Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Tsafendas

Ma., 25 Augustus 2003 15:58

Ek lees vandag in die Independant koerant ( Londen) dat 'n nuwe drama "I.D."
deur Anthony Sher in die Alemeida teater in Islington in Londen opgevoer
gaan word. Dit gaan oor Tsafendas en het Marius Weyers as Verwoerd in die
hoofrol. Die artikel noem nie wie Tsafendas speel nie. Die artikel sê "its a
portrait of the PM and his killer, both searching for an identity and about
the strange, compelling cicumstances that brought them together that fatal
day". Ek gaan die drama binnekort sien. Sien uit daarna. Wonder of dit in
Zuid Afrika opgevoer gaan word.

28 jaar gelede het ek 'n vehoogstuk in 'n fringe teater in Soho in Londen
bygewoon wat ook oor Tsafendas gehandel het. Bill Flynn het toe Tsafendas
gespeel. Kan nou nie meer die titel of die skrywer se naam onthou nie. Die
stuk was briljant. Dit was in die dae toe daar nog egte Zuid Afrikaanse
politieke vlugtelinge in Londen gewoon het. Is dit waar dat die geheim van
Verwoerd se assasinasie saam net John Vorster graf toe is?

Ek wonder of Bill nog in die teater speel of films maak. Briljante akteur.

Johannes,
Canterbury.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Gereg en demokrasie

Ma., 25 Augustus 2003 04:50

Na die kwytskelding van Jacob Zuma het die ANC-segsman verklaar dat die stap
'n oorwinning vir die gereg en demokrasie is. (?)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Uit " Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN

Ma., 25 Augustus 2003 01:30

Uit JOERNAAL VAN JORIK
D. J. Opperman

En Wiesa met haar hare wit soos brak,
kyk na die vuurtjie binne alle dinge;
sy laat die rook van vlam en kole sak
tot voorbodes en ou herinneringe;

en sy vertel hom mymerend van 'n volk
in windoop ruimtes van 'n land gevorm
wat opstyg uit die see tot in die wolk
waar God praat in die weerlig en die storm;

sy noem hul opstand teen die vreemde ras;
roep ou gesigte voor haar uit die vlam,
van vegters, vryburgers soos Adam Tas,
dorpies soos Graaff-Reinet en Swellendam.

En sy vertel hom van die heuninggat
waarin Frederik Bezuidenhout
met sy geweer aanlê en weier dat
vier Hottentotte en 'n Kakieskout

en nog 'n hele boel daarby hom vang.
"En soos jy weet, my seun, die tou was vrot
waaraan die vier opstandiges moes hang;
party sê dis toeval, maar ons sê dis God."

Vertel hom van die vlam en donker mens
wat in die ooste om die huise saans
ou liedere van impi's sing, die grens
van kinders en 'n volk se lang stoet waens.

"Hy het ons van verdrukking afgesonder
.... kwyldrade van die osse blink oor gras....
dat ons in stiltes weer opnuut die wonder
van Hom sou ken, soos Hy hier eenmaal was."

En sy vertel hom van die leed en angs,
verraad en moorde soos op Piet Retief,
van nagte soos by Weenen en Bloukrans,
en liggame met assegaai deurklief.

"Hy was met ons die nag by Bloedrivier
toe lang sweepstokke met lanterns swaai,
Hy was ons eerste lig oor die visier
toe die kruitdamp oor Amajuba waai.

En volke het om hierdie land van ouds
gevaar en in gruisgate rond gesoek
soos erdvarke; maar die Stad van Goud
moes óns klein volkie later vind... tot vloek!

En hulle het ons huise afgebrand.
Hóé kon die rykes van 'n ryk ooit weet
dat ons sou veg vir ruimtes van ons land
al moes ons in die veld rysmiere eet?

En soos mens snags in dieptes van die Baai
se waters sien hoe skommel ster en lampe,
sê in 'n donker kol van hierdie volk, swaai
beelde nog van Konsentrasiekampe.

Ek stap een oggend uit die Kamp en sê:
'Kyk, sien ek vanoggend 'n duisend skaap
wat op die vlaktes so in hopies lê?
Maar nee!' sê ek. 'Dis mos waar dooies slaap.'

En nou waar miershoopkamers en rotstuine
staan, en skepsels koekepanne laai,
lê hulle stil: ou vegters in die bruin
komberse van die aarde toegedraai."

Prosa & poësie | 2 kommentare

Examinvlaters

So., 24 Augustus 2003 15:22

Van Roomy se Engelse Afrikaanse klas:
1) Ek was treurig en daar sit ek toe met my trane en my weefsels ( tissues)
2) My ouma het 'n platsak donsie ( My granny broke down)
3) Geldlaai vervolgens ( aan die einde van 'n brief - Till next time)

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onnies soek gewere

So., 24 Augustus 2003 13:58

In watter soort land bly ons dan nou ?

Kort kort is daar stories in die nuus van kinders wat deur onderwysers
aangerand, gemolesteer en self verkrag word, maar nou soek die onderwysers
in Mpumalanga vuurwapens ter beskerming van hul persoon ?

Iets of iemand is mos nou besig om heeltemal mal te word, of is dit ek wat
nie tred hou nie ?

Behoed my tog van die dag wat vuurwapens nodig raak om onderwysers te
beskerm, want dan sal leerlinge seker ook wapens nodig he om hulle teen
onnies te beskerm - watse onderwys stelsel het ons tog !

Koeitjies & kalfies | 65 kommentare

Het julle opgelet?

Sa., 23 Augustus 2003 19:52

Dat ons groep (al is dit miskien slegs vir die oomblik)
dié groep word? Twee aande gelede het ek geglimlag
toe 'get new headers' 54 briewe by scsaa afhaal en
59 hier:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boot op die Beach ?

Sa., 23 Augustus 2003 15:25

Is dit nie tipies SA dat daar nou geen band bestaan van die gesprekke tussen
die hawekaptein en die kaptein van die Sealand nie ?

Die eerste aand het hulle gese dat die HaweKaptein verskeie kere die Sealand
gewaarsku het dat hy op die sand banke gaan loop, en niemand dink daaraan om
die besigheid op te neem nie.

Nou hoor ek daar is uranium op die skip, die radioaktiewe vlakke is nie
gevaarlik nie, maar dit bevat natuurlike gifstowwe wat baie potent is.

En nou worry hulle oor die mense op die beach, pleks hulle hulle gatte roer
oor die gif wat in die see kan stort.

Ek weet darem nie, kon myself nog nie sover kry om groener weivelde te gaan
soek nie, maar sulke poepolle laat my regtig wonder.

Ek ry baie daar verby, en daa i stukkie strand, saam met die op Baden Powell
tussen Muizenebrg en Strandfontein is vir my van die mooiste in die Kaap.

--

Disclaimer:
C-Group (Pty) Ltd including all or any of its subsidiaries and/or divisions

Any views expressed in this message are those of the individual sender. No
liability shall attach whatsoever to C-Group from this communication except
where the sender is acting on specific authority of C-Group, such authority
being public record and acknowledged by C-Group by nature of the employee's
functions. This document, and/or attachments hereto, may in no way be
photocopied, printed, scanned or electronically duplicated for any purposes
other than that for which it was originally intended. If you are not the
intended recipient of this communication, please discard this message and
notify C-Group immediately at c-gro...@mweb.co.za.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Bloedrivier, 1938 " deur D.J. OPPERMAN

Sa., 23 Augustus 2003 02:25

D.J. Opperman
Bloedrivier, 1938

Bo kleur en tyd
vlam hierdie môre
oop in ewigheid.

En teen 'n rooie daeraad
sing wit-gerokte kore
oor 'n volk
nou in herdenkingsdaad
opnuut gebore.

En eenkant teen 'n helling peins
'n Zoeloe
oor 'n ryk reeds lank verlore.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wit Reën

Vr., 22 Augustus 2003 20:37

Twee Maandae gelede, iets gesien wat ek nog nooit
voorheen gesien het nie.
Dit het deur die nag gereën. Winterreën hier, so asof
dit Annette se pôzzie is, daar waar dit in die winter reën.

Maar toe ek opstaan, was die stoepe wit. Die karre wat
verby ry, en buite geslaap het, was wit. Carletonville,
10 kilos van hier, was wit. Iemand wat 'n bouwerk hier
doen, en in Alberton (80 kls ver) woon, sê dat Alberton wit
was. Die vrou by die fotograafwinkel, sê dat dit wit gereën
het tot anderkant Pretoria. En by julle, wat net oor die bult is,
Elaine?

DD

Ek het die naweek op die dak geklim en dak en mure gewas.
Die wit was taai.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jonas

Vr., 22 Augustus 2003 19:56

'n Paar Drywall files op pad.
Wanneer jy dus 'n briefie met aanhangsel kry, wees geduldig.
Ek stuur skakels ook.
Nou sal jy sien waarom ek so geinteresseerd is in drywalling.

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Bladsye (1834): [ «    544  545  546  547  548  549  550  551  552  553  554  555  556  557  558  559    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 09:57:32 UTC 2026