Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wouter Basson Vry

Di., 03 Junie 2003 10:11

Die appèlsaak wat die staat teen hom gemaak het, is verwerp.
Nou is hy vry vry:))
Die appèlregter (s) het beslis die staat se saak was swak voorberei en
onvolledig.
Daar gaan nog 'n miljoen of twee onnodig.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

health services in sa is kak

Di., 03 Junie 2003 09:52

ons was die naweek graskop toe vir `n bike rally. oppad terug het een
van die ouens in die groep geval en sy been seer gemaak. aanvanklik
het almal gedink dat dit nie te ernstig was nie en hy is in die bakkie
gelaai. in pretoria is hy na hf toe gevat waar hulle geweier het om na
hom te kyk want hy het nie hier geval nie. hierdie plek hou net nie op
om my te verstom nie.

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Fliek: The Country of My Skull

Di., 03 Junie 2003 08:30

Die prent is verlede week klaar hier geskiet.
Samuel Jackson speel een van die hoofrolle, en Juliette Binoche speel Antjie
Krog.
Dis tog so treurig dat ons internasionale akteurs moet gebruik net sodat die
rolprent internasionaal aanvaarbaar moet wees. Ons het tog hier uitstekende
akteurs.
Australië het tog redelike internasionale onbekende akteurs gebruik om in
hulle epiese rolprente te speel, en sover ek weet was die prente
internasionaal baie gewild.
Ons het weer 'n Jamie Uys nodig.

Annette

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Fliek: The Life of David Gale

Di., 03 Junie 2003 08:24

Iemand dit al gesien? Bereid om die einde van die fliek te bespreek?
Annette

TV, flieks & vermaak | 5 kommentare

Gyselaarsdrama

Di., 03 Junie 2003 06:43

Twee gevangenis het daarin geslaag om die polisiemanne wat hulle vergesel
het te ontwapen, en daarna die hele polisiestasie te beleër. Behalwe van 'n
polisielid wat gewond is, is daar geen ander ongevalle nadat die drama
ontlont is nie.
Sou hulle vir die lot Kentucky geneem het, en terwyl daar geëet is, die
stasie ontset het?:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Konsepwet: Grondonteiening

Di., 03 Junie 2003 05:29

Dis nou 'n wet wat ingestel wil word deur die minister, waar grond onteien
kan word op die gesag van die minister, sonder dat daar 'n gewillige
verkoper en koper kan wees, en sonder dat die staat gedagvaar kan word.
Sy verklaar dat dit "net" 'n maatreël is wat ingestel word, maar dat die
oorspronklike optrede nog steeds toegepas sal word.
Wat eienaardig is, is dat sy hierdie wet suutjies en baie haastig deur die
wetgewer wil stoot sonder bespreking in die parlement.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Stopstrate

Di., 03 Junie 2003 05:23

Hier by ons in Buitekantstraat het hulle nou skielik stoptekens aangebring -
dit het nogal 'n gevaarlike situasie geskep, omdat daar nie tekens
aangebring was om te waarsku van die nuwe straat-tekens nie. Mense wat
gewoond was om die straat af of op te jaag het net pleinweg die nuwe tekens
ge-ignoreer, en daar was verlede week meer ongelukke op daardie kruising as
in die vorige 30 jaar tesame.
Maar nou wonder ek - toe ons vir ons lisensie geleer het, was een van die
vrae waarop gehamer is die toegeeteken - daardie geel diamant op 'n wit
agtergrond. Ek weet nie hoekom daar nie meer toegeetekens aangebring word as
stoptekens of selfs verkeersligte nie. In die Kaap weet ek van een
toegeeteken - by Nuweland.
Welkom hoor ek het nou ook toegegee - in al die jare het die sirkels gewerk,
en geen verkeersligte nie, maar nou hoor ek hulle het ook nou een stel
robotte.

Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Visrivierstap

Ma., 02 Junie 2003 20:19

ouboe...@yahoo.co.uk (Ouboet) skryf in boodskap news:...
> Ragel.
Die tweede dag se stap wat julle so 'n styfheid ondervind het is eerder
die eerste dag se stap ,wat jou heeltyd na onder toe druk. Jy is so liries oor
die Visrivier se stap ,maar jy praat nooit van die sonondergangs en sonopkoms
in die canyon wat so romanties is.Dit is 'n jammerte dat jy en jou stapmaat nie
hierdie jaar die Visrivier kan stap nie.

Reis & vakansie | 4 kommentare

aanval van die dodelike proteas

Ma., 02 Junie 2003 19:40

Daar is so 'n stilte uit Suid-Afrika vanaand. Is julle almal okay?:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zimburgers

Ma., 02 Junie 2003 16:42

Is daar enige Zimmers op die ng? Hoe lyk sake daar?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    584  585  586  587  588  589  590  591  592  593  594  595  596  597  598  599    »]
Tyd nou: So. Des. 21 18:56:29 UTC 2025