Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Examinvlaters

So., 24 Augustus 2003 15:22

Van Roomy se Engelse Afrikaanse klas:
1) Ek was treurig en daar sit ek toe met my trane en my weefsels ( tissues)
2) My ouma het 'n platsak donsie ( My granny broke down)
3) Geldlaai vervolgens ( aan die einde van 'n brief - Till next time)

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onnies soek gewere

So., 24 Augustus 2003 13:58

In watter soort land bly ons dan nou ?

Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
aangerand, gemolesteer en self verkrag word, maar nou soek die onderwysers
in Mpumalanga vuurwapens ter beskerming van hul persoon ?

Iets of iemand is mos nou besig om heeltemal mal te word, of is dit ek wat
nie tred hou nie ?

Behoed my tog van die dag wat vuurwapens nodig raak om onderwysers te
beskerm, want dan sal leerlinge seker ook wapens nodig he om hulle teen
onnies te beskerm - watse onderwys stelsel het ons tog !

Koeitjies & kalfies | 65 kommentare

Het julle opgelet?

Sa., 23 Augustus 2003 19:52

Dat ons groep (al is dit miskien slegs vir die oomblik)
dié groep word? Twee aande gelede het ek geglimlag
toe 'get new headers' 54 briewe by scsaa afhaal en
59 hier:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boot op die Beach ?

Sa., 23 Augustus 2003 15:25

Is dit nie tipies SA dat daar nou geen band bestaan van die gesprekke tussen
die hawekaptein en die kaptein van die Sealand nie ?

Die eerste aand het hulle gese dat die HaweKaptein verskeie kere die Sealand
gewaarsku het dat hy op die sand banke gaan loop, en niemand dink daaraan om
die besigheid op te neem nie.

Nou hoor ek daar is uranium op die skip, die radioaktiewe vlakke is nie
gevaarlik nie, maar dit bevat natuurlike gifstowwe wat baie potent is.

En nou worry hulle oor die mense op die beach, pleks hulle hulle gatte roer
oor die gif wat in die see kan stort.

Ek weet darem nie, kon myself nog nie sover kry om groener weivelde te gaan
soek nie, maar sulke poepolle laat my regtig wonder.

Ek ry baie daar verby, en daa i stukkie strand, saam met die op Baden Powell
tussen Muizenebrg en Strandfontein is vir my van die mooiste in die Kaap.

--

Disclaimer:
C-Group (Pty) Ltd including all or any of its subsidiaries and/or divisions

Any views expressed in this message are those of the individual sender. No
liability shall attach whatsoever to C-Group from this communication except
where the sender is acting on specific authority of C-Group, such authority
being public record and acknowledged by C-Group by nature of the employee's
functions. This document, and/or attachments hereto, may in no way be
photocopied, printed, scanned or electronically duplicated for any purposes
other than that for which it was originally intended. If you are not the
intended recipient of this communication, please discard this message and
notify C-Group immediately at c-gro...@mweb.co.za.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Bloedrivier, 1938 " deur D.J. OPPERMAN

Sa., 23 Augustus 2003 02:25

D.J. Opperman
Bloedrivier, 1938

Bo kleur en tyd
vlam hierdie môre
oop in ewigheid.

En teen 'n rooie daeraad
sing wit-gerokte kore
oor 'n volk
nou in herdenkingsdaad
opnuut gebore.

En eenkant teen 'n helling peins
'n Zoeloe
oor 'n ryk reeds lank verlore.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wit Reën

Vr., 22 Augustus 2003 20:37

Twee Maandae gelede, iets gesien wat ek nog nooit
voorheen gesien het nie.
Dit het deur die nag gereën. Winterreën hier, so asof
dit Annette se pôzzie is, daar waar dit in die winter reën.

Maar toe ek opstaan, was die stoepe wit. Die karre wat
verby ry, en buite geslaap het, was wit. Carletonville,
10 kilos van hier, was wit. Iemand wat 'n bouwerk hier
doen, en in Alberton (80 kls ver) woon, sê dat Alberton wit
was. Die vrou by die fotograafwinkel, sê dat dit wit gereën
het tot anderkant Pretoria. En by julle, wat net oor die bult is,
Elaine?

DD

Ek het die naweek op die dak geklim en dak en mure gewas.
Die wit was taai.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jonas

Vr., 22 Augustus 2003 19:56

'n Paar Drywall files op pad.
Wanneer jy dus 'n briefie met aanhangsel kry, wees geduldig.
Ek stuur skakels ook.
Nou sal jy sien waarom ek so geinteresseerd is in drywalling.

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

KykNet wonderlik!

Vr., 22 Augustus 2003 09:34

Ek het g'n idee van hoeveel van julle het toegang tot DStv nie, maar die
Afrikaanse Kyk Net het wonderlike programme op. Kwêla met aanbieding deur
Coenie de Villiers is rêrig besig om enige ander program gas te gee. Die
idee om weekliks een van die klein dorpies van SA te besoek, is briljant.
Ook vandeesweek het hulle weer begin met snaakse videos wat kykers instuur
en daar's 'n paar wat ons lekker laat lag het. Therese [van Song vir
Katryn-faam] Benade het as 'n tv -aanbieder ontpop [hoekom verander sy nie
maar haar naam na Katryn nie? Dit pas haar beter!] en dan is daar nou die
nuwe program wat hierdie week begin het oor aktuele sake. Die heel beste
vir my is natuurlik Frank Opperman se Agriforum waarin hy boerdery aan die
publiek bekendstel. Wonderlik! Afrikaanssprekendes wat nie KykNet kan
sien nie, mis iets geweldigs.

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Pap bande

Vr., 22 Augustus 2003 08:29

Sit nuwe bande aan by enige van die bande-plekke. Hulle blaas lug in met 'n
pyp sonder meter en dus is bande nooit op korrekte vlak nie.

Dis dieselfde plekke wat jou nooi om "shocks" te toets vir veilig ry - is
banddruk nie ook belangrik nie.

Is daar 'n werkersunie in die bedryf wat hul keer om bande reg op te blaas?

Party verwys jou darem na die naaste vulstasie om bande reg te pomp.

TJ

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bouzek is vies

Vr., 22 Augustus 2003 07:10

Dis nou Boesak, uitgespreek deur 'n nuusleser.
Boesak is kwaad vir die ANC omdat hulle nie hul beloftes aan hom nagekom het
nie. Niemand in die hoge gestoeltes wil met hom praat nie.
Nou is Maduna terug vies, en sy aanbeveling aan die Prez is dat die geliefde
Boesak nie 'n presedensiële kwytskelding kry vir sy vonnis nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    545  546  547  548  549  550  551  552  553  554  555  556  557  558  559  560    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 23:29:20 UTC 2026