Verbeter jou Afrikaans; Sa, 11 Augustus 2018 07:49
Beter Afrikaans is 'n webtuiste met 'n klomp inligting oor Afrikaans. Wat hulle egter uniek maak is die daaglikse toetsie wat daar afgelê kan word.
Die toets bestaan uit vier veelkeusevrae en neem ongeveer twee minute om te voltooi. Gebruikers kan tussen drie vlakke kies: maklik (vlak 1), gemiddeld (vlak 2) en moeilik (vlak 3). Sodra die toets voltooi is, word die regte antwoorde saam met aanvullende inligting vertoon. Lede wat geregistreer is sal daagliks 'n e-pos ontvang om hulle aan die dag se toets te herinner.
Mense wat sou wou kan ook 'n groep skep of by 'n bestaande groep aansluit om hulself teen mekaar te meet. Die lede van die groep sal dan mekaar se punte sien.
Hier is 'n paar voorbeeldvrae ter illustrasie van die tipe vrae wat gevra word:
Dit was so besig, daar was nie eers kans vir .... nie. [asemskep; asem skep; asem-skep]
.... boer met sonneblomme. [Henry hulle; Henry-hulle; Henry en hulle]
Watter een is korrek? [né; nè; nê]
As jy jou Afrikaans wil verbeter kan ons http://beterafrikaans.co.za/ sterk aanbeveel. Doen die daaglikse toets, verbeter jou puntestand, nooi ander uit om deel te neem en leer speel-speel om die taal meer doeltreffend te gebruik.
Die polisie stop vir Mike met 'n kombi vol pikkewyne.
"En waar dink jy gaan jy met hierdie pikkewyne?" wil die konstabel weet.
"Hierdie pikkewyne is almal my vriende," antwoord Mike.
"Ons ry maar net 'n bietjie rond."
"Nee, nee, dit mag nie," sê die konstabel, en beveel Mike om die pikkewyne dadelik dieretuin toe te vat.
Die volgende dag stop dieselfde konstabel vir Mike op dieselfde plek, weer met die kombi vol pikkewyne. Hierdie keer het die pikkewyne egter almal sonbrille op.
"Ek dog ek het jou gister gesê om die pikkewyne dieretuin toe te vat?" vra die konstabel kwaad.
"Maar ek het," antwoord Mike.
"En vandag gaan ons strand toe."
'n Wondelike vrouedag aan al die dames! Ek hoop die mans in jul lewens bederf julle vandag so 'n bietjie.
Volgens Wikipedia is Nasionale Vrouedag in 1994 ingestel en word dit jaarliks op 9 Augustus in Suid-Afrika gevier. Die dag gedenk die protesoptog van Swart vroue in 1956 teen die destydse paswette. Tydens die optog is beswaar teen die dra van die "pas" gemaak, wat leeglêers en kriminele van die straat afgehou het, maar ook mense se reg tot vrye beweging ingeperk het.
Ten spyte van die politieke oorsprong, gee niemand seker om vir 'n ekstra vakansiedaggie nie, of hoe? As mens mooi beplan het (vir Vrydag verlof ingesit het), kan jy vanjaar sommer 'n lekker laaaangnaweek daarvan maak...
Nkosi Sikelel' iAfrika (ook Nkosi Sikelele Africa) is Xhosa vir "God seën Afrika". Dit is 'n gebed-lied wat reg oor Afrika (en veral in Suid-Afrika) as kerkgesang en politieke proteslied gebruik is. 'n Gedeelte van die lied het in 1996 'n prominente deel van die Volkslied van Suid-Afrika geword. Dit is ook die basis van volksliedere van lande soos Zambië en Tanzanië.
Die Afrikaanse woorde:
Aanhaling:
Aller hoogste God, seën Afrika
Hoog sal ons die vryheids vaandel dra
Wanneer ons in ons gebede vra:
Seën, Heer, seën Afrika
Seën, Heer, seën Afrika
Daal neer o Gees ... daal neer, daal neer
Daal neer o Gees ... daal neer, daal neer,
Daal neer o Gees. (Staan ons by, Hemelse Heer) (2x)
Skenk, o Heer, milddadig U genaad
om mekaar in liefde op te dra;
anders staan ons skuldig en verslae
o, Heer, ons Afrika
o, Heer, ons Afrika
Aller hoogste God, seën Afrika
Maak ons vry van sonde en van kla.
Laat ons sonder ophou bid en vra:
Red, Heer, Red Afrika
Red, Heer, Red Afrika
Magnus Malan was op sy dag die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër en die Minister van Verdediging. Hy is op 18 Julie 2011 (op 81) by sy huis aan hartversaking oorlede. Nou, sewe jaar ná sy dood, word 'n boek bekendgestel wat beweer dat hy 'n pedofiel was wat 40 tot 50 jaar terug aan seksorgies tydens "visvanguitstappies" deelgeneem het. Die boek se naam is "Die seuns van Bird Island" (nogal in Afrikaans, hoewel hulle seker "Birdeiland" bedoel).
Dis 'n afgryslike storie, maar klink 'n bietjie dik vir 'n daalder. Kan dit 'n poging wees om geld te maak uit iemand wat homself nie meer kan verdedig nie, of is dit dalk waar? Hoe kon so iets vir so lank toegesmeer word?
Ná 'n lang nag in die Akker stap 'n Stellenboschse student huis toe langs die Eersterivier. Dis Sondagoggend, en 'n groepie kerkgangers staan in 'n ry en sing. Die student val instinktief agter in die ry in.
Vooraan staan 'n lekeprediker halflyf in die water, en doop die mense soos hulle verbykom. Een vir een druk hy hulle koppe agteroor in die water, lig hulle weer op, en vra: "Sien jy vir Jesus?" Die mense se oë blink in ekstase, en elke "ja" word met 'n koor van "halleluja" begroet. Uiteindelik kom die student ook aan die beurt, en na al die ure in die Akker is dit nie moeilik om sy kop onder die water te kry nie.
"Sien jy vir Jesus?" roep die prediker.
"Nee," antwoord die student.
Weer druk die prediker sy kop onder die water, hierdie keer met meer oortuiging, lig hom regop, en vra: "Sien jy vir Jesus?"
"Nee," antwoord die student weer.
Vir die derde keer verdwyn sy kop onder die water, en die prediker wik en weeg duidelik voor hy die bedremmelde student weer ophelp. "Sien jy vir Jesus?" roep die prediker, hard genoeg om dit duidelik te maak dat hier 'n regte en 'n verkeerde antwoord is.
"Verdomp nee, ek sien hom nie!" skree die student terug. "Is jy seker dis hier waar hy ingeval het?"
Nog 'n lekker Afrikaanse aanlyn gemeenskap; Sa, 04 Augustus 2018 17:37
Goeienaand almal. Ek snuffel so deur die web en kom toe op hierdie oulike forum af.
My naam is Anton.
Ek wil graag aan julle nog 'n Afrikaanse forum bekend stel naamlik www.kampforum.co.za Ons groep het 'n lekker Afrikaanse plek gemaak waar ons oor Suid Afrika se mooi kampeerplekke en roetes en sommer alledaagse dinge ook kan gesels.
Ek hoop nie julle gee om dat ek bogenoemde hier plaas nie.
Gaan sommer nou dadelik hierdie forum daar by ons ook bekend maak.
Vier tannies ry op die hoofweg teen 22km/h toe die verkeerskonstabel hulle aftrek:
"Tannie, hoekom ry julle so stadig?"
"Man, die padteken sê dan R22", antwoord sy.
Die spietkop verduidelik dat dit die padnommer is.
Die ander drie anties is tjoepstil, windverwaaid en spierwit in die gesig.
Die spietkop vra: "En wat gaan met hulle aan?"
"Moenie worry nie", sê sy. "Hulle sal nou regkom..."
"Ons kom nou net van die R365 af!"
Volkslied van die ou Suid-Afrikaanse Republiek; Do, 02 Augustus 2018 18:41
Die Volkslied van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) was die volkslied van die Boererepubliek wat informeel as die Transvaal bekend gestaan het. Vandag ken ons die lied as die Transvaalse volkslied. Die lied is in 1875 in gebruik geneem en is amptelik tot 1902 gebruik.
Dit is interessant dat die term "Transvalers" in die lied voorkom. 'n Moontlike rede hiervoor is dat dit voor die 1880-1881 opstand geskryf is, waarna die term "Transvaal" polities gelaai was. Die Pretoria-konvensie (1881) noem die republiek die "Transvaal Territory", wat in 1884 met die Londen-konvensie reggestel is, en die land weer sy regmatige naam (die ZAR) terugkry.
Die woorde is deur Catharina F. van Rees geskryf en die verwerking is deur G.G. Cillié gedoen.
Woorde van die Transvaalse volkslied:
Aanhaling:
Ken jy die Volk vol heldemoed
en tog so lank verkneg
Hy het geoffer goed en bloed
vir Vryheid en vir reg
Kom burgers! laat die vlae wapper
Ons lyding is verby
Roem in die sege van onse dapp'res
'n Vrye volk is ons!
'n Vrye volk, 'n Vrye volk
'n Vrye, Vrye volk is ons!
Ken jy die land so min bekend
en tog so heerlik skoon
Waar die natuur haar wonders skenk
en kwistig stel ten toon
Transvalers! Laat ons feeslied galm
waar vas ons volk moet staan
waar onse vreugdeskote g'knalt
Daar is ons vaderland!
'n Heerlik land, 'n Heerlik land
Dit is, Dit is ons vaderland!
Ken jy die staat, nog maar 'n kind
in wêrelds statery
maar tog deur magtig Brits bewind
weleer verklaar as vry
Transvalers! edel was ons strewe
en pynlik onse smaad
maar God wat uitkoms het gegewe
sy lof vir eie staat
loof onse God! loof onse God!
loof onse God vir land en staat!
Die oorspronklike Nederlands lui as volg:
Aanhaling:
Kent gij dat volk vol heldenmoed
En toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
Voor vrijheid en voor recht
Komt burgers! laat de vlaggen wapp'ren
Ons lijden is voorbij
Roemt in de zege onzer dapp'ren
Dat vrije volk zijn wij!
Dat vrije volk, dat vrije volk
Dat vrije, vrije volk zijn wij!
Kent gij dat land zo schaars bezocht
En toch zo heerlijk schoon
Waar de natuur haar wond'ren wrocht
En kwistig stelt ten toon?
Transvalers! laat ons feestlied schallen
Daar waar ons volk hield stand
Waar onze vreugdeschoten knallen
Daar is ons vaderland!
Dat heerlijk land, dat heerlijk land
Dat is, dat is ons vaderland!
Kent gij die Staat, nog maar een kind
In 's werelds Statenrij
Maar toch door 't machtig Brits bewind
Weleerd verklaard voor vrij?
Transvalers! edel was uw streven
En pijnlijk onze smaad
Maar God die uitkomst heeft gegeven
Zij lof voor d'eigen Staat!
Looft onze God! looft onze God!
Looft onze God voor land en Staat!
Kent gij dat volk vol heldenmoed
en toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
voor vrijheid en voor recht.
Komt burgers laat de vlaggen wapperen,
ons lijden is voorbij;
roemt in de zege onzer dappern:
dat vrije volk zijn wij!
Dat vrije volk, dat vrije volk,
dat vrije, vrije volk zijn wij!
STORIEMAN (NIE DIE ONLANGSE HER-UITREIKING NIE); Ma, 30 Julie 2018 10:54
Ek help iemand soek na die OORSPRONKLIKE reeks van STORIEMAN in die tagtigerjare. Ek soek nie die her-uitgawe van die boeke met die 2 CD's per boek nie. Ek soek die oorspronklike reeks. As enigeen weet waar ek dit kan kry, laat asseblief weet. Leon Rossouw was die uitgewer.