Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Praat Saam?

Ma., 13 Oktober 2003 06:48

Dit is die naam van die nuwe inbelprogram soggens tussen 8 & 9.
Moet julle nie laat mislei deur die naam nie.
Dit moes eintlik Stem Saam genoem gewees het, want die programleier praat
summier elkeen dood en sny die persoon af wat nie saamstem met wat die
onderhoudvoerder wil hoor of wat die persoon waarmee die onderhoud gevoer
word sou teenspreek nie.
Gister het daar per ongeluk een deurgeglip wat 'n baie redelike vraag aan
die kenner gevra het, wat toe nie behoorlik beantwoord was nie.
Vanoggend toe Pietertjie Duik praat, kon net die mense wat sy nuwe
rugbyondersteunersklub steun, hul mening lug.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Idols

Ma., 13 Oktober 2003 06:12

Ek is nie eintlik 'n groot 'fan' van hierdie tipe van ding nie, maar na die
naweek se groot sportoes, was ek bereid om enigiets anders te kyk. Toe kyk
ek meeste van die top 3 van Idols. My indruk is dat al drie deelnemers
baie goed is, maar toe vertel die ou vrou [Mara Louw?] vir die
Anke-meisiekind dat sy nie haarself is nie en dat sy minder direkte
interpretasies moet maak van oorspronklike liedjies. Net daarna sing
Poseletso [as ek dit reg het] 'n Dido-slaapliedjie wat sy presies probeer
namaak en ant Mara is in vervoering! My vraag is: Wie en wat is die
antie nou eintlik? Een van ons groep vertel toe dat met die vorige Idols
was daar 'n groot herrie oor Heinz Winkler dit gewen het, terwyl daar mense
was wat gereken het dat die beste deelnemer het nie gewen nie en dat dit die
wit stem van DStv was wat hom laat wen het. Vir my het dit gisteraand
gelyk of antie Mara nou nie eintlik eers probeer het om haar voorkeur vir
Poseletso te verbloem nie. Is hierdie dalk 'n poging om die swart
deelnemer voorkant toe te druk?
Eintlik het ek nie rêrig 'n probleem daarmee nie, want ek glo soort soek
soort, maar as ons die situasie omdraai en een van die blanke beoordeellaers
pluk die messe blatant uit vir die swart deelnemer? Komaan Annette, jy's
die sanger hier onder ons. Wie van daai drie is die beste?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Onse Fransie

Ma., 13 Oktober 2003 05:15

Is hy die nuwe Grootkampioen van Noot vir Noot?
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Rugby WB: Opening

Sa., 11 Oktober 2003 09:05

Kyk, die Aussies mag nou maar 'n klomp groot, los bekke wees, maar van 'n
openingseremonie vir 'n groot gebeurtenis, dié ken hulle van. Ongelukkig
kon ek die hele ding nie nie sien nie, maar dit wat ek gesien het, was baie
indrukwekkend. Veels geluk Australië en baie dankie! Hoop nou maar net
julle sal nie versuip in ou Eddie Jones se krokkodiltrane as julle nié die
WB kan wen nie..........

Sport & ontspanning | 13 kommentare

Queen

Sa., 11 Oktober 2003 08:29

Kan iemand vir my se wat die name van die musikante van die groep Queen is.
Nommer een is natuurlik Freddie Mercury soos almal weet.

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

SA Forces Talkline / SA Magte Gesêlsgroep

Vr., 10 Oktober 2003 21:26

CHAT ROOM FOR ARMY AND POLICE
I have compiled a web page for current and former members of the SANDF
and SAPS at http://go.to/samagte or any Army / Police around the
World.There is also a chat room where we can get together and swop
stories. Members are welcome to visit the page and join the chat room.
To join, just send a blank e-mail to the following address:
Weermag-subscribe@topica.comJoin us and discuss matters with well-known
men like Col Wynand du Toit, Col. Willem Ratte and a number of senior
officers in the SANDF and SAPS. There are also a number of Special Force
members and Koevoet members in the group. rsa...@intekom.co.za

GESELSGROEP VIR WEERMAG EN POLISIE
Ek het 'n webblad saamgestel vir huidige en oudlede van die SANW en SAPD
by http://go.to/samagte of enige ander Weermag /SAP lid in die
Wêreld.Daar is ook 'n geselsgroep waar ons sommer lekker saam kan gesels
en stories uitruil. Lede is welkom om die blad te besoek en by die
geselsgroep aan te sluit. Om aan te sluit, stuur slegs 'n leë e-pos aan
die volgende adres: Weermag-subscribe@topica.comKom gesels gerus saam
met bekendes soos Kol Wynand du Toit, Kol. Willem Ratte en heelwat
senior SANW- en SAPD-offisiere. Daar is ook heelwat lede van die
Spesmagte en Koevoetlede in die groep. rsa...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

lugverkoeling wie weet van

Vr., 10 Oktober 2003 12:56

Dis warm in Gauteng!

Wie weet van "DIY" lugverkoeling?

Wat om te koop en waar om te koop?

Makro het iets onder R4000 - sal dit werk?

Hoe moeilik kan dit wees om dit self te doen?

:-)

TJ

NS: Hierdie "portable" goed met watertenke maak nie koud nie.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: Antoinette is geschokt na uitspraken van kinderen

Vr., 10 Oktober 2003 04:01

"C@rio" wrote in news:bm50l5$19j2$1...@nl-news.euro.net:

> Antoinette heeft 30 jaar geslapen of krijgen Groen-linkSSers in
> deelraden topkwaliteit oogkleppen aangemeten ?
> Heb je die algemeen bekende rasistische uitspraken over Nederlanders dan
> echt nog nooit gehoord?
> ik ben GESCHOKT !!!
> Onderzoekje dan maar, commissietje of extern adviseurtje doen?
> En dat heet volksvertegenwoordiger!
> Kots!
>
>
> Geschokt na uitspraken van kinderen
>
> Stadsdeel Oost/Watergraafsmeer is geschokt door een reportage bij Radio
> 1 Journaal, waarin een aantal kinderen uit de Transvaalbuurt
> antisemitische en racistische uitspraken doet.
> A. Tanja, portefeuillehouder Welzijn, is verbolgen. "Dit kan niet.
> Amsterdam staat bekend om zijn tolerante normen. Dit soort opmerkingen
> verscherpen tegenstellingen en zetten de verschillende bevolkingsgroepen
> tegenover elkaar".
> Het stadsdeel neemt contact op met migrantenorganisaties en
> onderwijsinstellingen om men ervan te doordringen dat
> antisemitisme/racisme onnodig leed veroorzaakt en niet wordt
> getolereerd.
>
>

Wel mooi toepasselijk, 'Transvaal'.

You've imported your own fucking Trojan Horse of racism & apartheid, dear
Amsterdamned RARA-offspring.

No, not imported.
Created, fed & nurtured.

You now must silence the monster yourself.

You were warned, but you knew better.

Now you may clean up your own fucking mess.

Trouwens grappig, de cursor van mijn trackball begon opeens traag maar
gestaag over het scherm naar beneden te zakken, tijdens het typen. Waarbij
de trackball zelf absoluut niet bewoog, vrij van elke trilling of beweging.

Maybe that is your Omen.

Going down, going down, and there is no fucking thing you can do about it.
Like you haven't done a fucking thing about it in the past.
Once you could, but you didn't. Now you want, but you can't.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nog net een slapie...

Do., 09 Oktober 2003 15:42

Hoe sê die ou - as jy vir 'n baas gewerk het, het jy nou vir hom gesê -
"Sien jou oor 6 weke ...."
"Eat your heart out JM Coetzee..." - al jou Nobelprys-geld sal nie een goeie
wedstryd koop nie - chauvinisme ten spyt.

Daar word seker elke dag 'n internasionale wedstryd deur die ou meesters in
die hemel gespeel - anders het ek die kat by die stert beet ....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    518  519  520  521  522  523  524  525  526  527  528  529  530  531  532  533    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 00:09:45 UTC 2025