Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vadersdag geskenk

Do., 12 Junie 2003 11:42

Ek soek idees vir 'n geskenk vir my pappie. Hy't self vir hom 'n nuwe
selfoon gaan koop, nou't ek 'n hengse probleem. Ek dink 'n cd is 'n goeie
idee, maar my kop haak vas op daai Wynand outjie en ek weet Pappie gaan nie
baie van hom hou nie. Wie's die nuwe outjie wat nes Bles klink?
Enige ander idees?

Elaine

Koeitjies & kalfies | 97 kommentare

Skoolstandaarde

Do., 12 Junie 2003 10:15

Gister of eergister het omtrent al die koerante berig dat Minister
Kader Asmal erg onhuts is oor die standaard van die land se Graad 3
leerders. In 'n landwye toetsing was die gemiddelde punt in Wiskunde
so iets soos 33% en in Taalkunde weinig hoër, en toe lees ek nou
vanoggend die volgende stukkie in die Beeld:

Een plus een is drie

Lood stap nou die dag by 'n McDonalds in vir 'n stukkie kitskos. Op
die spyskaart staan daar dat jy 'n bestelling kan kry van 6, 9 of 12
Chicken McNuggets. Lood vra toe maar vir 'n halfdosyn.
"Ons verkoop nie 'n halfdosyn nie," kom die antwoord uit die
tienermond agter die toonbank. "Hoe nou?" wil Lood weet. "Jy kan net
6, 9 of 12 kry," kom die antwoord.
"Dus," vra Lood, "ek kan ses kry, maar nie 'n halfdosyn nie?".
"Presies." Toe bestel Lood maar die ses en stap uit met 'n halfdosyn.
Dan wonder ons oor die skokkende leer-probleme onder die land se gr.
3-leerlinge wat minister Kader Asmal dié week uitgelig het.
Dit is, soos die Engelse sê, scary

Onderwys & opvoeding | 15 kommentare

Comrades (eintlik sommer nonsens)

Do., 12 Junie 2003 10:00

'n Berig in "The Natal Witness" van vanoggend begin met die sin, "The
butcher will be there but no baker or candlestick  maker in the 78th
running of the Comrades Marathon between Pietrmaritzburg and Durban on
Monday
", en dan gee hulle die aantal hardlopers ingedeel volgens
sommige van die beroepe wat hulle bekleë:

Onderwysers en dosente - 644
Klerke - 516
Ingenieurs - 498
Werkloses (!) - 249
Arbeiders - 233
Huisvrouens - 208
Verpleegsters - 88
"Clergymen" (wat is dit in Afrikaans? Kerklui?) - 75
Akteurs - 35
Slagters - 18
Politici - 5
Radio omroepers - 1

Hierdie lot is maar net 2570 van die ongeveer 10 000 hardlopers wat
verwag word, maar dis nogtans vir my interessant.

Die mees-algemeenste vanne is

Naidoo - 106
Govender - 91
Botha - 86
Smith - 79 en
Pillay - 76

Sport & ontspanning | 8 kommentare

R2500 per lewe, beserings verniet

Wo., 11 Junie 2003 07:36

hoe is die storie van die taxi bastard wat twee mense dood gery en `n
vrou se lewe verwoes het alles vir die grand total van r5000. nou dis
`n bargain. een van die gemors het my ook `n paar jaar gelede omgery
maar `n paar weke in icu en `n jaar van die werk af lewe ek nog. dit
het hom darem die totaal van r500 uit die sak gejaag en hy kon dit
afbetaal. dit met `n spiedkop as getuie dat hy nalatig was. laat ek
nou `n handgranaatjie onder die klomp vieslike rubbish inrol dan sien
ek nie weer die lig nie. o so by the way, met die ondersoek na die tyd
het hulle bevind dat net sy eenkant se voorste briek het gewerk. wel
dalk het hy nie gespeed nie, dis mos net speed en die ou met `n vaste
adres wat kill.

Threeships Mcduck
lato di gomma giù, lato lucido in su
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

MidiBoer is terug

Di., 10 Junie 2003 23:22

Aandag aan alle afrikaanse musiek liefhebbers ...

www.midiboer.co.za is vanaf vandag terug op die been. Dit is jou eenstop
musiek benodighede blad.

Kyk gerus daarna en as jy slim is, sal jy by die klub aansluit.

Ek hoop om gou van jou te hoor.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Probeer is die beste geweer 2

Di., 10 Junie 2003 09:36

Hi Elaine en Kie

Jammer dat dit my ontglip het dat die meeste van julle getroud of in
verhoudings is. Het nou nie daaraan gedink nie, maar soos ek genoem het
"enige enkel dames ". Ek het 'n bietjie min vertoue in dating sites een of
ander manier moet jy betaal vir liefde ek soek dit liewer op die ou manier
met 'n tikkie cyber-space. Message in a email.

Groete
Newsie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Kingdom's leading executioner says: "I lead a normal life"

Ma., 09 Junie 2003 17:20

BG. PERSOON HET BAIE WERK IN SA. MEERKAT GEVREET, (MBEKI) MOET HOM HUUR BY
DIE ARABIERE

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Helikopterongeluk.

Ma., 09 Junie 2003 14:05

Sou dit Cell C se jaloerse teenstanders wees wat 'n stok in die speek
gesteek het?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons is tog so soet

Ma., 09 Junie 2003 13:14

Dink net, nie een van ons hier het eers 'n gedagte gehad om lekker geld te
maak by die onwettige uitreiking van vals tydelike rybewyse nie.
Hulle het glo vandag 'n spietkop vasgetrek wat tot selfs onwettige lisensies
uitgereik het vir R800 stuk. Desperates is glo na hom verwys deur ander
verkeerskonstabels - seker vir 'n lekker fooi.
Die hele ou sous hoort in die tronk.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Artslink.co.za's 7de Verjaarsdag - R54 IDV

Ma., 09 Junie 2003 13:02

Artslink.co.za Internet Diens Verskaffer (IDV)
vier Artslink.co.za's sewende verjaarsdag!

"Internet Dial-Up, E-mail (value R115/month)
and Artslink.co.za News (value R25/month)
for only R948/annum (R79/month)! SAVE!

Click www.artslink.co.za and get an Artslink.co.za address!

Artslink.co.za News is your daily feed of arts,
culture and entertainment news of your choice.

Please contact Artslink.co.za today to set up your Artslink.co.za services
on 082 230 2255 or visit www.artslink.co.za for more information."

TJ en Gerry
Artslink.co.za IDV
082 230 CALL
082 230 2255

------------------------------------------------------------ ---

Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    580  581  582  583  584  585  586  587  588  589  590  591  592  593  594  595    »]
Tyd nou: Vr. Des. 19 15:13:48 UTC 2025