Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » druipsteen
druipsteen [boodskap #153234] Ma., 12 Oktober 2026 19:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26824
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
druipsteen
Afbreking: druip•steen
Samestelling: druip + steen


Selfstandige naamwoord: druipsteen
Meervoud: druipstene

Betekenis:
• 'n Afsetting van kalsiumkarbonaat wat ontstaan wanneer kalkryke water in 'n grot drup.

Gebruik:
• Vandale kan die druipstene wat oor duisende jare in 'n grot gevorm het, in 'n oogwink verwoes.

Wisselvorm:
• drupsteen

Hiponiem:
• stalaktiet
• stalagmiet

Afgelei:
• druipsteengrot
• hangdruipsteen
• staandruipsteen

Vertaling:
Engels: dripstone
Nederlands: druipsteen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Ma., 12 Oktober 2026 19:31]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: fudge
Volgende onderwerp: pootloos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma. Okt. 12 20:58:14 UTC 2026