Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Doeps

So., 02 Februarie 2003 15:38

DD wrote:

>> Nou ja....die bleddie Du Plessis is ook ORAL, nè?
>> :-)
>
> Sies!

Skies!
:-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wie is Paul?

So., 02 Februarie 2003 15:04

Kykdie website. daars hy, sy vrou en kinders op.
http://sailfish.exis.net/~spook/bab.html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Orakel

So., 02 Februarie 2003 05:18

Ek kan nie onthou of dit hier of elders was waar ek gemeld het dat ek dink
die NZ krieketspan behoort beswaar te maak omdat hulle nie maksimumpunte kan
kry nie, net omdat hulle gedwing word om in Kenia te speel, en hulle nie
veilig voel om dit te doen nie.
Nou hoor ek hulle ( NZ) gaan die krieketraad hof toe vat.

Reg so.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Long Walk to Freedom

Sa., 01 Februarie 2003 18:17

Morgan Freeman, het nou glo die "rol van sy lewe" aanvaar. Hy gaan
president Mandela speel in die fliek gebasseer op di boek "Long Walk to
Freedom". Voorheen het Sidney Potier die rol van Mandela gespeel in die
fliek "Mandela and De Klerk". Niks teen Mnr. Mandela nie, maar ek dink die
onderwerp word nou holrug gery. Oom Morgan gaan seker 'n Oskar benoeming
kry vir die fliek. Kan ook natuurlik nie anders nie. Mark my words -
volgend jaar loop "Long Walk to Freedom" weg met al die beste Oskars.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 35 kommentare

Columbia

Sa., 01 Februarie 2003 18:12

Gehoor van die ruimtevaartuig wat aan die branf geslaan het met die
terugkoms? 7 mense dood.
Ek hoor daar was glo sprake van terrorisme omdat daar 'n Israeli aan boord
was.
Bog natuurlik.

Wat nie "bog" sal wees nie, is as "hulle" sê dit is Saddam of Osama se werk
om Amerika terug te kry..
Natuurlik regtig bog - maar as "hulle" so sê, dan is dit mos so.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vragie virrie Manne - deel 2

Sa., 01 Februarie 2003 04:51

Dankie vir deelname sover.

Nou vir die tweede deel.
Diegene wat van hul hempsakke, gatsakke, sysakke, baadjiesakke, broeksakke,
twaksakke, klootsakke en zipsakke gebruik maak - wie maak die sakke leeg?

Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kan iemand gee vir my 'n foto?

Vr., 31 Januarie 2003 14:04

Ek het 'n 'webpage' aan Lord Kitchener op
http://www.taylor.co.uk/safrica/kitchener.htm en 'n foto van die
konsentrasie kamp van die Boer War tenood.

Dit moet toon 'n groot kamp met baie mense en baie tents orals.

Jy kan dit vir my by e-mail pos.

Baie Dankie

Andrew

PS Ek het die idee van Etienne Marais op http://www.warcrimes.co.za
en my geliefkoosde gesegde is "If Kitchener was alive today, he
wouldn't be!!!

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Vragie virrie Manne

Vr., 31 Januarie 2003 11:38

Wie van julle hier dra (hand)sakkies om al jul goed in rond te dra, en wie
gebruik die sakke aan die klere?

Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Fouks Pa

Vr., 31 Januarie 2003 10:14

Vanoggend verklaar 'n dame waarmee 'n onderhoud gevoer word:
Ek is nie 'n politiesie nie

:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Trek Dienste"

Vr., 31 Januarie 2003 09:31

Kan iemand 'n goeie trek diens aanbeveel? Hulle moet darem in die Gauteng
area werk, en moet asb nie sê Stuttafords nie, want hulle is net eenvoudig
te duur. Ons trek so 100km ver.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  637  638  639  640  641  642  643  644  645  646  647  648  649  650  651  652  ›  »]
Tyd nou: Wo. Okt. 14 09:02:44 UTC 2026