Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hospitaal Hel

Ma., 08 September 2003 12:12

Ek het vandag my vriendin gaan bystaan vir haar bevalling en dit was regtig
nie 'n prettige ondervinding nie. Dit was 'n keiser en ek kon die gewag vir
haar tyd hanteer en ek kon die teater en operasie hanteer, maar ek kon nie
die verpleegpersoneel hanteer nie. Waaragtig soos 'n stuk gemors behandel -
seker omdat ek nie familie is nie. Sy het voorheen met almal gereël dat ek
daar sal wees en haar sal bystaan, maar neeeee toe dit sulke tyd is wil
niemand niks weet nie. Na 'n lang aand sonder slaap en 'n lang gewag voor
die tyd was ek nie lus vir hulle k*k nie, maar hier's die rede hoekom hulle
nie wou hê ek moes ingaan by die teater nie. "Want as hulle dit vir een
doen, moet hulle dit vir almal doen." My redenasie is, dat dit 'n privaat
hospitaal is, en so lank die reël sê jy mag net een persoon hê wat jou
bystaan is dit jou eie keuse.

Dit het sommer al vroeg begin, toe die een suster my begin rond order het.
Pak uit haar sakke, pak die baba wiegie, gee pad, staan terug, moenie,
nee... en so het dit aangehou. Sy was baie vriendeliker met die pa's om ons
gewees. Is ek soos stront behandel omdat ek nie familie was nie? Wat as ek
my vriendin se lover was? Sou hulle dan anders oor die saak gevoel het.
In elk geval, hulle het my buite die teater laat staan totdat die Matrone
nou uiteindelik haar "toestemming" verleen het om my vriendin te gaan
bystaan. Die teater personeel was vreeslik vriendelik, en die dr. het
gedink ek's vreeslik dapper. Maar dit was glad nie so erg nie - dis net
jammer van die ongeskikte personeel, andersins sou dit 'n vreeslike
aangename dag gewees het.

Dit was 'n seuntjie gewees. Groot fris mannetjie van 4.5kg

Elaine

Gesondheid & boereraat | 1 kommentaar

24news

Ma., 08 September 2003 11:29

Vroeer was ek een troue leser van die koerante"Beeld online" en andere maar
nou kan ek dit nie maar maak nie sonder te betaal
Ek glo die koerante mense is baie gierig geword,dit ontgoogel my.
Paul uit Vlaandere

Boeke, tydskrifte & koerante | 13 kommentare

Gert Vlok Nel email

So., 07 September 2003 14:23

As iemand enige idee het hoe om vir Gert in die hande te kry (email of
telefoon nommer) sal ek dit baie waardeer.

Groete,
Penkop B

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dag uitstappie idees

So., 07 September 2003 12:50

Hi daar

Ek is op soek na idees vir 'n "dag uitstappie" oor die naweek.

Iets in die lyn van n plek met 'n goeie uitsig of iets "anders" om te doen, stap/ry miskien daar rond, goeie kos vir 'n laat middag-ete sodat ek weer vroeg aand kan terug wees in Pretoria. Ek reken so 2ure vanaf Pta sal prakties nog in die haak wees.

Idees word verwelkom ;-)

J
--
I want to die in my sleep like my grandfather......not
screaming and yelling like the passengers in his car.

Reis & vakansie | 13 kommentare

Re: Persig

So., 07 September 2003 11:13

On Sun, 07 Sep 2003 12:13:09 +0100, Penkop B wrote:

> Blind alley though. If someone is ungrateful and you tell him he's
> ungrateful, okay, you've called him a name. You haven't solved
anything.

Jammer, dit was Pirsig.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Snaakse SMS

So., 07 September 2003 02:46

Die snaakste SMS wat my die afgelope week getref het lees so:

"If a couple from Benoni (vul jou eie dorp se naam in) gets divorced, are
they still brother and sister?"

(Jammer Benoni...)

Humor & grappe | 0 kommentare

" Oud-gediende " deur PETER BLUM

So., 07 September 2003 01:32

Peter Blum
Oud-gediende

"Wat is jou vak? Waarvoor't jy jou bekwaam?
Ons soek geskooldes, Jy't tog iets geleer?"
Hy antwoord, sonder hoop maar onbeskaam,
terwyl hy trap, "Ek was grenswag, meneer."

Prosa & poësie | 2 kommentare

Wie is Keohane?

Sa., 06 September 2003 08:52

Wie is Keohane en watse soort mens is dit die - wat R50,000-00 per maand
verdien en dan flou binnekring-stories "lek". Stories wat groot skade tot
gevolg het. Klaarblyklik is een van die ernstige "rassistiese" aantygings
teen die 'Bokke dat van hulle verkies het om die dienste van die blanke
fisio te gebruik. (Is daar nie iets soos vryheid van assosiasie in die
grondwet nie?) Is dit diskriminasie?
Weereens 'n voorbeeld van die gehalte mediamense in hierdie land?
Waarskynlik omdat ons teverede is met duimsuigstories en hierdie mense nie
daartoe instaat is om behoorlike inligting in te samel nie?
http://www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=4& ;amp ;art_id=vn20030905101109
708C997125&set_id=6

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Nog oor Norah Elbereth

Sa., 06 September 2003 08:07

Samuel:
Weer my dogtertjie... as julle wil foto's kyk, loer hier:
http://www.leuce.com/temp_norah/. Heksie, ek sal beslis kom
kuier..., sodra ek in die Kaap is, wat waarskynlik Desember sal
wees vir die doop. Rogersmeisie, in die "sak" beteken "met die
helm". Skies, ek lees nie Usenet so gereeld nie (NNTP kom nie
deur ons werk se firewall nie).

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Kies jou kamp

Vr., 05 September 2003 23:05

Ok, dit is tyd om jou hand aan die wiel te sit en jou kamp te kies:

1. Is jy a Christen Afrikaner (jy sal weet as jy is) en bly jy nog in
Suid Afrika?

2. Is jy a psigiater wat nou in Kanada bly en hoekom?

3. Glo jy dat wat in 1994 gebeur het is verkeerd en dat daar tog a manier
was om ons Suid Afrika te red?

4. Dink jy dat Koos Dup se musiek ooit geewenaar kan word en deur wie?

5. Waar was jy die dag toe hy gesterf het?

6. Is jou rekenaar jou beste vrind en weet jy hoe om binere "postings" na
alt.binaries aan mekaar te vleg?

7. Dink jy dan om onder a skuilnaam te skryf is besonders bevrydend?
Hoekom gebruik so min mense skuilname in die tegniese nuus groepe en
hoekom het meeste mense a skuilnaam in die groep?

8. Is jy ouer as 45 en dink jy jou lewe is op die afdraend?

9. Dink jy eendrag maak mag?

10. Wat is jou hond se naam? (die beste wat ek al gehoor het is: Tokkels, D
for Dog, Woefter en Doepels)

11. En as a nadraai, wat is jou opinie van die NG kerk, die Hervormde kerk en
die Angikaanse kerk? Wat van Pastoor Ray?

Cheers Penkop B, hoof deur-oppaster by die afrikaner kamp

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Bladsye (1835): [ «    538  539  540  541  542  543  544  545  546  547  548  549  550  551  552  553    »]
Tyd nou: Ma. Des. 29 09:05:04 UTC 2025