toe niemand dit verwag het nie
die stasiemeester ook nie op so
'n ergernis voorbereid was nie, sy
HK van die SAS & H hom nie
die nodige instruksies in hierdie
verband uitgereik het nie, het
daar 'n klein sondvloed uitgestort
en ons saam met die
van die lokasie sommer
pondok-pandak-ark
in die vloed meegesleur, daardie
nag van die grootste wederdoop ooit
daai liefde waarvan ons iewers geleer het
toe Hy nog te midde onse mense nes 'n mens
op die aarde geloop het
'n Landswye veldtog is nou weer aan die gang om ons trotse SA's te maak, en
plaaslike besighede en produkte te ondersteun.
Die Rugbyspan vlieg egter met British Airways na Australië, en hulle nuwe
truie van Nike is nie hier vervaardig nie.
--
Annette
Sal seker more die hele storie in die koerant kry - maar wat ek kon hoor van
die nuus:
Die langverwagte verslag oor koshuiskultuur by die Universiteit van
Stellenbosch bekend gemaak. Volgens 'n verslag oor student- en
koshuiskultuur by die Universiteit van Stellenbosch is daar steeds 'n
neiging om aan uitgediende gebruike vas te kleef..
Daarby word gevind dat die reëls of te streng is, of dat dit te ingewikkeld
is vir die studente om te verstaan.
Die kommissie het aanbeveel dat studente 'n gedragskode onderteken wanneer
hulle registreer.
Is dit nou 'n PC dokuments of wat? Wie op aarde sal dink dat studente sal
dink om ander studente nie aan te val is 'n reël wat hulle nie kan verstaan
nie of dat dit te ingewikkeld is?
Annette
--
Annette
ann...@ctnet.co.za
The main battlefield for good is not the
open ground of the public arena but the
small clearing of each heart.
( Life of Pi by Yann Martel)
Jean de Villiers is in en uit die bokspan binne 'n week.
Verlede week is hy aangewys as die plaasvervanger vir die beseerde Bobo -
nou is hy beseer en gaan nie na die WB toernooi nie.
'n Plaasvervanger vir die plaasvervanger moet nou aangewys word.
jy praat van trek na griekeland
maar my oë
sien reeds hoe eensaam
staan die suikerbos
teen die berg se suidekant
o hierdie land sal ons swaar verlaat
elke oggend
strek net 'n dagreis voor ons uit
al droog die dae
net perskes by bethulie
weg van mense in die son
hierdie land gaan ons swaar verlaat
hierdie land wat konsertina speel
met eensaamheid
hierdie land wat wals met hartseer
as jou voete nie vat aan sy grond nie
hierdie land sal ons swaar verlaat
ja selfs die son keer terug
en hierdie grond weet reeds
hoe klop die tuisblykierie op sy rug