Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mugabe se Green Bombers uitverkoop

Ma., 22 September 2003 18:30

Mugabe se Green Bombers uitverkoop
"Hierdie milisie wil nie soseer mense doodmaak nie maar eerder martel. Dis
'n baie spesifieke strategie van terreur." So beweer die 22-jarige Lucius,
een van die oudste lede van Robert Mugabe se Green Bombers wat homself tans
in Gauteng bevind. 'n Ander lid, Thabo, ook 22, beweer dat hulle opdrag
ontvang het om 'n sekretaris van die opposisieparty, die MDC, voor sy
kinders met 'n ysterstaaf dood te slaan. Daarvoor het Thabo 'n jaar lank
opleiding in 'n kamp ontvang wat deur oorlogveterane bestuur is.

Die Solidarity Peace Trust wat deur godsdiensleiers gelei word het Vrydag in
Johannesburg 'n beroep namens die slagoffers en daders op die internasionale
gemeenskap gedoen om druk op Mugabe uit te oefen om die marteling te staak.

Dat heelwat van hierdie groep se lede hulself deesdae buite Zimbabwe bevind,
is te wyte aan die feit dat hulle nog steeds geen vergoeding vir hul
terreurdade ontvang het soos aan hulle belowe is nie.

Die kampe wat veronderstel was om jongmense vir "werksgeleenthede" en
"burgerskap" in hul land op te lei is by uitstek vandag die instrument
waarmee Mugabe sy politieke opposisie intimideer.

Debbie, 'n jong moeder van 18, het tydens die perskonferensie vertel hoe sy
verkrag is in so 'n kamp. Vandag is sy MIV-positief en weet nie wie die pa
van haar kind is nie.

'n Ander lid van die MDC vertel dat sy gedwing is om haar eie tampon uit te
haal en in haar mond te steek gedurende maandstonde.

Jerome Aranes, 'n priester, het snikkend vertel dat mense verplig word om
hul ontlasting te eet. "Ek het apartheid beleef, en gesien wat wit aan swart
doen. Ek verstaan nie waarom swartes dit aan hul eie mense doen nie."

Die daders het vertel dat hulle soveel bier gedrink en dagga gerook het voor
'n plaasaanval dat hulle skaars kan onthou wat gebeur het. "Dit was 'n baie
spesifieke strategie om steun te probeer wen by die bevolking net voor die
verkiesing," verduidelik Tony Reeler, direkteur van die Amani-trust.

Die Green Bombers bestaan uit ongeveer 50 000 lede wat versprei is in 146
kampe en van hierdie kampe is selfs as verkiesingslokale gebruik tydens die
laaste verkiesing. "Hulle het al die jongmense in arm dorpies bymekaargemaak
en hulle vertel dat hulle die wittes van hul grond moet afjaag om dit oor te
neem. Hulle het baie belowe maar ons het niks gekry nie." verduidelik
Derrick, 18 jaar oud.

Die ander take waarmee die berugte Green Bombers hulself besig hou is om
toue by winkels te kontroleer sodat net kaartdraende Zanu-PF-lede toegang
verkry, aanvalle op MDC-lede en diefstal van boere se implemente vir
"herverspreiding".

Die Green Bomber-uitgewekenes in SA plakkerskampe lewe in vrees en vermy
ander landsgenote omdat hulle glo dat Mugabe-lojaliste wat uit Harare
gestuur word, hulle om die lewe kan bring. 6/9/2003 17:30

www.praag.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Iedools

Ma., 22 September 2003 08:45

Julle kan nou op die webblad gaan kies watter liedjies julle die 3 finaliste
wil hoor sing.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Egskeidings

Ma., 22 September 2003 07:50

Is egskeidings 'n teken van bevryding of verandering? Ek lees vandag van
die val van kommunisme 11 jaar terug het die egskeiding nommer in Rusland
gestyg na 60%. In SA eindig 2 uit 3 huwelike in egskeidings - 10 jaar terug
het apartheid geëindig. Dit wil my amper voorkom asof daar een of ander
"link" tussen "bevryding/verandering" en egskeidings is.

Elaine

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bachelors Party

Ma., 22 September 2003 07:21

Baie bachelors parties ontaard in 'n totale gemors agv 'n klomp redes.
Alhoewel my swaer 'n redelike "bok vir sports" is wil ek vir hom iets reel
wat groot pret is maar op geen manier sy toekomstige troue skade kan
berokken nie.

Het enige van julle 'n paar prettige idees wat ons met die man kan aanvang.

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Slim plan

Ma., 22 September 2003 07:00

Gister op TV - as jy nie wil hê jou kat moet voëltjies of muise vang en
trots die presentjies vir jou bring nie, moet jy 'n klokkie aan die nekband
sit.

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Bachelors Party

Ma., 22 September 2003 06:26

Miskien moet die manne 'n kroegpaartie hou soos wat die damnes vir die
voornemende bruid 'n kombuistee hou.
Ten minste sal hy dan genoeg drank kry om die maats te onthaal na die troue.

In die somer kan die vriende hom vat na die pretpark en dwing om op al die
rollercoasters te kry kort namekaar.
Hy sal dan ook sommer van sy valstande en vals haarstuk in die proses
ontslae raak, en 'n eerlike bruidegom wees:))
--
Annette
.za> skryf in boodskap news:bkm4b9$rmv$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Baie bachelors parties ontaard in 'n totale gemors agv 'n klomp redes.
> Alhoewel my swaer 'n redelike "bok vir sports" is wil ek vir hom iets reel
> wat groot pret is maar op geen manier sy toekomstige troue skade kan
> berokken nie.
>
> Het enige van julle 'n paar prettige idees wat ons met die man kan aanvang.
>
>
> Groete
>
> Riaan
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pietie Victor.

Ma., 22 September 2003 06:19

Ek weet nie hoe bekend Pietie Victor buite die grense van die Kaap was nie,
maar hier was hy 'n bekende.
Ek het hom ontmoet toe hy huisvader by Huis Magdalena was, en sy dagwerk was
by Trovato - 'n sentrum wat hy begin het om mense op straat te help.
Hy was 'n legende onder die straatwerkers.
Van 1988 tot 1996 was hy leraar van die NG gemeente Wynberg.
Verlede jaar was hy gediagnoseer met breinkanker, en hy het gereken hy was
van dit genees.

Die buurvrou wat beroof was, en wie hy te hulp gesnel is het en toe dodelik
gewond is, voel dit is haar skuld dat hy dood is.
Ek wonder net as hy nie met 'n wapen die rowers aangevat het nie, of hy nie
dan nog sou geleef het nie.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Prez Ivy

Ma., 22 September 2003 05:30

Ons land se president tot Woensdag is Ivy Matsepe - Cassiburi.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Herfst

So., 21 September 2003 17:50

De zomer is voorbij
De herfst
De volgende in rij
Nog steeds prachtig weer
De zon als Heer
Bomen staan in kleur
De aarde
De vrouwelijke geur
Straks weer de regen
Voor de boeren een zegen

Dan de rottende bladeren
Slipgevaar
Kou in de aderen
Sneeuw en ijzelhinder
De laatste vlinder.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Ek het al elke koers gevat " deur KOOS DU PLESSIS

So., 21 September 2003 14:33

Koos du Plessis

Ek het al elke koers gevat

Ek het al elke koers gevat
die hoofweg en die kronkelpad,
gedrink en eet wat ek kon kry,
van duiwelsdrek tot wildevy,
hier gery en daar geloop,
soms getwyfel, soms gehoop;
veel bemin en veel gehaat,
van albei ewe min gebaat.
Toe sien ek oos word eindelik wes
en elke pad is soos die res
en alle water kom van bo;
dat duiwelsdrek en wildevy
in net dieselfde grond gedy
en waar die wildevye vrek
daar kwyn maar ook die duiwelsdrek
en of jy loop en of jy ry
die koers sal net dieselfde bly.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    529  530  531  532  533  534  535  536  537  538  539  540  541  542  543  544    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 23:26:30 UTC 2025