KUNSKAFEE (178)
Sondag 14 Desember 2003
kykNet 19:30
Hierdie is die laaste Kunskafee van 2003. Vanaf 21 Desember word van die
afgelope jaar se beste programme uitgesaai, maar ons is weer van 1 Februarie
af terug met interessante en inspirerende kunsnuus van dwarsoor die land.
Herhalings:
Maandag 15 Desember om 15:00
Dinsdag 16 Desember om 10:00
Ankeraanbieder: Dawn Matthews
Veldaanbieders: Melt Sieberhagen, Johnny Davids, Lize Briedenhann
Boekerubriek: Hettie Scholtz
KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.
KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.
Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.
Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.
* In 'n spesiale Kersprogram kuier Dawn Matthews by die funksie-koördineer
Otto de Jager om 'n paar voorstelle te kry oor hoe om 'n feesfunksie in 'n
spoggeleentheid te omskep. Hy voel dat veral Kersfees die ideale geleentheid
is om jou kreatiwiteit vleuels te gee en 'n spesiale kerstafel of kersboom
te versier.
* Die feestyd is ook die ideale geleentheid om kreatief te wees met
geskenke. Melt Sieberhagen het in Johannesburg by die Goodman Gallery, Dish
en Karos gaan inloer om te sien wat daar alles te kies is as jy hierdie jaar
kuns- of handewerk as geskenk wil gee.
* Hettie Scholtz is op haar pos met haar boekerubriek, maar hierdie keer as
'n ware boeke Kersvader (of Kersmoeder). Sy is in 'n feestelike luim en
vanaand kreun haar tafel behoorlik onder al die boeke wat sy as geskenkidees
voorstel. Sy het iets vir elke smaak en het ook tydens haar snuffeltogte op
'n paar lees-juwele afgekom.
* In Gauteng fokus ons op vakansievermaak. Melt Sieberhagen het gaan kyk na
die pantomime "Jack and the Beanstalk" en ook met Tobie Cronjé en Basil
Appollis gesels. By Pieter Toerien se Montecasinoteater is Fiona Ramsey te
sien in "My Brilliant Divorce".
Hier's vandag so 'n halfbladsy in die NZ Herald oor Tsunamis.
In 1703 is meer as 100 000 mense dood in japan
In 1993 - 200 mense dood in 'n 30 meter brander in Japan.
In 1998 - 6000 dood in Papua New Guinea (waar dit ookal mag wees)
Verbeel jou 'n brander van 60 meter bo seevlak tref 'n kusdorp. Waarheen
hardloop jy?
Nogal skrikwekkend.
SA pryse wil nie wipplank ry nie en die antwoorde laat mens dink aan 'n
rondomtalie.
Sateliet televisie intekeningskoste het gestyg weens R/$, maar nou kan
intekenaars weer 'n verhoging verwag om die aandeelhouers se beursies te
vul - vreemd die R/$ ry dan nou glyplank? Televisie lisensie is ook op.
Motorpryse - sien DSTV (bo). Bo is op en nie af nie.
Ek het pas die jaarlikse marteltog wat jou tot in die afgrond verneder,
agter die rug.
Ons praat hier van Swembroek Koop.
Toe ek 'n kind was, was baaibroeke vir grootmens-tannies spesiaal ontwerp
vir vroue met 'n volwasse lyf. Met al die baleine, ondersteuning en
versterking was dit eintlik meer ingenieurswonders as kleidingstukke. Hulle
moes als bymekaar hou en oplig, en dit het gewerk.
Vandag se swembroeke van rek-lap is eintlik bedoel vir meisiekinders wat nog
nie hul puberteit bereik het nie, en wie se lyfies lyk of dit fyntjies uit
marmer gebeitel is. Vroue met volwasse lywe het nie juis 'n keuse nie.
Hulle moet by die kraamklere-afdeling gaan toustaan en geblomde affêres met
rompe aanpas sodat hul kan lyk soos die seekoeie in Walt Disney se
"Fantasia".
So nie, moet hulle maar by die rakke met gewone swembroeke rondsnuffel en
kyk watter van die stukkies rubberrek in glimkleure hulle die minste sleg
pas.
Wat kon ek doen?
Ek het maar rondgesnuffel. Ek het een uitgekies en in die martelhokkie, ook
bekend as die aanpaskamer, verdwyn.
Wat my eerste oor die baaibroek opgeval het, was die ongelooflike
treksterkte van die rekmateriaal.
Ek dink die Lycra wat in swemklere gebruik word, is deur NASA ontwikkel om
klein vuurpyle met ketties te lanseer. Die bonus is dat as jy jou lyf in 'n
Lycra-baaibroek kan inwurm, dit sommer ook jou organe teen 'n haai-aanval
beskerm:
Enige haai wat dom genoeg is om aan jou middellyf te probeer hap se kakebeen
sal deur die terugspringaksie afgeruk word.
Ek het my in die eerste swembroek ingewurg, maar toe ek die laaste klein
skouerband oorhaak, skrik ek my boeglam.
My boesems was skoonveld!
Ek kry toe eindelik die een, onder my linkeramholte. Na 'n rukkie toe kom
ek ook op die ander een af:
Platgedruk teen my sewende ribbebeen.
Dis oor vandag se swembroeke nie 'n ingeboude bra het nie.
Die volwasse vrou is veronderstel om haar borste oor haar borskas uit te
sprei tot dit soos 'n spoedwal lyk.
Ek het my spoedwal gerangskik en weer in die spieel gekyk.
Die swembroek het gepas.
Maar ongelukkig het dit net die dele van my gepas wat bereid was om binne te
bly.
Die res van my het oral uitgepeul.
Ek het gelyk soos 'n stuk klei wat in 'n te klein vel kleefplastiek
toegedraai is.
Toe ek nog so staan en wonder waar al my ekstra dele dan vandaan kom, het
die verkoopvrou om die gordyn kom loer:
"O, daar's julle almal"
"Ja, dis almal ek," het ek geantwoord terwyl ek my ekstra dele so bekyk.
"Het julle nog iets wat ek kan aanpas?"
Ek het so 'n roomkleurige een van gekreukelde material aangepas.
Dit het my soos ontwerperskleefband laat lyk. 'n Geblomde tweestuk het my
soos 'n oorgroot servet in 'n servetring laat lyk.
In die luiperdpatroon-eenstuk met die valletjiesrand het ek gelyk soos
Tarzan wat met die verkeerde voet uit die bed geklim het.
Die deftige swart baaibroek met die middellyf van netmateriaal het my laat
lyk soos 'n jellievis wat rou.
En die pienke?
Sy bene was so hoog gesny dat ek my wenkbroue met was sou moes verwyder as
ek dit wou dra!
Uiteindelik het ek een gekry wat pas.
'n Tweestuk met 'n kortbroek -styl onderste en 'n halternektop.
Dit was goedkoop, gemaklik en het mooi gemaak met my knoppe en bulte.
Ek het dit gekoop.
By die huis het ek die etiket gelees:
"Materiaal kan deurskynend raak in water".
Maar dra gaan ek dit dra.
Ek moet net eers leer hoe om op droë grond borsslag te swem!
Rob Mugaab reken die Australiaaners en Nieu- Seelanders het 'kriemienal'
ancestors. Ten minste het hulle nie piesangs gevreet nie.
Hierdie is 'n hoogs aanbevole video - vermaak word gewaarborg.
On Sun, 07 Dec 2003 12:34:06 GMT, Paul de dilbeek wrote:
Ek weet nie watter bees jy daar geskiet het, Paul (ek weet niks oor
die Suidafrikaanse dierewêreld nie!).. Maar weet jy wel seker hy is
dood? Ek sou bykans sê dis 'n mak een!
Ja, julle bal aanhangers:-)))
Daar sê Brian Van Rooyen - nuwe President SARVU
hoe hy voel oor hierdie dinge.
My eie mening natuurlik is dat hy die blanke handeklap wil hê
(en hy het nog nie agtergekom hoe poog jy, Annette, vir bouwer
se handeklap nie:-))) maar wat dink julle van ide man,
behalwe, dat hy blêddie goeie Afrikaans praat.
Het ek geslaap, oor seë heen geswerf
want vreemd verskyn vanoggend Tafelberg
en Baai, of is dit net omdat ek kind
en vrou ná al die spanning veilig vind?
Die sweefhok klouter langs sy kabel op
nog altyd 'n wit-eier-spinnekop...
Maar in watter streke van die gees
was ek die afgelope maande dan gewees:
die groot woestyn met grys opgrawings
van beeld, pilaar en pot, beskawings
met 'n doolhof na die binneruime
van 'n kelder waar die koning sluimer,
soos 'n dooi kind in die moer, stede
met dinastieë en beskawings in die skede?
Of is dit deur 'n skuldgevoel en vrees
maar alles 'n bedrogspel van die gees?
Tog, nou dat ek dier en ding en plek ná plek
die aarde met my kind moet herontdek
word Hollywood, Moskou, Kaapstad,
almal voorstede van één stad,
en skielik uit my droom verskyn
die grys voorlopers van die groot woestyn,
en in my kamer hoor ek snags beklem
deur alle eeue nog dieselfde stem:
"Solank die mens aan My geboorte gee
hang nog My Negester oor Ninevé."