Lusaka. - Die verhoor waarin oudpres. Frederick Chiluba van Zambië op
169 aanklagte van diefstal teregstaan, het Dinsdag begin.
Die aanklagspan, onder leiding van mnr. Mukelabai Mukelabai,
direkteur van openbare vervolging, het tydens die oggendsitting drie
voormalige sekretaresses geroep om getuienis te lewer teen Chiluba.
Die 169 aanklagte waarop Chiluba saam met ses ander teregstaan,
beloop $40 miljoen (sowat R256 miljoen ).
Chiluba het dié geld glo tussen 1991 en 2001 verduister terwyl hy
president was.
Verskeie regskenners sê die aanklagte hou nie water nie omdat die
staatshoof-amp hom vrywaar van vervolging weens optrede in sy
ampstermyn.
Ander is bekommerd dat die verhoor op 'n verkwisting van tyd en geld
gaan neerkom.
- Jeff Kapembwa
Ek glo dat die Zim planne met die grond nogal n' goeie plan kan wees, as ek
daar goed oor nadenk. As al die SA boere nou al hulle grond afstaan vir die
gene wat se hulle wil boer, dan kan ons boere n' bietjie terugsit. En net n'
paar jaar wag op die hongersnood.
Dan na die paar jaar, kry die boere net soveel grond, of meer terug as wat
hulle wil he. Die .'[.,mndkeiiwqp soek nie boerdery werk nie maar le-plek.
As die maaggies n' bietjie gaan knor dan sal ou baas maar weer n' bietjie
moet plant . Kijk hoe soek hulle die blanke Zim boere in die buurlande. Kyk
hoe wakker is die swart regering van Botswana, daar boer die blankte te
lekker en word nie vermoor nie as hy uit die kerk weer by die huis kom. Wat
een "shit land hierdie plek" Dit het fout gegaan toe ons almal menere geword
het is dit nie so nie ? Nog ietsie uit die nuus Colin Chauke is dood aan
vigs, ek bedoel meneer Colin Chauke soos die regter gese het.
Perdegriep het hier in die Kaap uitgebreek. Daar is 'n moontlikheid dat
die Met op 31 Januarie nie sal gebeur nie, en hierdie jaar sou daar juis 3
Godolphin perde in die Met gehardloop het.
Blykbaar het die siekte ook nou na die OosKaap uitgebrei.
Perde wat perdegriep kry moet vir 30 dae nie oefen of rondbeweeg nie. Dit
is hoogs aansteeklik, is dikwels fataal en perde kan met 'n borskwaal na die
tyd sukkel.
--
Annette
Perdeverkoue het hier in die Kaap uitgebreek. Daar is 'n moontlikheid dat
die Met op 31 Januarie nie sal gebeur nie, en hierdie jaar sou daar juis 3
Godolpin perde in die Met gehardloop het.
Blykbaar het die siekte ook nou na die OosKaap uitgebrei.
Perde wat perdeverkoue kry moet vir 30 dae nie oefen of rondbeweeg nie. Dit
is hoogs aansteeklik, is dikwels fataal en perde kan met 'n borskwaal na die
tyd sukkel.
--
Annette
In die eerste week van Desember het 7 buitelanders in ons land die lewe
gelaat op ons grondpaaie. Hieronder was drie Belge, tween Pakistani's en
twee Suid-Afrikaners. Die eerste gedagte is dat die grondpaaie gevaarlik
is, maar vir die ingeligde en vaardige bestuurder is die grondpad 'n vriend
eerder as 'n vyand. Dit is egter die moderne lewe wat veroorsaak dat die
moderne voertuig onkundige bestuurders te veel moontlikhede bied wat hulle
eintlik nie kan hanteer nie.
In die ou dae van 4x4 het almal omtrent rondgeploeter in Land-Rovers en
enigiemand wat 'n Landie rêrig ken sal vir jou vertel dat die stuk drek
breek eerder voor hy omval! Ry jy hom bult op, dan sit jy lank teen die
opdraende uit. Kry jy 'n afdraende, en die ding vang uiteindelik bietjie
spoed, dan rattle en skrou hy so luidrugtig dat g'n mens dit kan uithou nie.
Aan die pluskant het dit beteken dat die mense wat dit op die grondpaaie
waag, maar so rondom die 100km/uur gehou het. Vandag, met die moderne
4x4'e wat omtrent almal maklik 160km/uur PLUS kan ry op enige pad en dan
behang die verhuurmaatskappye die voertuie nog met daktente, ens wat dit nog
meer 'top heavy' maak, nou hang dit van die bestuurder se vaardigheid af om
die voertuig op die pad te hou. Mense uit die buiteland, maar veral
Europa, het in hul lewe meestal nog nooit eers 'n grondpad gesien nie, wat
nog van daarop bestuur met 'n 4x4!
Die tegnologie is 'n wonderlike ding, maar die GPS en die moderne 4x4,
is besig om Afrika te verpoeier want dit plaas die vermoë in onkundige en
onervare hande om sleepvoet te gaan rondploeter in 'n area waarvoor 'n
kundige leidende hand uiters noodsaaklik is. As 'n mens bystaan en sien
hoe word jou land verkrag, dan is dit maar moeilik om die regte graad van
deernis op te wek vir die dooies.....
Werner
Die liedjie se naam is Ai Meisie Meisie. Jan de Wet het dit geskryf, en ek
dink dis die Acaphela koor wat dit sing. As jy kans sien vir 'n 2MB email,
kan ek dit vir jou email.
- - - - - - - - - - - - - - - - -
Ek is op soek na die naam van 'n Afrikaanse liedjie wat in die jare 70 /80's
gesing is deur baie van die studente kore. Ek kan slegs sekere dele onthou
Ai aster aster neem my hand en hou dit vaster
want my kop word deurmekaar as ek na jou staan en staar
Ai meisie meisie wil jy nie maar met my kys nie
ens ens
Weet enige persoon dalk wat die naam van dit liedjie is, ek is jammer vir
die min inligting maar ek het die lied 20 jaar laas gehoor.
Gesin verpletter oor 2 vrygespreek is van moord op Monique
08/12/2003 22:04 - (SA)
LLEWELLYN PRINCE
KAAPSTAD. - Die onbetroubaarheid van staatsgetuies het veroorsaak dat
albei verdagtes in die saak ná die moord op die gestremde Monique
Valentine (15) gister hier in die hooggeregshof vrygespreek is.
Só het regter Anton Veldhuizen gesê toe hy mnre. Mbulelo en Thomas
Molwana op vier aanklagte vrygespreek het. Hulle het tereggestaan op
aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede en die besit
van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Die saak het gespruit uit 'n voorval op 3 September verlede jaar
waarin drie mans 'n minibus met leerders van die Oasis-skool vir
verstandelik gestremdes in Wesbank gekaap het.
Die groep het eers die minibus se bestuurder, mnr. Carl Adriaanse,
beroof terwyl hulle agt leerders uit die bussie geboender en met
Monique weggejaag het.
Monique, van Malibu Village, is minute later met 'n koeëlwond in die
maag by die bussie uitgeslinger. Sy het die volgende dag aan dié wond
beswyk.
Mbulelo is weke later op 'n uitkenningsparade as een van die rowers
deur Adriaanse en 'n ander getuie, me. Miriam Daniels, geëien. Daniels
het in haar getuienis erken dat sy voorheen 'n seksuele verhouding met
Mbulelo gehad het.
Die ander beskuldigde is later aangekeer. Albei het skuld ontken.
Veldhuizen het gesê sowel Adriaanse as Daniels se weergawes in die hof
verskil van die verklarings wat hulle kort ná die voorval by die
polisie afgelê het.
Volgens hom is daar groot twyfel oor die beskrywing van die kleredrag
en die fisieke beskrywing wat dié twee sleutelgetuies verskaf het.
Hy het ook gesê Adriaanse en Daniels het die beskuldigdes al voorheen
gesien "en dit is nie verbasend dat hulle op 'n uitkenningsparade as
die verdagtes uitgeken is nie".
Veldhuizen het gesê die twee se getuienis was van so 'n aard dat selfs
die Molwanas se versuim om in die verhoor te getuig, nie die staat se
saak kon red nie.
"Daarvoor is die hof gevolglik tevrede dat die staat nie bo redelike
twyfel kon bewys dat enigeen van die twee beskuldigdes deelgeneem het
aan die misdade nie en word albei op alle aanklagte vrygespreek."
Mnr. Joseph Valentine, Monique se pa, het gesê sy gesin is verpletter
deur die uitspraak. "Ons voel verskriklik ongelukkig hieroor. Ons het
gesien ons pak 'n verlore stryd omdat dit tydens hofverrigtinge al
geblyk het dat niemand ons saak vir ons veg nie."
lpr...@dieburger.com
**Siener van Rensburg het gesê dat pensioen fondse in duie sal stort,
is hierdie die begin daarvan of is dit net toeval? **
Bitter Kersfees
Deon de Lange
Duisende pensioentrekkers het kort voor Kersfees sonder waarskuwing
gehoor hul pensioengeld is skielik met 12% per maand verminder
weens 'n vroeëre, "ongeldige" verhoging.
Hulle moet boonop dié geld met rente terugbetaal.
Ongeveer 4 000 lede van die Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds,
almal amptenare van die voormalige Transvaalse munisipale owerhede,
is in kennis gestel dat hul maandelikse pensioengeld met ingang 1
November met 12% verminder is.
Luidens 'n brief van die Gemeenskap like Munisipale Pensioenfonds,
gedateer 26 November 2003 (een dag nadat die verminderde pensioen
uitbetaal is), is die 12%-verhoging wat lede in Maart verlede jaar
ontvang het, ongeldig.
Dit lui verder dat alle geld wat dienooreenkomstig aan hulle
uitbetaal is, verhaal sal word - met rente bereken teen 8% per jaar.
Boonop is hul siekfondsbydrae ook onlangs verhoog.
Vir mnr. Lewies Koekemoer (71), wat vir 20 jaar as verwer by die
destydse Brakpan-munisipaliteit gewerk het, beteken dit sy drie
kleinkinders, wat by hom kuier, se Kerskouse bly hierdie jaar leeg.
"Ek weet nie hoe ek die kleingoed gaan vertel oupa het nie vanjaar
geld vir Kersgeskenke nie. Hulle gaan só teleurgesteld wees. Waar
gaan ons geld kry om kos te koop, wat nog te sê van geskenke?"
Koekemoer, wat R1 786 per maand ontvang, moet R6 512 terugbetaal.
Mev. Marie Van Rensburg (61) van Brakpan sê sy sal haar huis moet
verkoop. "Ek is nou onderdeur. Hoe kan hulle dit doen? Hulle het ons
geld gemors en nou moet pensioentrekkers swaarkry."
Nóg 'n pensioentrekker van Johannesburg, wat anoniem wil bly uit
vrees vir viktimisasie, sê daar is groot probleme by die fonds.
"Die 12%-verhogings van Maart verlede jaar is volgens amptenare by
die pensioenfonds moontlik gemaak deur die aanwending van 'n surplus
wat tydens die 2001-boekjaar in die fonds opgebou is.
"Nou praat hulle van teenstrydige wetgewing, swak beleggings en ek
weet nie wat alles nie."
'n Brief in Beeld se besit bevestig dit.
"Iemand het 'n groot fout gemaak en nou is dit ons wat moet boet.
Dis 'n skande," sê die man. "Die dalende rentekoerse het my spaargeld
reeds 'n ernstige knou toegedien. En nou dit."
Die pensioenfonds was vroeër vanjaar ook in die nuus oor omstrede
beleggings wat gelei het tot meer as R1 miljard se verlies.
Amptenare by die fonds wou nie kommentaar lewer nie.