Samoa - daar lê 'n ding..
So., 26 Oktober 2003 16:45
10 uit 10 vir Samoa - al het hulle verloor.(Jammer Kaplin het 'n strafdrie
aan die Engelse gegee.)
Lanklaas so 'n goeie wedstryd gesien - ek is bevrees die Bokke moet miskien
nie hulle tasse uitpak nie ...
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Boerbull?
So., 26 Oktober 2003 09:52
Hallo,
ek is die Corné uit Nederland. In februari ons kom naar Suid-Afrika. Ons
het een wildplaas gekocht, en die buren het ons vertelt dat hy 'n boerbull
het.
Wat is die vir 'n hond?
Baie dankie vir die reaksies!
Corné.
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Waardering
Sa., 25 Oktober 2003 07:57
Soms het ek waardering vir die media waaraan ons hier blootgestel word. Soos
in vandag se Argus - een koerant, twee uiteenlopende menings in dieselfde
uitgawe.
Dit gaan oor gister se wedstryd SA teen Ge-Orgië -
Op Bl 34 skryf Mike Greenaway - onder die opskrif: De Kock and Hougaard a
Class Act :
Forget the rustiness, the unforgivable knock-ons - this was a satisfactory
day at the World Cup for Rudolf Straueli's Springboks.
Op Bl 36 (agterblad) skryf Kevin McCallum onder die opskrif: A Bok
Performance Best Forgotten: Tries did not just go begging They ended up
deadbeat in a corner and gave up un life. Straueli admitted that the ball
could have gone through the hands a little faster and better, but we've got
a certain gameplan at the world cup.
Gelukkig begin ek my koerant van agter af te lees.
Arme Namibië - het hulle bes probeer om in die rekordboeke te kom as die
span teen wie die meeste punte in 'n WB wedstryd opgestapel word, het dit
toe net-net nie gemaak nie.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Een van die dae nes Mexiko
Sa., 25 Oktober 2003 07:51
Die laaste paar maande het ek letterlik gesien hoe die water al hoe meer en
meer agteruit gaan hier by eers. Eers het dit net 'n "smakie" gehad, maar
ek het my nie daaraan gesteur nie. Partykeer as ek die krane oopgedraai
het, het daar sulke gelerige snotterige gemors uitgekom, maar ek het gedog
dis in die pype. Ek, my man, ons huishulp en selfs ons honde het van tyd
tot tyd begin "goormaag" kry. Ek het bly sê "dis die water", maar niemand
wou my glo nie. Eergister gooi ek toe vir manlief 'n glas gewone kraanwater
in, en die lyk soos melk. En toe bars die bom. Die pompstasie wat die rou
riool moet filter is gebreek en die gemors loop in die Vaal Rivier in. Ons
plaaslike regering sien die water word vrotter en vrotter en in plaas
daarvan om die filters by die pompstatsie wat die water weer uitpomp te gaan
fix gooi hulle net meer en meer chemikalieë in die water. Toe bars nog 'n
bom. Die plaaslike regering weet al 2 jaar van die probleem, maar hulle het
niks daaraan gedoen nie, want "wie sê die planne wat deur Randwater voorgelê
is om die pompe te fix gaan werk". Randwater het al R36 miljoen gegee om
die pompstasies op te knap en die regering het nou ook vir die
munisipaliteit R40 miljoen gegee. As hulle nie teen volgende jaar die pompe
en filters reggemaak het nie, gaan daar sowat 1,5 miljoen mense sonder water
sit.
Elaine
Koeitjies & kalfies |
20 kommentare
Afrikaanses
Vr., 24 Oktober 2003 14:13
Die hoof-subredakteur en die Groep van 63 het gister glo ernstige
besprekings gehad nadat Die Burger besluit het om alle Afrikaanssprekendes
voortaan as Afrikaanses in die Burger te noem, tensy iemand spresifiek
versoek om as 'n Afrikaner in 'n artikel genoem te word.
Ek is heeltemal gelukkig om 'n Afrikaanse genoem te word.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
30 kommentare
Bokke - flou vertoning
Vr., 24 Oktober 2003 13:32
Wat 'n verkwisting van 'n geleentheid om goeie wedstryd-oefening te kry.
Ek het lanklaas soveel ongemotiveerde maar hoogs betaalde spelers op 'n veld
gesien - goddank die Curriebeker is nog aan die gang.
Kan iemand vir my sê hoe Werner Greeff daarin geslaag om in die Bokgroep te
beland?
Sport & ontspanning |
5 kommentare
Help my asseblief
Vr., 24 Oktober 2003 11:23
Ik zoek:
muzieknummer uit 1982 van the chaplin band: il veliero
dit werd op single uitgebracht maar ook op maxi (met een versie van
bijna twaalf minuten) - kan jij één van beide vastkrijgen - liefst
lange
versie natuurlijk
Mvg Paul
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Ongeluk
Vr., 24 Oktober 2003 06:53
Van iemand gehoor nou-net - 'n Trein op Platfrom 8 by die Kaapstad stasie
het ontspoor - ek weet nie hoe nie - en blykbaar het 'n gedeelte van die
plafon ingeval.
Mense is in die trein vasgekeer.
--
Annette
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare