'n Bakkie met 'n drom radioaktiewe materiaal ( stof wat gebruik word by
x-strale) is gesteel. Die bakkie is gekry, maar die drom is nog weg. Miskien
het iemand die drom nodig gehad om bier in te maak.....
--
Annette
Dis wat glo bespreek gaan word in vanoggend se Stem Saam.
Sal maar hoor wat die kenner te sê het - maar wat kan hy/sy sê wat mens nie
al reeds weet nie?
--
Annette
In die afgelope drie dae het ons nagenoeg 2 en 'n halwe duim rëen gehad in
die Jakarandastad. (Waar kom die uitdrukking stof tot dankbaarheid vandaan?)
Die jakarandas was laat die jaar - en die tooisel was maar aan die yl kant -
seker maar verlede jaar se droogte.
Ek het so bietjie in die argiewe gaan krap
oor wat alles hier gebeur het tydens my
afwesigheid. En ek sien dat jy 'n aanmerking
gemaak het oor Sarel se dood, Annette.
Ek wou dit eers net laat verbygaan
maar voel dat ek dit tog behoort te noem
dat ons vir dekades vriende was.
Sarel, wat een jaar ouer as ek was,
en ek, was vanaf graad 1 vir die res
van ons laerskoolloopbaan in een klas
en op hoërskool het ons veskillende rigtings
gevolg, wat ons in verskillende klasse gehad
het. So het ons, ons hoërskoolloopbaan ook
saam voltooi. 'n Ander vriend wat dieselfde pad
saam geloop het, vanaf graad 1 regdeur laer en
hoërskoolloopbaan, is Dirk Lauffs, 'n prediker
wat relatief dikwels oor die radiosenders preek.
Somtyds het ons vir lang tye mekaar nie gesien nie,
en dan weer 'n reunie gehad, en lekker oor laaankal
geskinder. Dirk se woorde die laaste wat ons saam
gekuier het, was "lyk ek dan ook soos julle?"
"Hoe lyk ons dan Dirk?"
"Julle het ouer geword:-)"
In die plaaslike (Gauteng) koerante word die feit dat 300 werkers (blankes)
in diens van SANLAM hulle werk gaan verloor aangesien die poste nou aan
regstellendes afgestaan word. Hiervolgens is SANLAM met Afrikaner geld
gevestig.
Ek stem saam met die beswaar wat aangeteken word.
Maar ek het 'n enkele vraag aan die beswaardes. Waarom maak hulle nou ewe
skielik beswaar? Het hulle nooit kennis geneem van die groot getalle blankes
wat reeds hulle werk/inkomstes moes inboet ter wille van regstellende aksies
nie?
Probeer 'n slag
draai die kraan van die tuinslang oop
maar hou voor die opening
'n geklemde hand
Jou hand móét weg
as die spanning groei
en die water skielik
wit
met 'n ruk uitskiet
in die eerste voor
~~~~~~~~~~
Belydenis
Peet Neethling ("Die hemel het 'n
agterdeur" 1989)
In die waai van 'n sandbank
diep, diep in die akkerbos
waar die brame langlit rank
maar net sulke klein, suur vruggies tros,
daar uit 'n adamsvyeboom se mik
het ek my eerste melkbaardster gepluk.
Later het ek sommerso broek en al
in die spruit gaan sit
en die waterhondjies mooi gevra
om vir ons te bid.
~~~~~~~~~~
Apologie aan R.K. Belcher
Koos Prinsloo ("Vlieg in" 1979)
Hy slat hom lat hy hyl
ja hy slat hom lat hy hyl
ma al wat in sy hand oorbly
is melkwit honnekwyl.
~~~~~~~~~~
Anoniem
Intel, tintel, tonteldoos -
in die land hang daar 'n roos,
vol van hare, vol van blare -
intel, tintel, tonteldoos.
[= Mieliekop]
~~~~~~~~~~
Hennie Aucamp ("Teen latenstyd" 1978)
'n B.A.-student sit te Kloos
en word op die plek siedend boos:
ook hy, soos Gezelle,
het niks te vertelle
oor die grootste misterie: die doos.
~~~~~~~~~~
Hennie Aucamp (Ongepubliseer)
[LW: sterretjies deur Aucamp self]
'n Dokwerker Doorsie du B**l
kon spog met 'n uithalerp**l
Maar uithaal was min
want Doors het besin:.
"Gebruik kan die Ding dalk vern**l."
~~~~~~~~~~
[Sonder titel}
R K Belcher ("n Ding om te skil in die
maand van April" 1980)
Die seegras op die sand
ek voel dit met my hand
dit maak my dink aan die mooiste plek
van 'n vrou se voorste kant
~~~~~~~~~
Graaff se poel Seepunt
T T Cloete ("Idiolek" 1986)
Homoseksuele mans lê agter
die halfmaanmuur poedelkaal
seekant, akkedisse wat in die son stil
met die pens en flanke asemhaal.
In die see om die rotspoele
dryf onrustige seebamboes
- hare om die vroulike derde oksel -
roer swart en kroes.
Die soms opstandige
manlike sagtheid smeul
druipend in die naakte son
'n bruingebakte papierige peul.
~~~~~~~~~~
Twee harte
Ingrid Jonker ("Kantelson" 1966)
Twee harte het ek
die een wat bloed pomp
en die ander lyk wel op
'n appelliefkosie
of 'n paddatjie
Mango-poeding:
Skil en ontpit 'n ryp mango. Voeg 25ml heuning, 1 m fyn kaneel en die
gerasperde skil en sap van een lemmetjie of 'n klein suurlemoen by.
Verkil Goed.
Meng 200ml geroosterde klapper met 50ml bruinsuiker en 125ml gekapte
kasjoeneute.
Skep 'n laag Griekse Jogurt in vier poedingglasee. Voeg mango's by en strooi
die klappermengsel oor.