Gesin verpletter oor 2 vrygespreek is van moord op Monique
08/12/2003 22:04 - (SA)
LLEWELLYN PRINCE
KAAPSTAD. - Die onbetroubaarheid van staatsgetuies het veroorsaak dat
albei verdagtes in die saak ná die moord op die gestremde Monique
Valentine (15) gister hier in die hooggeregshof vrygespreek is.
Só het regter Anton Veldhuizen gesê toe hy mnre. Mbulelo en Thomas
Molwana op vier aanklagte vrygespreek het. Hulle het tereggestaan op
aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die besit
van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Die saak het gespruit uit 'n voorval op 3 September verlede jaar
waarin drie mans 'n minibus met leerders van die Oasis-skool vir
verstandelik gestremdes in Wesbank gekaap het.
Die groep het eers die minibus se bestuurder, mnr. Carl Adriaanse,
beroof terwyl hulle agt leerders uit die bussie geboender en met
Monique weggejaag het.
Monique, van Malibu Village, is minute later met 'n koeëlwond in die
maag by die bussie uitgeslinger. Sy het die volgende dag aan dié wond
beswyk.
Mbulelo is weke later op 'n uitkenningsparade as een van die rowers
deur Adriaanse en 'n ander getuie, me. Miriam Daniels, geëien. Daniels
het in haar getuienis erken dat sy voorheen 'n seksuele verhouding met
Mbulelo gehad het.
Die ander beskuldigde is later aangekeer. Albei het skuld ontken.
Veldhuizen het gesê sowel Adriaanse as Daniels se weergawes in die hof
verskil van die verklarings wat hulle kort ná die voorval by die
polisie afgelê het.
Volgens hom is daar groot twyfel oor die beskrywing van die kleredrag
en die fisieke beskrywing wat dié twee sleutelgetuies verskaf het.
Hy het ook gesê Adriaanse en Daniels het die beskuldigdes al voorheen
gesien "en dit is nie verbasend dat hulle op 'n uitkenningsparade as
die verdagtes uitgeken is nie".
Veldhuizen het gesê die twee se getuienis was van so 'n aard dat selfs
die Molwanas se versuim om in die verhoor te getuig, nie die staat se
saak kon red nie.
"Daarvoor is die hof gevolglik tevrede dat die staat nie bo redelike
twyfel kon bewys dat enigeen van die twee beskuldigdes deelgeneem het
aan die misdade nie en word albei op alle aanklagte vrygespreek."
Mnr. Joseph Valentine, Monique se pa, het gesê sy gesin is verpletter
deur die uitspraak. "Ons voel verskriklik ongelukkig hieroor. Ons het
gesien ons pak 'n verlore stryd omdat dit tydens hofverrigtinge al
geblyk het dat niemand ons saak vir ons veg nie."
lpr...@dieburger.com
**Siener van Rensburg het gesê dat pensioen fondse in duie sal stort,
is hierdie die begin daarvan of is dit net toeval? **
Bitter Kersfees
Deon de Lange
Duisende pensioentrekkers het kort voor Kersfees sonder waarskuwing
gehoor hul pensioengeld is skielik met 12% per maand verminder
weens 'n vroeëre, "ongeldige" verhoging.
Hulle moet boonop dié geld met rente terugbetaal.
Ongeveer 4 000 lede van die Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds,
almal amptenare van die voormalige Transvaalse munisipale owerhede,
is in kennis gestel dat hul maandelikse pensioengeld met ingang 1
November met 12% verminder is.
Luidens 'n brief van die Gemeenskap like Munisipale Pensioenfonds,
gedateer 26 November 2003 (een dag nadat die verminderde pensioen
uitbetaal is), is die 12%-verhoging wat lede in Maart verlede jaar
ontvang het, ongeldig.
Dit lui verder dat alle geld wat dienooreenkomstig aan hulle
uitbetaal is, verhaal sal word - met rente bereken teen 8% per jaar.
Boonop is hul siekfondsbydrae ook onlangs verhoog.
Vir mnr. Lewies Koekemoer (71), wat vir 20 jaar as verwer by die
destydse Brakpan-munisipaliteit gewerk het, beteken dit sy drie
kleinkinders, wat by hom kuier, se Kerskouse bly hierdie jaar leeg.
"Ek weet nie hoe ek die kleingoed gaan vertel oupa het nie vanjaar
geld vir Kersgeskenke nie. Hulle gaan só teleurgesteld wees. Waar
gaan ons geld kry om kos te koop, wat nog te sê van geskenke?"
Koekemoer, wat R1 786 per maand ontvang, moet R6 512 terugbetaal.
Mev. Marie Van Rensburg (61) van Brakpan sê sy sal haar huis moet
verkoop. "Ek is nou onderdeur. Hoe kan hulle dit doen? Hulle het ons
geld gemors en nou moet pensioentrekkers swaarkry."
Nóg 'n pensioentrekker van Johannesburg, wat anoniem wil bly uit
vrees vir viktimisasie, sê daar is groot probleme by die fonds.
"Die 12%-verhogings van Maart verlede jaar is volgens amptenare by
die pensioenfonds moontlik gemaak deur die aanwending van 'n surplus
wat tydens die 2001-boekjaar in die fonds opgebou is.
"Nou praat hulle van teenstrydige wetgewing, swak beleggings en ek
weet nie wat alles nie."
'n Brief in Beeld se besit bevestig dit.
"Iemand het 'n groot fout gemaak en nou is dit ons wat moet boet.
Dis 'n skande," sê die man. "Die dalende rentekoerse het my spaargeld
reeds 'n ernstige knou toegedien. En nou dit."
Die pensioenfonds was vroeër vanjaar ook in die nuus oor omstrede
beleggings wat gelei het tot meer as R1 miljard se verlies.
Amptenare by die fonds wou nie kommentaar lewer nie.
Ek het Mnr Gilliomee gisteraand gevid. Dit was 'n boek tewaterlating
in London . Die boek, "The Afrikaner - biography of a people" is in
Engels, maar dit is 'n goed boek vir jour Engelssprekend vriend en
vriendin. Dit is ook 'n maklik lees. Die eeste uitgawe is 'n
uitverkoop!
Andrew Taylor
Van 'n Engels "website"...
Author of historical publications
Was Professor of Political Studies at the University of Cape Town
Hermann Buhr Giliomee was born on 4 April 1938 in Sterkstroom.
He attended school in Porterville and studied History
at the University of Stellenbosch (1956 - 1961 and 1969 - 1972).
He served as a Diplomat from 1963 to 1964.
In 1973 he went as Post Doctoral Research Fellow and visiting lecturer
for a year to the University of Yale, USA.
1982-83: University of Cambridge
1983: Professor at the Department of Political Science, University of
Cape Town.
1995-97: President of the South African Institute of Race of Relations
2001: Stals Prize for Political Sciences
Hermann Giliomee is presentely Extraordianry Professor of History at
the University of Stellenbosch.
In 1984 he founded Die Suid-Afrikaan, an Afrikaans journal of opinion.
He was a regular columnist for the Cape Times, Rand Daily Mail, and
other periodicals from 1980 to 1997 and is presently writing a
political column for the Afrikaans morning newspapers Die Burger,
Beeld and Volksblad.
Hermann Giliomee lives in Stellenbosch. He is married to Annette. They
have two daughters, Francine and Adrienne.
See Die Rol van Kultuur in die Staat van die 21ste eeu, Toespraak,
Afrikanerbond, Potchefstroom 24 September 2002
Hobby: Tennis
Books:
Die administrasietydperk van Lord Caledon (1807-1811), 1963
Afrikanermag, 1981
Adapted strategies for the maintenance of white rule, 1984
Die Kaap tydens die eerste Britse bewind, 1795-1803, 1971
South Africa's relationship with the West, 1980
Zimbabwe, 1980
The parting of the ways, 1982
'n Samelewing in wording, 1982
Up against the fences, 1985
A question of survival, 1987
From apartheid to nation-building, 1989
Negotiating South Africa's future, 1989
The Bold experiment, 1994
Liberal and populist democracy in South Africa, 1996
Surrender without defeat, 1997
The awkward embrace, 1999
Kruispad, 2001
The Afrikaners - Biography of a people, 2003
Een ding wat die Hefer kommissie goed al uitgewys het, is dat die mense wat
intelligensie te doen het, die skuim van die aarde is. Miskien is hulle
almal in mindere of meerdere mate psigopate, want vir hulle is 'n lewe
minder belangrik as 'n saak.
Bernie Ley wat gister getuig het, kon in die begin nie eers prontuit sê dat
hy gelieg het nie - maar genadiglik, deur sy getuies en bekentenis, hoef ons
nie te kyk na Niewoudt vandag nie.
Hoekom mense soos Niewoudt nog steeds vry rondloop en aangewend word deur
wie ookal met skelmstreke besig is, in plaas van om permanent in 'n klein
kamertjie opgesluit te wees met 'n agterstevoor baadjie met baie lang moue,
is maar nog net 'n vingerwysing na ons regstelsel.
Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,
haar hande need'rig oor haar bors gevou,
toe hy, verblindend soos die son, daar staan:
drie wit lelies het hy in sy hand gehou.
Half-skaam, verleë, het sy opgekyk
en is opeens met grote vrees bevang:
sy oë het van haar nie afgewyk,
sy vleuels het oor heel die tuin gehang.
"Geseën is jy onder die vroue" - sy woorde -
of was dit winde? - verruis nog in haar oor,
toe hy teen die son in goue vlug verdwyn ...
Sy het haar neergebuig en half-versmoorde
klein snikkies in haar hart gehoor,
van verlossing reeds die vreugde en die pyn.
Mbeki en Sasol haaks oor swart bemagtiging
ADRI KOTZÃ
Sasol het gister sy toegewydheid aan swart ekonomiese bemagtiging en
transformasie bevestig nadat pres. Thabo Mbeki die land se voorste
petrochemiese maatskappy daarvan beskuldig het dat hy
bemagtiging "swartgesmeer" het in 'n voorlegging aan die New Yorkse
aandelebeurs.
Mbeki het Sasol Vrydag skerp gekritiseer in sy weeklikse nuusbrief op
die ANC se webtuiste en gesê Sasol het swart ekonomiese bemagtiging
voorgehou as 'n potensieel negatiewe faktor vir sy prestasie as 'n
genoteerde maatskappy. "Die ooglopende uitwerking hiervan is dat
enige potensiële belegger op die New Yorkse aandelebeurs tot die
slotsom sal kom dat dit inderdaad onverstandig sal wees om Sasol-
aandele te koop of in die Suid-Afrikaanse ekonomie te belê, gegewe
die onsekerhede wat Sasol in sy voorlegging aan die New Yorkse
aandelebeurs oorgedra het," het Mbeki geskryf.
Hy het ook verwys na uitsprake deur Barloworld se hoofekonoom, wat
volgens Mbeki Sasol se standpunt gesteun het.
"Die boodskap van Sasol en die hoofekonoom van Barloworld is
eenvoudig en reguit.
"Dit is dat swart ekonomiese bemagtiging nie goed is vir sake nie.
Hulle wil dus 'n boodskap aan alle plaaslike en oorsese sakelui
uitdra dat hulle ons pogings om die nalatenskap van rassisme in die
ekonomie te takel, moet beskou as iets wat skadelik is vir goeie
sake," sê Mbeki.
Hy het gewaarsku dat Sasol en ander wat soos dié maatskappy
dink 'n "verouderde ingesteldheid moet ontgroei wat deel geraak het
van hul eie besondere en sonderlinge korporatiewe kultuur".
"Hulle sal uiteindelik moet verstaan dat swart ekonomiese bemagtiging
in hul belang is, op dieselfde manier as wat ons land se wit
bevolking oor die algemeen begin verstaan dat die demokrasie en nie-
rassigheid vir hulle vryheid, geluk en lewe waarborg."
Sasol se uitvoerende hoof, mnr. Pieter Cox, het gister in 'n
verklaring gesê die maatskappy stem saam met Mbeki dat bemagtiging
noodsaaklik is vir die ekonomiese groei van die land en
sakeondernemings soos Sasol.
"Sasol, as die grootste enkele belegger in die Suid-Afrikaanse
ekonomie, beskou swart ekonomiese bemagtiging en transformasie as
ekonomiese noodsaaklikhede."
Cox sê dit lyk asof die interpretasie van die bewoording, wat nodig
was vir die regsformaliteite van die notering, uit konteks geneem is
en dat dít die indruk wek dat Sasol nie verbind is tot alle aspekte
van swart ekonomiese bemagtiging nie.
"Die indruk is heeltemal verkeerd," lui die verklaring.
"Ons sal verkies om beoordeel te word op grond van ons verbintenis
tot en optrede met swart ekonomiese bemagtiging eerder as op 'n paar
woorde wat uit konteks geneem is."
Cox sê net een voorbeeld van Sasol se verbintenis is die huidige
proses waarin die grootste bemagtigingsonderneming vir vloeibare
brandstof in die land geskep word.
Afrikaans in skole 'in groot gemors'
ALET RADEMEYER
PRETORIA. -- Onderwys in Afrikaans in skole is in 'n groot gemors.
Belanghebbendes sal waarskynlik geen ander keuse hê as om hulle tot
die grondwethof te wend nie.
Só meen mnr. Louis Smuts, sameroeper van die nuwe Trust vir
Afrikaanse Beheerliggame vir Onderwys en Kultuur (Tabok) en
voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool F.H. Odendaal in
Pretoria.
Hy het gister gesê iets sal dringend gedoen moet word om die stand
van onderrig in Afrikaans reg te ruk.
Tabok wil enkelmedium- Afrikaanse skole teen beweerde inmenging van
die onderwysdepartement beskerm.
Tot op hede meen heelparty Afri kaanse skole dat die departement
hulle wil dwing om hul taalbeleid te verander deur dubbel- of
parallelmediumskole te word.
Tabok gaan kragte met die vakbond Solidariteit saamspan wat die
administrasie van die trust sal behartig.
"Ons wil 2 500 Afrikaanse skole en twee Afrikaanse universiteite
terughê," het Smuts gesê.
Onlangse statistieke dui daarop dat daar net sowat 300 Afrikaanse
voormalige model C-skole in die land oor is en meer as 1 000 ander
Afrikaanse skole.
Volgens Smuts gaan Tabok nie net geld vir hofsake probeer kry nie,
maar hom beywer vir Afrikaanse onderwys- en kultuurontwikkeling.
vSkole gaan gewerf word om deel van Tabok te word teen 'n registra
sietarief van sowat R2 000 per jaar per skool.
Verskillende komitees gaan aangestel word om onder meer te kyk na
die "drastiese verlagting in standaarde weens die nuwe kurrikulum".
Smuts het gesê "dit is verbysterend hóé standaarde geval het en hoe
al hoe meer ongeletterde jong mense skole verlaat".
Van die komitees gaan spesifiek kyk na die moontlikheid van opleiding
vir Afrikaanse onderwysers aan 'n universiteit en die oprigting
van 'n Afrikaanse mediese navorsingsentrum waar medici in Afrikaans
opgelei kan word.
Smuts het gesê enige organisasie is welkom om by dié projek betrokke
te raak.
Hy het ook gesê die pogings om vir die voortbestaan van Afrikaans in
onderwys te veg, is nie net tot Afrikaners beperk nie. Tabok sal met
Afrikaanse bruin skole landwyd wil saamwerk.
"Ook hulle word bedreig. Engelse leerlinge oorstroom hulle skole en
dié wat dit kan bekostig, vlug weer na die enkele voormalige model C-
skole wat hulle kan akkommodeer."
Nog 'n komitee sal kyk na die verval van skolesport waar leerlinge
nie meer kans kry om buite skoolverband te vorder nie, het Smuts
gesê.
Volgens Smuts probeer Tabok nie die werksaamhede van die Federasie
van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) oorneem nie.
"Ons is bloot 'n alternatiewe voertuig wat Afrikaanse onderwys wil
dryf."