Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans in skole 'in groot gemors'

Ma., 08 Desember 2003 19:48

Afrikaans in skole 'in groot gemors'
ALET RADEMEYER

PRETORIA. -- Onderwys in Afrikaans in skole is in 'n groot gemors.
Belanghebbendes sal waarskynlik geen ander keuse hê as om hulle tot
die grondwethof te wend nie.

Só meen mnr. Louis Smuts, sameroeper van die nuwe Trust vir
Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) en
voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool F.H. Odendaal in
Pretoria.

Hy het gister gesê iets sal dringend gedoen moet word om die stand
van onderrig in Afrikaans reg te ruk.

Tabok wil enkelmedium- Afrikaanse skole teen beweerde inmenging van
die onderwysdepartement beskerm.

Tot op hede meen heelparty Afri kaanse skole dat die departement
hulle wil dwing om hul taalbeleid te verander deur dubbel- of
parallelmediumskole te word.

Tabok gaan kragte met die vakbond Solidariteit saamspan wat die
administrasie van die trust sal behartig.

"Ons wil 2 500 Afrikaanse skole en twee Afrikaanse universiteite
terughê," het Smuts gesê.

Onlangse statistieke dui daarop dat daar net sowat 300 Afrikaanse
voormalige model C-skole in die land oor is en meer as 1 000 ander
Afrikaanse skole.

Volgens Smuts gaan Tabok nie net geld vir hofsake probeer kry nie,
maar hom beywer vir Afrikaanse onderwys- en kultuurontwikkeling.
vSkole gaan gewerf word om deel van Tabok te word teen 'n registra
sietarief van sowat R2 000 per jaar per skool.

Verskillende komitees gaan aangestel word om onder meer te kyk na
die "drastiese verlagting in standaarde weens die nuwe kurrikulum".

Smuts het gesê "dit is verbysterend hóé standaarde geval het en hoe
al hoe meer ongeletterde jong mense skole verlaat".

Van die komitees gaan spesifiek kyk na die moontlikheid van opleiding
vir Afrikaanse onderwysers aan 'n universiteit en die oprigting
van 'n Afrikaanse mediese navorsingsentrum waar medici in Afrikaans
opgelei kan word.

Smuts het gesê enige organisasie is welkom om by dié projek betrokke
te raak.

Hy het ook gesê die pogings om vir die voortbestaan van Afrikaans in
onderwys te veg, is nie net tot Afrikaners beperk nie. Tabok sal met
Afrikaanse bruin skole landwyd wil saamwerk.

"Ook hulle word bedreig. Engelse leerlinge oorstroom hulle skole en
dié wat dit kan bekostig, vlug weer na die enkele voormalige model C-
skole wat hulle kan akkommodeer."

Nog 'n komitee sal kyk na die verval van skolesport waar leerlinge
nie meer kans kry om buite skoolverband te vorder nie, het Smuts
gesê.

Volgens Smuts probeer Tabok nie die werksaamhede van die Federasie
van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oorneem nie.

"Ons is bloot 'n alternatiewe voertuig wat Afrikaanse onderwys wil
dryf."

http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_1456449,00. html

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Honderde koeie in Zim vrek

Ma., 08 Desember 2003 19:48

Honderde koeie in Zim vrek
Aubrey Ntobong

Meer as 400 rasegte melkkoeie het reeds vanjaar op plase in Zimbabwe
weens verwaarlosing gevrek.

Dit het die land se reeds kwynende kommersiële melkboerderybedryf,
wat op sy knieë gedwing is deur die voortgesette
grondhervormingsprogram, 'n verdere knou toegedien.

Die koeie, wat almal aan die sogenaamde selfoonboere (politici wat
plase deur die grondhervormingsprogram gekry het) behoort het, het as
gevolg van wanvoeding gevrek op plase in die Beatrice-gebied, area,
50 km kilometer suid van Harare en Concession, 70 km kilometer noord
van Hararedie stad.

Die Zimbabwiese dierebeskermingsvereniging (ZNSPCA) skryf die dood
van die koeie toe aan die onvermoë van die nuwe boere om aanvullende
voeding aan veral melkdraende koeie en dragtige verse te voorsien.

Op een plaas in Beatrice het 254 koeie gevrek, terwyl 59 diere op
nog 'n plaas in dieselfde area. Die melkbeeste op die plase was almal
Frieskoeie. Dit is 'n uiters gespesialiseerde koei-ras wat konstante
toesig en bykomende voeding vereis.

"Hierdie koeie het groot gestelle om te vul. Hulle kan, anders as
vleisbeeste, nie bloot op veldgras alleen oorleef nie en die nuwe
boere kan dit nie insien nie," sê 'n ontstelde me. Meryl Harrison,
hoofinspekteur van die ZNSPCA.

Sy meen die situasie word verder versleg deur die tekort aan en hoë
koste van veevoer, saam met die feit dat honderde hektaar goeie
weidingsland in bosbrande vernietig is. Baie van hierdie brande is
deur nuwe setlaars begin.

Die bestuurders van die troppe het in baie gevalle glo geen formele
opleiding gehad nie.

in baie gevalle waar beeste gevrek het of in die nood was, geen
formele opleiding gehad het nie en dat die eienaars self nie eers op
die plase gewoon het nie.

"Hierdie selfoonboere woon in Harare en dink hulle kan die plase van
daar bedryf," sê Harrison.

Die ZNSPCA sal die boere, waar melkbeeste in groot getalle gevrek
het, vervolg.

Zimbabwe se melkplase het voorheen onder die beste in die streek
getel met van die beste toerusting in hul melkkamers.

Vandag staan baie van die plase leeg en verlate, grootliks weens die
ontwrigting wat deur van die regering se grondherverdelingsprogram.

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1456281,00.html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Heuning

Ma., 08 Desember 2003 17:19

Vir die fees van die Nuwejaar kry al my Afrikaanse vriende van my 'n
pot heuning!
..Maar hulle sal wel 'n bietjie moet wag want ek het maar een by!

Groete uit Vlaandere,

Norbert

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

KunsKafee vir die Feestyd

Ma., 08 Desember 2003 12:17

KUNSKAFEE (178)
Sondag 14 Desember 2003
kykNet 19:30

Hierdie is die laaste Kunskafee van 2003. Vanaf 21 Desember word van die
afgelope jaar se beste programme uitgesaai, maar ons is weer van 1 Februarie
af terug met interessante en inspirerende kunsnuus van dwarsoor die land.

Herhalings:
Maandag 15 Desember om 15:00
Dinsdag 16 Desember om 10:00

Ankeraanbieder: Dawn Matthews
Veldaanbieders: Melt Sieberhagen, Johnny Davids, Lize Briedenhann
Boekerubriek: Hettie Scholtz

KUNSKAFEE is 'n kunsjoernaalprogram wat alle kunsvorme so wil reflekteer dat
dit vir Jan Alleman toeganklik sal wees - sonder om die fynproewer teleur te
stel. Van teater tot beeldhouwerk; argitektuur tot landskapkuns; klassieke
musiek tot pottebakkery; ballet tot moderne dans; skilderkuns tot
straatkuns; letterkunde tot strokiesprente; rekenaarkuns tot die Internet;
fotografie tot spotprentkuns.

KUNSKAFEE word nie vanuit 'n ateljee uitgesaai nie. Die stel is verskillende
en uiteenlopende plekke - 'n teater, uitstalling, 'n besondere stuk
argitektuur, 'n galery en so meer.

Die program bestaan nie net uit insiggewende profiele oor kunstenaars en
besondere kunsgebeurtenisse dwarsoor Suid-Afrika nie. Daar is ook 'n
weeklikse kringloop waarin daar om die beurt 'n draai gemaak word by
verhoogproduksies, uitstallings, CD-bekendstellings en uitvoerings in die
Wes-Kaap en Gauteng.

Alhoewel "Kunskafee" op M-Net se Afrikaanse TV-kanaal kykNET uitgesaai word,
is die program tweetalig (Afrikaans en Engels). Dit reflekteer die ryk
tapisserie van plaaslike sowel as internasionale kunstenaars wat ons land
besoek.

* In 'n spesiale Kersprogram kuier Dawn Matthews by die funksie-koördineer
Otto de Jager om 'n paar voorstelle te kry oor hoe om 'n feesfunksie in 'n
spoggeleentheid te omskep. Hy voel dat veral Kersfees die ideale geleentheid
is om jou kreatiwiteit vleuels te gee en 'n spesiale kerstafel of kersboom
te versier.

* Die feestyd is ook die ideale geleentheid om kreatief te wees met
geskenke. Melt Sieberhagen het in Johannesburg by die Goodman Gallery, Dish
en Karos gaan inloer om te sien wat daar alles te kies is as jy hierdie jaar
kuns- of handewerk as geskenk wil gee.

* Hettie Scholtz is op haar pos met haar boekerubriek, maar hierdie keer as
'n ware boeke Kersvader (of Kersmoeder). Sy is in 'n feestelike luim en
vanaand kreun haar tafel behoorlik onder al die boeke wat sy as geskenkidees
voorstel. Sy het iets vir elke smaak en het ook tydens haar snuffeltogte op
'n paar lees-juwele afgekom.

* In Gauteng fokus ons op vakansievermaak. Melt Sieberhagen het gaan kyk na
die pantomime "Jack and the Beanstalk" en ook met Tobie Cronjé en Basil
Appollis gesels. By Pieter Toerien se Montecasinoteater is Fiona Ramsey te
sien in "My Brilliant Divorce".

Ria Engelbrecht
Pieter Cilliers Produksies
011 789 6780 (t)
011 789 6647 (f)
www.pcp.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dodelike Tsunamis

Ma., 08 Desember 2003 11:54

Hier's vandag so 'n halfbladsy in die NZ Herald oor Tsunamis.
In 1703 is meer as 100 000 mense dood in japan
In 1993 - 200 mense dood in 'n 30 meter brander in Japan.
In 1998 - 6000 dood in Papua New Guinea (waar dit ookal mag wees)

Verbeel jou 'n brander van 60 meter bo seevlak tref 'n kusdorp. Waarheen
hardloop jy?
Nogal skrikwekkend.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

SA pryse willie wipplank ry nie.

Ma., 08 Desember 2003 11:06

SA pryse wil nie wipplank ry nie en die antwoorde laat mens dink aan 'n
rondomtalie.

Sateliet televisie intekeningskoste het gestyg weens R/$, maar nou kan
intekenaars weer 'n verhoging verwag om die aandeelhouers se beursies te
vul - vreemd die R/$ ry dan nou glyplank? Televisie lisensie is ook op.

Motorpryse - sien DSTV (bo). Bo is op en nie af nie.

Watse mallemeule speel die hele spul op?

Hoe gaan die rympie met "val hy af"?

:-(

TJ

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oue - en iets wat manne nie sal verstaan nie:))

Ma., 08 Desember 2003 08:46

GESOEK: 'n SWEMBROEK
(deur Jeanette)

Ek het pas die jaarlikse marteltog wat jou tot in die afgrond verneder,
agter die rug.
Ons praat hier van Swembroek Koop.
Toe ek 'n kind was, was baaibroeke vir grootmens-tannies spesiaal ontwerp
vir vroue met 'n volwasse lyf. Met al die baleine, ondersteuning en
versterking was dit eintlik meer ingenieurswonders as kleidingstukke. Hulle
moes als bymekaar hou en oplig, en dit het gewerk.

Vandag se swembroeke van rek-lap is eintlik bedoel vir meisiekinders wat nog
nie hul puberteit bereik het nie, en wie se lyfies lyk of dit fyntjies uit
marmer gebeitel is. Vroue met volwasse lywe het nie juis 'n keuse nie.
Hulle moet by die kraamklere-afdeling gaan toustaan en geblomde affêres met
rompe aanpas sodat hul kan lyk soos die seekoeie in Walt Disney se
"Fantasia".
So nie, moet hulle maar by die rakke met gewone swembroeke rondsnuffel en
kyk watter van die stukkies rubberrek in glimkleure hulle die minste sleg
pas.
Wat kon ek doen?
Ek het maar rondgesnuffel. Ek het een uitgekies en in die martelhokkie, ook
bekend as die aanpaskamer, verdwyn.

Wat my eerste oor die baaibroek opgeval het, was die ongelooflike
treksterkte van die rekmateriaal.
Ek dink die Lycra wat in swemklere gebruik word, is deur NASA ontwikkel om
klein vuurpyle met ketties te lanseer. Die bonus is dat as jy jou lyf in 'n
Lycra-baaibroek kan inwurm, dit sommer ook jou organe teen 'n haai-aanval
beskerm:
Enige haai wat dom genoeg is om aan jou middellyf te probeer hap se kakebeen
sal deur die terugspringaksie afgeruk word.

Ek het my in die eerste swembroek ingewurg, maar toe ek die laaste klein
skouerband oorhaak, skrik ek my boeglam.
My boesems was skoonveld!
Ek kry toe eindelik die een, onder my linkeramholte. Na 'n rukkie toe kom
ek ook op die ander een af:
Platgedruk teen my sewende ribbebeen.
Dis oor vandag se swembroeke nie 'n ingeboude bra het nie.
Die volwasse vrou is veronderstel om haar borste oor haar borskas uit te
sprei tot dit soos 'n spoedwal lyk.
Ek het my spoedwal gerangskik en weer in die spieel gekyk.
Die swembroek het gepas.
Maar ongelukkig het dit net die dele van my gepas wat bereid was om binne te
bly.
Die res van my het oral uitgepeul.
Ek het gelyk soos 'n stuk klei wat in 'n te klein vel kleefplastiek
toegedraai is.
Toe ek nog so staan en wonder waar al my ekstra dele dan vandaan kom, het
die verkoopvrou om die gordyn kom loer:
"O, daar's julle almal"
"Ja, dis almal ek," het ek geantwoord terwyl ek my ekstra dele so bekyk.
"Het julle nog iets wat ek kan aanpas?"
Ek het so 'n roomkleurige een van gekreukelde material aangepas.

Dit het my soos ontwerperskleefband laat lyk. 'n Geblomde tweestuk het my
soos 'n oorgroot servet in 'n servetring laat lyk.
In die luiperdpatroon-eenstuk met die valletjiesrand het ek gelyk soos
Tarzan wat met die verkeerde voet uit die bed geklim het.
Die deftige swart baaibroek met die middellyf van netmateriaal het my laat
lyk soos 'n jellievis wat rou.
En die pienke?
Sy bene was so hoog gesny dat ek my wenkbroue met was sou moes verwyder as
ek dit wou dra!
Uiteindelik het ek een gekry wat pas.
'n Tweestuk met 'n kortbroek -styl onderste en 'n halternektop.
Dit was goedkoop, gemaklik en het mooi gemaak met my knoppe en bulte.
Ek het dit gekoop.
By die huis het ek die etiket gelees:
"Materiaal kan deurskynend raak in water".
Maar dra gaan ek dit dra.
Ek moet net eers leer hoe om op droë grond borsslag te swem!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Video: Mugabe: Australians are Genetically Modified

Ma., 08 Desember 2003 06:35

Rob Mugaab reken die Australiaaners en Nieu- Seelanders het 'kriemienal'
ancestors. Ten minste het hulle nie piesangs gevreet nie.
Hierdie is 'n hoogs aanbevole video - vermaak word gewaarborg.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die jagter ....... - P1000055.JPG (1/1)

Ma., 08 Desember 2003 00:48

On Sun, 07 Dec 2003 12:34:06 GMT, Paul de dilbeek wrote:

Ek weet nie watter bees jy daar geskiet het, Paul (ek weet niks oor
die Suidafrikaanse dierewêreld nie!).. Maar weet jy wel seker hy is
dood? Ek sou bykans sê dis 'n mak een!

Norbert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Brian Van Rooyen

So., 07 Desember 2003 17:45

Ja, julle bal aanhangers:-)))
Daar sê Brian Van Rooyen - nuwe President SARVU
hoe hy voel oor hierdie dinge.
My eie mening natuurlik is dat hy die blanke handeklap wil hê
(en hy het nog nie agtergekom hoe poog jy, Annette, vir bouwer
se handeklap nie:-))) maar wat dink julle van ide man,
behalwe, dat hy blêddie goeie Afrikaans praat.

DD

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    481  482  483  484  485  486  487  488  489  490  491  492  493  494  495  496    »]
Tyd nou: Sa. Des. 27 23:32:57 UTC 2025