Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Snotklap vir die predikant

Wo., 23 Julie 2003 18:18

Snaaks dat dit geen reaksie ontlok het
toe bouwer se held, haar gunsteling
predikant met 'n snotklap dreig:-)))

Speedy Gonzales

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

" oorlog 1 " deur PIET van ROOYEN

Wo., 23 Julie 2003 16:53

Piet van Rooyen

oorlog 1

halfronde koppietjie streep soldaatjies ses
doringdraad slote masjiengeweernes

in 'n boom op die vlak sit 'n kwêvoël en lag
op die halfronde koppietjie lê soldaatjies en wag

Kain slaan vir Abel dood oor die rook van sy offer
die kopral draai die son in sy sint kristoffer

onthou my met liefde my arme seun
met die pes in sy pens lê 'n slaaitjie en steun

Prosa & poësie | 0 kommentare

Alles vergewe

Wo., 23 Julie 2003 13:08

Na 'n tydjie van onverantwoordelike optrede, wat 'n laagtepunt bereik het
met 'n nag van oordrewe drinkery en bakleiery, is Lucas van Biljon alles
vergewe sodat hy in die Springbokspan kan speel.
Dit nadat Natal tugstappe teen hom ingestel het.
Lucas sê hy sal nie weer so stout wees nie .

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Recce op KYKNet

Wo., 23 Julie 2003 10:25

Baie interessante program gewees dié.....natuurlik net vir die wat die
militêre kan waardeer. Opvallend was die opmerking van die een bydraer wat
gesê het dat hulle soldate is en dat hulle verantwoordelikheid teenoor SA is
en dit maak eintlik nie saak wie die regering van die dag is nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hier is ek ook

Wo., 23 Julie 2003 10:12

Wil net vir almal hallo se in die nwesgroup

Jan

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Absa die teiken?

Wo., 23 Julie 2003 09:09

Met die voorbladartikel in Noseweek, en die naweek se internetbedrog wat by
Absa voorgekom het, begin mens te wonder of ons nie 'n ge-orkestreerde
bedryfsjaloesie-aanval mee te doen het nie?
Dit is ook nogal opvallend dat in die afgelope twee weke in die media waar
witboordjiemisdaad oor verslag gedoen word, al die oortreders Afrikaanse
name en vanne het.
Van piramide skemas, onwettige betogers, "beleggingskenners" tot pedofiele
Is die Engels sprekendes hier ter lande eintlik engeltjies in 'n aardse
hemel?
Annette

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

" meisie 2 " deur PIET van ROOYEN

Wo., 23 Julie 2003 02:07

Piet van Rooyen

meisie 2

my meisie sit met haar voete in die water
en haar kop in die blare
sy is koel
want sy sit in die skaduwee
en haar rokkie is lig.
sy het druiwe op haar skoot
en sy korrel dit een vir een.
my meisie is mooi,
koel soos druiwe met haar voete in die water.

Prosa & poësie | 5 kommentare

Mandela se verjaarsdag

Di., 22 Julie 2003 16:14

Terwyl ek so na die feesvieringe rondom Mandela kyk besef ek eensklaps dat
dit omtrent al is wat oorgebly het van die post-verandering euphoria. Dit is
nou alles in Mandela gesentreer. En dit is baie jammer - want daar is/was
baie noemenswaardige rolspelers.

Mandela het voorwaar 'n uitmuntende rol gespeel om vreedsame verandering
teweeg te bring. Maar ek voel tans dat hy te veel eer vir homself inpalm.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Uitvindings

Di., 22 Julie 2003 12:00

Is daar enige onlangse uitvindings waaraan julle kan dink wat die ou op
straat se lewe revolusionêr verander het? Ek wonder sommer maar net want
mens hoor alewig dat die tempo waarteen nuwe uitvindings gemaak word versnel
met die verloop van tyd.
Daar is waarskynlik baie nuwe uitvindings waarvan mens nie bewus is nie -
veral in die mediese/biologiese wetenskappe - want dit is nie baie opvallend
vir die normale verbruiker nie... of is dit? Dalk aanvaar ek te veel dinge
as vanselfsprekend...

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Fw Weet Niks

Di., 22 Julie 2003 11:32

FW de Klerk wil nie gaan getuig by die bomplanters se verhoor nie.
Mens moet hom bewonder dat hy nie die belastingbetaler se geld wil mors net
om aan die hof in Gauteng te gaan vertel hy weet niks nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    562  563  564  565  566  567  568  569  570  571  572  573  574  575  576  577    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 03:03:42 UTC 2025