Die rolprent, Larence of Arabia, het ook 'n blywende indruk op my gehad -
die onderlinge gevegte tussen die Arabiese stamme. Dit het egter ook die
indruk van volke (of groepe dan) se smagting na selfbeskikking uitgebeeld.
'n Primitiewe feudalisme wat met bietjie opvoeding 'n gesonde federalisme
sou kon word. Natuurlik futiel - soos Lawrence dan met die mislukking van
die "parlement" in Damascus uitvind.
As Afrikaner verstaan ek die feudalisme miskien beter. 'n Ou grap: wat maak
drie Afrikaners as hulle bynmekaar kom?
Hulle stig drie kerke en vier politieke partye.
Selfs in tye toe die Afrikaner met sy rug teen die muur was - soos die Anglo
Boere-oorlog van 1899-1902 - was daar "verraaiers" wat die Engelse gesteun
het en die Kaapprovinsie (Engelse kolonie) wat geen keuse gehad het as om
die Engelse te steun nie. Die geskiedenisboeke is ook vol van onderlinge
gevegte tussen boere-leiers. Toe president Steyn byvoorbeeld gehuiwer het om
oorlog teen Engeland te verklaar het hy die toorn van verskeie ander
generaals vrygelaat en byna burgeroorlog veroorsaak.
'n Ander voorbeeld is die bloeitydperk van Afrikaner nasionalisme,
1987-1994. Regse Afrikanerpartye ('n sterk groep) het die 1993 referendum
gebooikot - wat dit dan as mislukking sou verdoem. Op die vooraand van die
referendum kom ene Generaal Constand Viljoen egter op die toneel en stig die
Vryheidsfront en steun die referendum. Onmiddelike verdeling in die range
van die regses. Die res is geskiedenis.
Rikkie het egter gelyk dat Christene mekaar net so kan opvoeter - soos
Noord-Ierland dan demonstreer.
Dis nou die een met die weglêsnor en kwaai oge.
Op Witbank kom bied Truk toe een of ander verhoogstuk aan in ons skoolsaal.
Danie Smuts was die een akteur in die stuk. Ongelukkig was dit 'n uiters
vervelige verhoogstuk met min aksie en toneelwisselinge, net Danie en ek
dink Cobus Rossouw wat by 'n tafel sit en praat, Die kinders begin toe maar
rondskuif en al hoe harder onder mekaar te fluster, totdat Danie met 'n
gebalde vuis op die tafel slaan en ons daar van die verhoog af vloek en
dreig dat hulle sal ophou as ons nie ophou nie. Na die aanvanklike geskokte
stilte, en die gefluister weer begin. Met die breek vir pouse het die gehoor
geesdriftig hande geklap en uitgeloop:))))
Lusaka. - Die verhoor waarin oudpres. Frederick Chiluba van Zambië op
169 aanklagte van diefstal teregstaan, het Dinsdag begin.
Die aanklagspan, onder leiding van mnr. Mukelabai Mukelabai,
direkteur van openbare vervolging, het tydens die oggendsitting drie
voormalige sekretaresses geroep om getuienis te lewer teen Chiluba.
Die 169 aanklagte waarop Chiluba saam met ses ander teregstaan,
beloop $40 miljoen (sowat R256 miljoen ).
Chiluba het dié geld glo tussen 1991 en 2001 verduister terwyl hy
president was.
Verskeie regskenners sê die aanklagte hou nie water nie omdat die
staatshoof-amp hom vrywaar van vervolging weens optrede in sy
ampstermyn.
Ander is bekommerd dat die verhoor op 'n verkwisting van tyd en geld
gaan neerkom.
- Jeff Kapembwa
Ek glo dat die Zim planne met die grond nogal n' goeie plan kan wees, as ek
daar goed oor nadenk. As al die SA boere nou al hulle grond afstaan vir die
gene wat se hulle wil boer, dan kan ons boere n' bietjie terugsit. En net n'
paar jaar wag op die hongersnood.
Dan na die paar jaar, kry die boere net soveel grond, of meer terug as wat
hulle wil he. Die .'[.,mndkeiiwqp soek nie boerdery werk nie maar le-plek.
As die maaggies n' bietjie gaan knor dan sal ou baas maar weer n' bietjie
moet plant . Kijk hoe soek hulle die blanke Zim boere in die buurlande. Kyk
hoe wakker is die swart regering van Botswana, daar boer die blankte te
lekker en word nie vermoor nie as hy uit die kerk weer by die huis kom. Wat
een "shit land hierdie plek" Dit het fout gegaan toe ons almal menere geword
het is dit nie so nie ? Nog ietsie uit die nuus Colin Chauke is dood aan
vigs, ek bedoel meneer Colin Chauke soos die regter gese het.
Perdegriep het hier in die Kaap uitgebreek. Daar is 'n moontlikheid dat
die Met op 31 Januarie nie sal gebeur nie, en hierdie jaar sou daar juis 3
Godolphin perde in die Met gehardloop het.
Blykbaar het die siekte ook nou na die OosKaap uitgebrei.
Perde wat perdegriep kry moet vir 30 dae nie oefen of rondbeweeg nie. Dit
is hoogs aansteeklik, is dikwels fataal en perde kan met 'n borskwaal na die
tyd sukkel.
--
Annette
Perdeverkoue het hier in die Kaap uitgebreek. Daar is 'n moontlikheid dat
die Met op 31 Januarie nie sal gebeur nie, en hierdie jaar sou daar juis 3
Godolpin perde in die Met gehardloop het.
Blykbaar het die siekte ook nou na die OosKaap uitgebrei.
Perde wat perdeverkoue kry moet vir 30 dae nie oefen of rondbeweeg nie. Dit
is hoogs aansteeklik, is dikwels fataal en perde kan met 'n borskwaal na die
tyd sukkel.
--
Annette
In die eerste week van Desember het 7 buitelanders in ons land die lewe
gelaat op ons grondpaaie. Hieronder was drie Belge, tween Pakistani's en
twee Suid-Afrikaners. Die eerste gedagte is dat die grondpaaie gevaarlik
is, maar vir die ingeligde en vaardige bestuurder is die grondpad 'n vriend
eerder as 'n vyand. Dit is egter die moderne lewe wat veroorsaak dat die
moderne voertuig onkundige bestuurders te veel moontlikhede bied wat hulle
eintlik nie kan hanteer nie.
In die ou dae van 4x4 het almal omtrent rondgeploeter in Land-Rovers en
enigiemand wat 'n Landie rêrig ken sal vir jou vertel dat die stuk drek
breek eerder voor hy omval! Ry jy hom bult op, dan sit jy lank teen die
opdraende uit. Kry jy 'n afdraende, en die ding vang uiteindelik bietjie
spoed, dan rattle en skrou hy so luidrugtig dat g'n mens dit kan uithou nie.
Aan die pluskant het dit beteken dat die mense wat dit op die grondpaaie
waag, maar so rondom die 100km/uur gehou het. Vandag, met die moderne
4x4'e wat omtrent almal maklik 160km/uur PLUS kan ry op enige pad en dan
behang die verhuurmaatskappye die voertuie nog met daktente, ens wat dit nog
meer 'top heavy' maak, nou hang dit van die bestuurder se vaardigheid af om
die voertuig op die pad te hou. Mense uit die buiteland, maar veral
Europa, het in hul lewe meestal nog nooit eers 'n grondpad gesien nie, wat
nog van daarop bestuur met 'n 4x4!
Die tegnologie is 'n wonderlike ding, maar die GPS en die moderne 4x4,
is besig om Afrika te verpoeier want dit plaas die vermoë in onkundige en
onervare hande om sleepvoet te gaan rondploeter in 'n area waarvoor 'n
kundige leidende hand uiters noodsaaklik is. As 'n mens bystaan en sien
hoe word jou land verkrag, dan is dit maar moeilik om die regte graad van
deernis op te wek vir die dooies.....
Werner
Die liedjie se naam is Ai Meisie Meisie. Jan de Wet het dit geskryf, en ek
dink dis die Acaphela koor wat dit sing. As jy kans sien vir 'n 2MB email,
kan ek dit vir jou email.
- - - - - - - - - - - - - - - - -
Ek is op soek na die naam van 'n Afrikaanse liedjie wat in die jare 70 /80's
gesing is deur baie van die studente kore. Ek kan slegs sekere dele onthou
Ai aster aster neem my hand en hou dit vaster
want my kop word deurmekaar as ek na jou staan en staar
Ai meisie meisie wil jy nie maar met my kys nie
ens ens
Weet enige persoon dalk wat die naam van dit liedjie is, ek is jammer vir
die min inligting maar ek het die lied 20 jaar laas gehoor.