ANC lyk steeds na beste tuiste vir nie-rassige politiek
MAX DU PREEZ
Nege jaar ná Suid-Afrika se bevryding van minderheidsoorheersing is die
sterkste soeke steeds na 'n lewensvatbare voertuig vir waarlik nie-rassige
politieke deelname. Dit is 'n verdoemende refleksie op elkeen van die
opposisiepartye dat die regerende ANC vandag steeds lyk na die beste tuiste
vir mense wat nie raspolitiek wil bedryf nie.
Daar wás eens die United Democratic Movement wat onder leiding van sy twee
stigters, Bantu Holomisa en Roelf Meyer, juis dié belofte ingehou het. Maar
omtrent ál die UDM-parlementslede wat sterk voel oor nie-rassigheid het nou
geloop: die onder-leier, Gerhard Koornhof, die hoofsweep, Cedrick Frolick,
en sy adjunk, Annelize van Wyk, die tesourier, Tommy Abrahams, en die
koukus-voorsitter, Salam Abram. Dis betekenisvol dat nie een van hulle na
die NNP of DA is nie - hulle het almal by die ANC aangesluit.
Die Demokratiese Alliansie sê graag en gereeld hy is die enigste ware
nie-rassige party, maar vir die oorweldigende meerderheid mense, wit en
swart, bly dit die party van Tony Leon en Douglas Gibson. Selfs die tweede
mees prominente swart figuur in die party, prof. Themba Sono, het nou die
party verlaat. Die DA se potensiaal om in die volgende paar jaar wesenlike
swart steun te werf, is uiters skraal. Daar is gewoon te veel bagasie. Daar
sal eers van die wit Engelssprekende sogenaamd liberale kernleierskap
ontslae geraak moet word - maar dan is die hart van die party in elk geval
uitgeruk.
Die Nuwe Nasionale Party is onbeskaamd 'n oorwegend bruin Kaapse party, die
Pan Africanist Congress is eksklusief swart en die Vryheidsfront eksklusief
wit en Afrikaans. Soos die UDM, het die PAC en NNP met die oorstappery
waarskynlik die einde van hul raklewe bereik.
En nou is daar die Onafhanklike Demokrate van Patricia de Lille. Sy's 'n
wonderlike en dapper mens wat wyd gerespekteer word, maar dit beteken nie
noodwendig haar party gaan in die nabye toekoms lewensvatbaar wees as 'n
werklike faktor in die populêre politiek nie. Sy het wel die potensiaal,
meer so as enige ander opposisiepolitikus, om mense van alle kulture en
kleure te trek. Maar sy gaan baie geld en baie ervare mense nodig hê om
landwyd takke te stig, kongresse te hou en 'n partymasjinerie aan die gang
te kry. En dan kom die leierskapstryde en koukusdissipline.
My ervaring is dat die meeste mense uit die minderheidsgroepe - Indiër, wit
en bruin - 'n behoefte het om deel te wees van 'n politieke beweging wat
darem breedweg die demografie van die land weerspieël. Die meeste van hulle
besef dat etnies-eksklusiewe politiek die normalisering van die gemeenskap
teenwerk. Hulle soek inspraak en seggenskap, en hulle begin besef hul stemme
gaan nie behoorlik gehoor word as dit uit 'n etniese hoek kom nie.
Daar is 'n groeiende besef dat ons nie die foute van wit Zimbabwiërs moet
maak nie. Maar ek dink ook daar is 'n opregte behoefte, veral onder jonger
mense wat nie soveel bagasie uit die verlede saambring nie, om waarlik en
aktief deel te wees van die nuwe nasie.
Ek het al heelwat mense ontmoet wat hierdie soort behoeftes binne die ANC
bevredigend vind. Hulle praat met geesdrif van die warm verwelkoming wat
hulle van die party gekry het, en met verwondering van hoe tuis hulle voel.
Die skuif in hul koppe wat hulle by hul eertydse vyand laat aansluit het,
ontwikkel gou tot 'n heel veranderde uitkyk op die dinamika van die
landspolitiek.
Maar dit verg nogal aanpassing. As jy in die ANC is, is jy nie net deel van
die party van Nelson Mandela en Thabo Mbeki en Trevor Manuel nie, jy is ook
deel van die party van Manto Tshabalala-Msimang, Nkosazana Dhlamini-Zuma en
heethoofde soos Malusi Gigaba van die Jeugliga. 'n Mens moet maar aanvaar
die ANC is nie 'n monoliet nie; dis 'n groot huis met baie kamers.
Mense wat die laaste paar jaar by die ANC aangesluit het, is verstom hoeveel
ruimte daar vir debat en verskil van mening is. En dalk is dit een van die
sterkste argumente waarom wit en bruin by die ANC aansluit: jy is op 'n plek
waar jy gehoor word en waar jou mening saak maak. Die beste opposisie in die
land is steeds die ANC self, sê wit ANC-lede vir my. En hulle vertel graag
hoe die plaaslike takke waarvan hulle lede geword het, verander het omdat
die lede vir die eerste keer wit mense van nader kon leer ken.
ANC-leiers het al by talle geleenthede aan my laat blyk hoe hulle elke wit
en bruin aankomeling waardeer. Dit is natuurlik deels omdat dit goeie
propaganda maak wat teen opposisiepartye gebruik kan word, maar ek glo dis
nie heeltemal onopreg nie. Verantwoordelike ANC-leiers besef self die
ras-foutlyn in ons gemeenskap is 'n bedreiging vir normalisering en
stabiliteit. 'n Kabinetslid het eendag vir my gesê wit en bruin lede van
ANC-takke help die ANC-leierskap om sy gematigde, versoenende beleid teenoor
swart radikale te verdedig.
As ons glo dis onwenslik dat alle swart Suid-Afrikaners in die ANC-magsblok
saamgebondel bly, is die eerste stap nie ook dat al die wit, bruin en
Indiërmense nie in die opposisie saamgekoek sit nie?
- - - - - - - - - - - - - - - - - -
Die ANC is nou 'n 2/3de meerderheid en die fent het nog steeds geen idee van
die gevaar wat veral sy laaste sin inhou nie. Ons lewe in Afrika indien hy
nie van beter weet nie! Hier is eenman state nooit lekker nie. Veral nie vir
mense soos Max du Preez nie. Mense soos hy sien eers die bome vir die woud
wanneer dit te laat is...
Die vrou stap by die Polisie stasie in en dien 'n klag van verkragting in.
Sy beweer dat die persoon wat haar verkrag het 'n masker opgehad het en sy
nie sy gesig kon sien nie. Na verdere ondervraging noem sy dat sy seker is
dat haar verkragter 'n Suid Afrikaans krieketkolwer is. Op die
polisiebeampte se vraag hoe sy dit weet antwoord sy "Hy was nie lank in
nie."
Klusener se nommer is 69.
Hy't gekom, geslaan en gegaan ...
Ek sien daar is 'n Keniaanse speler wat ook die 69-nommer gebruik.
Ek sien die ANC het nou 69% van die stemme in die parlement - hulle kan nou
die grondwet na willekeur verander.
Is 69 'n gevaarlike posisie?
Forseer alle gebruikers om op 'n portal binne te kom wat vol
advertensies is. As jy jou portal aktueel hou, sal mense graag daarop
binnekom.
As jy eenmiljoen gebruikers kan kry, gaan jy nie sukkel om
adverteerders te kry nie. Laat die adverteerders die mense se
konneksiekostes betaal. Verskaf die inbelpunte GRATIS.
Of as alternatief, vyf advertensiemails elke dag in jou mailbox. Ek
delete hulle eerder as wat ek so duur gaan betaal om iets te kry wat
eintlik verniet moet wees...
Tannie kom van die winkel af terug, blaas-blaas met die sakke vol inkopies.
Sy is taamlik-taamlik geset - soos in vierkantig.
Omie - ou vrou, jy klink en lyk nou nes 'n dorsmasjien.
Tannie word vies maar sê niks.
Die aand in die bed soek Omie weer sy gebruiklike toenadering.
Tannie: Ek wonder nou net of dit die moeite werd is om die dorsmasjien op te
start vir net een mielie.
Sekerlik een van die belangrikste publikasies in ons land en Afrika se
geskiedenis, is die nuwe boek deur Regter Bryan O'Linn: 'The Sacred Trust
of Civilization - Ideal and Reality'. Anders as ander geskrifte oor die
geskiedenis van ons land waar die manne ook maar lekker die geskiedenis
plooi om by sy eie agenda aan te pas, skryf Bryan O'Linn die ding soos hy
gebeur het. Van doer van net na die Eerste Wêreldoorlog tot op hede.
Regter O'Linn was 'n baie omstrede publieke figuur in die dae van die ou
SA Regering en as advokaat het sy verdediging van swart politieke
aangehoudendes, nie lekker afgegaan by die owerhede nie. Hy is wat beskou
was as 'n liberale persoon en vir daardie rede nie baie gewild onder die
meerderheid van die blanke gemeenskap nie. Hy val egter met die boek nie
in die put van eie vooroordeel nie. Hy beskryf die geskiedenis presies van
hoe die politieke en gemeenskaplike bestel van SWA ontwikkel het, wat
apartheid aan die land gedoen het, hoe SA beheer verloor het en Swapo wat
uiteindelik beheer gekry het.
Dan werk hy nader aan die hede en vergelyk hy hoe SA in die ou jare op
'n morele verhogie geklim het as die wêreld hom veroordeel het oor sy
politieke rigting met die verskoning dat SA 'n soewereine staat is en daarom
het die wêreld absoluut geen reg om hom te vertel wat hy op sy eie grond
moet doen nie. Dan sê hy dat onder die hede is dít presies dieselfde wat
die leiers van die huidige Afrika-state dan ook doen in hul gebrek om iemand
soos Zim se Mugabe in die bek te ruk vir dit wat hy aan sy eie land doen.
Dit waarvoor hulle die wit mense so gehaat het, doen hulle dus nou self.
Afrika regerings praat demokrasie, maar by die uitvoer daarvan is daar
dubbele standaarde.
Hy reken dat dit natuurlik 'n groot teleurstelling is vir mense soos hy
wat blank, progressief en liberaal was. Idealiste wat geglo het dat as
hulle die dag apartheid kan afbreek, sal Afrika vry wees en 'n nuwe lewe van
voorspoed tegemoet gaan. Vandag is dit vir hom vernederend seer om te dink
dat die konserwatiewes in die jare van die afbreek van apartheid altyd
voorspel het dat wat nou gebeur in Zimbabwe en dalk op pad is vir die res
van Suider-Afrika, die gevolg gaan wees van 'n swart regering agv 'n
een-man-een-stem verkiesing en nou beleef hy dit.
Vir die ouens wat hou van die geskiedenis, is hierdie boek
lêkker..........