Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Give me hope Johanna . . . . .

Sa., 26 Julie 2003 19:36

Almal ken seker daai anti-apartheids liedjie wat ons supposedley nie mog
hoor nie.

Kan iemand my dalk verduidelik wie daai "Preacher who works for Jesus" van
wie die man sing?

Desmond (snotklap) Tutu?

Musiek & liriek | 5 kommentare

Geraamte in die kas

Sa., 26 Julie 2003 09:16

'n Regter van Wellington (Nieu Seeland) is van sy pos onthef, omdat hy na
prente van naakte volwasse dames gekyk het op die usenet. Hulle reken dat
iemand wat na so iets kyk, nie betroubaar geag kan word om die pos te beklee
nie. (As hy 'n motowerktuigkundige was, het geen haan seker gekraai nie.)

Ek dink die samelewing is siek. Die lekkerste ding op aarde is om iemand wat
in die kollig is te pinpoint en te verneder. Hansie, Bill Clinton,
onderwysers, predikante en ministers is seker die mense wat hulle gatte die
gouste sien as hulle 'n foutjie begaan.

Ek loer so af en toe na die mense se "Shared Folders" op KaZaa. Agt uit tien
mense (seker mans) het daar êrens tussen al hulle MP3's so 'n lekker paar
tiettie foto's. Man, dis mos die lewe - waarom sal ons nou stry?

Nou hoekom wys ons dan so gou vinger?
Henri

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Die Dom Kraker

Sa., 26 Julie 2003 09:16

Ek wil maar net vir Elaine laat weet dat, ongeag haar stelling dat die
krakers slim is en nooit gevang sal word nie, die Absa-krakerdief toe wel in
hegtenis geneem is.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nelson in 'n glaskas

Sa., 26 Julie 2003 08:07

Ek kan nie verstaan wat so spesiaal aan Nelson Mandela is nie. Vandag skryf
hulle in die Volksblad dat sy lyk moontlik eendag vir die nageslag bewaar
gaan word. (In die Uniegebou of Voortrekker monument) Dis darem bietjie vêr
gevoer.
Verdien hy regtig al die eer wat hy kry?

Koeitjies & kalfies | 46 kommentare

Kyk hoe kyk hy vir my....... die nuwe Noot-vir-noot reeks

Vr., 25 Julie 2003 22:32

Nou ja, nadat ek verlede jaar April aansoek gedoen ht om deel te neem, het
ek in Augustus vir oudisie gegaan en in Maart aan die opnames deelgeneem en
uiteindelik begin my eie persoonlike triomftog op Nasionale TV vanaand. Kom
ons kyk of jy kan raai watter een ek is.

TV, flieks & vermaak | 12 kommentare

" Kontrak " deur D.J. OPPERMAN

Vr., 25 Julie 2003 20:47

D.J. Opperman

Kontrak

U het die wêreld oopgeskiet
tot grot en gramadoela;

toe die blaar en riet,
U arbeiders, gestuur; wortels
wat nederig werk, die mier
wat stokkies dra
en beitelpunt van die rivier.

U droom met dinamiet
en laat aan arbeiders
die besonderhede en verdriet.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Fliek: Whale Rider

Vr., 25 Julie 2003 17:12

'n Prent wat aanbeveel kan word - en mens huil snot en trane.
Annette

TV, flieks & vermaak | 2 kommentare

Interessante statistieke

Vr., 25 Julie 2003 15:52

Dit was interessant om die uitslag van 'n inbelopname te sien wat gister
deur een van die grootste koerante in Namibië, Die Republikein, gedoen
is. Die vraag was of politieke ampsdraers te veel geld verdien. Dit was
na aanleiding van 'n vorige berig wat beweer dat slegs 220 politieke
aanstelling in die regering die belastingbetaler N$60 miljoen per jaar kos.
Die uitslag was:
93% Ja
7% Nee
6.3% Weet nie

Ek sou seker ook Ja gestem het as ek kon deelneem maar ek wonder sommer
maar net oor die persentasies wat nie so lekker total nie... ;-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Doen jou plig

Vr., 25 Julie 2003 11:47

Daar word gewag vir nominasies deur werknemers om die swakste werkgewer in
SA aan te toon.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

10de verjaarsdag

Vr., 25 Julie 2003 11:46

Dit is vandag 10 jaar gelede dat kerkgangers in die kerk deur Apla-lede
aangeval is.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    560  561  562  563  564  565  566  567  568  569  570  571  572  573  574  575    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 16:15:18 UTC 2025