Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Absa Internetbedrog

Ma., 21 Julie 2003 13:01

Lyk vir my al hoe meer na iemand wat op die slagoffers se PC's persoonlik
die inligting gekry het, want dit is glo net mense in Bellville wat skade
gely het.
Annette

Ekonomie & geldsake | 7 kommentare

Roelfie se skuld

Ma., 21 Julie 2003 12:59

Nou is dit Roelf Meyer se skuld dat die bebaarde Boerevolkbetotteldes bomme
geplant het.
Hy is glo gedagvaar om in hul hofsaak te getuig.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Abnormale aggressiewe gedrag

Ma., 21 Julie 2003 12:48

As ouers, onderwysers en ander verantwoordelike persone meer bedag is op
die optrede van kinders, en iets daadwerkliks daaraan doen, dan sal daar
seker heelwat minder abnormale gedragspobleme en hartseer voorkom.
Ek sien in die Huisgenoot van 'n vrou wat haar man se swanger minnares met
'n haelgeweer in 'n ander lewe in geblaas het.
Die man loop nog steeds rond sonder enige letsel - maar hierdie moordenares
het al op skool abnormale gedragspatrone openbaar - as sy volgens haar te na
gekom is, het sy, ongeag die gevolge vir haarself, wreed en effektief wraak
geneem.
So 'n mens moes al op skool intense sielkundige behandeling gekry het, in
plaas van om gestraf te word, of selfs kopskuddend voor gelag word oor haar
wilde optrede.
Net so kry ek koue rillings as 'n kind iets heel onaanvaarbaars aanvang, en
die ouers glimlaggend die kop skud met die skouerophaalverskoning - hy is
maar net 'n seun. of sy is maar net 'n dogter.
Spyt kom in daardie gevalle altyd te laat.
Die lewe bestaan uit verantwoordelike optredes en besluite.

Hoeveel klein kindertjies sit goedsmoeds hulle hande op vuurwarm stoofplate?
In verhouding baie min, omdat hulle van kleinsaf gewaarsku word. Die wat dit
wel doen leer op die swaar manier, maar ek wil nog 'n kleuter sien wat nadat
hy/sy eenmaal so gebrand het, dit sommer goedsmoeds weer gaan doen.
As 'n kleuter kan weet wat is die gevolg van 'n sekere aksie as dit hom/haar
tot nadeel strek, en tieners nie, dan kan mens net een afleiding maak - swak
selfbeeld, onvermoë om onafhanklik en lateraal te kan dink, en absolute
prioriteitverwardheid. - al drie baie basiese gedragswyses wat al van
kleintyd reggestel kan word deur besorgde ouers, onderwysers of ander
besorgde volwassenes.

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Iedools

Ma., 21 Julie 2003 05:41

Gisteraand was daar toe net twee wat goed genoeg gesing het vir wie mens kon
stemvir wie mens kon stem.
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

re - Solidariteit en die SAKP

So., 20 Julie 2003 20:31

Eienaardige karperde, die twee, sê jy.

Kom ek vertel jou van swak smaak in verkiesingspamflette.
Vanmiddag ry ek by 'n lamppaal verby waarop daar groot
geskryf staan: "Kill The Boer!" Ek dog dit is 'n verkiesingsplakaat
vir peter mokaba. Toe sien ek dat daar in (heelwat) kleiner letters
onder die volgende woorde geskryf is: "Die Vryheidsfront Veg Vir
Jou Regte" (of so iets).

Ogelooflike swak woordkeuse. Die kaffer mag nie sing "kill the farmer,
kill the boer." nie, maar die vryheidsdfront mag dit groot teen die
pale skryf!

Ek kan geen rede sien om verder uit te brei waarom hulle voor die hof
gedaag moet word nie. 'n Party wat geen stemme behoort te kry nie.
Wie moet dan die stemme trek? Wat van winnie? Sy het dit tog lank
voor hulle gesing.

Speedy

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Selfmoord

So., 20 Julie 2003 18:28

Is selfmoord `n sonde of nie.
WAT sê die Bybel. Ek soek graag verwysings.

Groete
Frikkie

Geloof & kerksake | 20 kommentare

Solidariteit en die SAKP

So., 20 Julie 2003 17:03

Samesprekings en moontlike samewerking tussen die SAKP en Solidariteit?
Eienaardige karperde die twee.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mandela party

So., 20 Julie 2003 17:02

Wie weet wie het vir die party opgedok?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

" meisie 1 " deur PIET VAN ROOYEN

So., 20 Julie 2003 15:24

Piet van Rooyen

meisie 1

Kraaitjie Melaaitjie, my liefste ding,
hoe moet ek maak met die tingeling,
die boem en dwa en die tromborsklop,
hoe moet ek maak met die ligtekop?

Kraaitjie Melaaitjie, wat moet ek sê,
as die dinge hier teen my hart kom lê,
hoe moet ek stertgooi, hoe moet ek draai,
as jou hare al voor my oë waai?

Carolina Melanie, my keel trek styf
en 'n rimpelvel hardloop al oor my lyf,
hoe moet ek praat, wat moet ek sê
as die swaarheid plat op my tong kom lê?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    563  564  565  566  567  568  569  570  571  572  573  574  575  576  577  578    »]
Tyd nou: Do. Apr. 24 18:42:48 UTC 2025