Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Oor rekenaars en SMS en blackberries

Do., 25 September 2003 19:16

Dit is algemeen bekend dat Kanada die geboorteplek

is van die telefoon en die selfoon. Nou word Kanada ook

aangewys as die geboorteplek van die pc, die personal

computer, deur die IEEE Annals of the History of Computing,

'n Amerikaanse publikasie.

Ten minste vier jaar voor Apple met die eerste bekende

pc voor die dag gekom het, het Mers Kutt in Toronto in 1973

'n werkende een vervaardig. Dit het alleen 2 tot 8 kilobytes

van RAM gehad, en het met 'n bandopnemer gewerk. Die

skrywer van die artikel wys daarop dat sulke nuwe uitvindings

juis totstand kan kom wanneer iemand die determinasie

het om byvoorbeeld 'n rekenaar te skep vir die enkele

persoon, liewer as vir 'n groot maatskappy. Dus iets wat

mense kan bekostig.

Iets wat my onlangs in dié verband opgeval het, is die

feit dat volgens die Globe and Mail, die gewoonte om

SMS boodskappe per selfoon te stuur, baie meer gedoen

word in Europa en ander dele van die wêreld, en dat

die gebruik van SMS nou eers in erns in Kanada begin

het as gevolg van die feit dat mense vir die Canadian Idol

per SMS kon stem, en die adolessente nou eers hier in

Noord-Amerika SMS "ontdek." Ek moet sê dat ek

saamstem. Die mense om my sit nie gedurig en skryf

op hulle selfone nie. Dis handig, en ek hou daarvan as

een van die lede van ons familie vir ons vertel waar

hulle is as hulle reis, maar die boodskappe word gewoonlik

na ons rekenaar gestuur. Die koerant sê hulle dink die

SMS mode onder teenagers in Noord-Amerika het nie

so vinnig posgevat soos in ander dele van die wêreld

nie, omdat die kinders met die "rekenaar-as-kontak"

met hulle maats grootgeword het, en die selfoon nog

meer gesien het as iets waarop mens net praat.

Ek wonder hoeveel die "blackberry" in SA gebruik

word? Dis nog 'n Kanadese skepping, deur Research in

Motion van Waterloo, en is nou ongeveer 'n moet vir

elke staatsdiensamptenaar in beide Ottawa en Washington.

Dis 'n klein kontrapsie waarop 'n mens redelike lang

boodskappe kan stuur en ook op die internet gaan. Die

nuwere modelle het glo ook telefoniese kapabiliteit,

maar die gewone een is nie 'n telefoon nie. Dis egter

taamlik duur vir 'n privaatpersoon om dit te bekostig, en

dus word dit gewoonlik gebruik deur werknemers van

instansies met diep sakke - meestal staatsdepartemente.

Dis eintlik ook alleen nuttig as al die mense waarmee

jy saamwerk, ook 'n blackberry het. Soos staatsamptenare.

Dis egter ook nuttig vir hulle familielede, want hulle kan

hulle ouer of eggenoot bereik deur 'n boodskap per

rekenaar na die blackberry te stuur. En die persoon

wat gekontak word, kan onmiddellik antwoord, selfs

onder die neus van sy baas, as hy net sy antwoord kort

hou! Ek wonder hoeveel die blackberry in SA gebruik

word. Ek neem aan staatsdepartemente het seker al

daarin belê. Dit was baie handig gedurende die black

out onlangs, want dit het nooit opgehou werk nie.

Gloudina

Rekenaars & selfone | 15 kommentare

Jaco is die plaasvervanger

Do., 25 September 2003 13:09

Jaco van der Westhuyzen is die plaasvervanger vir die plaasvervanger van die
WB span.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Karie

Do., 25 September 2003 12:44

Wie het 'n lekker resep met bietjie skop?
Annette

Kos & resepte | 4 kommentare

Seksie bok

Do., 25 September 2003 04:38

Jean de Villiers is in en uit die bokspan binne 'n week.
Verlede week is hy aangewys as die plaasvervanger vir die beseerde Bobo -
nou is hy beseer en gaan nie na die WB toernooi nie.
'n Plaasvervanger vir die plaasvervanger moet nou aangewys word.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

" selfs die son " deur PIETER SMIT

Di., 23 September 2003 23:34

Pieter Smit

selfs die son

jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net 'n dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat

ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug

Prosa & poësie | 0 kommentare

Boksburg in my modem

Di., 23 September 2003 21:04

Jeanneg

Ontugwet

Dan kom pa saans dronk huis toe
en slaan vir Lammie, ma en my.
Ek was naderhand skoon gebreklik
in die regterbeen meneer,
nou nog effens: Kyk maar as ek stap.

Toe's ma dood en ek is Goudstad toe
om werk te soek en dak
maar geld was skaars
en niemand wou my storie glo:
ek meen nou van my pa.

Maar die Heer was goed vir my,
baie goed meneer,
En Kaatjie neem my toe
agter sy eie toonbank in
...Kaatjie...

Nee, sy hart, die was van goud
al is hy dan nou Slams.

Nou nog meneer, na al die jare nog,
sorg hy spic-en-span vir my.
Ek meen, Bobbie, dis nou die oudste,
is ookal negentien
en ek, die had nog nooit gebrek.

Soos ek nou se meneer,
Die Here was goed vir my.
Ek meen, se nou maar net
jeretjie, meneer,
se nou net ek het
a witman
slegman
soos my pa gekry?

--Sestiger, Jaargang 1 No. 4, Augustus 1964

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Giggeltjie

Di., 23 September 2003 14:55

Ek soek vir al die woorde van Al Debbo se Wie is nou bang vir die spook - ek
dink ek ken dit, maar is nie seker of ek al die versies ken nie, so wil net
doodseker maak.
Nietemin - ek tik toe op 'n soekenjin in: Wie is nou bang vir die spook, en
ek word verwys na 'n preek: Niks is Onmoontlik nie.
:))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kubuskoning nou Kibusprins

Di., 23 September 2003 12:53

Adriaan Niewoudt, gewese kubuskoning, het 'n nuwe blink plan om die volk ryk
te maak.
Met meer plooie, bril, ander tande en sy paadjie aan die oorkant, nooi hy
mense uit vir 'n adminfooi van R50 om aandelesertifikate te bekom in die
suiwerste koalienneerslag ter wêreld, wat heel toevallig op sy plaas is.
Met die grondstof en die geld van al die aandeehouers wil hy
satelietwerkswinkels stig, sodat die werkers vanuit hul huis tot die
produksieproses kan bydra, en nie elke dag ure en rande spandeer om by die
werk te kom nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

'local is lekker'

Di., 23 September 2003 11:08

Microsoft learning that 'local is lekker'
Are you tired of your computer screen glowing with underlined documents
because your Microsoft spellchecker has rejected typical South African words
like "stoep" and "braai"? Well, take comfort in the fact that you'll soon be
able to type away in Afrikaans and Zulu with nary a red line in sight. Full
Story...
www.iol.co.za/index.php?newslett=1&click_id=79&art_i d=vn20030923093444882C30
3181&set_id=1

:-)

TJ

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Multikulturalisme, die nuwe Stalinisme?

Di., 23 September 2003 11:00

Elders op 'n webwerf verskyn daar 'n artikel oor 'n verslag wat so pas
uitgereik is in Frankryk oor die spontane segregasie wat daar plaasvind in
skole rondom die stad Bordeaux. Wat egter vir Bordeaux geld, geld regoor
Frankryk en die res van Wes-Europa. Die instroming van immigrante uit Noord-
en Wes-Afrika veroorsaak 'n Europese apartheid en segregasie wat vir die
owerhede 'n verleentheid is.
Ná die afgang van die kommunisme met sy gelykheidsideaal, het die
multikulturele samelewing met sy strewe na rassegelykheid die nuwe dogma
geword. Kommunisme kon slegs deur die geweld van revolusie tot stand kom en
onder dwang in stand gehou word. Josef Stalin het dit baie goed verstaan, en
onder sy bewind is twintig miljoen mense in die ou Sowjet-Unie doodgemaak,
om ideologiese redes, maar veral ook omdat hulle nie gehou het by die reëls
van die huidige vyfjaarplan nie.

Net soos Stalinisme, kan die multikulturele samelewing slegs onder
dwang verwesenlik word. Indien die bevolkings 'n keuse gegun word, sal hulle
nêrens op aarde reënboognasies vorm nie. Die meeste mense verkies om binne
hul eie etniese groep te trou en voort te plant, asook om hul kinders deur
lede van hul eie groep te laat opvoed in etnies homogene skole.

In die VSA is honderde miljarde dollar reeds bestee om veral blanke
Amerikaners te oorreed om vrylik met Afro-Amerikaners te meng, asook hul
kinders na dieselfde skole te stuur. Dwangmaatreëls soos "bussing" geld
reeds dekades lank. In weerwil hiervan, is veral skole in Amerika nou meer
gesegregeer as dertig jaar gelede. In Boston, waar die munisipaliteit $30
miljoen per jaar bestee om kinders met busse na skole in ander gebiede aan
te ry, het die aantal "geïntegreerde" skole verminder van 23% in 1974 na 17%
tans.

Ook in Suid-Afrika is multikulturele dwangmaatreëls onderliggend aan
die hele struktuur van die staat, die werkplek, opvoeding en selfs sport.
Omdat Afrikaans as skooltaal veral by blanke Afrikaners gesog is, moet dié
taal gepenaliseer word. Daarom moet skole en universiteite verengels word,
en studente en leerlinge gedwing word om dikwels teen hul sin met mekaar te
verkeer.

Afrikaanse jongmense in die mediese en verwante professies, selfs
spraakterapeute, word voor die voet gedwing om in swart woonbuurtes te gaan
praktiseer. Veral waar dit jong Afrikanermeisies raak, geskied hierdie
gedwonge "gemeenskapsdiens" ongeag hul eie persoonlike veiligheid of eie
voorkeure. Binnekort gaan dokters en privaathospitale gedwing word om nie
net vir 'n jaar nie, maar permanent hul dienste aan te bied "waar daar
behoefte bestaan", naamlik in swart gemeenskappe.

Die meeste mense stem met hul voete teen multikulturalisme.
Privaatskole word teen buitensporige koste opgerig, en mense skep
veiligheidsbuurte met hoë mure, elektriese drade en ander maatreëls wat
dikwels die indruk skep van 'n geprivatiseerde volkstaat waar een etniese
groep gewoonlik in beheer is.

Die Berlynse muur, wat dertig jaar lank die simbool was van gedwonge
gelykheid, het 17 miljoen Oos-Duitsers gevange gehou in hul sogenaamde
"werkersparadys". Die swetterjoel dwangmaatreëls wat veronderstel is om tot
die utopie van 'n multikulturele samelewing te lei, is ietwat minder
blatant, maar nie minder drakonies en onregverdig nie.

Terwyl multikulturele dwang in Westerse lande nog oorwegend
individuele vryheid toelaat, het dit by ons in Suid-Afrika binne 'n kort tyd
ontwikkel tot 'n vorm van totalitarisme wat moeilik te onderskei is van dit
wat tot onlangs in Oos-Europa gegeld het.

Die vraag kan met reg gevra word: is multikulturalisme die nuwe
inkarnasie van Stalinisme?

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Bladsye (1834): [ «    528  529  530  531  532  533  534  535  536  537  538  539  540  541  542  543    »]
Tyd nou: Do. Mrt. 05 05:03:53 UTC 2026