Boerdery in SA is nou 'n gevaarlike beroep, sê koerant
Gert Coetzee
Plaasmoorde in Suid-Afrika en die bedreiging van wit boere in dié land
is in die internasionale kollig. Maar sonder dat 'n daadwerklike
oplossing - buiten vinniger grondhervorming - voorgestel of ingryping
gevra word.
In 'n artikel hieroor op sy wêreldblad basuin die Britse The Times dit
uit: "Moordsyfer van Suid-Afrikaanse wit boere styg tot 1 300".
In die artikel word dit gestel: "Met die moordsyfer op wit plaasboere
nou op 145 per jaar, het boerdery sedert die ANC se bewindsoorname 'n
gevaarlike beroep geword."
Die koerant gebruik 'n aanval op die Vrystaatse plaas Aangekocht in
die distrik Bultfontein 'n jaar gelede as illustrasie van die
afmaaiery van wit boere op hul plase. Die grondkwessie word in 'n
kantberig as 'n "politieke tydbom" bestempel.
The Times berig in besonderhede oor die moord op mnr. Rhinus Smith
(28) op 1 Desember 2002 toe hy en sy broer, Helgaard (26), en Tania
(22), Helgaard se vrou, dié Sondagoggend ná kerk op die plaas aangekom
het. Hulle wou vleis braai.
"Terwyl Helgaard rondgekyk het, het die ander in die kombuis iets
gekry om te drink. Skielik het die deur oopgebars en drie gewapende
swart jong mans het ingestorm.
"Sonder om 'n woord te sê het die een 'n vuurwapen teen Rhinus se
voorkop gesit en die sneller getrek. Die koeël het deur sy kop getrek
en duime van Tania se gesig die muur getref.
"Toe Helgaard die skoot hoor, het hy gaan kyk wat aangaan. Die
inbrekers het hom in die hand, arm en keel geskiet. Hy het weens
bloedverlies sy bewussyn verloor.
"Die bloed het uit Rhinus se kop gestroom, maar ons kon niks doen nie.
Dit was sowat 20 minute voordat hy dood was. Hulle het die heeltyd
gedreig om ons te verkrag as ons nie geld en wapens oorhandig nie,"
vertel Tania.
Helgaard het oorleef, maar 'n duim en die gebruik van sy linkerarm
verloor. "Maar die jong egpaar se lewens is deur die voorval verwoes.
"Ek voel soms asof my lewe verby is," het Tania gesê. "Dis sleg om
iemand só te sien doodgaan. Ons gaan nêrens meer heen sonder
vuurwapens nie. Die wete dat mense jou haat en dit aan jou doen, gee
ons slapelose nagte."
Luidens The Times is Helgaard en Tania gelukkig om te leef. "Meer as 1
300 boere is op hul plase vermoor sedert apartheid tien jaar gelede in
duie gestort het. Die vlaag van landelike geweld sedertdien het die
ANC en boere-organisasies slaags."
Die koerant verwys na die bevinding van 'n regeringsondersoek dat
slegs 2% van plaasaanvalle politiek gemotiveerd en die res
misdaadgedrewe is.
Dié syfer word deur Agri SA bevraagteken. The Times haal mnr. Japie
Grobler, president van Agri SA, só aan: "Meer as misdadigheid skuil
agter die moorde. Daar is haat, rassisme en die grondkwessie."
Plaasveiligheid, die afskaffing van landbou-subsidies, meganisasie,
plaaswerkerslone en oneweredige grondverdeling word voorts as kwessies
aangestip.
"Toe die ANC aan bewind gekom het, het 13% van die bevolking - wit
mense - altesame 85% van die grond besit. Ondanks die regering se
grondhervormingsprogram het min verander.
In hierdie artikel lees ons hoe 'n ou man 'n kind se lewe red. Dit is
goeie nuus en ou oom Carlie Allan is regtig 'n held. Ek sal met hom
wil blad skud.
Wat my wel ontstel het is die feit dat die ma, Allison du Plessis,
meegedeel is dat daar nie voetuie beskikbaar is toe sy 10111 bel nie.
Dit is NIE andvaarbaar NIE. Weereens is die werklike probleem
weggesteek. Ons bly nie almal langs 'n held of 'n dokter nie, en
een of ander tyd gaan jy in dieselfde situasie beland.
Waarvoor word al die noodvoetuie gebruik? Moet nie vir my sê daar is
nie voertuie nie want dit is NET SO VERKEERD! Bliksem mense, die
regering het ons aan 'n wurggreep! Dit lyk my jy kry net nood
behandeling indien jy swart is en nie Afrikaans praat nie. As jy
'n misdadiger is kry jy net die beste ten geen koste.
'n Berig het vanoggend in die Beeld koerant verskyn waar die
departement van onderwys die Laerskool Danie Malan van Pretoria-Noord
wil forseer om 'n engelse graad 1 klas volgende jaar te hê. Hierdie
skool is Afrikaans en is reeds vol gestop deur leerlinge uit sy
voedings gebied. Om nou die skool nog te wil forseer om engelse
leerlinge aan te neem beteken dat Afrikaans klasse verminder sal moet
word.
Siener het gesê dit gaan gebeur. Dit is nie meer net ons taal wat
hier aangeval word nie,
dit is die Afrikaner. Die engelse leerlinge is nie blankes nie, hulle
is swart. Hoeveel keer het ons die gevolge van "Engelse" skoole
gesien nie? Waar skole gevorseer word om Engels in te neem waar hul
nog altyd Afrikaan was het verder probleme veroorsaak. Dit
terwyl swart skole in Soweto, Alexandra en ander swart gebiede sit met
so min as 6 leerlinge per klas. Hulle wil nie daar skool gaan nie
omdat hulle 'n WIT skool wil oorneem.
Ons sit hier met 'n wraaksug wat nie gestuit word nie en ons is vinnig
aan die verloor.
Hoe lank voordat nog van ons en ons kinders in die "Equity" hof beland
soos Shannon Ferreira, haar dogter en dié se kêrel?
As ek graag Everest wou klim (ek wil nie) sou die R / $ koers my nie keer
nie.
Nou kla SA Toerisme oor die R / $ koers, maar sien nie rede dat as waarde
('n rede om SA toe te kom) aangebied geword in pleks van prys (goedkoop word
nou duurder) ons beter kan doen nie.
In pleks van Rx vir 'n koppie (goedkoop) koffie te vra, adverteer eerder die
gehalte van die koffie of gee my meer koppies vir my geld en ons albei kom
bo uit.
SA - die land van sonskyn en kwaliteit (en veilige) vakansies ("never mind
the price") - dis nou blinkgat?!
I have would like to learn Afrikaans with the help of an pen pal
through the use of email.
I am 57-years-old and have lived in The Netherlands for 3 years in the
1960s.
I have visited South Africa twice, having stayed mostly in Cape Town
and Grahamstown.
My understanding of Nederlands is weak after 40 years, alas!
Please contact me at if you have interest in corresponding with
someone who is still taking baby steps, but has an interest in the
people and culture of South Africa as well.
My jongste broer is op die oomblik in Engeland op soek na werk. Hy is op een
van daai "working holidays". Hy is nou 22 en volgens my alreeds 'n goeie
boer (die tipe wat op 'n plaas boer:-)) en harde werker. Hy boer met koring,
beeste, skape in die Wes-Kaap, maar met die swak oeste van vanjaar moes hy
iewers gaan geld maak en het toe besluit om in Engeland (London) te gaan
probeer.
Weet enige iemand dalk waar hy kan gaan aanklop om een of ander plaaswerk te
kry? Of adresse van websites waar hy bietjie kan gaan inligting kry. Sy
eerste keuse sal natuurlik plaaswerk wees, maar enige inligting oor ander
werk sal ook waardeer word.
Meisie (11) deur leerder in Kuilsrivier-skool verkrag
02/12/2003 07:38 - (SA)
MARLENE MALAN
KAAPSTAD. - 'n Meisie (11) is in skooltyd deur 'n medeleerder in die
gebou van die Bet-el-sentrum vir Epilepsie in Kuilsrivier verkrag.
Die 13-jarige verkragter is skuldig bevind en die
kinderbeskermingseenheid het aanbeveel dat hy in 'n program vir
jeugoortreders opgeneem word.
Die skool het eers 'n dag ná die voorval daarvan te hore gekom toe die
meisie teenoor maats gebieg het.
Nadat die ma, 'n enkelouer, en haar dogter 'n klag by die
Kuilsrivier-polisie ingedien het, is die gr. 7-seun ná 'n ondersoek
skuldig bevind.
Desondanks het die skoolhoof, mnr. Kallie Baron, gister ontken só 'n
voorval het plaasgevind.
Die ma het gister gesê sy is ontsteld "omdat die skool nog niks gedoen
het vir my kind of vir my nie".
"Wat die ergste is, is dat die skool teenoor my erken het 'n
soortgelyke voorval het verlede kwartaal op die skoolterrein
plaasgevind."
Die ondersoekbeampte, insp. Ian van Romburgh, het bevestig 'n
verkragtingsklag is vroeër vandeesmaand ingedien.
"Die saak is afgehandel en die seun is na 'n program vir
jeugoortreders verwys. Hy is te jonk om verhoor te word. Die
onderwysdepartement moet dit nou hanteer."
Die ma het gister gesê sy is steeds verdwaas. "Die skool het my op 4
November om 10:30 ontbied. Ek moes hoor my kind het aan 'n maat vertel
'n seun het haar die vorige dag in 'n gang beveel om haar broekie af
te trek. Hy het haar gepenetreer.
" 'n Onderwyser het haar glo iewers heen gestuur en die seun het haar
voorgekeer. Dit was tussen eerste en tweede pouse. Nadat ek ingelig
is, het ek 'n klag by die polisie ingedien. Ons is toe na die Karl
Bremer-hospitaal, waar sy ondersoek is en pilletjies gekry het," het
sy gesê.
" 'n Vergadering met die hoof, onderhoof, sielkundiges en direkteure
is op 25 November gehou. Ek is sielkundige berading beloof en 'n
verwysing na die Tygerberg-hospitaal sou gereël word. Nou gaan almal
voort asof niks gebeur het nie. My kind was 'n week uit die skool en
net twee sessies is vir ons by die skool gereël. Ek is verplig om 'n
ander skool vir haar te soek."
Baron het gister gesê hy weet niks van so 'n voorval nie. "Skryf
eerder oor die R35 000 se toerusting wat by die skool gesteel is.
Gister het 'n man weer my TV by my huis uitgedra."
Die Wes-Kaapse minister van onderwys, mnr. André Gaum, het die voorval
as "tragies" bestempel.
"My departement sal die saak volledig ondersoek en alle moontlike
stappe doen om dit doeltreffend te hanteer."