Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Kaapse koor op TV

Vr., 03 Oktober 2003 07:52

KUNSKAFEE (168)
Sondag 5 Oktober 2003
kykNet 19:30
Herhalings:
Maandag 6 Oktober om 15:00
Dinsdag 7 Oktober om 10:00

Ankeraanbieder: Dawn Matthews
Veldaanbieders: Melt Sieberhagen, Johnny Davids, Lize Briedenhann
Boekerubriek: Hettie Scholtz

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

* Kunskafee se ateljee hierdie week is die Kaapse kunshandelaar Joshua
Rossouw se nuwe galery. Hy verkoop werke van talle ou bekendes met wie sy
verbintenis al oor 'n lang tydperk strek, maar nuwelinge maak ook gereeld 'n
verskyning in sy galery.

* Kagiso Pat Mautloa is 'n skilder wat die mense en die wêreld rondom hom op
unieke maniere in sy werk weergee. Sy ateljee by die Bag Factory in Newton
is perfek geleë vir hom om 'n konstante vloei van inspirasie te hê. Hy het
onlangs by die Goodman Galery uitgestal en Melt Sieberhagen het met hom gaan
kennis maak.

* Die Tygerbergse Kinderkoor word al 'n geruime tyd as een van Suid-Afrika
se beste kinderkore beskou. Die koor vier vanjaar sy dertigste bestaansjaar
en is steeds onder leiding van Hennie Loock. Lize Briedenhann het gaan
luister en meer oor hulle planne vir die feesjaar uitgevind.

* In Gauteng val die kollig op twee uiteenlopende teaterproduksies. By die
Studio by Montecasino word daar gekyk na die nuwe Simon Gray toneelstuk
"Japes", met Neels van Jaarsveld, Ashley Dowds en Shannon Esra in die
rolverdeling. Op 'n veel ligter noot kyk ons na die stoute seuns van rock
se musiek- eskapades in "Men behaving badly" by die Stage Door in Melville.

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t)
011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Democratie in SA

Vr., 03 Oktober 2003 07:07

In Zuid-Afrika heerst het
communisme. Er worden
meer boeren vermoord dan
er Amerikanen sneuvelen in
Irak.
Reeds meer dan 1 500 eigenaars
van grote boerderijen
werden koelbloedig afgemaakt.
Dit heeft tot gevolg
dat de oogst mislukt en er nu
hongersnood is in het zo
welvarende land zonder
apartheid.
Zonder apartheid? Er is nu
meer apartheid dan vroeger.
Berichten uit Zuid-Afrika over
de terreur, de moorden, overvallen
enz. zijn voor de correcte
Westerse pers niet
goed genoeg en de lezers
hoeven dat niet te weten.
De volkerenmoord wordt verzwegen
want Mandela-land
is heilig.
Daar heerst de zwarte democratie.
Of beter ‘demo-crazy', zoals
Henry H. Pinkham van de
‘Onafhankelike Lede van die
Boerevolk' in een mediaverklaring
bekend maakte.
‘Dit word ook ‘freedom' genoem
(spreek uit 'friedom').
Kan so iets in 'n beskaafde
land gebeur? Wel, postapartheid
kommunisties
regeerde Suid-Afrika is nie
meer 'n beskaafde land nie!'
't Scheldt
Redactie en administratie:
Helenalei 53
2018 Antwerpen
Tel 03 239 70 22
Fax 03 230 83 54
Loopfoon: 0486 05 45 10

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Ou Dashit Tee

Vr., 03 Oktober 2003 06:01

Nou die dag op RSG se sê wie, kon die inbellers kommentaar lewer oor die
feit dat die program van volgende week af 'n uur lank is.
Daar was toe een man wat Niekie en die deelnemers almal as kommin afskryf,
en daar word Niekie, soos gewoonlik, vies.
Toe slaat hy sommer die Engels in sy antwoord.
Hoeveel Kaaps ek ookal praat, ek het nog nooit daaraan gedink om audacity te
gebruik as ek van vermetelheid wil praat nie.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Olifantmelk?

Vr., 03 Oktober 2003 05:04

Met Sandwester wat so ongelukkig is oor al die olifante - miskien moet hulle
die olifante begin melk - dit sal die prys van melk en kaas bietjie
afbring;))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

" Man met flits " deur D.J. OPPERMAN

Do., 02 Oktober 2003 21:41

D.J. Opperman

Man met flits

In die klein wit kol
van my wete stol

bruin en skerp 'n klip
soos 'n bok wat skrik,

staan, vinnig weghol
uit die klein wit kol.

Aan 'n takkie hang
twee ogies wat bang

uit die klein wit skyn
van my flits verdwyn.

Oor waters wat glip
soek ek klip na klip

maar 'n duister land
bedreig my alkant.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Rugby - hoeveel slapies nog?

Do., 02 Oktober 2003 20:05

O, die vrees as die Rekenmeester kom, ens.

Ek dink ons kan die Engelse wen - laat die hoop nie beskaam nie. Voor in die
ligpad brand 'n wa ...

Sport & ontspanning | 9 kommentare

Toets

Do., 02 Oktober 2003 18:44

Toets

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Misdaad Stats

Do., 02 Oktober 2003 18:44

Plek waar mens jou eie misdaad ervaringe kan aanmeld en dalk oor 'n tyd 'n
beter idee kry van die werklike prentjie. Of anders net beter voel as jy
jou ondervinding "ge-publish" het??

http://www.crimestats.co.za/default.asp

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Afrikaanse liedjie?

Do., 02 Oktober 2003 15:42

Nou net oor RSG:

Ek Like Girls. ( Afrikaans 33.333% van die titel)
Koor:
"Ek Like Girls" x 4
Die koor word gesing elke keer na 'n versie wat uit twee reeltjies elk
bestaan. Daar is vier versies

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die worteltjie van alle kwaad

Do., 02 Oktober 2003 15:14

Dis nou die lustige ou mans.

Dit werk so:
1) Met al die werkoosheid aan die orde van die dag, en mense wat moet eet en
iewers bly, en dan ook 'n paar luukse goedjies wil koop om op 'n trappie
hoër sosiaal te beweeg, wend al hoe meer dames hulle tot prostitusie.
Omdat hulle beswaarlik in 'n sterk bedingingsposisie is, sal hulle eerder
toestem om sonder 'n kondoom seks te hê as om nie toe te gee aan die lustige
klant se eis en sodoende 'n inkomste prys te gee nie.

2) Jong mans, ook werkloos, moet om die dames se gunste meeding teen die ryk
ou ballies - daarom dus die roof, moord en diefstal om geld te kry om ook 'n
skyfie van die pastei te kry.

Die gevolg:
Al hoe meer druk op, swakker diens, verminderderde fondse beskikbaar per
behoewende persoon en dus agteruitgang van staatsdepartemente
1) Gesondheid
2) Sekuriteit
3) Opvoeding
4) Welsyn
5) Landbou
6) Weermag
7) Finansies
8) Justisie
9) Gevangenis
10) Behuising
11) Toerisme
12) Vervoer.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Bladsye (1834): [ «    523  524  525  526  527  528  529  530  531  532  533  534  535  536  537  538    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 17 23:13:31 UTC 2026