Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Om Ons Leerplan te begryp

Ma., 07 Junie 2004 14:43

www.besse.at/sms/smsintro.html

Dit is ongelukkig in Engels:)
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Ringtones

Ma., 07 Junie 2004 07:30

Hallo Almal

Ek het die naweek 'n nuwe selfoon gekry met my kontrak opgradering. My
probleem met die nuwe generasie selfone is dat hulle net vir jou liedjies
wil speel as hulll lui, en ek eerder verkies om die gewone ou "ring -ring"
te hoor.

Dit geld vir die alarm ook. Ek sal nooit in my lewe betyds wakker word met
dit wat beskikbaar is nie.

Weet enige van julle waar ek vir 'n Samsung telefoon 'n "ring-ring" kan gaan
download.

Dankie

Riaan

Rekenaars & selfone | 2 kommentare

Hoe word dit vertaal?

Ma., 07 Junie 2004 07:05

By die kultuurhistoriese museum aan die bopunt van Adderleystaat word 'n
nuwe uitstalling met groot en lang baniere bekend gestel.
Domestic life under the VOC.

Wat sal dit in Afrikaans wees?
Vry in die agterkamer?:))
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pad eis sewe jonges

Ma., 07 Junie 2004 07:05

Nelspruit is geruk deur die grudood Sondagoggend van sewe topleerlinge van
die Hoërskool Nelspruit, wat onherkenbaar verkool het in 'n motorongeluk.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Shit

Ma., 07 Junie 2004 03:53

Hel ek het so gehoop hier sal nog `n paar briefies wees vir my voor ek
waai.

Sien julle weer oor so 3 weke. Gaan gou so `n bietjie dollars maak.

I love america, hulle maak dood en ek maak geld.. hahaha
sulke dose ne.....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit " Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE

So., 06 Junie 2004 20:04

Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik"
Charl-Pierre Naude

Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode

opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer

bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Niks en syg dan neer om weer op die stoof

van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Boodskap aan Frikkie, van die gesneuweldes

So., 06 Junie 2004 19:51

Ou Frikkie, as jy nou vir ons moet herdenk, moet dit
asseblief nie doen met verkeerd-gespelde Engelse
woorde nie. ( Hoe spel 'n mens "foreign," ou Frikkie?)
En moet asseblief nie 'n Engelse oorlogsgedig steel
wat gaan oor mense wat op see sneuwel, en dit dan
gebruik vir ons wat in die bosse gesneuwel het nie.
Kan jy nie ook die website in Afrikaans gemaak het
nie.

Die gesneuweldes van die bosoorlog

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Wie is hy?

So., 06 Junie 2004 10:57

NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------

Skaapkop? - Vok dit!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wie is hy?

So., 06 Junie 2004 08:36

NOTE: This message was sent thru a mail2news gateway.
No effort was made to verify the identity of the sender.
--------------------------------------------------------

Ooo - ek sien, hy is 'n poepall.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    402  403  404  405  406  407  408  409  410  411  412  413  414  415  416  417    »]
Tyd nou: So. Apr. 05 20:03:10 UTC 2026