Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Gesondheid & boereraat » Hospitaal Hel
Hospitaal Hel [boodskap #83505] Ma, 08 September 2003 12:12 na volgende boodskap
Elaine  is tans af-lyn  Elaine
Boodskappe: 2948
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek het vandag my vriendin gaan bystaan vir haar bevalling en dit was regtig
nie 'n prettige ondervinding nie. Dit was 'n keiser en ek kon die gewag vir
haar tyd hanteer en ek kon die teater en operasie hanteer, maar ek kon nie
die verpleegpersoneel hanteer nie. Waaragtig soos 'n stuk gemors behandel -
seker omdat ek nie familie is nie. Sy het voorheen met almal gereël dat ek
daar sal wees en haar sal bystaan, maar neeeee toe dit sulke tyd is wil
niemand niks weet nie. Na 'n lang aand sonder slaap en 'n lang gewag voor
die tyd was ek nie lus vir hulle k*k nie, maar hier's die rede hoekom hulle
nie wou hê ek moes ingaan by die teater nie. "Want as hulle dit vir een
doen, moet hulle dit vir almal doen." My redenasie is, dat dit 'n privaat
hospitaal is, en so lank die reël sê jy mag net een persoon hê wat jou
bystaan is dit jou eie keuse.

Dit het sommer al vroeg begin, toe die een suster my begin rond order het.
Pak uit haar sakke, pak die baba wiegie, gee pad, staan terug, moenie,
nee... en so het dit aangehou. Sy was baie vriendeliker met die pa's om ons
gewees. Is ek soos stront behandel omdat ek nie familie was nie? Wat as ek
my vriendin se lover was? Sou hulle dan anders oor die saak gevoel het.
In elk geval, hulle het my buite die teater laat staan totdat die Matrone
nou uiteindelik haar "toestemming" verleen het om my vriendin te gaan
bystaan. Die teater personeel was vreeslik vriendelik, en die dr. het
gedink ek's vreeslik dapper. Maar dit was glad nie so erg nie - dis net
jammer van die ongeskikte personeel, andersins sou dit 'n vreeslike
aangename dag gewees het.

Dit was 'n seuntjie gewees. Groot fris mannetjie van 4.5kg

Elaine
Re: Hospitaal Hel [boodskap #83509 is 'n antwoord op boodskap #83505] Ma, 08 September 2003 13:19 Na vorige boodskap
Geheimpie  is tans af-lyn  Geheimpie
Boodskappe: 4
Geregistreer: September 2003
Karma: 0
Junior Lid
"Elaine" het getikt:

> Ek het vandag my vriendin gaan bystaan vir haar bevalling en dit was regtig
> nie 'n prettige ondervinding nie. Dit was 'n keiser en ek kon die gewag vir
> haar tyd hanteer en ek kon die teater en operasie hanteer, maar ek kon nie
> die verpleegpersoneel hanteer nie. Waaragtig soos 'n stuk gemors behandel -
> seker omdat ek nie familie is nie. Sy het voorheen met almal gereël dat ek
> daar sal wees en haar sal bystaan, maar neeeee toe dit sulke tyd is wil
> niemand niks weet nie. Na 'n lang aand sonder slaap en 'n lang gewag voor
> die tyd was ek nie lus vir hulle k*k nie, maar hier's die rede hoekom hulle
> nie wou hê ek moes ingaan by die teater nie. "Want as hulle dit vir een
> doen, moet hulle dit vir almal doen." My redenasie is, dat dit 'n privaat
> hospitaal is, en so lank die reël sê jy mag net een persoon hê wat jou
> bystaan is dit jou eie keuse.
>
> Dit het sommer al vroeg begin, toe die een suster my begin rond order het.
> Pak uit haar sakke, pak die baba wiegie, gee pad, staan terug, moenie,
> nee... en so het dit aangehou. Sy was baie vriendeliker met die pa's om ons
> gewees. Is ek soos stront behandel omdat ek nie familie was nie? Wat as ek
> my vriendin se lover was?

As sy lesbies is en afgunstig op jou maak hierdie des te erger.

> ......................... Sou hulle dan anders oor die saak gevoel het.
> In elk geval, hulle het my buite die teater laat staan totdat die Matrone
> nou uiteindelik haar "toestemming" verleen het om my vriendin te gaan
> bystaan. Die teater personeel was vreeslik vriendelik, en die dr. het
> gedink ek's vreeslik dapper. Maar dit was glad nie so erg nie - dis net
> jammer van die ongeskikte personeel, andersins sou dit 'n vreeslike
> aangename dag gewees het.
>
> Dit was 'n seuntjie gewees. Groot fris mannetjie van 4.5kg

Hopelik 'n Afrikanertjie.

--
Geheimpie
Vorige onderwerp: Haglike toestand van SA hospitale
Volgende onderwerp: Bigorexia
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 09:22:23 MGT 2024