Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat het geword van?

Di., 11 November 2003 08:28

Christine Wolmarans - die baie goeie sangeres en uitvoerder van die mooie
Winternag?
--
Annette

Musiek & liriek | 0 kommentare

Stemreg

Di., 11 November 2003 08:26

Van tien jaar gelede se lighoofdige euforie dat alle volwassenes die reg het
om te kan kan stem, het ons nou gevorder tot waar daar oor die radio gemeek
word dat 16-jariges moet registreer, slhoewel hul eers kan stem as hulle 18
is, en mense ge-intimideer word as hulle hul waat registreer of
her-registreer by lokale.

Kan iemand ook vir my probeer verduidelik wat die redenasie agter is om
kiesafdelings se grense elke keer te verander, aangsien ons tog nie stem vir
iemand om ons ter verteenwoordig nie.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Maak vi' ons lig moet hierie woorde soes moet kerse

Di., 11 November 2003 06:29

Met Woorde Soos Met Kerse

In 2002 the poet Antjie Krog published an anthology of translated and
reconstructed poems from /Xam, Xhosa, Zulu and other traditional South
African language groups in Afrikaans called 'Met woorde soos met kerse',
(with words as with candles). From the 20th to the 23rd of November, UCT
Drama Department will be presenting a stage production of a collection of
some of these poems under the direction of Sandra Temmingh. Venue; The
Playroom.

The poetry-play is unconventional in the sense that it does not consist of a
linear narrative. Rather, it takes the form of a journey through the process
of the language experience, a journey that the players and the audience
undertake together. In 'Met woorde soos met kerse', we are not concerned
with comprehending what we see in any conventional manner, because the play
does not relate to any so-called 'presence', but about the very foundation
of poetry: sound and emotion.

The journey is undertaken in the medium of sound. The audience is taken in
and transformed as it were, to become a part of the experience. With many of
the poems, there is a spiritual feeling of reverence, ritual or ceremony.
Through the rhythm and presentation of the word, the audience is overtaken,
and becomes part of the ceremony. The experience of this undefined sacrament
is a collective one. Audience and players are united in the space of sound
and movement, and the separation between spectator and performance is
negated.

At times the three players, Jill Levenberg, Mbulelo Grootboom and Andile
Nebulane, speak the verse in an interwoven and fragmented manner so that the
language is disconnected from its normal communicative function, and so
doing refers back on itself. The audience is not only aware of the content
and meaning of the poems, but also confront the fact that language itself is
in use.

A kind of conversation is created that exists independently of the verse. A
type of monologue wherein the spiritual is experienced through the impetus
taken from sound.

Since many of the poems are recorded in a historical context, (that of the
praise singers for example) attention is paid to the traditional grounding
out of which the business is created. Sometimes an exaggerated style is
used, which both serves the historical sensibilities as well as (in a
post-structural sense) exposing the scene as mere performance. The word is
the occurrence, and the occurrence is the word - the one unveils the other.

The traditional is also kept in mind with the visual component of the
production, as for example in the use of traditional costumes and music.

The interpretation of the verse is sometimes done by means of counterpoint,
where we hear the poems being spoken simultaneously in Afrikaans and,
perhaps, Xhosa. The juxtapositioning of the Western and the African thus
emphasises the historical, endemic origin of the verse.

'Met woorde soos met kerse' attempts establish a moment of light through the
theatrical form. Hence why Antjie Krog's title could be borrowed from Adam
Small's poem 'Kô laat ons sing' (come, let us sing). Language is inherently
mise-en scéne, and the language becomes the spectacle - "Maak vi' ons lig
moet hierie woorde soes moet kerse" (make light for us with these words as
with candles).

Bookings through the Little Theatre 021 480 7129.

www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hazel Crane vermoor

Ma., 10 November 2003 17:19

Hazel Crane, jarelange boesemvriendin van Onse Winnie, en gereelde donateur
tot Winnie se private uitgawefonds, is vandag vermoor. Sy het sedert haar
gewese man se moord dreigbriewe en oproepe gekry, en sou in sy moordsaak
getuig het. Twee ander getuies in die saak is ook vermoor.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mens kan net glimlag

Ma., 10 November 2003 14:05

Nuusleserdame nou op die 4nm nuus - sy spreek Khumalo uit as Komma-lô
uit -met die aksent op die eerste ô soos in komma
Vir al wat ek weet is ek nog altyd verkeerd voorgestel aan die Khu -
ma -lo's van die wêreld;))

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ekonomiese aanslag op die VSA

Ma., 10 November 2003 07:44

The Great Cola Jihad
-By Staff, Utne magazine
November / December 2003 Issue

A new group of Muslim entrepreneurs are challenging American cola hegemony
in Europe and the Middle East with new brands designed to capitalize on
anti-American sentiment after the invasion of Iraq. Mecca Cola, Qibla Cola,
Muslim Up, Zam Zam Cola, and Arab Cola are cutting into the Coke and Pepsi
empires to the tune of 20 percent in Europe and as much as 40 percent in
parts of the Middle East, reports Black Book (Fall 2003).

Ek sal nogal die Muslim Up wil probeer:))
ZamZam Cola sal selfs in Afrika ondersteuning kry.:)
--
Annette

Ekonomie & geldsake | 2 kommentare

Profete en Profyte

So., 09 November 2003 18:02

Frikkie sê:
> Siener van Rensburg was weer in die nuus sedert 1992. Hy was 'n
> moderne profeet wat aan die begin van die vorige eeu geleef het Spencer reageer êrens langs die pad sò:
> Toemaar, ek dink ook dis 'n bogstorie. Maar mense glo dit regtig en rig
> hulle lewens daarvolgens in.

en heelwat meer dinge is gesê waaronder die loutere kaf is.
Vir my bly dit ironies dat mense kan sê dat die tannie onder
in die laaste huis in hulle straat het in die teeblare gesien dat...
en Siener van Rensburg het 'n eeu gelede gesê...
ÉN,... daai's nog niks! Descartus het in 1630 al gesê...!
Selfs Kahlil Gibran word dit nie gespaar nie.

Maar hoe gereeld hoor jy dat Josua, Samuel, Jeremia, Esegiël of enig
ander van die groot profete van twee en selfs drie duisend jaar gelede
gesê het dat... ?

Wat sou die rede hiervoor wees? Indien dit slegs Siener van Rensburg
was wat die kollig gesteel het, sou ons kon redeneer dat hy spesifiek
van ons land se toekoms gepraat het. Maar waarom wil mense graag
dat die res in die gehoor weet dat jy David Hume se ' An Enquiry
Concerning Human Understanding' gelees het en dat John Stuart Mill se
lewensverhaal in jou boekrak is. Dat die Duitse Jood, Spinoza die
volgende op die lys is en dat jy weet wie Immanuel Kant is.

Tog hoor jy nie so gereeld aanhaling uit die monde van profete wat
eeue voor die (blykblaar meer populêre) 'profete' geprofeteer het nie.
Waarom sou dit wees?

I Think...
Therefore I Am
Rene Descartus

DD

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

" Geboorte van die lente " deur A.G. VISSER

So., 09 November 2003 17:37

A.G. Visser

Geboorte van die lente

(Aan E. S.)

Gelukkig en bly was die dag
Toe die Reent met die Sonskyn gaan trou het;
Veelverwig die boog wat die Lug
Vir 'n trou-present kunstig gebou het.

Getwis het hul eens op 'n dag
Met 'n storm verwytende woorde;
Die Sonskyn verdwyn en die Reent
Word 'n haelbui koud uit die noorde.

Versoen raak hul weer en betaal
Agterstallige Liefde - met rente! -
En Sonskyn en Reent juig tesaam
Oor 'n liewe klein dogtertjie: Lente

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Verkiesing

Sa., 08 November 2003 12:49

Gaan toe vandag, na die lugskoukyktjie, om te gaan registreer om nou net
hier in die Kaap te kan stem, nie meer hier en in Bellville nie,
Nietemin - daar tel ek toe 'n helse relletjie op met die mense omdat hulle
beweer dat die helfte van die straat waar ek in bly in een stemarea val, en
die ander helfte van die straat in 'n ander. Toe ek vra van watter nommer in
die straat tot watter nommer in die area val waar hulle nou is, toe is
hulle stom, want daardie inligting is blykbaar geheim.
Die tweede relletjie gaan toe daaroor dat ek met die man wat daar is 'n
argument aan het - in Afrikaans - hoekom die area inligting nie in die
areablaadjie verskyn het wat gratis by alle posbusse afgelewer word nie. Hy
praat toe ook in Afrikaans met die dame wat glo die registrasievorm moet
bevestig en oor invul in 'n boek, en toe sy met my praat, toe val sy wragtag
weg in Engels!.
Ek stop haar toe by die tweede woord, en vertel haar mooi dat ek beswaar
aanteken dat sy my in Engels aanspreek terwyl sy weet ek Afrikaans-sprekend
is.
Sy beweer toe dat sy eintlik Engels is ( in plein Afrikaans) toe vertel ek
haar dis nie mooi om so openlik te jok nie, want ek het gehoor hoe lekker sy
Afrikaans praat met die man.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mooi bly mooi

Sa., 08 November 2003 12:39

Vandag bied Ysterplaat 'n Internasionale lugskou aan.
Na die rugby het ek toe gery - spesiaal om die formasievlug van die
Buccaneers te sien.
Daar is nog net drie Buccaneers wêreldwyd oor wat vlieg, en dit is die
eerste keer sedert 1981 dat drie aan 'n formasievlug deelneem.
Elkeen het baie laag oor die pad gevlieg waar ek gestaan het - die N1, so 50
meter vanaf 'n bordjie wat mens verbied om stil te hou, en so 60 meter van
waar die vliegtuie so laag oorgevlieg het.
Ek moes daar staan, want die verkeerskonstabels en op die Sableafdraai
gestaan, wat eintlik die beste plek was:)

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    502  503  504  505  506  507  508  509  510  511  512  513  514  515  516  517    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 05:11:49 UTC 2026