Polokwane (Pietersburg). - Die stasiebevelvoerder van die
polisiekantoor in Levubu gaan waarskynlik sy werk verloor omdat
misdaad en rassisme besig is om dié boeregemeenskap in die verre
noordooste van Limpopo te "vernietig".
Die besluit om supt. M.T. Rambau óf af te dank óf te herontplooi is
deur me. Dikaledi Magadzi, LUR vir veiligheid en sekuriteit, geneem ná
die moord op mnr. Piet de Jager (65) van die plaas Laatsgevonden sowat
tien dae gelede.
Magadzi het Dinsdag op 'n nuuskonferensie in die stad gesê sy was
"verleë en selfs geskok" toe sy uitvind dat misdaad in dié gemeenskap,
wat uit net meer as 150 gesinne bestaan, tussen Junie 2002 en Junie
2003 met 400% toegeneem het - terwyl 80 beamptes dié polisiekantoor
beman.
Sy het voorts gesê dit is "bitter jammer" dat De Jager vermoor is
voordat sy van die gebreke in die polisiekantoor bewus geword het.
'n Taakspan wat Rambau se beweerde swak bestuurstyl en bewerings van
rassisme, asook die onvermoë van amptenare in dié polisiekantoor gaan
ondersoek, is reeds aangewys.
Tugstappe word ook teen Rambau beoog.
"Hy moet vervang word. Dit is duidelik dat Rambau nie die polisie
onder sy bevel kan beheer nie. Die polisiekantoor moet ook herskik
word. Dit kan egter nie oornag gebeur nie."
Magadzi het gesê ná De Jager se dood het dit vir haar duidelik geword
dat rassisme en misdaad besig is om die boeregemeenskap van Levubu te
vernietig.
Wit boere word geteister deur misdadigers terwyl swart polisiemanne
hul klagtes ignoreer. Telefone word ná ure nie beantwoord nie omdat
Rambau glo vergeet om die lyne na die aanklagkantoor deur te skakel
wanneer hy huis toe gaan. Hy sluit glo sy kantoordeur.
"Dit is onaanvaarbaar. Ons kan nie toelaat dat die veiligheid van die
boeregemeenskap, wat in 'n groot mate sorg vir die streek se
ekonomiese voortbestaan, bedreig word nie," het Magadzi gesê.
Levubu se boerderybedrywighede verdien jaarliks minstens R500 miljoen
buitelandse valuta uit sy makadamia- en avokadobedrywe. Die
boerderygemeenskap het 10 000 werkers in diens.
Mnr. Herman de Jager, seun van De Jager, het gesê dit sal jammer wees
as net Rambau "opgeoffer word".
Hy het gesê terwyl hy die lewe van sy sterwende pa op Saterdag 27
September met mond-tot-mond-asemhaling probeer red het, het
polisiemanne om hom gestaan en hulle wou 'n verklaring afneem.
"Ek het voorgestel dat hulle solank die plaaspaaie toemaak sodat die
aanvallers nie kan vlug nie. Hulle het net omgedraai en weggestap.
"Ons het die afgelope drie jaar honderde klagtes, ook na die
areakommissaris, komm. M.J. Maepa, deurgestuur. Niks het nog daarvan
gekom nie."
Magadzi het gesê sy weet nie van dié klagtes nie.
Sy het intussen verneem Rambau is in die hospitaal opgeneem weens
stres.
"Ek is ook gestres. Dit kan nie so aangaan nie."
Magadzi het aanbeveel dat alle reserviste se name weer op lyste
geskryf word en dat die kommandostelsel weer aktief raak. Sy het reeds
'n reaksiemotor aan Levubu toegeken.
> Steve Biko
>
> 07/10/2003 20:31 - (SA)
> All five said Biko tried to attack one of his interrogators while
> in custody in the coastal city of Port Elizabeth. They said they
> tackled the 30-year-old Biko and accidentally slammed his head
> against a wall.
>
> An unresponsive Biko remained chained to a metal gate in a
> standing position for two days while police waited to see if they
> could continue the interrogation.
>
> Eventually, he was taken in a police van, naked and bleeding, on
> a 1 200km trip to a prison in Pretoria, where he died of brain
> injuries on September 12, 1977.
Nou word ons vertel dat hulle hom, met koptrauma, vir twee
dae in 'n staande posisie gehou het, om te sien of hulle sy
interrogasie kon voortsit. Ek neem aan hierdie vyf ly genoeg
aan hulle gewetes, dat hulle maar alleen gelos kan word. En
Biko se naam leef voort in 'n song wat gesing sal word lank
nadat mense al amper vergeet het wie Biko was.
Jonas, jy was reg -oor die getuies wat vermoor is. Dit het te doen gehad met
hierdie saak, en die moordenaars moet nog verhoor word.
Hierdie moordenaars is die twee broers van een van die
bomplantaangehoudenes.
In gister se Argus is dit ook uitgewys dat dit die laaste bom was wat in die
Kaap geplant is.
Mens kan nou seker dink dat die regte mense gevang is, of dat die
bomplanters geskrik het toe hierdie lotjie so vinnig aangekeer is, maar dit
kan ook wees dat die moslemgemeenskap hulle teen die bomplantidees begin
verset het, omdat hulle as 'n groep daaronder gely het.
Nou is die moslems weer in die spervuur om 'n heel ander rede. Deelname aan
Idols - waar die een klomp dit as verbode verklaar, en die ander groep dit
nie sien as iets wat verbode hoort te wees nie.
Hoekom twee kinders in hierdie laat stadium daaronder moes ly, terwyl
sogenaamde leiers al lankal hul besluit daaroor moes geneem het, laat mens
ook maar wonder oor die indoktrinasie wat daar aan die gang is.
--
Annette
In die 80's was daar so sad omie wat altyd by die skole vir ons kom preek
het oor die euwels van musiek. Almal onthou die 80's, die dekade van
synthesizers groot hare en "One Hit Wonders". Ek was in st.2 toe die omie
die eerste keer vir my vertel het my hero Morten Harket (van A-Ha) gaan in
die hel brand omdat hy 'n voorstander van aborsie was. In elke geval, om
nou 'n lang storie kort te maak - ek dink sy naam is Rodney Seale, maar ek
kan nie met sekerheid onthou nie. Laaste wat ek hom gesien het was in
matriek, en toe het hy nog steeds oor A-Ha gepreek - hy't teen die tyd seker
nou al sy mark gemis want toe het niemand meer openlik na A-Ha geluister
nie. Kan julle sy naam dalk onthou? Is dit Rodney Seale of dink ek aan
iemand anders?
Hy is skuldig bevind t.o.v. twee aanklagte van poging tot moord.
Die aanval het my Milnerton plaasgevind nadat die aanvaller en die
aangvaldes 'n nagklub in die stad in die vroeë oggendure verlaat het.
--
Annette
ann...@ctnet.co.za
Die staat het hul saak voorlopig teen hulle terug getrek nadat dit aan die
lig gekom het dat 'n senior polisieoffisier wat by die saak betrokke was
meineed gepleeg het.
Die huidige provinsiale hoof Komm. Petros het sy naam gemaak met hierdie
saak in 2000.
Hy en ander lede van die ondersoekspan het aansporingsbonusse van die
polisiehoofkwartier ontvang.
Daar was egter al lank onderlinge geskille oor die omstandighede waarin die
bom gevind is.
Nou is daar 'n ondersoek deur die Skerpioene van die onderdoekspan.
Die Pagad-lede was sedert 2000 in aanhouding.
Volgens ene Mev Dominee Cobie Swart, vrou van Dominee Chris Swart van die NG
gemeente Brackenfell, het sy 'n droom gehad waarin sy 'n opdrag gekry het
dat hul kerk se toring afgebreek moet word.
Die koste van so 'n operasie is R100 000.
Die dominee steun haar in haar taak, en het gepreek dat so 'n toring voor 'n
kerk maak alles nietig wat binne gebeur.Die toring voor die kerk gaan glo
deur as 'n sonpilaar of obelisk. Hy het die gemeente 14 teksverse laat
afskryf ter stawing van sy siening.
Nog 'n kerkman, Ds Willie Viljoen , sê die bybel gebied in verskeie verse
dat kerktorings en ander simbole van heidense godsdienste afgebreek en
vernietig word.
Volgens Viljoen is kerktorings glo geheime misterieuse simbole met hul
oorsprong in die onbekende.
Die obelisk is 'n simbool van die manlike geslagsorgaan ( toevallig is die
toring van hierdie gemeente 'n vierkantige pilaar) Die obelisk is 'n simbool
vir bevrugting en vrugbaarheid. "In heidense godsdienste word dit gebruik as
simbool vir seksuele omgang met die songod sodat die land bevrug kan word."
Nou wonder ek:
1) As enige ander mens as Mev Ds die droom gehad het, sou die persoon ook so
entoesiasties deur dominee ondersteun gewees het.
2) Hoekom het hy nou eers van die sondigheid van die toring bewus geword,
jare nadat hy heel tevrede daar gepreek het en nog langer die bybel
bestudeer het.
3) Is dit nie meer logies om Mev Ds eers 'n bietjie sielkundig te laat
andersoek voordat R100 000 uit 'n arm gemeente se kas gebruik moet word nie.
4) Hoeveel armer sou die wêreld se argitektoniese skatte nie gewees het
sonder torings nie.
5) Hoekom word daar nog steeds kerke oral met torings gesien?
6) Dis seker 'n helse ding om omgang met die songod te hê wat nou ooglopend
'n vrou is:))
--
Annette
Wel Katryn, jou voorspelling was toe verkeerd - die GOP het die "power grab"
toe wel reg gekry.
Wys jou - met die regte bemarkings span, geen ervaring en geen duidlike
"policy" kan 'n mens die CEO van 'n groot staat word. Style over substance.
(oeps daar het ek Tony Blair beskryf)
Wat gaan nou gebeur?
Watter effek gaan dit op die Presidensieele kies kollege hê?
Politiek as visuele spektakel met 'n Oostenryker wat moeg is vir "politics
as usual" as die middel punt. Waar het ek dit voorheen gesien?