"André" skryf in boodskap news:...
> "Ron" wrote in message
> news:bfatov$g3h$1@reader10.wxs.nl...
>> De man heeft van een racistisch Zuid-Afrika een van de meest gewelddadige
>> landen ter wereld gemaakt. Gefeliciteerd.
> Het land was altijd al zo, maar door de blanke onderdrukking kwam het niet
> naar boven.
"blanke onderdrukking"? - destyds het Suid-Afrika vir 30.000.000 (en
'n opervlakte van 1.2 mil. vkm) 'n polisiemag van in geheel 60.000
gehad - vertel jy my hoe 'onderdrukking' daar doelmatig uitgevoer gaan
word. Die 'DDR' het vir 17.000.000 'n staatsveiligsdiens van 170.000
en dit sluit nie die gewone polisie in nie - daarmee is onderdrukking
moontlik. Vandag se geweldadige misdaad is veral die gevolg van die
ANC/SAKP se poging om die land 'onregeerbar' te maak (en wat jy
miskien as "blanke onderdrukking" omskryf was 'n poging om dit teen te
werk). Die ANC het polisie lede en diegene wat met hom verskil
stelselmatig vermoor: http://www.rebellie.org/Algemeen/Boeremoord/ANC%20terrorism. htm
(van http://www.rebellie.org )
Ek het afgekyk van die berge en gesien ek is dood
My geskape slape die twee lammers op die slagpale van goud
en my hande die kroppe van duiwe gebreek met die palms na bo
O dat die woord wat bloei uit my mond
die vorm teruggee aan my liggaam
en die son die lyn aan die heuwels van graan
Want die waters van my dood soek na die olyftakkies van die sonskyn
en my volk die oop protea van die dagbreek
Bo die masjinerie van goud die waardigheid van hul skouers
in die deur van hul opstalle in die bekke van perde
groen sonlig met voete wat sleep
Maar sou hul my teëkom in die geldstuk
van elke sekonde wat tol op 'n toonbank
in die arendshart van die nag vol verminkte liggame
sou hul my kruisig oor en oor wat kom om hulle te red
Omdat ek glo dat daar nog geskied
in die buitewyke van die hart
die wit geboorte van die varkblomme
Want ek het gesien hoe jy Johannes
jou hand lê op die skouer van die swart man met die kruis
Ons was nou-die-dag by mense gewees wat hulle eie bier brou. Baie aangenaam
(die bier). Nou wil ek weet of hier ook persone is wat so iets kan
aanbeveel - waar kry mens die muti en watter muti is die beste?
Seker een van die mees bespreekte onderwerpe op hierdie ng? Dis mos 'n
baie emosionele onderwerp. Die meer liberales onder ons reken dat daar
geen regverdiging is om 'n mens se lewe te neem as straf vir sy misdade nie.
Dat dit geen afskrikmiddel is nie. Nou wonder ek net of mens die hele
wêreld onder dieselfde kam kan skeer? As jy 'n misdadiger in die VSA
lewenslange tronkstraf gee, dan verloor hy iets substansieel en sal dit
sekerlik vir meeste misdadigers 'n afskrikmiddel wees, maar hier by ons in
Afrika, sit jy die gemiddelde misdadiger in 'n tronk, plaas jy hom eintlik
in 'n beter posisie as wat hy nog ooit was! Die realiteite van
Afrika-politiek is mos die 'verlore geslag' waaroor die politici en
aktiviste mos stom raak. Vir die wat dalk nie weet nie, dis die groep
jongmense wat deur hulle ouers gedurende die politieke stryd verbied is om
skool toe te gaan en nou, na onafhanklikheid, geen opleiding of ondervinding
het en eintlik niks anders kan doen as om misdadiger te wees nie. Hoe
anders oorleef hulle? Sit jy hom in die tronk, is dit dalk vir die eerste
keer in sy lewe dat hy drie etes op 'n dag kry! Hoe maak jy hom skrik
genoeg dat hy twee keer sal dink voor hy iemand vermoor? Al wat hy van
waarde het is sy lewe....
Gelukkig maar verward - die landdros het bepaal dat sy ma inderdaad die
dooie Rina was - wie Happy beweer hom ontvoer het van die wit familie wat hy
nie kan onthou nie.
Die polisie is nou klaar met hul baie entoesiastiese ondersoek, en hy is nou
in die bekwame en sorgsame hande van die welsyn.
Annette