Suidwester, miskien kan jy help. Ek lees op Harnas se site (www.harnas.org)
dat hulle a.g.v. die Namibiese wette geen vrywilligers mag aanvaar om op die
plaas te gaan werk nie. Watse wet is dit, en is daar 'n rede agter die wet?
Ek onthou so 2 jaar terug het hulle 'n beroep uitgestuur vir mense om te kom
help op die plaas nou mag hulle nie meer nie?
SABC se hofaansoek om die rugbyverhoor in die openbaar te laat geskied, is
met koste van die hand gewys.
Ons krieketspan het teen Engeland verloor in die laaste toets, en die reeks
gedeel.
RSG se vraag van die week - gaan ons rugbyspan die wêreldbeker wen?
Alle gratis parkeerplekke wat nog in Kaapstad beskibaar was, is van vandag
af nie meer nie. Parkering in die straat by 'n meter is nou R5,80 per uur
met 'n halfuur die minimum, in die parkeergarage oorkant die ontvanger is
dit R10 per uur of gedeelte daarvan, en by die oop parkeerareas is dit
tussen R4 en R5 per uur of gedeelte daarvan.
Daar is op 'n klomp taxi's beslag gelê agv onbetaalde boetes. Onbetaalde
boetes vir taxi's beloop R130 000
Ons is meegedeel dat daar nie so iets soos misdaadareas bestaan nie, en
sedert uitkenning dmv vingerafdrukke ingestel is, is daar nou minder
misdaad.
1 Oktober is die sperdatum vir gelyke indiensneming. Werkgewers met 150 of
meer werknemers moet 'n arbeidsverslag indien.
Fanie Olivier
snags lê die wit buurt donker in sy ligte
snags lê die wit buurt donker in sy ligte
agter vibracrete, siersteen, gepleisterde hoë mure
met plaatjies wat blaf lampe wat tande wys
op al die hoeke van die huis: als nagmerries
waar daar eens drome was, vrees voor die vergesigte.
rooi oog glim by die deure draadjies trek
die vensters styf. interkom verbind die bure.
bedags vol bravade met die bmw
die manne by die klub die tikster wat so lekker flerrie
terwyl die ander werkers maathou op hul plek.
tennis om nege melktert en tee
daar's selfs nog kans vir naweekritjies - liefs net op teer
maar as die skemer toesak sluit die laer dig
is elke uil op sy kluit haan op sy mishoop
bobbejaan op sy krans hond op sy mat;
speel die video. dan neem die nag nog eens sy loop
met veraf tromme van die vasteland
wat in die kop bly klop ruk aan die hart
terwyl die swart buurt helderder met vryheid brand.
Dis nou amper 3 jaar wat ek hier net buite London bly en daar is party
dinge in Engeland wat die plek baie uniek maak.
Ek gaan vir drie jaar nou al na dieselfe pub toe so een keer a week en vir
drie jaar het daar net drie mense met my gepraat. "Never speak unless
spoken to en then don't say notin!"
Dit is onmoontlik om uit te figger wat is belangrik vir die mense hier. As
jy na daaglikse gesprekke luister dan is dit gewoonlik in a taal wat jy
nie kan verstaan nie (Berkshire twang of London Cockney etc.) oor dinge
wat nie sin maak nie. As jy met hulle probeer praat oor die oorlog of die
kerk of Tony dan kry jy die gevoel dat dit nie aanvaarbaar is om jou
opinie te lug of om iemand anders se opinie te vra nie.
Die mense hier het geen probleem om te wag nie. As jy a trein kaartjie
koop is dit die mees normaalste ding om in a queue van baie mense te
staan. As jy ongemaklik en knors raak met die mense wat jy uiteindelik
bedien, dan kry jy gewoonlik a vuil kyk en net a paar maande later lag jy
vir die Amerikaners want hulle stemme dik maak oor die swak diens.
Niemand vat ooit verantwoordelikheid vir niks nie. Dit is net kollektiewe
verantwoordeliheid of niks.
Meeste mense glo dit is iemand anders se probleem, of iemand anders weet
hoe dit werk of iemand anders sal dit reg maak. Mense is baie
gespesialiseerd en veral hier in silicon ditch spesialiseer hulle in
kinders kry en sigarette rook.
Alles is ongelooflik duur en ek sal enige Suid Afrikaner wat ooit daaran
dink om hier te kom bly aanraai om vir twee maande te gaan kampeer sonder
geld. As jy terug kom en nog wil he, dan is engeland die plek vir jou.
Maar daar is wonderlike dinge oor engeland ook.
Die treine is disproporsioneel duur en vertraag maar as hulle gaan dan is
dit aansienlik beter as enige iets in Afrika.
Daar is nie mense met gewere nie en verwarmers in die huise werk almal.
As jy uit stap met die samelewing kan kom dan is daar nooit enige queues
nie, alle fliek kaartjies is goedkoop en daar is nooit mense wat jou bug nie.
Dit beteken dat jy sondag oggende 10AM movies toe moet gaan en jy moet vir
jou a huis in Pekham of Bracknell koop.
Hier is meer keuse maar minder isolasie. Die plek het baie bome, baie
mense en baie geld.
Hier is daar geen huewels nie (of baie min) en jy moet met a kompas in jou
kar ry, veral as jy dit wil waag in London.
Skielik kan ek nie aan ander great dinge dink nie. Namaqua, dra bietjie by
by hier.
Ok, nou hier is my vraag: Hoekom is daar a sterk ekonomie in London en
niks behalwe toerisme in Barbados, Puerto Vajarta, Cancun, Barcelona
......? Werk mense harder as hulle in kak omstandighede bly sonder geld en
waar dit heel dag reen?
"Dit was egter veral belangrik vir my offisiere en onderofiere, die wat teen
hierdle tyd bewus was van my reputasie, dat ek so ver moontlik moes wegbly
van aartappels, gewere en Bedfords.
Hoekom Bedfords? Wel, sien, hulle wou ons mos almal drywerslisensies gee. En
dit was okay solank ons net die padtekens hoef te geswot het. Dit was ook
nog redelik okay om met 'n Bedford reguit in die pad af te ry. Parkeer was
effens moeiliker, maar ek het dit 'n paar keer nogal reggekry onder toesig.
Toe kom die dag dat ek vir my lisensietoets moet gaan, en 'n offisier sit
langs my en skryf alles neer wat ek doen. Dis is nou genoeg om mens erg te
ontsenu.
Eerstens het ek te vinnig gery. Ek het op twee wiele om elke draai gegaan,
en dit in 'n besige residensieele gebied. Aanvanklik het ek die offisier se
benoude uitroepe verkeerd geinterpreteer. Ek bet gedink hy skree vir my:
"Faster! Faster!" terwyl by eintlik besig was om die Allerhoogste aan te
roep (Vader! Vader!"). My finishing touch was toe ek eindelik besef hy
beveel my om stil te hou.
Hoekom moet ek stilhou?" het ek gevra, terwyl ek heeltemal my oë van die pad
afhaal om die mannetjie eers behoorlik onder oë te kry.
Ek gee nie om nie, demmit, hou net stil, God!" bet hy uitgeroep, terwyl hy
tegelyk my en die Allerhoogste aanspreek.
Met die kry ek toe natuurlik nog erger stage fright, en ek sien nie die boom
op die sypaadjie nie, toe ry ek met helfte die Bedford in die boom in, wel,
darem glad nie teen die stam vas nie (daar was geen skade nie), maar die
offisier se venster was oop aan sy kant (baie agtelosig van hom), en toe
klaar geparkeer het, is sy hele kop en skouers toe van die takke en blare.
Hy het my gedop. Ek was ook daardie dag bevoorreg om n hele klomp nuwe
vloekwoorde aan te leer."
"Dit was egter veral belangrik vir my offisiere en onderofiere, die wat teen
hierdle tyd bewus was van my reputasie, dat ek so ver moontlik moes wegbly
van aartappels, gewere en Bedfords.
Hoekom Bedfords? Wel, sien, hulle wou ons mos almal drywerslisensies gee. En
dit was okay solank ons net die padtekens hoef te geswot het. Dit was ook
nog redelik okay om met 'n Bedford reguit in die pad af te ry. Parkeer was
effens moeiliker, maar ek het dit 'n paar keer nogal reggekry onder toesig.
Toe kom die dag dat ek vir my lisensietoets moet gaan, en 'n offisier sit
langs my en skryf alles neer wat ek doen. Dis is nou genoeg om mens erg te
ontsenu.
Eerstens het ek te vinnig gery. Ek het op twee wiele om elke draai gegaan,
en dit in 'n besige residensieele gebied. Aanvanklik het ek die offisier se
benoude uitroepe verkeerd geinterpreteer. Ek bet gedink hy skree vir my:
"Faster! Faster!" terwyl by eintlik besig was om die Allerhoogste aan te
roep (Vader! Vader!"). My finishing touch was toe ek eindelik besef hy
beveel my om stil te hou.
Hoekom moet ek stilhou?" het ek gevra, terwyl ek heeltemal my oë van die pad
afhaal om die mannetjie eers behoorlik onder oë te kry.
Ek gee nie om nie, demmit, hou net stil, God!" het hy uitgeroep, terwyl hy
tegelyk my en die Allerhoogste aanspreek.
Met die kry ek toe natuurlik nog erger stage fright, en ek sien nie die boom
op die sypaadjie nie, toe ry ek met helfte die Bedford in die boom in, wel,
darem glad nie teen die stam vas nie (daar was geen skade nie), maar die
offisier se venster was oop aan sy kant (baie agtelosig van hom), en toe
klaar geparkeer het, is sy hele kop en skouers toe van die takke en blare.
Hy het my gedop. Ek was ook daardie dag bevoorreg om hele klomp nuwe
vloekwoorde aan te leer."
Koos A. Kombuis
Seks & Drugs & Boeremusiek - die memoires van 'n volksveraaier
Ek wil nou nie persoonlik raak nie maar ek wil myself aanmatig om 'n vragie
te vra.
Wie is die enigmatiese "@rogers"?
Hiermee bedoel ek nou nie wie - soos naam, nommer , "serial number", tuis
adres ens. nie, maar soms voel ek op sommige van die posts of ek met Legio
gesels.
Daar is:
Gloudina
Tant Hessie
Penkop A
Ruiter in die Nag
Penkop 1
Almal met dieselfde roepsein "@rogers".
Dit het ek nou baie interessant gevind al is dit so bietjie verwarend.
Is dit nou 'n familienaam, of is dit 'n geval van Afrikaanse identeits
krisies, persoonlike identiteits krisis, veelvoudige persoonlikhede of
suiwer die feit dat almal dieselfde rekenaar gebruik?
Soos ek gesê het, ek wil nie aanstoot gee nie, so as die ou vragie te
aanmatigend was sê dan met 'n geruste hart so.
Andersinds aangename kennis Mnr/Mev/Mej/Oom/Tannie X
Namaqua -
Wat lyk soos 'n wyse man op die bergspits, is dalk net 'n brandwag vir 'n
span bobbejane.
wat is die beste plek om in te teken op 'n tydskrif (sarie/sports
illustrated) al die websites wat ek kry wys net local en foreign courier
teen 'n belaglike prys. hulle kan mos maar foreign post ook hê?
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Andre du Plessis
Boyne Island
Qld, Aus
Ek het vandag my vriendin gaan bystaan vir haar bevalling en dit was regtig
nie 'n prettige ondervinding nie. Dit was 'n keiser en ek kon die gewag vir
haar tyd hanteer en ek kon die teater en operasie hanteer, maar ek kon nie
die verpleegpersoneel hanteer nie. Waaragtig soos 'n stuk gemors behandel -
seker omdat ek nie familie is nie. Sy het voorheen met almal gereël dat ek
daar sal wees en haar sal bystaan, maar neeeee toe dit sulke tyd is wil
niemand niks weet nie. Na 'n lang aand sonder slaap en 'n lang gewag voor
die tyd was ek nie lus vir hulle k*k nie, maar hier's die rede hoekom hulle
nie wou hê ek moes ingaan by die teater nie. "Want as hulle dit vir een
doen, moet hulle dit vir almal doen." My redenasie is, dat dit 'n privaat
hospitaal is, en so lank die reël sê jy mag net een persoon hê wat jou
bystaan is dit jou eie keuse.
Dit het sommer al vroeg begin, toe die een suster my begin rond order het.
Pak uit haar sakke, pak die baba wiegie, gee pad, staan terug, moenie,
nee... en so het dit aangehou. Sy was baie vriendeliker met die pa's om ons
gewees. Is ek soos stront behandel omdat ek nie familie was nie? Wat as ek
my vriendin se lover was? Sou hulle dan anders oor die saak gevoel het.
In elk geval, hulle het my buite die teater laat staan totdat die Matrone
nou uiteindelik haar "toestemming" verleen het om my vriendin te gaan
bystaan. Die teater personeel was vreeslik vriendelik, en die dr. het
gedink ek's vreeslik dapper. Maar dit was glad nie so erg nie - dis net
jammer van die ongeskikte personeel, andersins sou dit 'n vreeslike
aangename dag gewees het.
Dit was 'n seuntjie gewees. Groot fris mannetjie van 4.5kg