die dames as deel van daardie vergewe en
vergeet-ding - en dit lyk of ons mense hier meer ontsteld daaroor is as
enigiemand anders.
Hoekom?
Ek sien ons span het 'n goeie kans om te wen - hulle het oefenwedstryd teen
WP horribaal verloor.
Sien gisteraand op Supersport dat mens lekker kan wen deur net die wenner
van die wêreldbeker te voorspel - en mens moet kies uit 3 - Australië, SA en
Wes Indies.
Gisteraand op Kyknet na 'n program oor die konsertina gekyk. Die baie
interessante program het afgesluit met 'n gedig van CM vd Heever - en ek
dink die naam is "Konsertina in die nag".
Is daar iemand in Kanada wat hulle hande daarop kan lê?
(Waar kan ek die Grootverseboek-CD in die hande kry ?)
Ek kan nie onthou of dit hier of elders was waar ek gemeld het dat ek dink
die NZ krieketspan behoort beswaar te maak omdat hulle nie maksimumpunte kan
kry nie, net omdat hulle gedwing word om in Kenia te speel, en hulle nie
veilig voel om dit te doen nie.
Nou hoor ek hulle ( NZ) gaan die krieketraad hof toe vat.
Morgan Freeman, het nou glo die "rol van sy lewe" aanvaar. Hy gaan
president Mandela speel in die fliek gebasseer op di boek "Long Walk to
Freedom". Voorheen het Sidney Potier die rol van Mandela gespeel in die
fliek "Mandela and De Klerk". Niks teen Mnr. Mandela nie, maar ek dink die
onderwerp word nou holrug gery. Oom Morgan gaan seker 'n Oskar benoeming
kry vir die fliek. Kan ook natuurlik nie anders nie. Mark my words -
volgend jaar loop "Long Walk to Freedom" weg met al die beste Oskars.
Gehoor van die ruimtevaartuig wat aan die branf geslaan het met die
terugkoms? 7 mense dood.
Ek hoor daar was glo sprake van terrorisme omdat daar 'n Israeli aan boord
was.
Bog natuurlik.
Wat nie "bog" sal wees nie, is as "hulle" sê dit is Saddam of Osama se werk
om Amerika terug te kry..
Natuurlik regtig bog - maar as "hulle" so sê, dan is dit mos so.
Nou vir die tweede deel.
Diegene wat van hul hempsakke, gatsakke, sysakke, baadjiesakke, broeksakke,
twaksakke, klootsakke en zipsakke gebruik maak - wie maak die sakke leeg?