Die Here is my herder,
die paplam oppaster,
my Ooslandse, Kannalandse bruinmanskawagter;
hul dra die knopknie papte, lamtyd
amlewe in knop-beenarms ru-saf,
of bladsak, kop-en-pote-blêr-uithang,
oor skurwe kaiingbulte op en af
as jakkals bruintyd hakskeen-naby
kwylbek-honger tjank-huil-uitbars-lag,
en jakkalshonde snuif-snuif, blaas-snuif
op stinkvars doodspoor snuffelsnuf,
pootklap kêf-kêf beueldraai-blaf.
Vanmiddag op sê wie? kon die mense toe hulle ongelukkighied inbel oor die
na-apers van Calender Girls ( fondsinsameling vir leukemie) wat gisteraand
op Carte Blanche so onder die invloed van 'n bottel sjampanje hulle borste
ontbloot het - dit was glo vir 'n fondsinsameling vir borskanker.
Ek wag vir die almanak vir die fondsinsameling vir prostaatkanker;)))
Julle gelukkige bliks**s daar in die Kaap kry darem 'n konsert wat skrik vir
niks! Julle het natuurlik ook die Smirnoff Comedy Festival met al die goeie
Britse komediante. Anyway, om terug te kom na die 46664 konsert toe. Dis
nou 'n konsert wat in samewerking met MTV se "Staying Alive" gehou word ter
ondersteuning en fondsinsameling vir VIGS navorsing. Groenpunt gaan kook
want groot name soos Anastacia, Bono, Johnny Clegg, The Corss, Eurythmics,
Paul Oakfield, Ladysmith Black Mombaza en Queen het reeds bevestig. Ag wil
een van julle Kapenaars nie gaan kyk en 'n kameratjie insmokkel en dan die
tape/digital movie vir my stuur nie toe?