Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Skisofreniedag

Vr., 25 Julie 2003 06:47

Vandag is Skisofreniedag.
Dit beteken nie dat die skisofrene die vryheid van die strate het nie, maar
dat almal bewus gemaak moet word dat dit 'n siekte is wat nie sonder
behandeling tot 'n mate genees kan word nie.
Daar is ook sterk aanduidens dat dit geneties oordraagbaar is.
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Goeie Polisiewerk?

Vr., 25 Julie 2003 05:56

Sasja-Leigh Crooke is 10 dae nadat sy vermis geraak het, dood gevind. Daar
is bevind dat sy toe sy gevind is, sy nie langer as 48 vantevore dood kon
gewees het nie.
Die buurman van haar ouma, waar Sasja vir die vakansie gekuier het, is in
hegtenis geneem. Hy het verlede week, en sal vandag weer in die hof verskyn.
Die polisie was glo twee dae nadat sy vermis is in sy huis.
Daar was 'n kamer waarvan die deur gesluit was, en hulle het goedsmoeds sy
verduideliking aanvaar dat hy nie weet waar die sleutel is nie.
Daar word sterk vermoed dat Sasja op daardie stadium in die kamer aangehou
was.
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Haai Sjeim

Vr., 25 Julie 2003 05:51

Daar het gister 'n moeder met 'n seuntjie by die hospitaal in Lusikisiki
opgedaag.
Die kind het drie bene en twee stelle geslagsdele.
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

" komapunt " deur DAN ROODT

Do., 24 Julie 2003 23:14

Dan Roodt

komapunt

'n volksdigter was daar
wat volgens volk en vriende
in insestueuse gestoeltes
goed kon hakkel
oor debakels van 'mirakels'
oor 'die lewe' en oor kak aangaande
DIE KUNS
hy was wel opperhoof
van 'n laboratorium
waar jong moffies en meisies
kon leer van kommas punte
kommapunte dubbelpunte dotjies
kappies umlaute koppeltekens en
aksente
'n flou frankenstein van
DIE POËSIE
hy sou altoos algemeen-beskaafd
NASIONAAL
stem en hom eerder bekommer
oor sy abc as die anc
hy was lief vir afdaal
in 'n bottel of 'n bundel
en verse daaroor te verkoop
solank hy koloniaal agter glas 'n mooi
UITSIG
op die dieretuin plaaslik kon kweek
hy het sy komma geswaai
oor alle mitiese verwysings
oor alle kitschwoordspel
oor alle kleinduimpierympies
tot by die allerewige estetiese
KOMAPUNT
nie meer kon verkeer nie

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Interview met de advocaat van Tarik Aziz

Do., 24 Julie 2003 15:41

"R.Wereldsman" wrote in news:bfoqji$5ap$1
@reader10.wxs.nl:

>
> "Willem-Jan Markerink" schreef in bericht
> news:Xns93C285AD7591Awjmarkerinka1nl@130.133.1.4...
>
>>> en de blanke boeren die
>>> gestolen land in hun bezit hebben, het land wil afpakken.

>> Je bedoelt voedsel-infrastructuur vernietigen.
>> Dat schijnt idd een groot talent van Afrikanen te zijn, waarvan het eind
>> nog niet in zicht is. Sahara is mooi hoor, kan niet groot genoeg zijn.
>
> Dat is nieuw.
> Hoe doet hij dat dan?
> Zeker omdat hij de gestolen grond van blanke
> boeren afpakt?

Er is een subtiel verschil tussen het afpakken van 'grond van blanke
boeren', of 'grond van boeren'.

Of denk jij dat stadsbewoners, die men met wat geld, een voorraad alcohol
en uiteraard machinegeweren op transport heeft gezet als 'spontane
bezetters' (liefst 'oorlogsveteranen' die ten tijde van die oorlog nog niet
eens geboren waren), ook maar enig benul van landbouw of veeteelt hebben?
Hint: degenen die alle oogst- en irrigatieapparatuur slopen, en voltallige
stambomen fokvee slachten, vallen daar alvast niet onder.

> Heb je niet in de gaten dat je door en door ziek bent?

Goed ziek wordt men pas als men van 'bevrijde' Afrikaanse landbouwgrond
moet leven. Tot de dood er op volgt.

PS: je hebt waarschijnlijk ook geen flauw benul hoe kwetsbaar die
gecultiveerde bodem daar is he? En dat er in de huidige paar jaar wanbeheer
schade voor decennia ontstaat?

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

'n Stille Trots

Do., 24 Julie 2003 14:30

Gistermiddag kyk ek vir die eerste keer in 'n lang tyd na Oprah - en die
program gaan oor jong kinders wat in Sierra Leone en Uganda deur
rebellegroepe ontvoer word en dan gemartel word, en in die geval van die
dogters, verkrag word.
Nadat 'n vreeslike spraaksame Amerikaanse joernalis gepraat het, en daarna
nog 'n Amerikaner wat veral in Sierra Leone werk om die ontvoerde kinders
met hul families te herening, en ook Oprah, word daar toe twee gaste na die
verhoog genooi.
Die eerste 'n dame van Sierra Leone wat 'n skool het waar die dogters ( 70%
van hulle met kinders agv die verkragtings) wat deur hule families en
gemeenskappe verwerp is, kan skoolgaan en selfs ambagte aanleer.
Die tweede is 'n moeder van Uganda wie se dogter saam met al haar maats uit
'n katolieke skoolkoshuis ontvoer is.
Die moeder het begin om die getraumatiseerde families saam te snoer en uit
te praat teen die rebelle - en die rebelleleier het haar toe die aanbod
gemaak dat sy haar dogter kan terugkry as sy ophou praat. Sy het dit
geweier, en haar dogter is nog steeds 'n gevangene.Die moeder sal nie ophou
voordat nie al die kinders vrygelaat is nie.
Nou, behalwe vir die eerste dame se oorhoopse tradisionele drag van helse
groot moue, skerp kleure en kragies en valletjies, en die tweede een se
matriaaloordrewe gevoude en geknoopte kopstuk, het hierdie twee dames op die
wyse waarop hulle met stille waardigheid opgetree het, en die goed
geartikuleerde antwoorde in goeie Engels, kop en skouers uitgestaan bo die
ander deelnemers op die verhoog.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" dood 2 " deur PIET van ROOYEN

Do., 24 Julie 2003 13:23

Piet van Rooyen

dood 2

groot Klaas Filemon
het sy baasperd
Gabriël Sankatana Everest
een Sondagmiddag opgesaal
met sy kraakleersaal
en die kunsleertoom oor sy neus getrek
tot siens vrou
sorg goed vir die kallers Moses
ensovoorts
en die hel ingery

Prosa & poësie | 0 kommentare

Knoffel

Do., 24 Julie 2003 08:46

In 'n resep wat 'n dame op Roekeloos ingestuur het praat sy van
knoffeltoontjies. Word die woord algemeen gebruik? Ek weet net van
knoffelhuisies, maar hou nogal van hierdie knoffeltoontjie storie.

Kos & resepte | 28 kommentare

Gate in jou lyf

Do., 24 Julie 2003 07:13

Iets wat ek nog nooit kon 'gryp' nie, is hoekom die jong mense van vandag so
graag gate in hulle lywe maak en ringetjies en alle soorte van dinge
daardeur sit. Hoekom?

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

" oorlog 2 " deur PIET van ROOYEN

Wo., 23 Julie 2003 19:29

Piet van Rooyen

oorlog 2

bomwerper, bomwerper in die lug
vlieg tog na jou nessie terug
gooi jou bomme op 'n ander plek uit
en moenie op mý kop kom skyt

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    561  562  563  564  565  566  567  568  569  570  571  572  573  574  575  576    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 15:30:22 UTC 2025