Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Maria " deur ELIZABETH EYBERS

Wo., 17 Desember 2003 02:17

Elizabeth Eybers

Maria

'n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap - en jy het
'n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!

Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink eenmaal sou hê
die hele wêreldskande dra?

Toe jy soms met 'n glimlag langs
jou liggaam stryk . die stilte instaar .
wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hê sy hellevaart aanvaar?

Die nag daar in die stal - geeneen
om in jou nood by jou te staan -
het jy geweet dat hy alléén
Getsemane sou binnegaan?

Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon,
wis jy hoe die soldate hom
tot koning van die volk sou kroon?

En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was: Ek het dors!

Toe dit verby was en jy met
sy vriend Johannes huis toe gaan -
Maria, vrou van smarte, het
jy tóé die boodskap goed verstaan?

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Noudat Saddam gevang is

Di., 16 Desember 2003 06:09

Moet ons begin regmaak vir 'n VSA inval via ons kus om Bob Mugabe beet te
kry? Of is daar iemand anders wat die Amerikaners eerder wil vang, net om
die vind van Osama op die agtergrond te skuif?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wie soen jy vandag?

Di., 16 Desember 2003 05:37

Van Dingaansdag tot Geloftedag tot Versoeningsdag - almal dieselfde dag.
Ek wonder hoe lyk dit vandag daar by die Voortrekkermonument in
Pretoria/Tshwane.
Hier in die Kaap gaan die meeste wat kan sonbraai strand toe.

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

pisseleer

Ma., 15 Desember 2003 15:10

Annette skryf in die draad "Saddam gevang":
> Iets pisseleer my geweldig.

Ek lees die woord pisseleer en in my
onkunde soek ek dit op in die vierde
uitgawe van die HAT (2000) waar pistasie
op pispot volg.

Is dit 'n nuwe woord? Uit die konteks
raai ek dit is bedoel om die afrikaans
vir die Engelse "puzzle" te wees.

--
JBV

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

16 Desember

Ma., 15 Desember 2003 14:37

Die inligting van Geloftefeeste 2003 word as dringendheid op die
webwerf vertoon. Tyd is kosbaar derhalwe geen oordentlike webbladsy
tot Januarie 2004 nie.

AANGEHEG GELOFTEFEESTE WAT DEUR DIE LAND EN OORSEE AANGEBIED WORD.
DIE GELOFTEFEESTE IS NIE IN 'N SPESIFIEKE VOLGORDE NIE. U SAL OOK
MERK DAT DAAR MEER AS EEN GELOFTEFEES PER DORP OF STREEK .
Versprei asseblief hierdie lys aan almal wat u ken.
VERSOEK AAN PERSONE WAT WEL VAN DIE FEESTE BYWOON.
Doen ons 'n guns deur aan ons terugvoering te gee hoe die fees
bygewoon is en wie die nuwe besture, met kontak besonderhede , is.
Kriptiese inligting word benodig, met 'n vergelyking van vorige jare
se bywonings.
As dit moontlik is sirkuleer 'n presensie lys met die volgende
verpligte velde.
Naam en Van, Loopfoon nommer, Vonkpos adres en posadres.
Stuur die inligting per faks aan 012-6511907 of vonkpos
bo...@boer.co.za
AKSIE: Stuur 'n sms aan al die persone op jou adreslys met die
volgende boodskap
"16 Des is Geloftedag. Nie versoeningsdag nie. As jy ook so getuig.
Stuur die boodskap aan. www.boer.co.za vir meer inligting"
--------------
Die Geloftefees by Paardekraal, op Krugersdorp, begin om sesuur die
oggend op 16 Desember, met 'n erediens deur ds Werner van den Heever
van die Gereformeerde Kerk Randfontein noord. Vanaf negeuur is daar
samesang en vlaghysing, asook die voorlesing van die 1880 Gelofte.
Daarna word die feesrede gelewer deur ds D van R. van den Berg, van
die
Hervormde Kerk, Glencoe.
Die Gelofte erediens word waargeneem deur dr DJC van Wyk, redakteur
van die Hervormer en leraar van die Hervormde gemeente Wolmaransstad.
Die herdenking van Geloftedag op 16 Desember, word voorafgegaan deur
'n erediens op 1 Desember om vyfuur die oggend by Pretoriuskraal, of
Oukraal soos dit ook bekend staan, wat waargeneem word deur Ds JCG
Janse van Vuuren van die Afrikaanse Protestantse Kerk, Roodepoort.
Op Saterdag 13 Desember, bied die Volkspelers 'n groot Boeresportdag
aan met 'n kamp vuur konsert.
Nadere besonderhede kan by Frans Viljoen by telefoon 011 665 1478 of
mej Wilma Oberholzer by telefoon 084 732 4177 verkry word?

Geloftedag word op 16 Desember in die stadsaal van Mosselbaai
herdenk. Die verrigtinge begin om halfnege en na die erediens wat
deur ds Johan Theron, van die Afrikaanse Protestantse Kerk op
Potgietersrust, waargeneem word, is daar'n woord en klank uitbeelding
van Die Stem. Vakansiegangers aan die Ooskaap is insgelyks welkom om
die herdenking by te woon en nadere besonderhede kan by mnr Piet
Greeff by telefoon 044 696 6743 verkry word.

Die Verwoerdburgse Geloftefees word op 16 Desember, op die
Rooihuiskraal feesterrein gehou. Die verrigtinge begin om negeuur en
die erediens word waargeneem deur ds Jan Coetzee, van die
Gereformeerde Kerk. Nadere besonderhede kan by telefoon 012 6542079
of Ol2 6600983 verkry word.

Geloftefees op Sonop, net wes van Brits, word op 16 Desember in die
saal van die Laerskool Sonop gehou. Die verrigtinge begin om negeuur
en die erediens word waargeneem deur ds Ben Smit van die
Gereformeerde Kerk, Brits wes. Die feesrede sal deur prof Kobus
Pienaar waargeneem word. Nadere besonderhede kan by mnr Chris van Wyk
by telefoon 012 256 6799 verkry word.

Geloftedag word op 16 Desember in die trimpark, op Ventersdorp,
herdenk. Die verrigtinge neem om negeuur'n aanvang en die feesrede
word om halftwaalf ds L. Stavast, waargeneem.

Die Menloparkse Geloftefeeskomitee reel vanjaar die Herdenking van
Geloftefees in die saal van die Menloparkse Laerskool, in Pretoria.
Die verrigtinge begin om negeuur en die herdenkingsdiens sal deur ds
Thomas Dreyer waargeneem word. Nadere besonderhede kan by mnr Japie
Saaijman by telefoon 012 460 3766 verkry word.

Daar word vyf Herdenkings van Geloftedag op Lydenburg en omgewing
gehou.
a) Op Lydenburg is daar'n herdenkingsdiens op Geloftedag, om negeuur
in die NG kerk Lydenburg suid gehou waar ds Piet Bezuidenhout sal
voorgaan. Ds Bezuidenhout kan vir nadere besonderhede by telefoon 013
235 2504 of 083 271 0914 geskakel word.
b) Op Watervalsrivier word die Geloftediens om negeuur in die
Geloftefeessaal gehou. Nadere besonderhede kan by mnr Lood de Jager
by telefoon 013 231 7889 of 083 236 5870 verkry word.
c) Op Orighstad word die Herdenkingsdiens op Geloftedag om negeuur in
die Potgietersaal gehou. Genl Constand Viljoen kan vir nadere
besonderhede geskakel word by telefoon 013 238 0449.
d) Op Naauwpoort neem die Geloftefees reeds om 15 Desember om
tweeuur 'n aanvang met 'n boeresport en 'n saam kuier. Op 16 Desember
word die erediens om tienuur waargeneem deur ds Jorrie Jordaan en
prof Theuns Verster sal om halftwaalf die feesrede lewer.
e) Die Badfonteiners hou Geloftedag by die Klipspruitskool. Die
verrigtinge begin reeds op 15 Desember met die aankoms van 'n
perdekommando. Op Geloftedag sal ds Abel Steyn die erediens lei en
nadere besonderhede kan by Hannie van der Merwe by telefoon 013 235
4337 verkry word.

Die Geloftefees op Rietkuil, langs die Arnot kragstasie in Oos
Transvaal, begin reeds op Maandag. 15 Desember, met 'n konsert om
seweuur waartydens die panfluitspeler, Roberto, sal optree. Op 16
Desember begin die verigtinge om tienuur met 'n erediens deur ds
Rudie Beukes, gevolg deur die feesrede wat deur ds Nicolaas
Steenekamp, van die Hervormde Kerk, Middelburg, gelewer sal word.
Nadere besonderhede kan by mnr Neels Kruger by telefoon 013 293 7012
of 072 342 4589 verkry word.

Die Geloftefees by Bloedrivier begin reeds op Vrydag, 12 Desember
met 'n viertrek byeenkoms op Heilbron, in die Vrystaat, waarna hulle
Saterdag, 13 Desember, na Bloedrivier sal vertrek. Kampeerders kan
reeds vanaf 12 Desember by Bloedrivier aankom waar allerhande
ontspanningsbyeekomste sal plaasvind. Sondag, 14 Desember, is
vlaghysing, gevolg deur'n erediens in die saal en die aand word
samesang aangebied. Op 15 Desember word die perdekommandos teen
negeuur verwag waarna daar boeresport sal wees. Die middag halfvyf
word die vlagstryking deur die perdekommandos behartig en die aand is
daar samesang om die kampvuur. Op Geloftedag, 16 Desember, is daar om
sesuur'n vroee oordenking in die wa laer gevolg deur'n kranslegging.
Die vlaghysing word deur die perdekommandos hanteer en om tienuur
word die erediens deur dr Willie Marais behartig. Die hoofspreker, om
elfuur, is Prof Hendrik van der Wateren waarna die aanwesiges gaan
saamkuier. Besonderhede oor die Fees kan by mnr Frans Schutte by
telefoon 034 982 1949 of 083 375 5198 verkry word. Navrae oor die
viertrekbyeenkoms kan by mnr Jurie Wessels by telefoon 082 808 2746
bekom word. Die reelings oor die perdekommandos kan met mnr Gerhard
Combrinck by telefoon 017 843 2113 bespreek word.

'n Gedenkdiens ter herdenking van Geloftedag word op 16 Desember
vanaf negeuur by die Voortrekkermonument gehou. Die erediens, wat
deur prof Piet Straus waargeneem sal word, word voorafgegaan deur
samesang. Om twaalfuur kan die sonverligting van Senotaaf waargeneem
word. Hierdie sonverligting sal ook op 'n groot skerm in die
Heldesaal geprojekteer word. Nadere besonderhede kan ook by die
Monument by telefoon 012 326 6770 of 012 323 0682 verkry word.

Die Geloftefees op Pietersburg vind op die Doornkraal feesterrein,
net noord van die stad, plaas. Dit begin reeds op Dinsdagaand, 9
Desember, om 18h30, met'n verootmoedigingsdiens. Die eredienste sal
daarna elke aand dieselfde tyd, tot Geloftedag deur leraars van die
stad herhaal word. Die diens op Sondag, 14 Desember, sal egter'n
kerssangdiens onder leiding van ds Dopper Erasmus wees. Op
Geloftedag, 16 Desember, begin die verrigtinge om negeuur met 'n
vlaghysing en 'n kranslegging by die monumente op die terrein. Daarna
volg 'n kultuurprogram en die feesrede sal deur mnr Jannie Jacobs,
voorsitter van die Pietersburgse Distrikslandbou unie gelewer word.
Nadere besonderhede kan by mnr Johan Willemse by telefoon 072 197
3134 verkry word.

Geloftefees gaan vanjaar vir die eerste keer bo op Majubaberg
aangebied word. Die verrigtinge begin reeds op 13 Desember met die
aankoms van die feesgangers. Op Sondag, 14 Desember is daar om
tienuur'n oggend erediens en daarna kuier die feesgangers lekker
saam. Op Maandag, 15 Desember, kom die perdekommando om negeuur op
die terrein aan waarna daar boeresport sal wees. Om vyfuur lewer die
gevierde Afrikaanse skrywer, Hendrik van Blerk,'n praatjie. Op
Geloftedag begin die verrigtinge om negeuur met 'n vlaghysing en die
erediens word deur ds Paul Buitendag waargeneem. Die feesrede word
deur prof Victor D' Assonville gelewer. Nadere besonderhede kan by
mnr Basjan Geyser,by telefoon 017 735 1962 oor die terrein en
kampeerreelings en by mnr Louis Nortje by 034 325 0856 verkry word.

Die Akasia / De Wildt Geloftefeeskomitee herdenk weer eens vanjaar op
16 Desember, Geloftedag by die Jopie Fourie Geloftefeesterrein. Die
verrigtinge begin om seweuur met'n erediens deur ds Pieter Uys, van
die Hervormde Kerk, Hartebeeshoek. Die feesrede word om negeuur
aangebied deur mnr Nickie Maartens, van Matatiele. Nadere
besonderhede kan by mnr Manie Lemmer by tel 082 8796969 verkry word.

Op Eendracht, aan die Oosrand, word Geloftedag op 14 Desember om
negeuur in die feessaal herdenk. Die feesrede word deur prof Willem
Boshoff gelewer. Nadere besonderhede kan by Dr Samuel Louw by
telefoon 082 4654725 verkry word.

Vir die eerste keer gaan Geloftedag vanjaar op Fraserburg, in
Kaapland, herdenk word. Die verrigtinge begin op 15 Desember, om
vyfuur by die CVO skool Fraserburg. Die program sluit in
toneelopvoerings, vertelings oor Bloedrivier en die afle van die
Gelofte. Op 16 Desember is daar halfagt 'n vroee biduur, gevolg deur
die Geloftediens wat deur ds Willie van den Berg waargeneem sal
word. 'n Klipstapeling op die terrein van die skool sal as simboliese
vereenselwiging met die Gelofte dien. Nadere besonderhede kan by dr
Ronnie van der Merwe by telefoon 020 72 en vra vir 2221 of mnr
Frikkie Strauss by telefoon 022 913 2391 verkry word.

Geloftefees op Doornfontein, sowat 21 kilometer vanaf Nylstroom op
die Vaalwaterpad, begin op 15 Desember om drieuur met'n boeresport.
Om 19h00 is daar aandgodsdiens en daarna 'n fakkelloop. Op Geloftedag
begin die verrrigtinge om halfagt met 'n vroee oggend godsdiens
waarna ds Len Munnik die erediens om halftien sal waarneem. Die
feesrede sal daarna deur dr Freek van der Merwe gelewer word. Nadere
besonderhede kan by Danie Pont by telefoon 014 721 0772 of Fritz
Heukelman by telefoon 014 717 3924 Verkry word.

Geloftedag in die Vaaldriehoek word op 15 en 16 Desember in die
Hannes Homansaal, op die Vereeniging se skouterrein, herdenk. Die
verrigtinge op 15 Desember begin om 19h00 en op 16 Desember om
halftien met 'n erediens wat deur ds Marius van Vuuren waargeneem sal
word. Nadere besonderhede kan by mnr Jan Fouche by telefoon 016
9821301 verkry word.

Geloftedag op Machadodorp word reeds vanaf 13 Desember op die
Elandsfontein Geloftefees terein herdenk. Op Maandag, 15 Desember,
word 'n boeresport vanaf drieuur die middag aangebied wat die aand
opgevolg word met 'n kampvuurkonsert. Op 16 Desember begin die
verrigtinge om sesuur met 'n eerstelig saluut en 'n vroee oggend
godsdiens. Die Geloftediens en feesrede word deur dr T Dreyer van
Magaliesburg, waargeneem. Nadere besonderhede kan by Dalene by
telefoon 013 256 9103 of Izak Davies by telefoon 013 256 9108 verkry
word.

Die Canterbury Geloftefees word op 16 Desember by die feesterrein
sowat tagtig kilometer noordwes van Thabazimbi gehou.
Belangstellendes word uitgenooi om 'n piekniekmandjie te pak en saam
te kuier. Die verrigtinge begin om tienuur en die erediens sal deur
ds Henry Roberts waargeneem word. Die feesrede word deur kmdt Louw
Erasmus gelewer. Nadere besonderhede kan by Koos Venter by telefoon
014 779 0832 verkry word.

Op Brandfort in die Vrystaat, begin die Geloftefees om agtuur in die
oggend van 16 Desember, met oggendgodsdiens waarna die verrigtinge by
die Voortrekkerbegraafplaas voortgesit sal word. Hier sal ook 'n
kranslegging plaasvind waarna die erediens, huldeblyk en
klipstapeling by Houtnek sal plaasvind. Nadere besonderhede kan by
Johan Fourie by telefoon 083 264 2233 verkry word.

Geloftedag op Kafferskraal, by Heidelberg, begin reeds op 12 Desember
met laertrek, gevolg deur boeresport op 13 Desember en 'n erediens op
14 Desember, om elfuur. Op 15 Desember is daar 'n gesellige samesyn
en op 16 Desember word die Geloftediens om tienuur deur dr J
Breyntenbach van die Hervormde Kerk, Wonderboomsuid, waargeneem.
Nadere besonderhede kan by mnr Danie Naude by telefoon 016 341 5275
bekom word.

Op Duiwelskloof word Geloftedag op 16 Desember met 'n erediens, om
negeuur, vanuit die Hervormde Gemeente Laeveld, herdenk. Die prediker
is ds Dirk Oosthuizen, van die NG gemeente Pretoria. Nadere
besonderhede kan by mnr Sarel Stroh by telefoon 015 309 9020 bekom
word.

Op Coligny, in Wes Transvaal, word Geloftedag op 16 Desember vir die
vier en tagtigste keer op Leeufontein herdenk. Die feesterrein is
langs die Coligny Ventersdorppad en die verrigtinge begin om
halftien. Om halfelf word die feesrede deur mnr Jan Moller, van die
CVO skool Lichtenburg waargeneem en die erediens word om twaaluur
deur ds Koos du Plooy van die Gereformeerde Kerk Potchefstroom,
behartig. Nadere besonderhede kan by Hannes de Villiefs by telefoon
018 673 1983 verkry word.

Op Tzaneen word Geloftedag op 16 Desember, om negeuur herdenk met 'n
erediens by die AP kerk waar ds Lourens Prinsloo sal voorgaan. Nadere
besonderhede kan by mnr Allan Campbell by telefoon 015 307 5407
verkry word.

Geloftedag word op 16 Desember, om tienuur by Fonteinplaas, op die
Tzaneen Gravelottepad, herdenk. Die erediens word om tienuur deur ds
Lourens Prinsloo waargeneem, en die feesrede word deur mnr Andries
Breyntebach behartig. Nadere besonderhede kan by telefoon 082 532
9656 verkry word.

Geloftedag op Kraalkop, tussen Johannesburg en Potchefstroom, word op
16 Desember vanaf halftien by die Metjan wildplaas herdenk. Die
erediens word waargeneem deur ds J du Plessis van die Afrikaanse
Protestantse Kerk, Fochville en die feesrede word deur mnr Henk van
de Graaff gelewer. Nadere inligting kan by mnr Lammie Mitchell by
telefoon 083 253 5429 verkry word.

Op Orania word die herdenking vanaf 8 tot 12 Desember elke aand om
agtuur voorafgegaan met die vertoning van snite uit die video, DIE
Slag van Bloedrivier. Op Saterdag, 13 Desember is daar boeresport
en Maandag, 15 Desember 'n gemeenskapsaamtrek. Op 16 Desember begin
die verrigtinge reeds om halfnege waartydens 'n replika van die
Slag van Bloedrivier besigtig kan word. Die erediens word deur ds
Martin Meyer van Standerton behartig. Die feesrede word om elfuur
deur mnr Dirk Herman van Solidariteit waargeneem. Nadere besonderhede
kan by mnr Franz Conradie by telefoon 053 2070184 verkry word.

Die Geloftefees op Phillipolis, in Die Vrystaat, begin reeds op 15
Desember, om drieuur, met boeresport en samesyn. Dit word om halfnege
afgesluit met aandgodsdiens. Op 16 Desember begin die verrigtinge om
tienuur met 'n erediens deur ds Louw van der Linde van die Hervormde
Kerk. Die feesrede word deur mnr Schalk Strauss gelewer.

Die Bronkhorstspruit Geloftefeeskomitee nooi belangstellendes uit na
die herdenking van Geloftedag, op 16 Desember in die Gerhard
Schoemansaal, by die Willem Prinsloo landboumuseum. Die verrigtinge
begin om 8h45 en die erediens sal waargeneem word deur ds Henk
Stavast van die Gereformeerde Kerk, Bronkhorstspruit. Nadere
besonderhede kan by telefoon 013 932 0727 verkry word.

Die Geloftefees op Swaershoek, tussen Thabazimbi en Nylstroom, begin
op Saterdag, 13 Desember, met 'n gesellige byeenkoms wat om tweeuur
begin. Op 16 Desember begin die verrigtinge op negeuur met 'n
vlaghysing. Die erediens word deur prof Mauritz Klopper van die NG
kerk, waargeneem en die feesrede word deur dr Stoffel Kruger
waargeneem. Daar is ook kampeergeriew op die feesterrein bekikbaar en
nadere besonderhede kan by Karyna Trichardt by telefoon 014 721 0926
of Helene Trichardt by telefoon 014 721 0013 verkry word.

Die Geloftefees op Vaalwater word op 16 Desember by die saal van ou
laerskool Witfontein, gehou. Die erediens word om halftien waargeneem
deur ds JP Snyman, gevolg deur die feesrede wat deur dr Chris Jordaan
gelewer sal word. Nadere besonderhede kan by Magel Faber by telefoon
014 755 4210 of Gerda Faber by telefoon 014 755 4214 of 083 234 5571,
verkry word.

Die Geloftefees op Witbank neem op 15 Desember 'n aanvang met 'n
kultuuraand wat om 19h00 by Reynopark Hoerskool aangebied sal word.
Radio Pretoria se Gedenkalbum sal ook by hierdie geleentheid
aangebied word. Op 16 Desember is daar op negeuur'n erediens deur ds
Hannes Grobler gevolg deur die feesrede deur dr Kriek van der Merwe.
Nadere besonderhede kan by mnr Leon Viviers by telefoon 082 894 5755
verkry word.


Die Geloftefees op Cullinan word op 16 Desember, om negeuur in die
landbou uniesaal gehou. Die erediens word deur ds Johan Mouton
waargeneem waarna 'n hoorbeeld getiteld, Op Kommando, aangebied sal
word. Nadere besonderhede kan by mnr Karel Swanepoel by telefoon 012
7342213 verkry word.

'n Gesamentlike Geloftediens word op Dinsdag, 16 Desember om agtuur
in die saal van die Laerskool Werda, in Witweg, Springs, gehou. Die
diens word deur prof Frans van Staden, waargeneem. Nadere
besonderhede kan by Quartus Schoonraad by telefoon 011 811 2982 of
mnr Kurt Jacobson by
telefoon 082 573 2308 verkry word.

Die Geloftefees op Steenbokpan, in Noord Transvaal, neem op 15
Desember om 15h00 'n aanvang met 'n gesellige byeenkoms. Op 16
Desember begin die verrigtinge om tienuur met 'n erediens , deur ds J
Franck, gevolg deur die feesrede om elfuur, deur mnr Wouter Rust. Die
aanwesiges kan daarna gesellig saam verkeer. Nadere besonderhede kan
by telefon 014 766 0271 of 014 763 4388 verkry word.

Op Greylingstad word Geloftedag vanaf 13 tot 16 Desember by die
Wilgefontein feesterrein, herdenk. Op Geloftedag word die erediens om
tienuur deur ds Pieter Muller, van Vereeniging, waargeneem en die
feesrede word om elfuur deur mnr Ben Rossouw, van Bethlehem, gelewer.
Nadere besonderhede kan by mnr Ludwig Ankiewicz by telefoon 017 779
8250 of Mnr Jurgens van Dyk by telefoon 017 778 0241 verkry word.

Op Louis Trichardt, in Noord Transvaal, begin die herdenking van
Geloftedag op 15 Desember met 'n erediens, om 17h30, in die
Afrikaanse Protestantse Kerk. Op 16 Desember word die herdenking op
die Gelofteterrein op die historiese Schoemansdal voortgesit. Die
verrigtinge begin om halfelf met 'n vlagseremonie waarna die feesrede
deur ds P.Mulder gelewer sal word. Na die kranslegging word die
erediens deur Proponent Sarel Roets van die APK, waargeneem. Nadere
besonderhede kan by Leon du Plessis by telefoon 083 227 0121 verkry
word.

Op Schoemansville, by Hartebeespoortdam, word Geloftedag met 'n
erediens, om 8h45, in die NG kerk, in Maraisstraat, herdenk. Die
prediker is ds Wynand van der Merwe, van die APK Hartebeespoort, en
die feesrede word deur Prof Hennie Grobler waargeneem. Nadere
besonderhede kan by mnr Flip Pretorius by telefoon 012 376 2134 of
082 467 3788 verkry word.

Op Rustenburg word Geloftedag op Modderfontein, die plaas van oom
Chris Mey, herdenk. Die verrigtinge begin om tienuur en die erediens
word deur ds Thinus Snyman van die Afrikaanse Protestantse Kerk,
waargeneem. Nadere besonderhede kan by mnr Carel le Roux by telefoon
082 425 5835 verkry word.

Op Bethal word Geloftedag met 'n erediens, om halftien, in die
Hervormde Kerk, by Vermootenstraat 72, herdenk. Die prediker is die
bekende teoloog, dr Paul de Beer. Meer inligting kan bekom word van
mnr Piet Swart by telefoon 017 647 3297.

Op Dwaalboom, in Noord Transvaal, word Geloftedag by Kayaseput,
herdenk. Die verrigtinge begin om negeuur en die erediens word deur
prof Callie Coetzee, waargeneem. Die feesrede word deur prof Peet
Pienaar gelewer. Nadere besonderhede kan by mnr Chris Schutte by
telefoon 014 778 0931 of 082 926 6013 verkry word.

Geloftedag op Rustenburg word op 16 Desember om 8h45, met'n erediens
in die NG kerk Proteapark, herdenk. Die prediker is ds Jannie Richter
en die feesrede sal deur mnr Bernard Visser lewer word. Nadere
besonderhede kan by Alet Potgieter by telefoon 084 332 4199 verkry
word.

Geloftedag op Vegkop, by Heilbron in die Vrystaat, word op 16
Desember by die feesterrein herdenk. Die verrigtinge begin om negeuur
met'n erediens deur prof lzak Brink, van die APK Teologiese Skool en
die feesrede sal deur mnr Chris Wagner, voorsitter van die
Sekretariaat vir Volksbou, gelewer word. Daar sal ook 'n kranslegging
by die grafte van die twee burgers wat tydens die slag van Vegkop
gesneuwel het, plaasvind. Nadere besonderhede kan by die Feeskomitee
by telefoon 082 416 8950 verkry
Die Geloftefees op Kleinfontein begin op 16 Desember reeds om
halfnege. Die tema vanjaar is " Hoe Geloftes in die verlede in die
volksgeskiedenis betaal is". Die Voortrekkergeskiedenis gaan in 'n
volkstafereel uitgebeeld word. 'n Geloftediens sal na die
herbesvestiging van die Bloedrivier Gelofte gehou word. Navrae kan
gerig word aan mev Kitie Kok by telefoon 012 567 3401.


Op Strydpoort, in Noord Transvaal, begin die Geloftefees op 16
Desember reeds om vieruur die oggend. Die hoofspreker is dr Jan
Mulder en nadere besondhede kan by Sina Venter by telefoon 015
2957124 verkry word.


Die Geloftefees in die Randfontein / Carltonville omgewing vind vanaf
15 Desember by die Rodora Boeresaal plaas. Die Boeresaal is regoor
die Rodora Laerskool. Op Geloftedag, 16 Desember begin die
verrigtinge om tienuur met'n vlaghysing waarna ds Gerhard Korff, van
die NG kerk Randpoort, die hoofrede sal lewer.
Nadere besonderhede kan by Chris by telefoon 083 308 6609 of Johan by
telefoon 082 856 4466 verkry word.

Geloftefees op Naboomspruit begin om agtuur die oggend op 16
Desember, waarna ds CJ Nagel , van die Gereformeerde Kerk, die
erediens sal behartig. Dit word gevolg deur 'n woord klankbeeld uit
die geskiedenis deur Carel Trichardt en Petru Wessels. Die wenners
van die skole wedstryd oor Geloftedag, waaraan leerlinge van alle
ouderdomsgroepe deelgeneem het, sal ook aangekondig word. Nadere
besonderhede kan by ds HJ Botes by telefoon 014 743 0209 of mnr JH
Labuschagne by telefoon 014 7430736 verkry word.

Die Geloftefees in Pietermaritzburg word op 16 Desember, by die
Afrikaanse Protestantse Kerk, by Gilbertweg 80, Bisley Heights,
gehou. Die verrigtinge begin om negeuur met'n kerkdiens deur ds Coen
van Rensburg. Navrae kan gerig word aan ds van Rensburg by telefoon
082 558 2599 of ouderling Jan 0osthuizen by telefoon 083 641 1226.

Die Geloftefees in Bloemfontein word op 16 Desember, vanaf negeuur,
by die Vrouemonument gehou. Die feesrede word deur dr Brummer Rawlins
waargeneem, waarna 'n kranslegging by die Gedenkaald sal plaasvind.

Op Koster word Geloftedag op 16 Desember in die Klub Kranskuil
herdenk. Die verrigtinge begin om negeuur met die aankoms van 'n
perdekommando wat die vlaghysing sal waarneem. Die erediens word deur
ds Basie Visser van die AP Kerk Magaliesburg, waargeneem. Na die
herdenking gaan die aanwesiges gesellig saam verkeer. Nadere
besonderhede kan by Sarie by telefoon 014 549 2402 of Dave by
telefoon 083 682 0387 verkry word.

Die Geloftefees op Warmbad word op 16 Desember, in die saal van die
NG Kerk Warmbad wes, op die hoek van Gilfillan en Oosthuizenstrate
gehou. Die verrigtinge begin halfnege en nadere besonderhede kan by
mnr
Wynand le Roux by Telefoon 082 781 3988 verkry word.

Die Palala Sarah Bell Geloftefees word op 16 Desember op Ellisras
gehou.
Die verrigtinge begin om tienuur met 'n erediens deur ds Kobus
Cilliers,
waarna daar 'n vlaghysing sal wees. Die feesrede word om twaalfuur
deur
prof Roelof Coertze waargeneem. Nadere besonderhede kan by Johan
van der Merwe by telefoon 014 763 3012 verkry word.

Die Geloftefees op Driedoornhoek, op Dendron, in Noord Transvaal,
neem op 15 Desember om vieruur 'n aanvang met 'n gesamentlike
vleisbraai, en daarna 'n verskeidenheidkonsert, gevolg deur
aandgodsdiens. Op 16 Desember is daar negeuur'n vlaghysing waarna die
feesrede gelewer sal word en die aanwesiges gesellig saam sal
verkeer. Nadere besonderhede kan by telefoon 015 501 0592 verky word.
===

Op Nelspruit begin die herdenking van Geloftedag om negeuur, op 16
Desember, by die amfiteater te Emkestraat, langs die NG kerk suid.
Die erediens word deur ds Francios du Toit Lessing waargeneem en
nadere besonderhede kan by mnr Bennie Burger by telefoon 013 741 3678
of 013
741 2534 bekom word.

Op Kestell, in Vrystaat, begin die Geloftedag herdenking reeds op 13
Desember met kamp opslaan en gesellige samesyn. Op Sondag 14 Desember
is daar om tienuur 'n erediens wat deur ds Buks de Bruin waargeneem
sal word. Op 15 Desember is daar 'n verskeidenheidskonsert wat deur
die CVO skool Bethlehem waargeneen sal word. Op 16 Desember word die
erediens om tienuur deur ds Paul Roos waargeneem en die feesrede word
om twaalfuur deur dr Piet Liebenberg gelewer. Navrae kan aan mnr
Jannie Bosch by telefoon 058 642 2211 gerig word.

Op Dewetsdrif, op die Viljoenskroonpad by Skandinawiedrif, word
Geloftedag met 'n erediens om tienuur herdenk wat deur ds Hannes
Haggard waargeneem sal word. Nadere besonderhede kan by mnr Jordaan
by telefopn 083 441 7366 bekom word.

By die geskiedkundige Wonderboom, noord van Pretoria, word Geloftedag
vanaf negeuur met 'n erediens herdenk wat deur ds Sampie van Vuuren,
van die NG kerk Witfield, Boksburg, waargeneem sal word. Die feesrede
word om tienuur deur ds Kalfie Loots van die Hervormde Kerk,
Thabazimbi, gelewer. Nadere besonderhede kan by ds Fanie Naude by
telefoon 012 542 1321 bekom word.

Op Kemptonpark word Geloftedag op 16 Desember, by die Afrikaanse
Protestantse Kerk, in Rietfonteinweg, herdenk. Die verrigtinge begin
reeds om vyfuur die oggend waarna die erediens om negeuur deur prof
J. Theron waargeneem sal word. Nadere besonderhede kan by mnr Jakkie
Swart by telefoon 011 849 6936 verkry word.

Geloftedag aan die Oosrand word op 15 en 16 Desember by die
Afrikaanse Protestantse Kerk, op die hoek van Medler en Bardiastrate,
Primrose, herdenk. Op Maandag is dit 'n kuiersaam tyd en op 16
Desember word die erediens om negeuur deur ds Gert Kruger waargeneem.
Nadere besonderhede kan by Freddie Mels by telefoon 011 826 1482 of
Leana Cilliers by telefoon 011 828 8462 of 083 234 0983 verkry word.

Geloftedag word op 16 Desember by die Afrikaanse Protestantse Kerk,
Velddrif, aan die Weskus herdenk. Die verrigtinge begin halfnege
met'n vlaghysing en die sing van volksliedere. Om halftien word die
erediens deur ds C Bekker waargeneem en om halfelf word die feesrede
deur mnr Org Genis gelewer. Nadere besonderhede kan by mnr Hannes van
Vuuren by telefoon 082 373 0446 verkry word.

Geloftedag word vanaf 13 tot 16 Desember op Kuruman, in die
Noordkaap, herdenk. Nadere besonderhede oor kampeergeriewe en die
program kan by mev Ina Steenekamp by telefoon 083 712 1895 verky
word.
Geloftedag word op 16 Desember, by die Bokkraal feesterrein, tussen
Koster en Luchtenburg herdenk. Die verrigtinge begin om kwart voor
tien,
gevolg deur die afle van die Gelofte, 'n Geloftediens en dan die
feesrede om
kwart voor elf deur ds Mossie van den Berg, uitvoerende voorsitter
van
Radio Pretoria. Nadere beonderhede kan by mnr Evert du Preez by
telefoon 014 543 9010
of Phillip van der Merwe, by telefoon 014 262 1931, bekom word.

Die Afrikaanse Protestantse Kerk Suidkus, in Natal, hou op 16
Desember'n Geloftediens in die kerk op Margate. Die verrigtinge begin
om agtuur met 'n erediens waarna die Gelofte deur 'n jong dogter
voorgedra sal word. Besoekers aan die Suidkus word uitgenooi. Nadere
besonderhede kan by mnr Theo Kruger, by telefoon 039 315 1373 of 082
895 3975 verkry word.

Die Geloftefees komitees van Bapsfontein en Welbekend hou vanjaar 'n
gesamentlike fees wat oor drie dae sal strek. Die fees is ook 'n
Jubileumfees om die Geloftefees wat in 1903 vir die eerste keer
gevier is, te herdenk. Die fees begin reeds op 13 Desember en op 15
Desember is daar'n reuse boeresport en die aand sal daar'n skynaanval
van Zoeloes op die Voortrekkerlaer gedoen word. 'n Replika van die
kanon, Grietjie, sal ook bulderend in aksie wees. Die hoofspreker op
16 Desember is prof. Andries Raath, bekende geskiedkundige en skrywer
van die boek, Die Boerevrou, 1899 1902. Nadere besonderhede van
hierdie groot fees kan by Paul du Plessis by telefoon 011 9641829
verkry word.

Die Kloof Geloftefees vind op 16 Desember, om negeuur in die stadsaal
van Pretoria plaas. Die Geloftediens word gelei deur ds Johan
Steenkamp en die hoofspreker is mnr Hendrik de Wet. Navrae kan
gerig word aan mnr Andre Alkema by telefoon 082 570 0184.

VERWOERDBURG/ ROOIHUISKRAAL GELOFTEFEES

P/A Posbus 12084, Clubview 0014.

`n Geloftefees sal DV weer op 16 Desember 2003 by die
Rooihuiskraalfeesterrein gehou word vanaf 9 vm – 11vm. Vertelling uit
die geskiedenis word gedoen deur Adv. Rian Genis. Ds Jan Coetzee van
die Gereformeerde Kerk sal die diens lei. Die hele terrein is gehuur
vir die dag en alle fasiliteite is tot u beskikking. Tydens die
toeligting oor die geskiedenis sal daar `n video oor die Slag van
Bloedrivier vir die kinders vertoon word.

Navrae: Tel 012-6542079 of 012-6600983

Valhalla ( Pretoria)

Die Geloftediens vir inwoners van die suidwestelike woongebiede van
Pretoria word vanjaar, soos in die verlede, op 16 Desember om 09:00
in die kerk van die NG-gemeente Valhalla-suid, h/v Hugoweg en
Broadway-suid, Valhalla, gehou. Dr Bobbie Ellis van die Afrikaanse
Protestantse Kerk sal die diens lei. (Ter toeligting: predikante van
die vier Afrikaanse kerke word jaarliks om die beurt genooi om die
diens waar te neem). Na die diens verdaag almal na die kerksaal om
gesellig te verkeer en koffie of tee te geniet.

Programme sal vóór die diens by die deure beskikbaar gestel word.

'n Nuwe Geloftedagkomitee vir 2004 sal ook by die geleentheid verkies
word. As u voel dat u 'n bydrae kan lewer in die beplanning van die
program vir aanstaande jaar, moet u die vrymoedigheid hê om uself
verkiesbaar te stel. Vir nadere besonderhede skakel asb Danie Kriel
by 012-651 0004

Buiteland

Geloftedag word ook deur Afrikaners in die vreemde herdenk. Op 14 en
16 Desember word Geloftedag deur die Afrikaanse Klub in die voorstad
Springwood, in Brisbane, Australe, herdenk. Die verrigtinge op 14
Desember begin om halfsewe met 'n oordenking, gevolg deur samesang
en 'n erediens deur Pastoor Anton Groenewald. 'n Kort feesrede sal
daarna volg. Op 16 Desember is daar'n gedenkdiens om seweuur die aand
deur Pastoor Anton Groenewald.
Afrikaners in Suid Afrika word versoek om hulle familie en vriende in
Australia van die hedenkingsgeleenthede in kennis te stel. In Suid
Afrika kan mev Bloem by telefoon 012 333 8555 geskakel word vir
nadere inligting of mnr Jannie Bloem, voorsitter van die Afrikaanse
Klub, kan in Australia by 09617 380 12215 of 0961 4133 44951 geskakel
word.

MAYFAIR - Londen

MAYFAIR - Londen
The Springbok Club's Day of the Vow commemorations for 2003 will be
held on Tuesday 16th December in Mayfair, when they will be welcoming
a prominent sitting British MP as Guest of Honour.
spri...@netcomuk.co.uk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Thabo, soos Bob, duld nie opposisie

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Thabo, soos Bob, duld nie opposisie
Charles du Preez, Louis Trichardt

Dit is geweldig interessant om S.M.J. Wessels van Gordonsbaai se
brief (11 Desember) te lees en op te merk dat hy 'n antwoord verskaf
oor waarom pres. Thabo Mbeki nie 'n onderhoud aan Tony Leon wil
toestaan nie.

Dit kom duidelik daarop neer dat Mbeki, soos sy bondgenoot oorkant
die Limpopo, hoegenaamd geen opposisie duld nie. Daar is selfs sprake
van haat omdat dit indruis teen die denkskool waaruit Mbeki en Robert
Mugabe kom. Dit dra tereg die voortekens van 'n eenpartystaat met hom
saam!

Nee wat, Mbeki weet dat 'n splinter-partytjie soos die VF+ geen
gevaar inhou vir sy doelwitte nie, juis nou met die VF+ se
verbintenis met 'n verkrampte party soos die KP, wat die VF+ op 'n
syspoor gaan rangeer soos nog nooit tevore nie en die plus in sy naam
in 'n minus gaan verander!

http://www.news24.com/Beeld/Briewe/0,,3-73_1459485,00.html

Nuus | 0 kommentare

Oortreders moet oor dieselfde kam geskeer word

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Oortreders moet oor dieselfde kam geskeer word

A.J. Steenkamp van Vanderbijlpark skryf:

Op 24 November omstreeks 10:00 het ek in 'n westelike rigting in Van
Riebeeckboulevard gery. Voor my het 'n Uno gery.

'n Wit bakkie met drie mans wat in die linkerbaan gery het, het by
die aansluiting van Newcomanstraat sy flikkerlig aangesit en reg voor
die Uno ingedraai, wat sodoende 'n ongeluk veroorsaak het.

Ek het by die toneel stilgehou en gaan help. Die vrou wat die Uno
bestuur het, was geskok. Ek het die bestuurder van die bakkie namens
die vrou genader en om sy bestuurderslisensie gevra. Hy het egter vir
my gesê dat hy dit nie by hom het nie en ook nie sy identiteitsboekie
nie.

Ek het 'n verbygaande polisiebussie met polisiebeamptes voorgekeer en
om hulp gevra. Ek het daarop aangedring dat die bakkie se bestuurder,
wat duidelik geen benul van verkeersreëls het nie, 'n boete moet kry
omdat hy nie die nodige dokumente by hom gehad het nie.

Die polisie het vir my gesê ek is nie 'n regter nie. 'n Tweede
polisievoertuig het stilgehou en die se hulp is ook gevra. Intussen
het ons die verkeersdepartement ook gevra om na die ongelukstoneel te
kom. Hulle het egter gesê hulle kom nie uit as iemand nie beseer is
nie, ongeag of dit die fout was van 'n bestuurder sonder 'n lisensie.

Die polisie het toegelaat dat die bestuurder van die bakkie
polisiestasie toe ry en hom ook weer toegelaat om te ry, sonder dat
hy sy lisensie getoon het.

* Volgens supt. Piet van Deventer, kommunikasiehoof van die polisie
in die VaalRand-gebied, is dit wel so dat, waar daar nie beserings of
ernstige skade is nie, die partye dit by die polisiestasie kan
aanmeld. Indien 'n voertuig bestuur is sonder dat die bestuurder in
besit was van 'n rybewys, sal 'n dagvaarding by aanmelding van die
botsing by die polisiestasie aan die persoon uitgereik word.

http://www.news24.com/Regional_Papers/Components/Category_Ar ticle_Text
_Template/0,2430,361_1457136~A,00.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gru-slagting dalk 'n fliek

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Gru-slagting dalk 'n fliek
Sapa-AFP

Kassel. - 'n Duitse kannibaal se grusame slagting en verorbering
van sy gewillige slagoffer kan dalk in 'n fliek uitgebeeld word.

Armin Meiwes (42), wat tans verhoor word weens die moord op mnr.
Bernd-Jürgen Brandes, 'n 43-jarige ingenieur, onderhandel glo met
vervaardigers oor die moontlikheid van 'n fliek.

Volgens mnr. Harald Ermel, Meiwes se regsverteenwoordiger, skryf sy
kliënt
sy outobiografie in die tronk.

Ermel wou nie kommentaar lewer op berigte dat die ooreenkoms miljoene
euro's werd kan wees nie.

Volgens Ermel wóú Brandes doodgaan en hy sou iemand anders gekies het
om sy slagter te wees as hy Meiwes nie op die internet raakgeloop het
nie.

Meiwes het glo Brandes se penis afgesny en hulle het dit saam geëet.

Tien uur later het Brandes sy bewussyn verloor en gesterf. Daarna het
Meiwes hom met 'n mes gesteek en verder opgesny.

Meiwes het sy slagoffer se vleis in maaltydgrootte porsies opgesny en
netjies in pakkies gevries.

Die hof het vroeër gehoor hy het die vleis gebraai en oor 'n tydperk
van sewe maande geëet.

Volgens Meiwes is sy enigste oortreding dat hy "moord op versoek"
gepleeg het. Hy kan tot 'n maksimum van vyf jaar tronkstraf gevonnis
word vir só 'n misdaad.

Kannibalisme is nie op sigself 'n misdaad in Duitsland nie.

Die hof het vroeër die week na drie video-opnames gekyk van hoe
Meiwes die moord pleeg.

'n Hofamptenaar het gesê sy moes by tye wegkyk omdat die
beeldmateriaal te skokkend grusaam was. Meiwes het gereeld
geglimlag. "Vir hom is dit normaal," het die amptenaar gesê.

http://www.news24.com/Beeld/Wereld/0,,3-71_1459176,00.html

TV, flieks & vermaak | 3 kommentare

Orgaan-skandaal brei uit na ander hospitale

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Orgaan-skandaal brei uit na ander hospitale
GAVIN PRINS en GERHARD DE BRUIN

Die Chris Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad word nou ook ondersoek
in die orgaanoorplantingskandaal wat die afgelope week in Durban
oopgevlek is. 'n Hospitaal in Gauteng is dalk ook betrokke.

Dit word ook nie uitgesluit nie dat verskeie dokters wat van die
oorplantingsoperasies gedoen het, terwyl hulle weet die gebruik van
gekoopte organe is onwettig, later in hegtenis geneem kan word.
Bewerings word glo ondersoek dat van die dokters oorsese
bankrekeninge gehad het waarin die geld betaal is voordat die
operasies gedoen is.

Die polisie het die afgelope week 'n orgaansindikaat oopgevlek wat
betrokke is by meer as tagtig onwettige nieroorplantings die afgelope
twee jaar in die St. Augustine-hospitaal in Durban. Dié hospitaal
behoort aan Netcare, een van die grootste hospitaalgroepe in die
land.

Mense - dikwels arm buitelanders - het hul niere verkoop om
oorgeplant te word.

Die polisie-ondersoek het begin nadat Interpol die Suid-Afrikaanse
polisie op die sindikaat se spoor geplaas het. Dit het gekom ná die
inhegtenisneming van elf mense in Brasilië wat na bewering deel is
van 'n internasionale sindikaat wat in menslike weefsel handel dryf.

Netcare het sy volle samewerking aan die polisie gegee in hul
ondersoek, maar wou geen kommentaar lewer op die feit dat die
ondersoek nou na die Wes-Kaap uitgekring het nie.

Mnr. Michael Sacks, voorsitter van Netcare, sê in 'n verklaring die
groep het vier oorplantingsentrums - in Johannesburg, Pretoria,
Durban en Kaapstad. Sy oorplantingsprogram het in 1994 begin en tot
dusver is 1 400 oorplantings gedoen, sowat 16% daarvan op
buitelanders.

Sacks sê Netcare werk streng ingevolge die Wet op Menslike Weefsel.

Die polisie het eergister teenoor Rapport bevestig dat die Chris
Barnard-gedenkhospitaal ook nou ondersoek word.

Sr. supt. Mary Martins-Engelbrecht, nasionale polisiewoordvoerder en
Interpol-skakelbeampte, sê nietemin: "Die ondersoek is baie
sensitief. Ons kan ons nie nou daaroor uitlaat nie."

Twee mans het reeds weens die onwettige oorplantings in die hof in
Durban verskyn.

Mnr. Agania Robel, 'n boer van Israel wat 'n nier ontvang het, en
mnr. Roderick Kimberley, plaaslike koördineerder van die
orgaanoorplantingsindikaat, het albei skuld beken op oortredings van
die Wet op Menslike Weefsel.

'n Israels gebore Suid-Afrikaner, mnr. Meir Shashan van Johannesburg,
is ook in hegtenis geneem weens die onwettige handel in menslike
weefsel.

Intussen is mnr. Rogerio Bozzera da Silva, 'n Brasiliër wat sy nier
vir sowat R37 000 aan Robel verkoop het, saam met nog drie voorgenome
skenkers van sy land platsak en bedremmeld huis toe.

Hulle is glo so arm dat 'n Suid-Afrikaanse polisieman glo vir een van
hulle busgeld gegee het sodat hy 'n bus kon haal wanneer hulle in
Brasilië land.

Die groep is toegelaat om die retoer-vliegkaartjies waarvoor die
orgaansindikaat betaal het, te gebruik om terug huis toe te vlieg. Da
Silva moes die geld wat hy vir sy nier ontvang het aan die staat
teruggee.

Durban se mense het egter hul harte oopgemaak vir die Brasiliërs
en 'n groep van hulle het sowat R10 000 ingesamel.

Een van die barmhartige Durbaniete, wat nie sy naam genoem wil hê
nie, sê hulle kry die mense baie jammer: "Hulle is absoluut vir die
wolwe gegooi en weens hul armoede uitgebuit. Dit is uit desperaatheid
om hul armoede te verlig dat hulle besluit het om in te stem om 'n
nier af te staan vir die skamele $6 000 (sowat R37 000)."

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1459310,00.htm l

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Trustees van pensioenfonds 'kruip weg'

Ma., 15 Desember 2003 08:59

Trustees van pensioenfonds 'kruip weg'

Terwyl almal nou soek na sondebokke om die skuld te gee vir die
finansiële dilemma waarin die Gemeenskaplike Munisipale Pensioenfonds
(GMP) hom bevind, het die fonds se trustees die afgelope week ver uit
die openbare oog gebly. Wetgewing bepaal dat die trustees van 'n
pensioenfonds persoonlik aanspreeklik gehou kan word as bevind word
hulle was nalatig in die bestuur van só 'n fonds se geld.

Nóg die fonds nóg die registrateur van pensioenfondse in die Raad op
Finansiële Dienste (RFD) wou bekend maak wié die trustees is. "Daar
is 'n goeie rede waarom ons nie nou die name wil gee nie. Dit sal
later duidelik word waarom ons dit nie kon doen nie," sê mev. Hettie
Joubert, uitvoerende hoof van die GMP.

Die enigste van die trustees wat wel bekend is, is mnr. Pieter
Bennett, bestuurder van korporatiewe en regsake in die munisipaliteit
van Nigel.

Trustees van 'n pensioenfonds word deur die lede verkies en is
gewoonlik óf lede óf mense met spesialis-kennis van pensioenfonds-
bestuur.

Vakbonde het die afgelope week hul ernstige kommer uitgespreek oor
hoe die fonds in die verlede bestuur is.

"Dit is net die jongste in 'n reeks kommerwekkende aangeleenthede by
die GMP. Verlede jaar het hulle sowat R1,4 miljard verloor in die
termynmark en meer onlangs was daar vrae oor uitspattige pakkette wat
aan lede van die raad van trustees betaal is," het Dale Forbes van
die South African Municipal Workers' Union (Samwu) gesê.

Die ander groot munisipale vakbond, Imatu, het 'n onafhanklike
ondersoek geëis na die GMP se sake en sy steun toegesê aan die RFD se
pogings om die fonds in kuratorskap te laat plaas. Imatu het gesê hy
sal enige optrede ondersteun "teen die trustees en administrateurs as
hulle nie hul pligte teenoor die fonds nagekom het nie".

"Die wet vereis meer as redelike omsigtigheid wanneer dit kom by die
bestuur van pensioenfondsgeld. Die trustees is in hul persoonlike
hoedanigheid verantwoordelik vir skade aan die fonds of sy lede weens
nalatigheid of wangedrag," sê mnr. Simon Riekert, streekbestuurder
van Imatu.

Pensioenfondse vergeet dat die geld wat deur die jare gespaar is die
geld van die bydraers is, het adv. Kate Prinsloo, woordvoerder oor
maatskaplike dienste van die Demokratiese Alliansie, gesê.

"Hulle is slegs die trustees van sulke fondse en kan nie na willekeur
daarmee handel nie."

Die RFD wou die afgelope week nie kommentaar lewer nie, maar dit is
bekend dat die raad reeds 'n ondersoek na die fonds se sake
afgehandel het. Mnr. Dube Tshidi, adjunkregistrateur van
pensioenfondse in die RFD, sê die RFD oorweeg tans hoe hy in die saak
sal optree en sal binnekort 'n aankondiging hieroor doen.

Nadat die RFD vroeër misluk het met 'n dringende aansoek om die fonds
in kuratorskap te laat plaas, het Tshidi gesê die reuse-verliese in
die fonds regverdig só 'n stap. Regter J. Bertelsmann het egter die
aansoek van die hand gewys omdat hy bevind het die trustees het reeds
stappe gedoen om sake by die GMP reg te stel.

Die RFD se appèl teen Bertelsmann se beslissing is hangende.

Nadat die GMP se verliese in die termynmark bekend geword het, het
die JSE Sekuriteitebeurs voorstelle aan die RFD gedoen om beperkings
te plaas op die blootstelling wat beleggers in die termynmark kan
aanvaar ten einde sulke groot verliese te beperk.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_1459313,00.htm l

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    476  477  478  479  480  481  482  483  484  485  486  487  488  489  490  491    »]
Tyd nou: Di. Des. 23 11:45:53 UTC 2025