Groete!
Verskoon my taal.
Ek het Suid Afrika verlaat 20 jaar terlede en ek wonder wat gaan aan met
normale Afrikaners, die wat will net lewe sonder probleme, and moet nou lewe
in "nuwe" Suid Afrika met n ANC regering..? Wat se julle (nog maal verskoon
my taal , maar Afrikaans is nie my tuis spraak nie)
Dankie mense....wat se julle?
Ons raak nou regtig rof en onbeskof hier innie Kaap.
'n Mens kan nie eers meer ewe rustig twee kelnerinne as gyselaars hou nie,
dan word hy sommer deur die polisie doodgeskiet!!
Kyk hulle nie flieks nie? Weet hulle nie dat hulle met die gyselaar moet
praat oor 'n mikrofoon terwyl hulle agter polisiemotors skuil nie?
Dis glad nie PK om net in te storm en die arme verdwaalde trompop te skiet
nie. Mens sou sweer ons is in die Wilde WesteKaap!:))
Kortbroekie het ook nou skandes in sy partytjie!
Hulle het nou ook skande geld,of is dit hoer-geldjies!Arme ou
Peter'tjie.Miskien eindig kortbroek nou broekloos op met sy reeds bankrot
partytjie.Ek't gehoor dat hulle baie sleg gevaar het met 'n
tussenverkiessing in PTA.DA het gewen,VF 2'e,KP 3'e en ANC 4'e.Die kortbroek
partytjie is nie eens te bespeur nie,wonder hoekom?
Dit sou gepas gewees het dat Wayne deurdring tot die eindrondte van die
Ausie-ope...but,it wasnt to be!
Jammer Wayne.Moet nie moed opgee nie,miskien is daar tog 'n Grand Slam
vorentoe vir jou.
Wie van julle weet nie van die debat op LitNet tussen Steve Hofmeyer en die
kerkers nie? Gisteraand het hulle vir Steve op Kwêla gehad waar hy sy saak
kortliks verduidelik het. Orals lees mens in die pers en in briewe gerig
aan koerante soos Rapport van mense wat hoog die moer in is vir sy
stellings. Steve sê ook daar's mense wat sy CD's verbrand. Toe kap hy
hulle natuurlik flou met die storie dat meeste van die karre in SA word in
japan gemaak en die mense is hoofsaaklik Bhoediste, so sekerlik gaan hulle
nou hulle karre ook verbrand?
Wat my egter opgeval het, is die kerkmense so totentale
onverdraagsaamheid met iemand wat 'n ander opinie het. Mens beleef dit mos
amper daagliks dat 'n gelowige vir jou of vir iemand in jou geselskap
aanspreek oor gedrag, vloek, of so iets. Net so sal enige goeie Christen
iemand wat hy voel op die verkeerde pad is, aanspreek en voel dis sy reg om
dit te doen. Hier kom egter nou iemand met 'n ander opinie, of siening,
van geloof en hy stel sy saak en ipv om met hom te redeneer oor die saak,
word hy in die grond in getrap. Wat is die probleem met die kerkmense?
Hoekom raak hulle so gestres oor die onderwerp?
Was gister by die voorspeller Regina - ek gaan nog lank en gesond leef, so
moenie warrie nie:)))
Sy sê ek het 'n gawe gekry - ek kan mense gou reg opsom, en weet instinktief
om my nie te bemoei met mense wat nie goed vir my is of sal wees nie.
Nou weet julle hoekom ek reisiger ignoreer:)))